Uit sy eie vertel hy my van ‘n vriend van hom wat by sy pastor raad gaan soek het. Vol innerlike angs, gevoelens van self-verwerping, onsekerheid oor eie identiteit het hy vertroulik gaan praat met die man van die Here. Om klaring te kry, op soek na heling. Hy het sy hart uitgestort en die gordyn oor die diepste deel van sy verborge binnekant oopgeskuif . Niemand het nog ooit ‘n kykie gehad op sy binnekant soos die pastor, die herder, die man van God nie.
Daardie aand, op pad huis toe, is hy aangeval deur ‘n groep kinders wat hom spottend en tartend van sy fiets afgeruk het en stukkend geslaan het. “Jou vuil gemors,” het hulle agter hulle maskers gesis terwyl hulle sy diep geheim lasterlik aan hom terugvertel het.
Een van die kinders wat hom so genadeloos geslaan het, het hy herken. Hy het geweet waar die haat vandaan kom en toe ook besef hoekom dit so vinnig die rondte begin doen het. Een van die aanstigters van die haters wat hom half bewusteloos agtergelaat het, was die pastor se seun.
Stilweg het sy vriend vir my hierdie storie vertel. Ek is ingeskuif in die rol van ‘n pastor: sy oë, vol vriendelikheid en sagtheid, was die oë van ‘n verslae jong seun. Hy was een van my studente wat met niemand anders hieroor kon praat nie, wat nêrens sy ongeloof kon deel oor wat met sy maat gebeur het nie.
Ek kon verstaan waarom hy predikant wou word. Hy gee om vir ander, is ingestel op mense, is gevoelig vir lyding en wil swaarkry beveg. Hy verafsku geweld – fisieke geweld, maar veral ook die geweld wat gerig is teen die swakkes, die eenvoudiges, die verwondbares, die innerlike gekwetstes. En wat dikwels., te dikwels, in die naam van die Here as ‘n heilige oorlog teen die kwaad gevoer word. Hy was skerp genoeg om dit te kon aanvoel en raaksien en vir homself uitspel: hierdie aanslag in die naam van die goeie op die wat minder krag het, op hulle wat soek na heling, na erkenning en na menslikheid. En hy kon ook al weer in nuwe tye raaksien dat al die ou sondes wat ons so netjies gekatologiseer het, niks anders was as ons regverdiging vir geweldsgrepe teen mense wat anders as ons is nie. Die geweldsgreep wat in die naam van uniformiteit en hegemonie oor ander uitgeoefen word.
Hy was ‘n jongmens, vol ideale in daardie vriendelik blik van hom. Ek het ook geweet van die kolle in sy eie lewe, die onvriendelike kante, die harde woorde, soms die seermaak-dade wat hy op sy beurt vir ander aangedoen het. Ons misreken ons met apokaliptiese denke: daar is nie net goeie of slegte mense nie. Openbaring leer ons daar is goed en sleg. En mense, ook die kerk, word handlangers van die kwaad of die goeie – al gelang na hul besluite in reaksie op God se aanbod van liefde. Ook hy dus, hierdie jong seun met sy skerp intellek, sy omgee vir ander, het, dit weet ek, my teleurgestel met sy eie tekortkominge.
Dit is nie ‘n vinger wat ek wil wys nie. Ek maak myself bewus van hoe nodig dit is om in my eie lewe konsekwent die kant van die goeie te soek. Die verhouding tussen God en mens, die raamwerk van spiritualiteit, is nie altyd duidelik nie.Mense van God kan ook satanies optree. Dus moet ‘n mens egte transformasie soek – transformasie wat mense heel maak en nie afbreek nie. En dit is nie maklik nie – dit is ‘n lang proses waarin ‘n mens foute maak. Die pastor wat sy skaap aan die wolwe uitgelewer het en die student met sy eie feilbaarhede.
Ek het kontak met hom verloor na sy studie. Tot nou onlangs.
*
Ek was lank sy predikant – deur moeilike tye, toe hy in sy werk deur troebel tye gegaan het. Hy was ‘n ervare professionele mens wat met toewyding sy werk gedoen het. Ons het ure saam deurgebring omdat ek op meer as een manier by sy instelling betrokke was en dikwels daar moes uithelp met komiteewerk. Ek onthou van hom een groot storie wat my diep beïndruk het. Onpretensieus vertel hy my hoedat iemand hom jare gelede van iets beskuldig het waaraan hy geen aandeel gehad het nie. Hy het die skuld op hom geneem en daarvoor vir lang tye daarna verwyte ontvang. In die opsig was hy vir my amper ‘n Christus-figuur wat lyding vrywillig op hom geneem het om ‘n bose kringloop van geweld tot ‘n einde te bring. Ek was, ten spyte van al sy gebreke, ja, dié het hy ook gehad, altyd verseker van sy integriteit en het hard baklei om hom te ondersteun vir ‘n belangrike aanstelling.
Die afgelope twee jaar is hy deur ‘n vernietigende krisis waarin hy dit wat vir mense die kosbaarste is, sy dierbares, verskriklik wreed verloor het.
Hy is nie meer ‘n kind nie. En hierdie houe lê soos etterwonde oor sy lewe geslaan. Jy kan sien sy oë het leër geword. Die binnekant is maar dor, die lewensverwagting is min, die lyding diep en pynlik. Dit is een van daardie situasies waarin ‘n mens byna nie meer getroos kan word nie. Jy kan maar byna net oorlewe.
*
Ons praat oor sy nuwe dominee in die nuwe dorp waar hy gaan bly het. Dit is ‘n jong outjie, vertel hy my nadat ons al die nuus oor die ou dinge ingehaal het en stilweg oor sy innerlike rouheid begin gesels, vol ideale en woelig. Hy wil allerhande dinge nuut doen en baie probeer verander. Hy bedoel dit goed om mense uit hul groef te kry, om nuwe lewe in die kerk te blaas.Maar, sê hy vir my, hy kan dit nie meer meemaak nie. Dit is fieterjassies. Oppervlakte dinge. Dit skuif die meubels net na ander plekke sonder om werklik iets te verander. Die hart bly roep na dit wat oor die eeue heen getroos het – die boodskap van die evangelie, die ou-ou tyding.
Sy nuwe dominee is my oud-student, besef ek toe hy die naam vir my sê.
*
Spiritualiteit kan nie gemaak word nie. ‘n Mens wag op God se aanraking. En geen nuwighede of fieterjassies gaan dit aanhelp nie. Maar spiritualieit kom ook weer altyd op nuwe maniere: wat gewerk het vir ‘n vorige geslag moet somtyds deur ‘n nuwe briesie opsygewaai word.
Twee mense na God se hart. Maar die vervreemding tussen hulle, so totaal onbegryplik, het 'n duidelik spoor op hulle albei gelaat.
My hart huiwer: die jong, ywerige, vriendelike, goedbedoelende, sagte outjie wat met blink verwagtinge alles wil regmaak wat die kerk altyd verkeerd gedoen het. Die ouer, lewensmatte gelowige wat deur die driwwe gaan en wat wil vashou aan alles wat altyd vir hom sekerhede was. Hoe kom hulle bymekaar? Het die teologie daardie arme outjie ook in ‘n wolwe-pastor begin vorm, die donker kante van hom laat groei? Het die verlies die ouer mens met die rou binnekant se hart met te dik rowe van rou en donkerheid te flou laat klop?
Daar is nie resepte nie. Daar is net die een uitkoms – die weg van egte spiritualiteit. Om op die Here te wag, biddend, afwagtend, tastend, nederig. Miskien selfs nie eers dit nie: eerder om die ander een te gaan haal – daardie stukkend geslaande een en by hom of haar te wees in sy pyn, voor die Here.Dus is die proses, die lewensreis eintlik om saam op reis te gaan.
Dit het ek tog baie gesien: al die aande wat ek gedink het ek mors tyd, menslik gesproke, as ek by ‘n huis ingestap het en oudedoos, die Bybel uitgehaal en gebid het – vir die Here dat die huis waar ek was God se liefde sal ervaar, maar ook vir mense, dat hulle heel sal word, by God genesing sal soek, in afwagting nooit die hoop sal opgee nie en veral in liefde sal vashou. Aan mekaar, maar bo alles aan God.
*
As ek maar net hierdie twee mense bymekaar in een kamer kon kry sodat hulle hul lewensverhale vir mekaar kon vertel en kon agterkom hoe onmiskenbaar God gewerk het in hulle geskiedenisse.
Wednesday, March 18, 2009
Tuesday, March 17, 2009
Moeder van die Karoo en die papegaai se foutjie
Loop nou al dae rond met die storie oor die drie seuns van ‘n Karoo-ma wat in Ingeland gaan werk. Met krismis stuur hulle vir ma op die plaas natuurlik drie krismisbokse. Die eerste twee is, volgens graptegnieke, normaal blink en indrukwekkend. Boeta 1 sê hy het vir mammie ‘n groot nuwe huis op die plaas laat bou. Boeta 2 stuur vir mammie ‘n blinknuwe en grend motor en gooi sommer ‘n chauffeur by die deal in. Die jongste boeta se present moet natuurlik vindingryk wees. Hy is moeder se liefling en wil vir haar iets heel spesiaals gee. Daarom surf hy Ebay se eksotiese geskenke van a tot z. Uiteindelik kom hy op ‘n ideale geskenk af – ‘n papegaai wat flink en slim die hele Bybel van vooraf opsê. Moeder kry dan sommer geselskap, noudat sy ‘n weduwee is en terselfdertyd geestelike voedsel.
Mammie laat toe teen nuwejaar weet sy is baie dankbaar vir die mooi geskenke. Soos ‘n gesoute en nugtere Boere-weduwee betaam skryf sy aan Boeta 1 dankie vir die huis, maar dit bly maar ‘n storie om die groot plek netjies te hou. Vir boeta 2 laat weet sy dat die motor blink en mooi is, maar sy ry eintlik net een keer per week dorp toe. Dan vat sy maar eerder o’le pa se trokkie want sy wil nie die blink nuwe kar op die stowwerige pad vuilmaak of stukkend ry nie. En, voeg sy by, met Karoo-moederlike argwaan, sy’s immers nog van voor 1994: En daardie drywer vertrou mamma darem nie heeltemal nie. Boeta 3 kry ‘n kort boodskappie, hartlik en waarderend, op die man af en sonder fieterjassies: En Boeta my seun, dankie, daardie hoender was heerlik.
Ek sit al heel week en dink hoe lekker kan ‘n mens nie hiervan absurde teater maak nie: Het die papegaai, dik vies omdat hy uit Ingeland Karoo toe moes trek, dikbek gesit, tot sy eie ondergang – moeder kon nog nie betower word deur Bybelverse nie en dog toe dit moet seker dan maar 'n hoender wees. Of was hy dalk vlugvoos, na die S.A.L. vlug (of S.A.A. soos die manne mos besluit het), onbewus daarvan dat die Karoo nie papegaai wêreld is nie en dat ‘n man daar nie op jou louere moet rus nie, veral nie as jy ‘n voël is en na hoender lyk nie.
Wys jou net dan: as jy een talent het, woeker eerder dag en nag met hom
Enige ander voorstelle vir redes waarom moeder gedink het dis ‘n hoender?

Saturday, March 14, 2009
Efesiërs 3:18-21: die liefde wat alle kennis te bowe gaan. Oor die aanskouing van die liefde.
Pas nadat ek die vorige stuk oor die nie-wete skryf, lees ek Efesiërs – een van my gunstelingtekste. Die gedeelte in 3:18-21 onderstreep hoe God uitstyg bo ons inperkende en beperkte vermoëns. God kan oneindig meer doen as wat ons bid of dink. En dan die belangrike opmerking: God se liefde gaan ons verstand te bowe! God moet ons help om te ervaar hoe wyd, ver, hoog en diep die liefde van Chrsitus sterk. Paulus se gebed in die vorige deel (Efes.3:14-17) besing God se skeppingsmag, die Gees se transformatiewe werking en Christus se inwonende liefde. Paulus bid dat hulle die gawe van hierdie goddelike werking sal ervaar.
Niks van kennis as die hoogste goed nie, niks van slimmighede wat ons laat uitstyg nie. Alleen maar in die eerste plek hierdie belewing van God se mistieke werking in die Gees en Christus. Waar dit in plek is, volg 'n aangrypende, maar ook baie gewone nuwe lewe. Daarvoor moet 'n mens maar net die res van die boek lees met sy oproep tot 'n lewe wat skoon is, gestroop van die onheerlike en die afbrekende.
Efesiërs is ‘n boeiende brief. Wie daardeur aangeraak word, en deur die skrywer se mistiek, laat toe dat ‘n krag in sy of haar lewe loskom.

Mistiek (8) Aanskouing ander kant alle kennis
Hoe bedink ‘n mens die mistieke proses as ‘n mens verby alle kennis heen jouself verloor het in God en deel gekry het aan die Onkenbare werking van God? Waaijman (65) praat van die grondelose afgrond van nie-weet waarin die mistieke ervaring ‘n mens intrek. ‘n Mens word uiteindelik verenig met God wat ook die Onkenbare is. Paulus raak, nadat hy skryf oor een van die moeilikste tema’s in die geloofslewe (die getrouheid van God aan die volk Israel in Rom.9-11), in vervoering: Hy besing die diepte van God se rykdom en wysheid en kennis, maar voeg dan by: “Hoe ondeurgrondelik is God se oordele, hoe onnaspeurlik God se weë! Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad?” (Rom11:33-35). Ondeurgrondelikheid en onnaspeurlikheid van God is uiteindelik maar al wat ons kan besing as ons ons eie diep gedagtes op die tafel gelê het.
Die vereniging met God bring mee dat die mistikus dus in ‘n grondelose afgrond van nie-weet ingetrek is. ‘n Mens word by God opgeneem en in ‘n verhouding met God verenig wat nie in terme van kennis beskryf kan word nie. Maar ‘n mens kan verder sê wat hierdie ondeurgrondelikheid nie beteken nie. Die mistikus verloor nie sy of haar besef en bewussyn van dinge nie asof hy ‘n zombie word of in ‘n bewustelose trance verval nie. Trouens, wanneer ‘n mens verby alle wete beweeg, bereik ‘n mens ‘n punt van heldere klaarheid. Alles word nou vir jou duidelik en helder: Terwyl ‘n mens wat kennis inwin na dinge op ‘n afstand bly kyk, het die mistikus verby daardie afstandelikheid beweeg. Kennis slaan om in aanskouing. ‘n Mens beleef nou helder en klaar wat liefde is en wat dit beteken om by God te wees.
Ons oë bly dus in die donker van hierdie grondelose afgrond oop. Ons val nie aan die slaap nie of verloor nie ons wete nie. Daar is niks wat ons kan bekyk, ontleed, verstaan, bedink as ons so in die donker is nie. Maar ons het weggesink in God se liefde. Ons is bewus van liefde wat ons omstraal terwyl ons in God se liefde geborg word. Ons kan nie feit opnoem nie, inhoude van teologieë bespreek nie. Ons beleef hoe God ons herskep en ons het nou deel aan die goddelike liefde. Ons aanskou die liefde. Ons bedink nie, ons beleef. Ons oë is oop in die donkerte waar daar geen kennis is om ons te verlig nie. Tog is daar om geen rede hoegenaamd in ons ‘n helderheid. Ons aanskou God. Ons is opgeneem in ‘n liefdesverhouding.
God is ondeurgrondelik, skryf Paulus. Ons kan nie redes verskaf vir die liefde nie of kenmerke daarvan uitstal nie. Ons vereniging met God is bloot daar om te aanskou. In Romeine 8:35 het Paulus reeds verwonderd geskryf dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Die diepe geheim oor God se verborge gehegtheid aan Israel (in Rom.9-11) word deur hierdie verwysing dus omraam deur God se liefde en deur God se ondeurgrondelikheid en onnaspeurlikheid.
Dit is werklik ‘n verborgenheid: dat ons lank nadat ons alles met ons verstand uitgepluis het, ook ons godsdiens, aanbeweeg na die dieper, groter, maar ondeurgrondelike aanskouing en belewing van God se ontfermende, vernuwende liefdes-omhelsing.
Paulus praat al in Romeine 8:20 van die skeppping se kreunende verlange om verby al die tydelike dinge heen aan te beweeg om deel te kry aan God se heerlikheid wat ten volle in die toekoms ons deel sal word (Rom.8:21). God se heerlikheid is wat saak maak en wat al die verganklike dinge oorleef. En onder hierdie verganklike dinge tel ook kennis. Paulus skryf in sy beroemde lied op die liefde dat “al die kennis” sonder liefde niks is nie. Kennis sal uitgedien raak, voeg hy by (1 Kor.13:2, 8). Dit is deel van die verganklike. Liefde bly en dit vir ewig. Wie met God verenig raak, ervaar op ‘n mistieke wyse hierdie onverganklike, onnaspeurlike misterie van eenheid met die liefde buite alle kennis om en verby alle insigte.
N.a.v. Waaijman: die mistieke weg.

Thursday, March 12, 2009
Die mistieke weg: Vereniging (7)
Ek wil graag my opmerking hier onder oor die mistiek hervat (sien vroeer), n.a.v. Waaijman se artikel in die Encyclopedie van de Mystiek.
Normaalweg dink ‘n mens in terme van God as die een wat handel (die subjek) en die mens wat God se handeling ervaar (die objek). In die mistiek ervaar die mistikus nie so ‘n skeiding nie. Waaijman (64-5) verduidelik dit aan die hand van die voorbeeld van Dionusios die Areopagiet se bespreking van Moses: Moses bereik die top van die berg en staan voor die donker wolk waar God is. Daarmee is alles wat menslik moontlik is, bereik. Nou neem God se werking oor. Moses word die donker wolk ingelei. Hy word ingelei in die donker wolk van nie-weet. Daarmee word alle kennis stil. Dionusios (I, 3) skryf:
Hy bevry hom van dinge wat gesien word en van mense wat sien. Hy gaan in die donker van kennisloosheid, die werklike mistieke. Sy kennende greep, sy pogings om te wil weet, kom tot ‘n einde. Hy is nou by die heeltemal onaanraakbare en onsigbare. Hy is nou deel van dit wat verby alles is.
Mense ken en weet sekere “dinge” (voorwerpe). Mense sien dinge – hulle is dus subjekte wat waarneem en ken. Wanneer ‘n mens in die donker wolk, in God se teenwoordigheid ingaan, ken ‘n mens nie sekere dinge nie en is jy ook nie meer iemand wat ken nie. By God wees beteken dat ‘n mens verby kennis beweeg het. Dit is om kennisloos te wees (agnosis). Die mistikus behoort nou heeltemal aan God, wat bo alles en buite alles, ook kennis om, bestaan. Nou is daar ‘n eenheid met God se werking en God vul die mens se ken, wil en onthou. Waar God werk, werk menslike kennis nie. God is immers totaal Onkenbaar. God is bo-geestelik en word deur niks geken nie. Waar eenwording met God plaasvind, word die mens ingetrek in ‘n grenslose ruimte van kennisloosheid.
Mooi. Hierdie perspektief. Veral vir ons wat ons kennis so opstop en uitstal. En wat meestal vergeet wat Paulus skryf oor dit wat alle verstand te bowe gaan. Ons hou nie daarvan nie. Ons verstand is dan ons god. Ons aanbid tog so geredelik die grysstof waarmee ons so baie sake kitsvinnig kan regpraat en uitredeneer.
En dan ook die gedagte: om een te word met God, is ervaring. Groter en dieper en omvattender as alle kennisgrepe. Om in die teenwoordigheid van die Onkenbare te wees (die donker wolk!), is om deel te word van die sfeer wat verstand en wete transendeer. “My verstand staan stil!” sê die mistikus. En laat dan toe dat God ons neem na die vrede wat alle verstand te bowe gaan – in die ruimte van God se teenwoordigheid in.
Eenwording met God is tog, paradoksaal, nie teen die verstand nie, maar verby die verstand. In die manier waarop ek die diepte van die mistieke ervaring wil artikuleer (nie noodwendig “begryp” nie), is die verstand aan die werk. (Hard ook!). Maar die verstand bring my tot die punt waar ek die grense van kennis en die ruimtes buite my verstaan en wete om erken en herken. En as ek bewus raak van die Een wat hierdie ruimtes bewoon, verlang ek om ook in die donker wolk ingetrek te word – al is dit met verwonderende, huiwerende vrees. Dan is dit inderdaad of ek my in ‘n eindelose afgrond instort: met permissie gebruik: bungee jumping met die geruste wete ‘n rek sal my vashou as ek deur die sfeer van verruking beweeg.
Wednesday, March 11, 2009
Lyding en die mistieke antifrase
Ek was die naweek terug op ou turf. Ons was op besoek by ou kennisse en het dus baie gehad om in te haal. Dit is ook al weer amper ‘n dekade vandat ek, in baie moeiliker omstandighede, weg is daar. In die proses van inhaal op die jare van weg-wees is die nuus steeds weer intens: kinders wat getroud is, wat die land uit is, wat geskei is. Bekendes wat dood is. En dan die wat nog daar is wat swaarkry.
Ons sit Donderdagmiddag by iemand wat twee primêre kankers het – iemand wat nog altyd ‘n vegter, ‘n vasbyter was. Daar is geen oomblik wat die persoon geen pyn het nie. Die stryd wat nou deur chemoterapie gevoer word, is letterlik ‘n geveg om lewe en dood. Daar is hoop, iewers. Dit brand flouweg. Dit kom uit as woorde wat wil struikel, wat bloedarmig en bleek in die lug hang. En terselfdertyd is daar die onstellender, dieper, donkerder ondertoon van wil-wil opgee, van moed wat wil-wil breek. Van ‘n weifelende kyk. Juis omdat dit kom van iemand wat altyd met drif vorentoe gebeur het, vir niemand ontsien het nie, is dit pynliker om te sien.
Hoe is mens by so iemand? Moenie opgee nie. Baklei hoor. Jy is mos een wat nie los nie.
En die pyn spoel oor na hulle wat naby is. Naby sit die maat, vriendelik, gemoedelik, soos van ouds. Die lewe is daar, maar die lewenslus is weg. Die vinnige kyk, die gedempte toon.
Ons staan en gesels – ‘n rukkie later – by ‘n ander ou kennis. ‘n Voorslag wat oor jare heen paadjies oopgetrap het in diens van ander. Stilweg, geduldig, opgeneem in alles wat daar was om gedoen te word. Ook ‘n vasbyter en ‘n werker. En ook hier sien ‘n mens hoe verwoestend fisieke pyn die menslike liggaam kan afbreek. Geen twintig jaar gelede het ons dikwels gesels oor ‘n gemeenskaplike kennis wat ‘n afbrekende, slopende siekte gehad, altyd met meelewing, radeloosheid, ontferming. Nou het dieselfde siekte hier toegeslaan.
En ook hier is die lewensmaat, die een wat altyd naby is, die vrolike, ondeunde, lewensgenieter – maar nou met skouers wat ook maar wil hang. Die wenkbroue plooi so bietjie, die oë is stil, die vonkel dreig om te gaan lê.
Ons sit die volgende dag langs twee mense wat twee kinders aan die dood afgegee het. Op ‘n allerverskriklike, skielike manier is hulle van hulle weggeneem. Die pyn stuit jou weer eens voluit teen die bors.
Ek is sleg. Ek trek my dit aan. Ek sukkel om dit te verwerk. Ek wil wegkom daarvan.
En net daarna lees ek weer vanuit ‘n spiritualiteitshoek oor lyding. Ons verban dit uit ons lewe, relegeer die lydendes na hospitale en hospiese. Ons besweer dit uit ons lewens. ‘n Goeie christen wat ly, se geloof is te min, dink ons stilweg. En baie ander slim praatjies weerhou ons van empatie, van die voel van wat hier werklik gebeur, van die dehumanisering wat onder ons oë gebeur.
Lyding mag nie ontken, besweer, na die rand geskuif word nie. Lyding is ons lot en lewe: intens by mense wat sterf en by hulle wat verliese het. Minder opvallend, maar tog ook daar by hulle wat ouer word, wat alleen is, wat verraai word, wat hulle besigheid verloor, wat hulle kinders kwyt is.
En my eerste, primêre reaksie op hierdie gedagtes en hierdie besoek is een van bitterheid. Die teodisee-vraag forseer homself ionuut aan my op. Waar is ‘n goeie God in hierdie oseaan van smart?
Daar is niks moois aan lyding nie. Mense kan sê net wat hulle wil. Dit is waar dat lyding ‘n mens edel kan maak. Moeder Teresa het dit bewys. Die edel mens wat die lydendes uit die gutters gaan optel het en ‘n menswaardige laaste dag gegee het. Dit is ook waar dat lyding ‘n mens volwasse maak.Jy word dankbaar vir jou gesondheid, dat jou geliefdes nog by jou is, dat jy veilig is en selfs dat jy ‘n bord kos op jou tafel het.
Maar lyding bly sleg. Dit maak jou magteloos voel. Dit skeur jou hart aan stukke. Dit ruk jou guts uit jou binnekant.
Ek is naby aan die Prediker wanneer dit by lyding kom: my Godservaring word verduister daardeur.
Lyding dehumaniseer mense op baie maniere. Mense wat ly is nie altyd sagter nie, hulle gee nie altyd om vir ander nie, hulle dink net oor hulle self en hulle eie ellende, hulle neem ander kwalik en slinger verwyte omdat hulle swaarkry.
En so bedink ek baie kante van lyding.
Kan daar closure kom? Is daar ‘n groter raamwerk wat lyding sy angel ontneem?
Die lelikste vorm van lyding is aan ons bekend: die Een aan die kruis wat bitter na bo smag: Hoekom het U my verlaat. Die Een wat uitskry: Ek het dors. En om Hom die honende massa wat hulle verlekker in sy ondergang. En uiteindelik die donkerte van sy laaste ure. Die donker nag van die siel as Hy ter helle neerdaal.
Maar dan is Hy ook die Een wat bid vir hulle wat die spykers indryf. Wat vir oulaas nog sy ma onthou, die skurk saamneem Paradys toe. Wat uiteindelik sy gees oorgee, wat in sy vashou-aan-die liefde die onoorwonnene word –die Een wat sterker is as die kwaad.
Die groot raaisel van lyding word hier nie opgelos nie. Hier ly die Seun van God dan self. Goddelikheid waarborg niks, dit skerm nie af teen die vernietiging van lyding nie.
Maar iewers skemer iets deur van hoe lyding tog ook gestuit word, hoe grense getrek word vir die vernietiging wat lyding bring: ‘n stem wat in die donker roep na God, téén die duisternis in. En daarmee die mistieke antifrase: God, as ek na U roep, as ek uitskree oor my verlatenheid, oor die brandende dors in my, is dit ‘n teken dat U daar is. U, ja U, het my hart wat so onrustig klop, gehelp om na U te roep. Hierdie begeerte na U, kom van U. “My” God, “My” God.
Hoe bly ek staan in my lyding?
Ek roep na U. Waar is U?
Ek is alleen, blootgestel hier in my aan die pyn van gedeelde swaarkry. En, soos die Prediker, is my Godservaring daardeur verduister.
Miskien tog is ek nie alleen nie. Iemand anders se Godservaring was ook aan die kruis verduister - letterlik. Hy het in die gees gesterf, oorgegee aan 'n "Vader", homself te midde van die donker aan hande van die Groter Een toevertrou. Sy gebede bid ek na. Die gebede van 'n Mens wat aan die kruis nog kans gesien het om ander aan die hand te neem, Paradys toe.

Tuesday, March 03, 2009
Spiritualiteit en teologie
In die teologiese wêreld is die gesprek met die ouer geslag altyd belangrik. Vandaar die respek en selfs eerbied teenoor die tradisies van die kerk. En immer weer die vernuwing wat volg op die gesprek met die tradisies: ons praat met mekaar, maar uiteindelik se ons vir 'n nuwe tyd op 'n nuwe manier.
Tog gaan teologie nie oor wat ‘n paar mense oor God gedink het nie. Teologie is gewortel in mense se geestelike lewe. Dit reflekteer ervaringswerelde. Meer nog, dit delf dieper oor die sin van die ervaring en wat, uiteindelik Wie, daar agter is. In teologie gaan dit oor die Gees van God wat jou suiwer, omvorm en uitdaag. Teologie beteken om te leef uit die ervaring van God se heilige en heiligende teenwoordigheid. Dit behels die mistieke wete dat ‘n mens voor die Onpeilbare Misterie staan. Dikwels beteken dit dat ‘n mens juis die beperkinge van die intellek verstaan. Lank nadat ons woorde oor God gepraat en selfs opgeraak het, bestaan teologie nog voort. Ten minste, die egte teologie. Daarom is ‘n teologie wat abstrakte waarhede konteksloos bespreek en universele aansprake maak gedoem tot ‘n vaal bestaan en, uiteindelik, ‘n roemlose ondergang.
Teologie is geanker in die geestelike lewe van ‘n gelowige. Teologie is eintlik geleefde geloof in die aangesig van God. Juis daarom gaan dit nie om die mens, menslike ervaringe of menslike groei nie. Egte teologie is daarom spiritualiteit – om deur God se Gees geheilig te word tot ‘n lewe in diens van God. Dit is nie ‘n soort goedkoop self-help poging tot verbetering of volwasse-wording nie. Dit gaan om ‘n proses waardeur ek deurdringend uitgedaag en getransformeer word om soos God te word. Daarom is die uiteindelike doel van God die eenwording met God.
Johnson skryf in sy eerste hoofstuk van “The Living Gospel”: “Unless in some fashion I am in touch with God’s intrusion into my life... there is nothing for me to think of at all that I can call theology. If the shaping and sanctifying work of the Holy Spirit is not the essential starting point and final goal of the theological process, then I cannot but regard the ‘spiritual life’ as an effete form of super-erogation” (p. 5).
Juis daarom is teologie nie ‘n onbetrokke, vryblywende gesprek oor feite of geskiedenis nie. Teologie moet Spiritualiteit wees. Dit moet as dissipline oor die geestelike lewe (faith experienced) begin en fokus op die verborge, oorweldigende en geheimenisvolle werking van God in mense se geestelike lewens. Maar dit gaan nie net oor hoe God getransformeer het nie, dit moet my self transformeer. Teologie is self-impliserend. Die teoloog word opgeneem in sy of haar studieveld en word daardeur juis getransformeer.
Daar is baie droërige, oppervlakkige, skewe en selfs onheilige vorme van spiritualiteit. ‘n Mens kan so maklik die aandag begin vestig op my bewuswording, my gebed, my toewyding in plaas van om verby al die wonderlike hulpmiddels tot bewuswording, gefokusde gebed en kontemplatiewe toewyding te bly sug na die hoogste van alle ervaringe: om aanbiddend by God te wees. Verby my eie asemhaling, my eie mantra’s, my ywerige askese is daar die verlange na God as die Heilige wat liefdevol in jou lewe aan die werk is en by wie ‘n mens totale skuiling vind. Aanbiddend is ‘n mens in verwondering en dankbaarheid voor God, bereid om verander te word en gereed om in gehoorsaamheid te gaan waar jy nie eintlik wou wees nie. Maar selfs bo dit alles is die ervaring om by God te wees: Here, my rots, by U skuil ek. Ek sal U loof al die dae van my lewe.
Selfs by die skryf hiervan en by die lees van hierdie woorde, is die dieper begeerte: Gees van God gee vir my die Gees in volheid om aanbiddend in U lig te bly.
Die roos op die foto, geneem in Bloemfontein in April 2008, by 'n gastehuis waar ek tydens Pinkster gebly het, wys helder Lig.
'n No-nonsense Calvinistiese dominee
Ek lees hierdie berig in Trouw van vandag. Tussen die berig wat neig na die negatiewe self en Pastor Mike se preek wat ek sit en luister, is daar vir my 'n spanning. Ek voel nogal aangetrokke tot wat hy doen. Ek kan eintlik verstaan waarom hy 8000 lidmate trek. Die man preek rustig en met 'n opregtheid, praat nie-veroordelend (en reguit) oor mense. Hy waarsku, hy lei en gee rigting. Hy is 'n ervare pastor en sy voorbeelde van sy pastorale werk (die man wie se ma haarself verbrand het en deur masjiene aan die lewe gehou word wat hom in die middel van die nag bel) is hartroerend. Hy verstaan belangrike dinge: byvoorbeeld hoe Jesus nie net die daad nie, maar die gesindheid aanspreek (met pragtige voorbeelde).
Hy is 'n regte prater, baie woorde, duidelik in beheer van taal, maar met styl. Sy fokus op 'n puriteinse lewe interesseer my. "Experienced faith" as spiritualiteit is hier onderliggend teenwoordig. In ons omge-elliede wereld sonder morele kompas praat hierdie boodskap helder: daar is antwoorde. Sy lees van die Bybelteks, die woord-vir-woord gesprek oor Genesis 3 is volgens hom "'n letterlike lees" van die Bybel, met 'n uitleg wat grens aan fundamentalisme.
Hy laat my soms dink aan daardie speurder in Thin Blue Line met sy dandy-pandy nambie-pambi aanvalle op sy baas: hy kom die sielkundiges by wat altyd gaan soek na oorsake van 'n mens se probleme en "hoe voel hy daaroor". Hy het 'n harde Calvinistiese nugterheid: weet jy he gesondig en deal daarmee.
Hy praat eindeloos, sommer regtig aanmekaar. Sonder rondlopery op die podium. Sonder om te skree, te beduie. Dit is 'n inhoudryke gesprek.
Miskien is die belangrikste dat sy boodskap duidelik pastoraal is: hy wil mense empower om hulle lewens nugter, eerlik, sinvol te verander.
Maar uiteindelik, met alle waardering, is hier iets wat vir my ontbreek: dit is harde, sweet-in-jou-aangesig spiritualiteit. Maar nog te min mistek. Want as ons 'n puriteinse lewe najaag, is dit om die groter doel te bereik. Nie net dat Jesus ons liefgehad het is belangrik nie, soos hy preek, maar dat ons, in ons tydelike bestaan, in hierdie liefde kan gaan rus en tot vrede kom - dit is wat werklik saak maak. Hoekom voel ek dat 'n mens nog te veel in hierdie preek na jou eie nawel sit en kyk. En nog nie genoeg vir God ervaar nie?
Ek wil nou kyk na daardie beroemde preek van Edwards wat in die berig genoem word - ek wou al lankal iets van hom lees
Zonde-preker populair bij jongeren VS
pastor Mark
Jonge christenen in de VS die erbij willen horen, luisteren naar de 38-jarige pastor Mark Driscoll, exponent van het ’new calvinism’.
Je mag hem pastor Mark noemen, maar dude is ook prima. ’Makker’ Mark Driscoll, voorganger van de Mars Hill Church in de Amerikaanse havenstad Seattle, is graag bij de tijd.
Wie bijvoorbeeld met bepaalde populaire zoekwoorden op het internet naar ondeugende beelden speurt, kan maar zo op een preek van Driscoll (38) stuiten. Die gaat vergezeld van een waarschuwing: de navolgende uitspraken van de predikant zijn niet geschikt voor een jeugdig publiek.
Beroemd is een filmpje waarin Driscoll een preek wijdt aan zelfbevrediging, naar aanleiding van een vraag die hem per sms is gesteld. Want zo doet de voorganger dat: kerkgangers kunnen hem een berichtje sturen, hun vraag wordt geprojecteerd op een groot scherm in de kerk (gevestigd in een oude marineloods), Driscoll beent over het podium, bladert wat in zijn bijbel en begint aan een overweging.
De vraag luidt: is zelfbevrediging een toegestane manier van geboortebeperking? „Ha!”, zegt pastor Mark. „Dat doet me denken aan Prediker 9: ’Doe wat je hand te doen vindt. Doe het met volle inzet’.”
Ad rem en grof gebekt als hij is, lijkt Driscoll wel een komiek. Maar het is hem menens. Zijn kwinkslag over Prediker mondt uit in een betoog over seks voor het huwelijk (zondig) en de van God gegeven verhouding tussen man en vrouw: een vrouw dient haar man op alle mogelijke manier van dienst te zijn – vooral ook in het echtelijke bed, want anders zou hij wel eens homo kunnen worden.
Zeker, dat soort uitlatingen komen Driscoll op felle kritiek te staan, maar zijn aanhang groeit. Sinds de oprichting in 1996 is Mars Hill gegroeid naar zo’n achtduizend leden.
Vooral hoogopgeleide jongeren, man én vrouw, vinden pastor Mark cool, met zijn grungy uitstraling en zijn preken van een dik uur. Zij voelen zich aangetrokken tot het onversneden calvinisme dat Driscoll verkondigt: de mens is een verdorven worm wiens harde werken en eventuele goede daden zinloos zijn, omdat de almachtige God al voor het begin der tijden bepaald heeft wie naar de hemel gaat, en wie voor eeuwig zal branden in de hel.
Die boodschap is buitengewoon onmodieus. Ze staat haaks op de Amerikaanse droom dat je met hard werken alles kunt bereiken. Ook is ze het tegendeel van het soort christendom dat de laatste twintig jaar zo rap groeide in de Verenigde Staten: kerken waar volgens Driscoll het hoogste doel is de bezoeker te behagen, en waar de voorganger klinkt als een therapeut die weet dat God niets liever wil dan dat wij het fijn hebben.
Denk maar, zegt Driscoll, aan predikanten als Bill Hybels en Joel Osteen, die megakerken vol preken en honderdduizenden boeken verkopen, maar het woord ’zonde’ angstvallig vermijden.
In een vorig jaar verschenen boek over Driscoll en zijn Mars Hill Church komt een 25-jarige kerkgangster aan het woord. „Onze generatie is opgegroeid in een cultuur waarin alles draait om het ’zelf’”, zegt ze. „Dat voedt onze harten niet. Wij hebben behoefte aan systematische theologie, maar in veel kerken is daar geen aandacht voor.”
Zelf omschrijft pastor Mark zijn publiek als ’een generatie op drift’, op zoek naar ’een familie, een geschiedenis en een thuis’. De ouders van deze jongeren bezoeken de megakerken, maar hun eigen leven zou in het teken staan van drugs, soa’s en cynisme.
Deze jongeren, meent Driscoll, bereik je het best met een boodschap van zonde en genade. Niet met een beeld van Jezus als halfzachte figuur in een jurk, maar met een keiharde macho-Jezus. Die zó’n hekel aan zondaars heeft, dat hij ze het liefst een pak slaag zou verkopen.
En de hemel, zegt Driscoll, is echt niet zoiets als een opvangcentrum voor fijne mensen. „Nee, God kijkt op ons neer en zegt: ’Ik haat jullie, jullie zijn mijn vijand en ik zal jullie verpletteren’. En wij zullen zeggen: ’Dat is verdiend, rechtvaardig en juist’. Daarna zegt God: ’Maar om Jezus’ wil zal ik jullie liefhebben en vergeven’. Dat is een wonder.”
Hij klinkt misschien extreem, maar Mark Driscoll is geen verdwaalde zonderling. In evangelisch-protestants Amerika is er altijd een kleine minderheid geweest die terug wil naar het puriteinse calvinisme. Mars Hill Church heeft bovendien bijna 150 nevenvestigingen in Noord- en Midden-Amerika en Canada, die zich samen ’Acts29’ noemen: het vervolg op het laatste hoofdstuk van bijbelboek Handelingen.
Het ’theologische brein’ achter deze beweging van nieuwe calvinisten is John Piper (1946), auteur van tientallen boeken met titels als ’Toekomstige genade’ en ’Verspil je leven niet’. Piper noemt zichzelf een christenhedonist, omdat er volgens hem ’niets heerlijkers is dan Jezus Christus kennen zoals Hij is – alle andere vreugden in het leven vallen daarbij in het niet’.
Ook noemt Piper zich wel een ’hedendaagse puritein’; hij is groot kenner en liefhebber van het werk van de achttiende-eeuwse prediker Jonathan Edwards, die beroemd werd met zijn preek ’Zondaren in de hand van een toornig God’ uit 1741. Zo krijgen de ’nieuwe calvinisten’ iets van een ideologische structuur: Mark Driscoll is als enfant terrible het meest zichtbaar, John Piper is de hedendaagse denker en Jonathan Edwards het grote idool.
Driscoll las Edwards kort nadat hij op zijn negentiende tot geloof was gekomen, en, zegt hij, het liet hem niet meer los.
De driehonderd jaar oude geschriften gaan onder de bezoekers van Mars Hill Church gretig van hand tot hand. Volgens een Amerikaanse kerkhistoricus komt die interesse in het puriteinse gedachtegoed voort uit een zoektocht van jongeren naar hun wortels, en een behoefte aan een christendom dat iets van je vergt.
Dat sprak in Edwards’ tijd nog vanzelf, maar in de loop van de negentiende eeuw verdween zulk calvinisme steeds meer in de marge, totdat het alleen nog een zaak leek van een paar frozen chosen (bevroren en uitverkoren) in het koude Grand Rapids, Michigan.
Dat veel van de nieuwe calvinisten afkomstig zijn uit evangelische (vaak southern baptist) kerken, leidt daar tot ongenoegen. Een voorman van die kerken sprak een paar jaar geleden al van een ’calvinistische djihad’, vanwege het fanatisme waarmee Driscoll en de zijnen hun boodschap uitdragen. „De God van het calvinisme”, stelde hij, „lijkt meer op Allah, de god van de islam, dan op de God van genade en verlossende liefde die zichtbaar wordt in Jezus Christus.”
Dat is een veelgehoorde kritiek; Driscoll zou haat prediken. De pastor haalt daar zijn schouders over op. Als de gevestigde orde niets met hem op heeft, is dat alleen maar goed. Calvijn kon de bestaande kerk ook niet veranderen en begon voor zichzelf. En bij kritiek op zijn ’onchristelijke’ manieren wijst Driscoll naar Luther: die dronk toch ook graag bier?
Pastor Mark trekt zijn eigen plan: over tien jaar wil hij duizend kerken hebben gesticht. Te beginnen in zijn eigen stad Seattle, die ’zo heidens als China’ is.
„We moeten onze geweren laden om de hel te bestormen met het evangelie van genade. Daar hebben we negenhonderd mannen voor nodig. Geen jongens, maar mannen. Mannen die zich niet druk maken om hun cv en vakantiedagen, maar die levens willen veranderen. Mannen bij wie het evangelie door de aderen stroomt, met staal in hun ruggengraat en liefde in hun hart, en de verlorenen op het netvlies.”
Nog een kritiekpuntje op Driscoll: is hij, met zijn downloadbare preken en zijn vlotte videoboodschappen, niet een tikje ijdel? „Bescheidenheid, daar ben ik inderdaad niet zo goed in”, zei hij pas geleden op televisie. „Maar met Gods hulp probeer ik dat wel te worden.”
http://meer.trouw.nl/nieuws-en-debat/zonde-preker-populair-bij-jongeren-vs

Sunday, March 01, 2009
Die Mistieke van die Liefde: Breathe in, Breathe out
Ek het gister die film “Breathe in, breathe out” by die Japannese filmfees in die Waterkant gaan kyk. Dit gaan oor ‘n klompie stukwerkers wat by ‘n boer en sy vrou op Okinawa-eiland suikerriet gaan oes. Die boer kry elke jaar werkers wat hom help om ‘n kontrak na te kom waarvolgens hy binne 35 dae ‘n paar ton suikerriet (70 000 plante) voor ‘n afsnydatum moet lewer. Die stukwerkers is almal jongmense: hulle bly by die boer en sy vrou in hul huis, onder opsig van ‘n bestuurder wat hulle oplei en rondry. Die bestuurder werk al vir ‘n paar jaar by die boer, maar net gedurende die oestyd. As die oes verby is, beweeg hy aan van plek tot plek waar verskillende produkte geoes word. Die jong werkers vervies hulle vir sy aanstellerigheid. Die werkers is almal self broeiende figure: niemand vra vir niemand uit waarvandaan hulle kom en waarheen hulle op pad is nie. “Hier is almal gelyk” sê iemand op ‘n stadium. Maar gou blyk dat hulle almal ‘n verlede het waardeur hulle getraumatiseer is en waarvandaan hulle wegvlug. Deur die loop van die rolprent word hulle gedwing om hul verlede in die oë te kyk, hulle daarmee te versoen en dus as heel mense weg te gaan.
Hierdie transformasie uit trauma na heling gebeur op ‘n merkwaardige manier. Hulle werk lang ure deur die dag in brandende, swoel hitte soos selfs werkolistiese Japannese nie gewoonlik doen nie. Gou blyk dit dat hulle nie die oes sal kan klaarmaak nie. Die boer en sy vrou, oupa en ouma noem die werkers hulle, reageer gemoedelik elke keer as die werkende jongmense bekommerd sê hulle gaan dit nie regkry nie. “We’ll manage” roep die boer gesellig uit en lag vriendelik vir hulle. “Kyk net,” reageer hy op hul sorge, “hoe oulik het julle geraak. Julle sny net beter en beter elke dag. Moenie oor ons bekommerd wees nie. Ons kan maar net weer van vooraf begin. Ons sal regkom.” Ouma is net so gelate: sy dra kos aan, gee hulle drukkies, versorg hulle en ondersteun haar man blymoedig en grappig as hy die werkers gerusstel. Nooit ‘n verwyt, ‘n skewe woord, ‘n afkeurende kyk nie. Egte, blymoedige gelatenheid. Die karakters van die boer en sy vrou is eg, met ‘n totale gebrek aan toneelspel.
Daar is allerhande dramatiese onthullinge en ontwikkelinge in die fliek, onder andere wanneer die bestuurder ‘n ongeluk maak en almal uitgaan om hom te help, al irriteer hy hulle. Maar die ontknoping in elke karakter se verhaallyn word omraam deur die groter narratief: sonder om mekaar aan te spreek, besluit hulle weens die kommer oor die oes om harder en langer ure te werk. Die laaste dag spit hulle die laaste paar suikerriet in ‘n ritueel uit. Elkeen kry een in ‘n aangrypende, stil plegtigheid van genoegdoening en vervulling.
Een van die werkers is ‘n verbysterende mooi meisie, maar sy sê die hele fliek deur niks nie. Aan die einde, as hulle die oes onder beheer het, praat sy vir die eerste keer: “‘n Mens werk en werk en werk. En dan kom die nuwe dag en dit is pragtig”, sê sy. (“O”, sê een van die ander, “jy kan sowaar praat”!). Die stil meisie is die een wat, as die krisis erg is, tot almal se ontsteltenis verdwyn. Die ander kry haar uiteindelik in die landery waar sy staan en suikerriet kap. Sy het vroegoggend, vroeër as gewoonlik, begin werk – sy wil die oes inkry. Dit is dan dat hulle almal besluit om elke dag nog vroeër te begin werk.
Dit is ‘n merkwaardige mooie fliek vol pragtige tonele. Okinawa se boeiende landskap, maar ook die doodgewone suikerplantasie het ‘n mistieke karakter. Groen golwe van suikerriet wat omraam word deur die blou van die see, gedurig op die gesigseinder. Maar die mistieke bly vir my hierdie werkers se groeiende passie om harder te sweet om die boer se oes te red. Dis ‘n kollektiewe transformasie: soos hulle werk, word hulle meer en meer ingetrek in die stryd om die oes in te bring. “Ons gaan nooit hierdie plantasie kan afsny nie” sê een van hulle aan die begin. Dit word uiteindelik ‘n “ons gaan hierdie oes inbring.” Ter wille van die boer en sy vrou, wat juis nie daarvoor vra nie. Wat net liefde uitdeel.
Daar is iets mistieks aan die liefde: Daar is die karakter van die boer en sy vrou as mense wat allerhande verpligtinge het, wat moet oorleef, maar wat deur hul leef in die liefde nooit toelaat dat hulle nood of behoefte hulle bring tot onmenslikheid, tot gierigheid nie. Dit is ‘n liefde wat so in die mens se bestaan ingegrein is, dat dit eenvoudig daar is – spontaan uitgeleef word, sonder ‘n skewe kyk, ‘n harde woord, ‘n bytende verwyt.
En dan is daar die wederliefde van die seergemaaktes wat tuiskom in die liefde – wat deur die Vader omhels word: “Hier is almal gelyk”, hier word almal aanvaar, hier is nie swart skape met ‘n verlede nie. Hier is ‘n ruimte van menslikheid. En waar ‘n mens veilig is, geborge voel, word liefde ook jou deel. Op ‘n mistieke manier kom dit ook in jou lê, groei dit in jou, word jy daardeur meegevoer en gee jy daarvoor om. Al weet jy daar kom ‘n tyd dat jy hierdie ruimte van liefde dalk weer sal moet verlaat, is dit belangriker om self ook liefdevol te wees. Die liefde wek die liefde. Die fliek eindig wanneer die kamera draal op al die foto’s van mense wat vir die boer en sy vrou gewerk het: herinneringe wat bly voortleef, van liefde wat uitgeplant is en nou in ander plekke beleef word. Die liefde vergaan nimmermeer.

Monday, February 23, 2009
Iemand wat altyd daar was..... Spiritualiteit en die ewige lewe
Ek loop ‘n kennis raak wat vir my sê dat sy lewensmaat so siek is aan kanker dat ‘n mens op die punt gekom het dat jy wens die lyding was verby. ‘n Ander kollega van my, nie ‘n gelowige mens nie, het vir my gesê sy pa het kru, soos ‘n hond gesterf: onwaardig, deurmergel met pyn. Sulke woorde teken die verontwaardiging, die pyn, die woede en selfs bitterheid oor die manier waarop Iemand wat altyd daar was, weggaan. Die manier waarop mense sterf, die skok van die nuus, is egter een ding.
Heeltemal anders is die bewussyn, daarna, oor maande, miskien oor jare, al groeiende, dat hulle wat jy verloor het, nooit weer jou pad sal kruis nie. ‘n Mens betrap jou, dekades daarna nog, dat jy foon toe wil loop en gaan bel, asof die besef nog nie finaal deurgedring het nie. Jy droom af ten toe, so realisties, van hulle, so naby, so intens, asof hulle in alle werklikheid gewoonweg nog in jou lewe is – om wakker te word met die skrynende gevoel van die leuen van drome.
Deur die eeue worstel mense met verganklikheid. Dit bring treurigheid, onstemmigheid om te weet wat jy op hierdie manier bly ervaar sal eendag hulle wat joune is, die jongeres, ook ervaar – miskien te laat. Dat jy ook sal word: Iemand wat altyd daar was....
Watter besef beteken dat ‘n mens jou lewe anders leef. ‘n Vriendeliker neiging om te vergewe, omdat jy weet die dieper bande maak werklik saak. ‘n Maklike bereidheid om tyd deur te bring, wetende dat jy spoedig nie meer sal kan saamsit, saam-eet, saamgesels nie. En altyd weer deur durende en selfs donker teenwoordigheid van die wete dat alles, alles verbygaan, dat hulle wat so naby aan ons is, ons ontneem sal word.
Maar selfs hierdie ommekeer, hierdie versigtiger leef is maar ‘n hand wat die stormwind probeer terughou om ‘n klein vuurtjie aan die gang te kry. Selfs dit bly voorlopig, vir ‘n oomblik, vergeefs eintlik, in die lig van die onstuitbare einde, ook van jou bestaan.
Om hierdie rede, oor hierdie verganklikheidsbewussyn was daar nog altyd die groot verlange na ‘n tyd van weer ontmoet en weersien in die godsdienste, by hulle wat dieper dink. Vir sommige vroom bedrog, vir ander ‘n tydelike terapie, vir ander ‘n nuttige oorlewingsstrategie.
En tog, ook dan vir hulle wat kan vertrou, wat iewers die oomblikke van onverganklikheid bly ervaar en herken, is daar 'n wegwyser na wat werklik onverganklik is wat ‘n outentieke geloof in jou lewe inbring. God, wat ewig is, wat die begin was en ook die einde sal wees. En wat ons sal opneem in die rykheid van die goddelike liefde, die groot, vriendelike stilte, die Woord wat ons woordeloos sal bly weer, sonder ophou, teen die kwaad. Die trane sal nie meer vloei nie, die hart nie meer onstuimig klop nie, die seer nie meer pynig nie. Geborge in die groot Verborgenheid sal ons die durende rus ervaar wat ons hart in vroeër tye soms maar net vir ‘n oomblik gegun is, selfs by hulle wat altyd daar was en weg is. Soos ons by hulle wat weg was, tye van goedheid gegee is, so sal ons uiteindelik (saam met hulle!) in die Goedheid self bestaan wanneer alles verby sal wees en die Ewige daar is. Die goeie by hulle wat altyd daar was en na wie ons verlang, word ‘n simbool van die oorvloedigheid wat ons sal ontvang nadat ons ook vertrek het, soos hulle weg is. God is die Een wat altyd daar is. Ons is op pad na God toe.

Saturday, February 21, 2009
Die deug van deeglikheid, van lewe: oor bewuswording en spiritualiteit

Ek sit op ‘n keer in St Pietersburg by Rembrandt se skildery van die Verlore Seun. Dit is ‘n reuse skildery wat in ‘n kamer van sy eie hang. Daar is net ‘n enkele stoel of twee in die kamer, verder is dit 'n oop ruimte waarin die skildery tot sy volle reg kom. Ek sit ‘n uur, twee, selfs meer daar. Loop deur die museum en kom weer terug voordat ek finaal teruggaan universiteit toe.
Die vaal Oktober herfslig wat in hierdie beroemde Russiese stad deur die vensters val is goed vir die skildery. Dit bring die ryk kleure in ‘n boeiende ligsspel sterk uit. Dit is boonop nie, soos die nagwag, ‘n besige skildery met baie mense nie. Of soos die skildery oor die afhaal van Christus se liggaam van die kruis, wat in die volgende kamer net om die draai hang. Al daardie mense wat Rembrandt om die kruis geskilder het, is ook al weer ‘n toneel om te aanskou en om op sy eie te bly bedink. Die Verlore Seun skildery is eerder stiller, met eintlik net die pa en sy wonderlike bly-droewe gesig wat die seun, verteerd van bleekheid en moegheid, liefdevol teen sy bors druk en dan, prominent langsaan die stroewe ouer broer met sy stokkerige afstandelikheid. Hier en daar in die agtergrond skadu-karakters, maar weggesteek en vir my meer 'n raam vir die drievoudige middelpaneel van karakters.
Maar dis nie net die skildery wat ek, al sittende, met al die tyd van die wêreld kan bekyk nie. Ek moet ook onvermydelik kort-kort 'n klomp mense bekyk wat op 'n streep deur die kamer tou. Steurend veral is die groot toergroepe wat deur die kamer stap op pad na die groot saal langsaan. Nou en dan sal ‘n groep stilstaan as ‘n gids besluit hulle moet meer van die skildery weet. Maar dit gebeur nie te baie nie. Hulle streep meestal op 'n taamlike vinnige pas verby die skildery.
Die Hermitage is een van die beroemdste onder beroemde wereld-museums. Daar is te veel om te sien. Die grootstes van die groot kunstenaars wag op die besoeker. Net om die draai hang byvoorbeeld Rembrandt se ewe onvergeetlike uitbeelding van die slagting van Isak deur sy pa Abraham. [Ek het dit in 2004 gesien in die Alte Pinakothek in München waar dit langs die Duitse weergawe gehang het, maar dit is ‘n ander verhaal (sien voorlopig http://www.codart.nl/exhibitions/details/668/)]. En dan is daar ook ander klassieke en bekende werke.
‘n Mens moet dus bitter keuses tydens jou besoek maak: eers ‘n spoedbesoek om te sien wat daar alles is, of andersins vooraf besluit wat om te sien, of eenvoudig maar net meer as een keer gaan. En onvermydelik moet jy maar 'n pas handhaaf. Jy kan nie verteer wat jy sien nie.
Maar vanoggend lees ek in Trouw ‘n artikel oor wat die kaaaskoppe "traagheid" noem. Die deug van dinge "stadig" doen. ‘n Nederlandse skilder voel ons jaag deur ons lewe en hy wil doelbewus alles stadiger, deegliker doen. Ons moet “proe”, sê hy, wat ons sien. En rondom hierdie gedagte word dan allerhande goeie dinge uitgewerk.
Wat my aan spiritualiteit laat dink: Dit is waarom lectio divina so ‘n nuttige instrument is: die “geestelike” oftewel, goddelike lees van dinge. Dit sluit in om ordentlik te lees (lectio), om na te dink (meditatio), om te bid (hier is iets groters as ek wat my in beslag neem) en dan om in vervoering te raak (contemplatio – ek raak meegesleur). Dit is 'n berekende lees, reflekterend gedoen. Om in die teks self opgeneem te word, dat jou gees met die gees daarvan eenstemmig word.
‘n Trae, langsamer lewensgang, dus, is wat ons soek. ‘n Nadenkende lewensstyl. Skaal af. Hou terug. Doen dit stadig. Proe wat jy sien. Sien wat jy eet.
Die deug van deeglikheid is 'n lament oor ons tyd. Ons maatskappy met sy vinnige, besige gejaag bedrieg ons op ‘n vernietigende manier. Selfs ons geestelike lewe is quick fix, spoed-georienteerd. Ons spoor mekaar selfs godsdienstig aan: moenie skuldig voel oor jou lewensstyl nie. Sorg net dat jy kwaliteitstyd inbou vir God (‘n uurtjie op ‘n Sondag, nie meer nie, ‘n snelvuur-gebed agter die stuurwiel) en vir jou familie (lekker saameet vir die tien minute saans, huisgodsdiens nie regtig in sons tyd nodig nie, maar sorg darem dat die kinders ‘n gebedjie opsê voordat jy (verlig) die lig afskakel).
Miskien het die tyd gekom dat ons weer skuldig moet voel en moet verander. As ons die dag uitgespoeg word deur die groot kapitaal-masjien, deur die liegfabriek, is hulle weg: ons dierbares, ons kinders, ons vriende. Vir altyd of in verre lande of in ander plekke of net weg sonder dat ons weet waar.
Ons kon nie geestelike begeleiers en vriende maak nie. Ons het nie geeestelike diepgang deur gesprekke met hulle wat nadink of skryf gesoek nie.
En dan slaan die “waarheid” toe: wie alles aan hierdie aarde wen, wie weet, het terselfdertyd sy siel verloor....
Die hardloop na nêrens, die reis na niks moet tot stilstand kom.
Dit raak bewuswording wat in spiritualiteit 'n groot motief is. 'n Mens moet jou kan inleef, jou verplaas in wat jy waarneem. Op die manier word dit vir jou 'n ervaringswerklikheid. En eers dan leer jy werklik, vind verandering plaas, word jy omvom. Maar daarvoor het 'n mens deeglikheid, stilte, tyd nodig.
Ons moet leer kies om in een kamer te sit, een doek te bekyk, die grootheid daarvan te kan inneem. Hier is tyd nodig, spoed oorbodig en selfs gevaarlik.
Om dan baie jare daarna na te bly dink oor dit wat by jou bly draal uit daardie gestolde, gevuld oomblik. Dit word 'n "ervaring" wat op sy eie weer nuwe ervarings skep, vir jou orenthou wanneer die troebel tye kom.
Ek dink na, weer, oor Rembrandt: Die grootsheid van hierdie geniale kunstenaar wat roem en faam verwerf het, bankrot geraak het, as ‘n drifsel deur die vloedwaters van ellende op die wal uitgesmyt is en toe in die stilte van die laaste jare sy pyn op die doek in Bybelse taal uitgeskree het.
En vandag, terwyl ek my inleef in wat ek sien, die besef wat in my groei: laat daardie beker my gespaar bly. Ek proe sy pyn, ek sien die seun se tam, vernielde gesig, ek lees as interteks Rembrandt se verbygeleefde jare. My oë volg die donker lyne van die seun se uitgetrapte skoene (die reis na die Vaderhuis was ver, baie ver). En dan weer terug na die ryk rooi mantel van liefde wat oor die skouer hang van die Pa, die trane nog in sy oë – van blydskap, maar ook van pyn oor gemorste jare, die skouer wat afbuig om die seun te omhels en vas te hou.
Die gelykenis sê die pa het sy kind gesoen en bly soen.
Laat, maar nie te laat nie.
Terwyl die toeriste verby hardloop, ‘n vinnige kyk op ‘n skildery wat iets van die Bybel teken, is daar die enkeling wat moet leer om te gaan stilstaan. Om te proe wat hulle hier sien. Om die liefde te ontdek wat hier verskuild so warm klop in die hart van die Vader. Hierdie liefde wat ons so verbyhardloop op pad na al ons ander afsprake elke dag. Soms is dit regtig te laat.
Friday, February 20, 2009
Spiritualiteit en vreugde; oor God se verhouding met ons
Iemand vertel my vanoggend, terwyl ons oor Markus 1:9vv praat, van buitelandse besoekers wat in Kayalitsha ‘n kerkdiens gaan bywoon het. Toe hulle na die diens terugry, merk die een buitelander verwonderd op dat dit haar opgeval het hoedat die kerkgangers in die misrabele toestand van so ‘n groot township ‘n kerkdiens kan hou waar almal oorloop van vreugde.
Waarmee my gespreksgenoot die belangrike punt maak: vreugde word nie deur ‘n mens se omstandighede bepaal nie. Dit kom van binne uit.
Toe raak ons twee aan die gesels oor die dan nog dieper vraag: waarom kan mense in sulke misrabele omstandighede bly wees? Dis tog nie so nuut en net tipies van Kayalitsha se township-gelowiges nie. Handelinge 16 vertel hoedat Paulus en Silas in Filippi aangerand word, hulle klere van hul lyf afgeskeur word en toe nog “baie geslaan is” (Hand.16:23). Daarna is hulle streng bewaak in die “binneste sel” met hulle voete in die houtblok vasgeklem (Hand.16:24). Gaar en goor gefoeter, in pyn en ellende geboei, vasgeklem in stik donkerte (vers 29!) Dan, teen middernag, is Paulus en Silas besig om te bid en “tot lof van God te sing.” Daarmee word die hart van die saak aangeraak: sulke “gelouterde vreugde” kom uit die binneste van mense wat aan God behoort. Wie in God geanker is, kyk nie angstig in die rondte nie, maar boontoe. Deur die eeue heen, lees ek weer gister iewers, was Christene om een of ander mistieke rede altyd in staat om hul misrabele omstandighede mis te kyk. Daar is ontelbare voorbeelde van hierdie verborge ervaring – dat ‘n mens se verhouding met God iets radikaals aan jou verander.
Dit is dus nie om dowe neute dat Ignatius sy geestelike oefening steeds weer met lof aan God bring nie, of dat ‘n erediens begin met lof van God nie. Mense wat dankbaar God loof, kan die bitter duisternis op ‘n afstand hou. Dit is ‘n grondbelydenis van die Christelike geloof. En hulle kan dit doen omdat 'n vreemde, "bo-menslike" krag hulle vul.
Spiritualiteit het as eerste fokus die verhouding tussen God en mens. Dit is nie 'n gesukkel om allerhande waarhede oor God te weet of te disputeer nie. Gedurigdeur, herinner hierdie fokus ons daaraan dat ons bewus moet bly dat God ‘n verhouding met ons aanknoop. God is by ons soos 'n lewensmaat, 'n ouer, 'n kind, 'n troeteldier. God leef saam met ons. Iewers, op ‘n plek, op ‘n tyd, raak Iemand ons aan, groter as onsself, sterker as onsself en vul of versier ons lewens. Ons word bemin. Dit is ‘n liefdesverhouding wat vrees uitdryf en dus vreugde bring. Terwyl al die ander mooi dinge ook ons lewe vol maak, gebeur dit soms dat ons die unieke ervaring het dat ons lewens in God geanker word. Dan word alles anders. As 'n mens eers eenmaal 'n diamant gesien het, is alle ander klippe maar vaal en verbleik.
Vreugde bestaan dus sommer nie net nie. Dit val nie uit die lug nie. Dit is ook nie aangeplak nie. Dit val ook nie sommer weg nie. En dit is ook nie ons verbeelding nie. Kyk maar net na mense wat in God se ruimte gaan woon.
Vreugde is iets mistieks, gebind aan ‘n mistieke ervaring, ‘n onpeilbare, onbewysbare wete en werklikheid: Iemand, iets groters as ek het na my toe gekom, my aangeraak, omgedraai, in die arms geneem en sê vir my van naby: Jy is myne, my geliefde, jy is soos my eie bloed.
Wednesday, February 18, 2009
Rublev se Ikoon van die Heilige Triniteit

Ek het kort voor die afsluiting van ‘n belangrike fase in my lewe ‘n tydjie van afsondering deurgebring by die Areuse gemeenskap digby Neuchatel, horlosiestad in Switzerland. Dit was herfs en ek het by die ou, imposante gebou langs die groot, stil meer uitgekom nadat ek verby velde met plate blomme in rooi, geel en wit gestap het. God se tapyt vir die vermoeides.
In sekulêre Switzerland is hierdie gemeenskap se kursus in innerlike genesing vir ‘n jaar al vooruit week na week uitgeboek van mense wat daar vir retreat gaan (nogal selfs uit Suid-Afrika – vlg die besoekersboek). Dit is ‘n sustergemeenskap van die Taize gemeenskap in Frankryk waar jongmense vanoor die hele wêreld letterlik in hul duisende in die somermaande vir spirituele retreats en dienste met meesleurende sang kampeer en waarvan sommige liedere in die Liedboek opgeneem is.
Vier gebedsdienste word elke dag in die eenvoudigste, stilste kapel gehou, waarvan die hoogtepunt vir my a capella sang deur 50 musikale stemme van die inwoners (vroue; helfte is onder 30 jaar oud) was, maar ook die eenvoudige liturgie. Dit is ‘n houtkapel, met ‘n hoë dak wat in die byterige, vroeg-herfskoue ‘n warmte uitgestraal het wat letterlike en geestelik oral in ‘n mens gaan lê het.
Die sel waarin ‘n mens bly het ‘n eenvoudige voorkoms. Bed, stort, ‘n kruis teen die muur en ‘n knielstoeltjie vir gebede. Langs die kamers is daar ‘n gebedskamer met ‘n ry stoele al langs die muur waar ‘n mens in stilte kan gaan bid. Jy kry vir die duur van jou verblyf ‘n geestelike begeleier wat met jou gesels wanneer jy die behoefte daaraan het. Ek het ‘n wyse, horingou Nederlandssprekende (hulle het geweet van Afrikaans!) begeleier gehad.
Tydens een van die kanse wat ek gehad het daarvoor, kon ek rustig, ononderbroke bid vir mense in die gemeente waar ek toe gewerk het. Een vir een, by die naam. Ek onthou hoe Henry Keane, destyds ‘n non en teoloog van Unisa vir my ‘n kaartjie uit Ierland gestuur het. Sy was in ‘n kapelletjie, het sy geskryf, sy het aan my gedink en toe in die kapel vir my gebid. Soos ek in Areuse in die herfs in die bidkamer gesit het, kon ek dink aan almal wat in my lewe gekom het en ook vir hulle onthou in gebed.
Maar wat my ook bybly was die ikoon met die Heilige Triniteit van Rublev. Iemand het oor die ikoon geskryf: Daar bestaan ‘n ikoon met die triniteit wat deur Andrei Rublev gemaak is, daarom bestaan God. Die ikoon was in elke kamer en in die gebedskamer teen die muur. Orals is dit hang gemaak, om ‘n mens gedagtig te hou aan die Een wat oral is, in rykheid as die beskermer, die inspireerder, die brugbouer – Vader/Moeder, Gees en Seun.
Onlangs het ek gevra dat die ikoon gebruik word vir voorblad van die tweede uitgawe van ons Spirasa tydskrif met die titel “The Spirit that Empowers: Perspectives on Spirituality” Lynette Booysen het ‘n pragontwerp gemaak daarvan. In die tydskrif is daar ook ‘n artikel oor Rublev se ikoon. Nou lees ek Gabriel Bunge se The Rublev Trinity (2007), ‘n boeiende boek met wonderlike nuwe insigte oor die tydlose ikoon. Ek het destyds toe ek in St Pietersburg klas gegee het, die ikoon gesien, maar ek sal moet teruggaan, noudat ek die geskiedenis daarvan gelees het – nie net hoedat dit ‘n lang ikoniese tradisie tot ‘n nuwe hoogtepunt gevoer het nie, maar ook hoedat ‘n besonder interpretasie-geskiedenis van die besoek van die drie engele aan Abraham daarin gesien kan word. Daar is ook die boeiende film van die Russiese meester regisseur, Tarkovsky, oor Rublev wat ek weer sal moet gaan kyk.
En dan is my eie groei in spiritualiteit ook ‘n faktor wat maak dat ek anders kyk na die ikoon. Ek gaan boekhou hoe ek dit beleef. Maar op primitiewe vlak, is daar die boeiende kleure: die milde groen en ryk rooibruin kleed van die twee figure aan die regterkant, maar dan ook die amper teer, breekbare geelwit stralekrans (‘n harde woord) om hul koppe – met ‘n spel van skakerings op geel wat die ikoon optel na ‘n vlak van helderheid, ligtheid, skoon-heid.
Watter boeiende boek is Bunge se werk nie. Hopelik weer meer daaroor later.
Tuesday, February 17, 2009
Idols, Ignatius, Die begin van geestelike oefening. Oor spiritualiteit en die self
Dit is weer ‘n nuwe seisoen van Idols. ‘n Klomp gedrewe, gemaak-skaam, oorywerige, vuil, arm, parmantige, nat-agter-die-ore en oormoedige kinders sleep meestal hul naam skaamteloos en vol misplaaste hoop deur diep modderpoele. Plek-plek weet ‘n mens nie of jy agter die stoel moet gaan wegkruip in die plek van die deelnemers nie. Dis nie eers fun nie, want die beoordelaars het skêr-tonge en is dikwels onregverdig. Boonop is die hartseer van die verslae, verwerpte kandidate , hoe subtiel of weggesteek ook al, wreed. Al daardie drome, ek-wen-tienmiljoen-rand-lotto-drome, limousine’s, jillends skares, tydskrif-voorblaaie is puur in hulle glory in. Al wat oorbly is die swartkraai-hoonroep van die genadelose verwerping.
Ek dink dikwels hieroor: hierdie superster – beeld van onsself wat iewers so totaal wanstaltig uit pas is met die harde werklikheid. Ons sien onsself met soveel ontferming en bewondering as die top-presteerders.
Het een van hierdie ouens in ‘n spieël gaan kyk en gevra: maar kan ek regtig sing?
Hoe gemaak met hierdie self-bedrog? Want ons vergoeliking van onsself kan slegte gevolge hê.
Ek is ‘n paar jaar gelede deel van ‘n groep mense waar iemand genadeloos en by herhaling onder almal rondom hom inklim en teen hulle uitvaar. Hy is ‘n geestelike leier, d.w.s. as jy hom nie na die mond meet nie. Dis knullers en knallers, vloekskote en harde woorde wat soos kartetse op ander reën.
Later kry ek ‘n briefie van hom. Hy het hierdie keer mense wat nie met hom saamstem nie, beet. Wat hom opval, kla hy, is hul onbillikheid en liefdeloosheid.
Dis die idol-mentaliteit van totale gebrek aan insig in 'n mens se eie feile, jou eie onbillikheid en liefdeloosheid. Ek is die dromer, die presteerder, as ander maar net so mooi kan sing soos ek. En al die tyd is daar hierdie totale gebrek aan insig in die self-bedrog.
Self-bedrag kan vernietigend wees. Jesus het daarvan gepraat: die splinter in die ander se oog, maar die balk miskyk.
Ek skrik as ek daaraan dink, want ek weeg myself en besef hoe Idol-gelyk my eie lewe is. As ek maar net nugter die balk kan herken, die eie fale, die inherente onvermoë.
Ek lees in hierdie dae Ignatius se beroemde Geestelike Oefening. Die boek is nou al amper 500 jaar oud en die teologie van die sestiende eeu is duidelik daarin te bespeur (o.a. ‘n grafiese meditasie op die hel). Maar verby dit, is daar ‘n dieper rypheid en insig. Op ‘n stadium val twee dinge my op:
Die geestelike oefeninge begin eerstens steeds weer met ‘n voorbereidingsgebed waarin die gelowige sy of haar aandag op God rig:
Ek smeek God die Here vir genade sodat al
my bedoelings en handelinge en werke gerig sal wees op die lof en diens van sy Goddelike Majesteit.
As tweede punt geld dat ‘n mens genade moet vra om jou sonde te ken en daarvan ontslae te raak.
Albei hierdie punte hou my besig: in plaas van om my wil aan God op te dring, begin my geestelike oefening altyd met ‘n prysgawe van my wil en ‘n soeke na God se wil.
Tweedens moet ek my eie gebreke en mislukkings genadiglik kan raaksien. En dit is duidelik nie maklik nie. Sonder genade van Bo, goddelike ingrype, gebeur dit nie sommer net nie. Ek moet, in afhanklikheid, na binne kan kyk, die inherente swakhede, sonde, kan herken.
Die twee. gerigtheid op God se goedheid en bewussyn van eie onmag, speel op mekaar in. Geestelike oefening beteken ek soek my oriënteringspunt buite myself en kyk na alles in my wat my fokus op God kan verduister.
Dit is lewenswysheid en die geheim tot geestelike groei: insig in wie God is en wat God wil, en begrip van hoe my lewe God se wil dwarsboom.
Dit klink logies. Maar geestelike oefeninge wat hiermee begin, gee te kenne dat dit nie normaal is vir gelowiges om so te wees nie. Ons kom eerder soos Idols by God aan: vol selfvertroue. En as ons drome nie bewaarheid word nie, voel ons bedremmeld.
Asof God se drome vir ons nie soveel meer werd is nie.
God se liefdesdrome vir ons. Prysgawe van ons eie gejaag na sukses en roem - die leegheid van die saal as die applous verby is, die donkerte as die spots gedoof is, die kortstondigheid van ons greep na sukses. Gebou op ‘n besef van ons eie onvermoë en onwilligheid om te laat gaan en by God te wag op wat werklik saak maak.
Wat saak maak is God se droom vir my lewe: om soos God te wees. Tevrede om te gee, bly om lief te he, gewillig om daar te wees, gou om op te tel en te versorg.
Die mistiek is seker maar vir uiteindelik net vir enkeles beskore. ‘n Mens moet baie genade ontvang om te besef dat eenwording met God die begin en einde van alles is. Dat daar maar tog 'n stuk idolatrie in 'n Idol mentaliteit is.

Monday, December 15, 2008
Die gevaar van die mistiek. Wanneer die lig die duisternis bedreig.
Ek dink die afgelope tyd dikwels na oor die kerlike onverdraagsaamheid teenoor mistici. Daar is baie, baie voorbeelde. In die twintigste eeu is De Chardin, ‘n godsdienstig bewoë mens, se geskrifte deur sy owerste in die orde verbied. Hy is uiteindelik oorgeplaas uit Parys waarvoor hy so lief was, na ‘n afgesonderde wêrelddeel om uit die pad te kom. Hy het geweet dit is omdat hy as ‘n ketter beskou is. Na sy dood is sy werke egter wyd gelees en is hy as een van die bekendste denkers in die twintigste eeu beskou.
Die ander mooi verhaal, vertel deur Otger Steggink in sy hoofstuk oor Antimistieke Stromingen in Encyclopedie der Mystiek (803), is oor die Duitse mistikus Böhme wat deur sy tiranagtige opponent, Georg Richter, met ‘n skoen teen die kop gegoois is toe hy aan die verduidelik was wat hy onder mistiek verstaan het. Net daar tel Böhme die skoen op en trek dit vir die woedende Richter aan.
Steggink praat in hierdie hoofstuk van die “integriteit” waarmee hierdie mistici op die somtyds fel verwerping en vervolging gereageer het. Die mistiek maak van iemand ‘n integere persoon – ‘n heel, gesonde, geïntegreerde mens wat verby die woedebuie, die onbegrip, die hatigheid en die verwerping ‘n pad van eenvoud en waarheid kan loop. Einlik moet ‘n mens nie verbaas wees dat die mistici vervolg is nie. Die duisternis kon nog nooit die lig verdra nie.

Thursday, December 11, 2008
Meister Eckhart: as mistikus. Oor die Verborge God.
Die Duitse Dominikaan, Meister Eckhart (1260-1328), speel ‘n belangrike rol in die geskiedenis van die mistiek. Hy was ‘n geleerde, presiese denker – hy word nie verniet “Meister” (“professor”) genoem nie. Hy het onder andere in die universiteit by Parys by die fakulteit van lettere klas gegee en sy werke wys hoe versigtig en presies hy gedink het. Hy het ‘n groot invloed selfs in die filosofie uitgeoefen. Hy het ‘n goeie reputasie gehad, onder andere in ‘n opsienersfunksie oor verskeie kloosters. Dit was egter veral in sy mistiek dat hy die denke van vele later mistici sou stuur.
Eckhart is die man van paradokse – hy gebruik dikwels teenoorgestelde stellings om helderheid oor ‘n saak te bring. Dit werk dikwels op ‘n heel eenvoudige vlak (hy het 'n punt gemaak om met "gewone" nie-akademiese mense oor sy gedagtes te praat), soos wanneer hy byvoorbeeld oor die mens se tranformasie die volgend skryf: As ‘n mens gehoorsaam is en jou eie wil verloën, skep dit die ruimte vir God om in jou te kom. As ek niks vir myself wil nie, sal God se wil in my werk. Hoe sterker ‘n mens na God dors, hoe sterker is God in jou teenwoordig (dit is my gunsteling insig vir hierdie dag!). Hoe meer ‘n mens na God se wil lewer, hoe meer outentiek en eg is jou wil. Hoe meer ‘n mens jou in jouself afsluit, hoe meer sluit ‘n mens God uit. Hoe meer ‘n mens jouself aan God oorgee, des te meer gee God Godself aan jou. Die groot geheim bly dit: God werk in die mens. Die volle lewe kom alleen maar deur ‘n mens oop te stel vir hierdie goddelike werking en omvorming.
Meer kompleks is Eckhart se siening van God wat latere denkers sterk beïnvloed het. In hierdie siening is Ekhart byvoorbeeld onder andere beïnvloed deur Thomas van Aquinas se siening van die analoë verhouding tussen God en mens. Tussen God en mens is daar ‘n ooreenstemmende manier van bestaan. Die werklikheid soos ons dit ken, is verganklik en eindig, maar is afhanklik van en “lyk” iewers “soos” die onverganklike en oneindige. Eckhart het hierdie siening egter in ‘n sekere sin op sy kop gekeer. Hy is veral bekend oor die paradoksale manier waarop hy oor God gepraat het. Aan die een kant was daar vir hom ‘n onoorbrugbare afgrond tussen mens en God. Selfs wanneer ons oor God praat, moet ons besef dat ons eintlik nie regtig oor God kan praat nie. Dit is nie meer moontlik om vas te hou aan die tradisionele opvatting dat die mens iewers kennis van God se bestaan het nie. God is té en totaal anders en alles wat ons oor God wil sê is futiele pogings om die Ondeurgrondelike en die Onuitsegbare in woorde vas te lê. Ons moet alles was ons van God verstaan ontken en verwerp sodat ons by God self kan uitkom. Omdat God so ánders is, kan ons God na God se wese en bestaan nie ken nie. Ons moet dus bewus wees van God wat “bestaan” agter alles wat vir ons God is.
Aan die ander kant beklemtoon Eckhart weer op ‘n merkwaardige manier ‘n intieme verhouding tussen God en mens. Sommige mense dink Eckhart se idee van God is té koud en onpersoonlik. In werklikheid straal daar ‘n warmte en egtheid uit in die manier waarop Eckhart praat oor God se teenwoordigheid in mense se lewens. In ons godsdienstige ervaring ontmoet ons God op hierdie besondere manier. Dit is wel waar dat God totaal anders as die mens is, maar tog is God teenwoordig in die mens. ‘n Mens op sy eie is niks. ‘n Mens deel egter aan God se bestaan omdat God in die mens as skepsel teenwoordig is. God as die oneindige is anders as die mens wat eindig is, maar God deel God se oneindige bestaan met die mens – alleen maar met die verskil dat God wesenlik oneindig is teenoor die mens wat net eindig is. Wat saak maak vir mense is om God te sien, skryf hy. Om God te kan sien, moet ‘n mens van niks afhankliks wees nie – niks wat eindig is nie. Ons lyk dus nie van nature soos God nie. Ons raak God se beeld alleen maar wanneer ons ons oopstel vir God. En ons leef altyd met hierdie wete: ons staan voor ‘n oneindige God, onbegryplik, totaal anders. Dit maak die feit dat God in my wil woon en my wil omvorm na God se beeltnis, soveel meer merkwaardig. Ek – eindige, beperkte mens is ‘n ruimte waar God teenwoordig is!
As ons betrokke raak by al die tydelike, voorlopige dinge, staan dit in ons pad om by God te wees. Wat saak maak is ook om in verwondering by God te wees, in eerbied voor die groot Verborgene wat in koesterende liefde onder ons woon – altyd reg om ons te ontmoet, al is ons dikwels nie vir God gereed nie. Wat so aangrypend is van Eckhart is dat hy sê ons kan God ontmoet wanneer ons in stilte wag op God, maar ook wanneer ons in barmhartigheid uitreik na ander. Underhill skryf in haar boek The Mystics of the Church (p.135) ‘n aanhaling uit sy werk: “Sou ‘n mens soos Paulus in ‘n staat van verrukking verkeer en ‘n siek mens roep om hulp, sou dit beter wees om uit die verrukking te breek en liefde te wys aan hom wat dit nodig het.” Pragtig, ne? En dan dink sommige mense nog die mistiek is wêreld-ontvlugtend en selfsugtig op ‘n mens se eie geestelike genoegdoening ingestel!
Eckhart is een van die mistici wat ‘n teosentriese mistiek het. Sy mistiek word gedra deur sy nadenke oor God. Maar dit is ook ‘n liefdesetiek, wat ‘n mens vervul met die verwondering oor geskenkte, goddelike liefde. En dit is ‘n liefdesetiek wat ‘n mens met passie uitdryf na ander wat om liefde roep.
Vir my is die aantreklikste aspek van Eckhart se mistiek egter op hierdie oomblik dat dit my weereens bewus maak van God se ondeurgrondelikheid – die mysterium tremendum et fascinosum. So word Jesus byvoorbeeld in Markus Evangelie uitgebeeld: die Verborgene op wie ons nooit ‘n houvas kry nie – Hy is te groot vir ons. En tog maak hy die storm om ons stil, wys hy ons hoe om rustig te slaap as die golwe oor die skip slaan. (Sien Luke Johnson se analise in sy Inleiding tot die Nuwe Testament). As ek kyk hoe God gekommodifiseer word en as handlanger uitgebeeld word van mense wat God afpers om vir hulle rykdom en voorspoed te gee, dank ek die mistiek vir die ánder, egter perspektief wat ek in Eckhart leer ken. Die miljoene en die gelaaide feestafels sal nie my honger hart kan stilmaak nie. Net die liefde wat van Bo kom en wat deur my na ander spoel sal my lewe ‘n ewigheidskwaliteit gee.

Wednesday, December 10, 2008
Underhill en die Mistiek
Ek lees op die oomblik Evelyn Underhill (1875-1941) se gewilde boek oor die mistiek, The Mystics of the Church – geskryf reeds in 1925. Sy was ‘n bekende Britse Anglikaan wat die eerste vrou was om ‘n teologiese lesing by Oxford te kon gee (1921). Die boek lees heerlik en is ‘n maklike inleiding in die mistiek. Ek kan dit nie neersit nie. Dit is gevul met inligting, maar is ook meesleurend geskryf in ‘n gees van sensitiwiteit en meelewendheid. Sy begin by mistiek in die Bybel en loop dan deur daarmee vanaf die vroeë kerk, die vroeë Middel-eeue, die Franciskaanse mistiek, die Engelse Middeleeuse mistiek, die Duitse en Vlaamse mistiek, die twee Katarinas, die Spaanse mistiek, Franse sewentiende eeuse mistiek, sommige Protestantse mistici en dan ‘n paar moderne mistici.
Ek het die boek verlede week tussen my boeke op Gourits raakgeloop, verras om iets van Underhill daar te ontdek. Ek het haar eers verlede jaar leer ken as ‘n wydgelese en gerekende skrywer oor die mistiek. Die boek wat ek op by boekrak ontdek, en wat nou al 83 jaar oud is, is al krakerig van ouderdom en soms is ek versigtig om om te blaai sodat die bladsye nie onder my hande verkrummel nie!
Ek is die eerste een wat hierdie eksemplaar op my boekrak lees, kom ek met ‘n skok agter. En ek het self al die boek seker vir 'n dekade of twee op my boekrak. Elke dertig bladsye of so moet ek van die bladsye deursny. ‘n Mens kry nog somtyds mos boeke wat vroeër op die mark gekom het waarvan al die bladsye nie deurgesny is nie.
Om te dink: 83 jaar lank het die boek gestaan en wag om gelees te word – my voorganger van wie ek dit oorgeneem het, het dit ook maar op die rak laat staan en van almal wat al voor my boekrak gestaan het, was daar niemand wat die begeerte gehad het om dit oop te slaan nie. En so het dit oud geword. En so het die wêrelde van mense wat die nabyheid van God smagtend gesoek het wat sy in haar boek beskryf, ongemerkd en ongelees op ‘n rak bly staan. En dit terwyl ek oor soveel jare al die teologiese uppity-stuff deurgewerk het.
Maar miskien is daar kompensasie in die feit dat toe ek die boek sien en dit herken, ek dit blitsvinnig opgeraap het en net daar staande begin lees het.
Dis asof my hart stik soos dit hom versluk aan die koel waters van eeue se Godsverlange.
Dit is boeiend om te sien hoe iemand wat duidelik deur die mistiek aangegryp is, met liefde en empatie van een groot mistikus na die ander beweeg en helder, betrokke oor hulle skryf. Al die grotes is daar: Paulus, Augustinus, Dionusios die Areopagiet, Eckhart, Ruusbroec, Jan van die Kruis – ‘n skatkis van geskiedenis en mistiek. En sy haal die pragtigste gedeeltes uit hulle geskrifte aan. Van haar leer ek veral dat mistici ‘n godgesentreerdheid of ‘n Christusgesentreerdheid in hul mistieke belewing toon. Sy vertel die aangrypende verhaal van Henry Martyn (1781-1812) wat uit ‘n Wesleyaanse agtergrond gekom het en in Cambridge tot bekering gekom het. Hy was briljant (met ‘n “exquisite and critical mind”) en het voor ‘n belowende akademiese loopbaan gestaan, maar hy was ook terselfdertyd ‘n kinderlike, nederige en verwonderende (“adoring”) mens. Mettertyd het hy begin om ‘n lewe van totale eenvoud te leef. In 1805 (24 jaar oud), op pad na Indië om daar sendingwerk te doen, skryf hy:
My verbeelding kry vlerke en vlieg na ‘n plek van afsondering waar ek in alleenheid met God kan gesels... Wat is die wêreld, wat is godsdienstige geselskap tog sonder God? Dit word ‘n gejaag en ‘n menigte wanneer God uit my gesigsveld verdwyn. Die mees verlate woestyn sal soos die Paradys lyk met net ‘n bietjie van God se teenwoordigheid... Ek het so ‘n behoefte om alleen met God te wees... Dit is soms verstommend dat mense met gevoelens en liggame soos ek, en in alle ander opsigte dieselfde, niks weet van daardie vervullende en verbasende Wese in Wie ek totale geluk vind (Underhill 234-5).
Die boek verwys dikwels na mistici wat hul spesiale mistieke ervaringe vir hulself hou, jare daaroor nadink, hul lewens getransformeer tot eenvoud, met harte wat uitgaan na ‘n wêreld wat sonder die nabyheid van God wil leef. Sy wys nuanses aan, byvoorbeeld deur van al Martyn se harde en geleerde vertalingswerk te vertel, deur Franciskus van Assisi se beeld as iemand wat alles opgeoffer het vir die armes, te verdiep. Ja, skryf sy, Franciskus was wel die ryke wat sy besittings prysgegee het. Maar moenie hom net oordeel aan sy uiterlike optrede en daarvoor bewonder nie. Belangrik is om te onthou dat Franciskus homself en sy volgelinge as die berouvolles van Assissi beskryf het. Wat vir hom getel het was onafgewaterde sagmoedigheid en onbegrensde liefde. Sy lewe staan, voeg sy by, in die teken van verborgenheid, van ‘n onophoudelike verlange na die Oneindige - 'n verlange wat agter sy sagtheid en ontferming verhuld, maar gedurig teenwoordig was. Vir hom, soos vir Martyn, was die wêreld, die eindige, vaal in vergelyking met wat werklik saak gemaak het: om ontslae te raak van uiterlike dinge, in volslae armoede te wees, beteken bevryding van alle hindernisse wat die siel vasbind. Wegkom van hulle, beteken om vry te word vir die eenheid met die Ewige God (Underhill 89-90).
Die mistiek besef ek weer, maar nou nog meer konkreet is daardie deel word van God, die ervaring van eenheid met God, waarvan net die kortste van oomblikke, net 'n breukdeel van 'n sekonde, genoeg is om jou vir ewig te bind aan die Een wat egte volheid gee.
In my agterkop bly hierdie voorstelling van die eerste kante van die mistiek hang: mistiek vertel van daardie intieme verlange na God. Maar juis in hierdie verlange is God teenwoordig (sien elders op hierdie blog).
Ek skryf hierdie woorde tydens een van die grootste finansiële krisisse in die wêreldgeskiedenis. Die nuus is gelaai met berigte oor vallende aandeelmarkte, oor ‘n ineengestorte huismark, oor skelm direkteure en bestuurders van maatskappye. ‘n Angstigheid hang soos ‘n rook van besoedeling oor ons gekontamineerde wêreld.
Ek smag, soos Martyn: “Die mees verlate woestyn sal soos die Paradys lyk met net ‘n bietjie van God se teenwoordigheid.” Dit is goed as ons gestroop word, in die woestyn beland. Maar dit is alleen goed as ons die woestyn binnegaan – verlangend en biddend tot God.

Tuesday, November 25, 2008
Alleen God
Ervaar sonder verstaan
Die pelgrimsreis behels vele ervaringe. Dit is ‘n tastende, angstige reis, dikwels voetjie vir voetjie in die donker. Die reis is soms bloot ‘n ronddwaal, sonder rigting, ondeurdag, blindelings.
Maar dit is nie ‘n koerslose reis nie. Want as dit lig word en ek word wakker uit my roes, sien ek die lang, lang streep van my voetspore – al langs die see, al langs die afgrond. Asof Iemand my gestuur het.
Ek wag om te verstaan. Ongeduldig. Maar ek sal wag. In my wag, waak ek.
Kurie eleison.

Friday, November 21, 2008
Lof aan God - ook in tye van dorheid. Praise of God - also in times of darkness
Dit is soos dinge nou maar eenmaal is. Of: ‘n mens kan nie teen jou natuur veg nie. Ons staar nou maar eenmaal die werklikheid in die gesig.
Só redeneer ons dikwels met ons “gesonde” verstand. Maar ons weet eintlik goed dat dinge wel kan verander. Dat ‘n mens teen jou natuur in kan leef. En dat daar agter die werklikheid ‘n dieper werklikheid kan skuil.
In die Psalms is daar ‘n sekere belangrike beginpunt vir alles wat ons oor God kan sê. God het iets gedoen, God het ‘n merkwaardige ommekeer in mense se lewens gebring. Daaroor loop hulle emosies hoog en hul bely hul intense ervaring van God se reddingsdade.
Psalm 9, wat die opskrif het: “By die dood van ‘n seun,” begin met die lof van God. “Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel. Oor U wil ek my verbly en vrolik wees, u Naam wil ek besing, o Allerhoogste.”
Om na te dink oor God en oor God se handelinge in die lewe van ‘n gemeenskap en mense, moet ‘n mens hierdie merkwaardige ervaring bedink. God het aan mense ‘n nuwe perspektief op die werklikheid gegee. Hierdie ervaring werk verbysterend en kan nie beheer word nie. Dit moet gedeel word en openlik gevier word. God het ‘n nuwe werklikheid tot stand gebring. God het lewens op ‘n kragtige manier getransformeer. God laat mense nie in die steek nie (Ps.9:11).
Hierdie ervaring word betuig en geprys. ‘n Mens praat daaroor. ‘n Mens “vertel van God se reddingsdade” (Ps.9:2), besing God se naam (Ps.9:3). Deur só te praat, word die verhouding met God verder versterk. Die mistieke band met God waardeur die teenwoordigheid van God ervaar word, word dieper en sterker. Om te praat, bevestig en onderstreep wat ervaar word. Taal bewerk ‘n dieper verstaan en betrokkenheid by die goddelike alternatief wat vir mense oopgegaan het.
‘n Mens kan nie afsydig of neutraal bly waar hierdie gemeenskaplike en persoonlike omwenteling ervaar word nie. Waar ‘n mens in egte gemeenskap vir God ontmoet, sit dit dus ‘n proses van omkering aan die gang. Die emosies waarmee oor hierdie ervaring getuig word, is intens: ‘n mens wil God “met die hele hart” prys (Ps.9:1). Dit bring by mense wat die ervaring gedeel het, ‘n onwrikbare toewyding tot stand. ‘n God wat só optree en ingryp, is ‘n God by wie ‘n mens wil bly en by wie ‘n mens wil skuil. “Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood” (Ps.9:10-11). ‘n Mens is nou totaal toegewyd aan die Here. Die hede en toekoms word nou gekleur dur die belydenis: “Die Here is altyd op sy troon; op sy regterstoel sit die Here steeds, gereed vir regspraak. Die Here lewer ‘n regverdige uitspraak oor alle mense” (Ps.9:7-8).
Psalm 9 praat ook oor groot nood (bv vers 14). Daar is tye dat ‘n mens in die donkerte loop. Die proses is nie maklik nie. Die ervaring van God bly maar ‘n alternatiewe werklikheid wat gedurig in konfrontasie met die dominerende realiteit van die dag bots. In sulke tye moet ‘n mens met droë lippe en uitgedorde tong tog miskien meer dikwels ‘n lofsang aan God prewel. Mettertyd kom die hart wel by. Want ons “common sense” kan nooit die dieper wete van God se alternatiewe wêreld afsny nie. Ons het al te dikwels beleef hoe die kwaad oorwin is. Daar is iets anders, iets groters, Iemand anders, Iemand magtiger. En dinge kan ánders wees.
Praising God. Also in difficult times.
"That is reality. You cannot fight nature. You have to face reality."
This is what we like to regard as “common sense.” Yet, at the same time, we are also aware that things can change. One can live a life that questions your nature. Reality is often steered by something deeper.
There is a certain important point of departure in the Psalms for all reflection on who God is. Everything begins with what God has done, with a remarkable transformation that God effected in the life of a community and people.
This is experienced intensely. The response of believers is expressed in strong emotional language. Yahweh has acted decisively. And the people who have experienced this, express their faith in a joyful manner.
Psalm 9 with the heading: To the tune of ‘the death of a son,’” begins with a doxology. “I will praise you, O Lord, with all my heart! I will tell of all your wonders. I will be glad and rejoice in you; I will sing praise to your name, o Most High!”
To begin thinking about who God is and what God does in the lives of a community and a person, one has to reflect on this extraordinary experience. God has given the believer a new perspective on reality. It is something that cannot be contained. It is shared and publicly celebrated. God has created a new reality. God has transformed the lives of people in a powerful manner. The Lord has never forsaken those who trust (Ps.9:11).
Believers witness to this experience, talk about it, praise it. “I will tell all your wonders” (Ps.9:1). One cannot stay silent about God’s deeds. By talking and praising God, the relationship with God deepens and becomes more solid. The praise of God brings the believer closer to the Lord, intensifies the mystical experience of God’s liberating presence. To speak about God, is to affirm and underline what one is experiencing. Language brings about deeper understanding and involvement in the alternative reality of the divine.
It is not possible to remain at a distance or te be neutral where this alternative reality has been experienced. The authentic communion with God changes and involves in an intens ongoing process of renewal. The emotions run high: “I will praise you, o Lord, with all my heart.” As a result, one is totally committed to God. The presence and future now is coloured by the confession: “The Lord reigns forever; he has established his throne for judgment. He will judge the world in righteousness; the Lord will govern the peoples with justice” (Ps 9:7-8).
Psalm 9 also speaks of great suffering (e.g. vers 13). There are times that we travel in darkness. The process is not easy. The experience of God remains an alternative reality which clashes with the dominant reality of our everyday experience. In such time we whisper with a faint heart a song of praise. Gradually the heart becomes lighter. Because we know all the time, almost as “common sense” that there is a deeper reality, God’s alternative world that is given to us. Too often we have experienced how evil is vanquished. There is something else, something more powerful, Someone else, Someone greater. Things cán be different.

Wednesday, November 19, 2008
Spiritualiteit van Respek
Dikwels dink ons respek het te doen met ons agting vir mense wat in die nuus is, wyd aangehaal word, heldedade doen en hulle self vir ander opoffer. Tog is respek iets wat eintlik baie wyer loop en nog altyd belangrik was. Ons respekteer dominees, onderwysers, doktors, prokureurs en parlementslede. Ons respekteer die privaatheid van ons bure, die gesag van die howe, die opvoeding van ons skole en tersiêre inrigtings.
Deesdae dink ons meer krities: Ons glo respek moet verdien word. Nie jou amp nie, maar of jy jou amp eer aandoen, bepaal respek. Die regter wat met mededoë en met geduld in die hof voorsit, die dokter wat met belangstelling en begrip na pasiënte luister, die dominee wat getrou lidmate besoek en met ywer sy preke voorberei, die skoolhoof wat moeite vir leerders doen is nie net gewild nie, maar word deur ons graag met respek bejeën – en uiteindelik ook liefgekry. Respek is inderdaad in hierdie gevalle verdiend en dit word ‘n belangrike stap tot die liefde, daardie hegte gom wat ons wêreld vashou en ons aanmekaar bind. Respek is ‘n onmisbare bestanddeel van ‘n liefdesgemeenskap.
Vir sommige is respek nie meer so ‘n goeie woord nie en hulle verval in ‘n siniese houding waarvolgens hulle respek as kruiperigheid of minderwaardigheid beskou. Hierteenoor sou baie reageer met die opmerking dat respek niks te doen het met onderdanigheid nie, maar eerder ‘n waarderende houding is teenoor iemand wat bekwaam is om oor die belangrikste aspekte van die lewe leiding te gee. Dit het ook met agting en met eerbied te doen: ons gee aan bewame mense die nodige erkenning vir wat hulle doen.
Maar respek loop ook wyer as 'n waardering vir bekendes of vir toegewyde mense. Ons wys dit ook teenoor ons lewensmaat, ons ouers, ons kinders, vriende en mense wat naby aan ons is. Juis hierdie soort respek wys dat dit ‘n fout is om te dink dat respek verdien moet word of te doen het met mense wat in die nuus is. Ons wys respek in sommige gevalle teenoor mense bloot eenvoudig omdat ons naby aan hulle leef.
Om respek vir mense te hê, vertel nie net iets van hulle nie, maar ook iets van wie 'n mens self is. Dit beteken jy verstaan wat belangrik is, wat jou lewe anders maak. 'n Mens het agting en waardering vir alles wat jou lewe transformeer, makliker en mooier maak.
Ons jaag ook respek omdat ons besef dat respek self ‘n groot verskil aan ons lewe en ons wêreld kan maak. ‘n Mens wil ‘n respekvolle lewensstyl ontwikkel omdat daar soveel op die spel is in die toon van respek. Respek hou ons samelewing aan die gang. Elke keer as ek op ‘n eenvoudige vlak ‘n verkeersreël respekteer, word ons omgewing veiliger, word ek ‘n sensitiewe persoon wat ‘n sisteem van orde en van veiligheid hoog ag. Ek hou my nie net by ‘n verkeersreël as norm nie, maar ek respekteer dit as deel van ‘n sisteem wat ‘n samelewing en baie mense se lewens veilig maak. Ek waardeer die verkeersreëls en beskou hulle nie as ‘n lastige strafmaatreël nie. Respek kring dus wyd uit en raak nie net my persoonlike welsyn nie, maar die welsyn van ‘n hele gemeenskap en ons wêreld.
Soms kan respek merkwaardige gevolge hê. Die knorrige klerk agter die toonbank, die nors pa, die ontevrede werker, die onbeskofte petroljoggie kan deur ‘n klein vorm van respek in hul mens-wees bevestig word. Respek kan hulle verander en kan ook vir hulle hul ervaring van hul werk anders maak. Deur hulle te respekteer, kan ‘n mens hul daaglikse werk vir hulle draagbaarder, selfs goed maak. Respek kan ‘n situasie omkeer en transformeer.
Tog is daar iets diepers aan respek wat niks te doen het met wat jy uit die proses kan kry nie. ‘n Mens gee gewoon net respek, sonder dat jy of die gemeenskap noodwendig daaruit enige voordeel trek. Jy doen dit omdat jy besef dit is die regte ding om te doen. Jy weet die een met wie jy te doen het, is ‘n mens – doodgewoon iemand anders wat verdien om menslik behandel te word. En dít werk uiteindelik ook transformerend om so onselfsugtige teenoor ander mense en teenoor instellings op ‘n eerbiedige manier om te gaan. Elke keer as jy ander se menslikheid agter hulle foute kan raaksien, ook vir hulle feilbaarheid begrip – selfs waardering (!) kan hê, wen jy in jouself. Dan is jou lewe nie vernietigend in sy verwerping en disrespek teenoor ander nie. Dan leef jy jou in in ander mense se situasie, besef jy dat hulle redes het vir hulle optrede – goed of sleg – en dat hulle gerespekteer moet word vir wie hulle is, selfs al kan jy nie met hulle saamgaan of hulle optrede goedkeur nie.
Dit het niks te doen met onverskilligheid teenoor ander nie asof jy hulle maar toelaat om te glo wat hulle wil nie. Jy gee respek juis omdat jy wil hê ander mense moet ook vir jou respekteer in jou mens-wees, of hulle jou lewensstyl nou goedkeur of nie. Daarom sal respek dikwels pynlik wees: vir jou sal die keuses van mense onverstandig en verkeerd lyk. Die mens wat nie kans sien om behandeling teen kanker te ontvang nie en daarom gouer sterf, maak dit vir jou pynlik moeilik. Jou kind wat emigreer omdat hy of , anders as jy, nie meer ‘n lewensruimte in die land sien nie. Jou dogter of suster wat trou met iemand wat jy nie goedkeur nie. Miskien is die mees egte vorm van respek daardie respek wat met pyn gepaard gaan, met die aanvaarding van dít wat ander doen wat volgens jou nie reg of goed is nie.
Respek beteken dat jy mense wat jou liefhet, hoog ag vir wat hulle vir jou is. Maar dit beteken veral ook dat jy mense wat van jou verskil, respekteer vir wie hulle is – selfs al wil hulle nie jou voorskrifte volg nie en selfs al val hulle jou heftig aan.
Respek is nie ‘n vae ding wat jy voel of iets waaraan jy voel jy moet voldoen nie. Dit is ‘n konkrete manier van lewe waardeur jy jou lewe mooi maak. Dit is ‘n deug – wat beteken dat jy streef daarna om al hoe meer respekvol te word. Dit is nogal ‘n hele proses om respekvol te leef. Paulus maan ons dat ons mekaar moet hoog ag – dit is iets waarna ons moet streef. Respek val nie uit die lug nie. Dit is soms bitter moeilik om respekvol te wees. En soms vat dit intense inspanning om jou respek vir ander te behou.
En miskien is die grootste uitdaging van respek om nederig daaroor te bly. 'n Mens kan maklik hoogmoediglik respek toon: ek wil eintlik as jou meerdere, as die een wat so graag respekvol optree, tot jou vlak daal en jou aanvaar. Dalk is die belangrikste kenmerk van egte respek dat dit alleen maar in nederigheid bestaan. Respek het immers te doen met die insig dat 'n mens nie alle wysheid in pag het nie, dat 'n mens nie, soos God, in die harte van ander kan sien nie, en, dalk nog belangriker, dat my mens-wees alleen maar moontlik is as ek respekvol die mens-wees van die ander aanvaar.
Dit vra van jou ‘n volwassenheid om te aanvaar wat jy nie kan verander nie, om nie onverskillig te raak teenoor die onveranderlike nie, om ook nie mense te dwing wat nie wil verander nie. Meer nog, respek vra dat jy jou moet kan verplaas in die harte en brein van ander mense. Deur empatie en deur bewustelike meelewing moet jy kan groei om ander dieper te verstaan. Om hulle te respekteer, is om hulle lewensruimte te gun – en om dus lewe te skenk. Dit beteken dat jy selfs dan nog die volgende stap sal neem: deur respek, deur jou bewustelik in te leef in ander se lot, sal jy dan, selfs teen jou beterwete in, vir hulle bly omgee. Dan skryf jy nie onverskillig af nie, of probeer hulle na jou kan oorhaal nie. Dan bly jy in hulle lewens ‘n teenwoordigheid sodat hul in hul menswees die gevoel sal kry dat hulle in jou ‘n reisgenoot, iemand wat omgee het.
As jy dit kan doen, is jy eintlik soos God, ‘n skepper en ‘n gewer van lewe.
N.a.v. Trouw (http://meer.trouw.nl/filosofie/respect-gaat-met-pijn-gepaard) van 14 November.

Subscribe to:
Posts (Atom)