Thursday, March 24, 2011

Spiritualiteit van lig en vreugde. Oor Serafim van Sarov.




Spiritualiteit en mistiek kan soms swaar en somber wees. Maar daar is voorbeelde van ligtere mistiek wat groot invloed op mense uitgeoefen het.  In Sarov, Rusland, was daar in die 19e eeu ‘n monastieke gemeenskap waarvan Serafim die bekendste figuur was (sien die uitbeelding hierbo). Dit is vandag een van die bekendste Ortodokse klooster.

Serafim is gebore in 1759 en sterf in 1833. Hy sou as mistikus ‘n ongekende invloed op die Ortodokse kerkgeskiedenis uitoefen.  Hy is vandag nog een van die beroemdste Russiese kerkfigure.

Die eerste deel van sy lewe het hy vir 25 jaar in totale afsondering in ‘n hout-hut in ‘n woud geleef, maar hy het ook gereeld besoekers ontvang. Later het hy in ‘n klooster gaan woon, waar hy in gedeeltelike afsondering bly leef het.

Baie mense het hom opgesoek, soms – word gesê – tot honderde op ‘n dag. Hulle het hom oor geestelike sake geraadpleeg. Mense het ook geglo hy kan hulle genees. Sommige mense het ervaar dat hulle tydens die die gesprekke deur ‘n intense lig omstraal is. Ander vertel graag bekende lewensverhale oor hom: hoe hy deur rowers aangeval is en hoedat hy hom nie verset het nie, maar vir hulle gebid het.

Hy het uit sy pad gegaan om hom vir mense beskikbaar te stel.  Hy wou juis hê dat gewone mense – en nie net die geestelikes nie – moes kan deel in kontemplasie en ander geestelike oefeninge. Een van sy gesprekke met hulle het bekend geraak omdat 'n volgeling van hom, Nikolas Motovilov, dit opgeteken het  (sien die Engelse vertaling van die oorspronklike Russiese teks by http://www.beezone.com/up/conversationseraphimmotovilov.html).  Hierdie boek het ook bygedra tot sy reputasie as een van die bekendste monnikke in die Russies-Ortodokse kerk.  Die herontdekking van sy relikwieë na die val van die kommunisme het groot opslae gemaak en skare’s van mense het in die optog waartydens hulle na sy klooster teruggeneem is, meegeloop.Die lang tydperk van kommunisme en die poging om die klooster tot niet te maak, kon hierdie man se verhaal nie stuit nie.

Hy is 'n figuur in die Ortodokse kerk soos Andrew Murray in Suid-Afrika was.

Een van sy aforisme’s, wat terselfdertyd ook baie van sy spiritualiteit sê, is; “Jaag innerlike rus – en vele om jou sal gered word.”  En innerlike rus was om deur die Heilige Gees gevul te wees (lees die Gesprek met Motovilov hieroor).

Vir hierdie mistikus was die doel van die geestelike reis om die Heilige Gees te ontvang. Die Heilige Gees het volgens hom permanent in die lewens van mense ingewoon. Wanneer ‘n mens gedoop word, word jy in die Gees gedoop. Maar deur sonde word die band met die Gees verbreek. Deur die sakramente kry ‘n mens weer deel aan die Gees. Mense wat naby aan die Gees leef, merk dit aan die totale omvorming wat in hul lewe plaasvind. Lig straal in hul lewens in.

Mistiek het vir hierdie Ortodokse monnik gegaan oor lig, vreugde en opstanding eerder as ‘n donker spiritualiteit van sonde, die kruis en geestelike wroeging.  

Die volgende gedeelte uit die Gesprek met Seraphim illustreer die lig en vreugde van sy mistiek.

Father Seraphim continued: “When the Spirit of God descends to man and overshadows him with the fullness of His outpouring, then the human soul overflows with unspeakable joy, because the Spirit of God turns to joy all that He may touch. This is that joy of which the Lord speaks in His Gospel: ‘A woman when she is in travail hath sorrow, because her hour is come; but when she is delivered of the child, she remembereth no more the anguish, for the joy that a man is born into the world. In the world ye shall be sorrowful; but when I see you, your heart shall rejoice, and your joy no one taketh away from you.’ Yet however comforting may be this joy which you now feel in your heart, it is nothing in comparison with that in which the Lord Himself said by the mouth of His Apostle that this joy neither eye hath seen, nor ear heard, neither have entered into the heart of man the good things which God hath prepared for them that love Him. The earnest of that joy is given to us now, and, if from this there is sweetness, well-being and merriment in our souls, what shall we say of that joy which has been prepared in heaven for them that weep here on earth? You too, my son, have had tears enough in your life; see now with what joy the Lord consoles you while yet here! What else do you feel, my son?”

Die Geestelike reis in die geselskap van die Gees bring ligtheid en vreugde. Ons aarde kan nogal hiermee doen.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive