Wednesday, May 07, 2014

Wie heilig is, maak heilig

Die Brief aan die Hebreërs is bekend vir sy spesiale simbole. Dit is simbole wat sterk leun op die kultus soos 'n mens dit veral in die Ou Testament leer ken in die tempel as die hart van Israel se godsdienstige lewe.

Die kultus sentreer sterk op heiligheid. Neem byvoorbeeld die figuur van die Hoëpriester. Die belangrikste godsdienstige leier in Israel het een keer per jaar in die tempel se allerheiligste deel gegaan om daar die groot soenoffer te bring. Hier, in die heiligdom, het bloed gevloek as hy geofferd het om die volk se onthalwe.

Van die hoëpriester is verwag om die allernoukeurigste voorbereidings te tref sodat hy nie die geleentheid ontheilig nie. 

Die groot versoendag word die heiligste fees in die godsdienstige jaar. Hier word deur die soenoffer die verhouding tussen God en mens weer vernuwe en herstel. "Die hoëpriester offer vir homself en die sondes van die volk" (Heb. 9).

Vir die skrywer van die Hebreër-brief was die fees iets van die vorige bedeling, die eerste verbond. Dit het gebeur by die "aardse" heiligdom (Heb. 9:1).

Teenoor hierdie bedeling staan die bedeling van Christus: met sy eie bloed het hy een maal in die heiligdom ingegaan.

Die twee staan in sterk kontras. Die aardse, tydelike, vergankelike staan tenoor die hemelse, ewige, onverganklike. 

Aldus skryf die brief dat die offer van Christus"'n ewige verlossing teweeggebring"  (Heb.9:12-13).

Christus se hemelse verblyf word vergelyk met die priester se ingaan in die allerheiligste.

Maar vir my bly die belangrikste: Die teks onthul dat iemand wat heilig is, heilig maak.

Dit is 'n verborgenheid vir vele mense: 'n mens se invloed is ongekend, daar waar 'n men inwoon in God se heilige ruimte.

Wie wil deel in God se omvorming van die wêreld, moet self soos God word - heilig.





Tuesday, May 06, 2014

Wanneer die verlange gesterf het: oor God se heiligheid


Gebede, veral van vroom mense, begin dikwels met toegeneë aanspreekvorme vir God of Jesus: “Liewe” Jesus, of “liewe Here” is nie vreemd aan mense se manier van bid nie. Aldus ook: “Dierbare Jesus” of “dierbare Here.”

Sommige, meer plegstatiges sal dalk eerder bid: “Ewige Vader” of “Almagtige Here.”

Dis min dat ‘n mens ‘n gebed hoor wat begin met “Heilige Vader.”

En tog: heiligheid is so belangrik vir Jesus dat hy die Onse Vader begin met die bede: “Laat U Naam geheilig word.”

Daarom is dit aangrypend dat Jesus in sy afskeidsrede in Johannes 17:11 tot God bid as “Heilige Vader.” Hy bid in die hoofstuk vir die bewaring van die dissipels in die tyd wat sal kom wanneer hy nie meer by hulle sal wees nie.

Wanneer Jesus só bid en sy volgelinge vra om gedurig te vra dat God se Naam geheilig sal word, trek hy ‘n kring van heiligheid om God: God woon in heiligheid. Maar God self is in wese ook die Heilige. En, voorts, God maak heilig.

Trouens, wanneer Jesus bid tot sy “Heilige Vader” wys hy dat ‘n mens nie aan God kan dink sonder om aan heiligheid te dink nie. God is innerlik en in God se hele wese heilig.

Waarom bid mense dan so min oor die heiligheid van God? Is dit miskien omdat heiligheid by mense nie meer aanklank het nie? Of omdat heiligheid nie verstaan word nie?

Hoe verstaan ‘n mens heiligheid? Dit is veral boeiend dat heiligheid nie met ‘n plek te doen het nie. In Nuwe-Testamentiese tekste is daar min van ‘n heiligdom, maar eerder meer van God wat heilig is. Heiligheid is dus nie eintlik iets buite God of selfs ‘n mens nie. Heiligheid is uiteindelik en veral ‘n eienskap van God en die mens.

Die Bybel herinner ‘n mens daaraan hoe belangrik die motief van heiligheid wanneer dit die aanbidding van God met engele verbind. In Openbaring 4:8, ook ‘n Johannese geskrif,  word ‘n oorweldigende troonvisioen uitgebeeld. Vier lewende wesens, sentrale figure in hierdie visioen, staan voor God se troon en bid. Die heel eerste deel van hulle gebed is die trishagion: “Heilig, heilig, heilig is die Here God.” Só, dus, dink die hemelse wesens dus in die eerste plek en veral oor God.

Aldus word die hemelfigure se gebedslewe van die begin af ingestem op God se heiligheid. Engele is “heilig” (Openbaring 14:8). Saam met God is hulle deel van ‘n sfeer en ruimte van heiligheid. En hulle bied ‘n model hoe om tot God te bid.

Heiligheid is deel van ‘n hele reeks van motiewe: In hulle gebed word heiligheid met God se almag verbind. Maar in Openbaring 4:9 is daar ook sprake van heerlikheid, eer en dank. Heiligheid is nie swaar en somber nie. Dit is deel van lig, heerlikheid, eer, lof en sang.

Wie in heiligheid inwoon, is by God, by goedheid, in hemelse luister. Dit is goed om die Heilige Vader te ken. By die goddelike heiligheid is daar bewaring, veiligheid en is ‘n mens werklik tuis.

Wanneer die mense wat doodgemaak is vir hul getrouheid aan God in Openbaring 6:10 bid, roep hulle hard uit: “Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser?”

Hulle gebed, skryf Proksch, wys waarom hulle gelowig aan God getrou gebly het: hulle was nie bereid om aan die onheilige, die bose toe te gee nie. Hulle het besef dat God wat heilig is, nie die onheilige sal duld nie. Daarom het hulle ver weg gebly van enige iets wat na heiligskennis lyk.

En, veral moet ‘n mens nie vergeet nie: die Drie-eenheid het as derde persoon die Heilige Gees. Terwyl God skepper en onderhouer is, maar ook as Verlosser die Seun is, is God veral in die hede die Heilige. As heilige bly God voortdurend, intiem teenwoordig in gelowiges – in die kern van hul bestaan. En waar God woon, is heiligskennis onvoorstelbaar, is die treitering van dit wat ‘n mens in donker vasbind, afgeweer. Die Gees heilig, suiwer, neem weg, maar die Gees vul, laat oorvloedig vloei en bring ongekende vreugde.   

Wanneer ‘n mens ‘n gebed begin met “Heilige Vader” en bid vir die heiliging van God se naam, verlang ‘n mens na die ontsagwekkende skoonheid van ‘n ruimte sonder kwaad – na ‘n ervaring wat volledige verwondering by ‘n mens oproep. En dit is op sy beurt die verlange om in die onbevlekte woning van die Heilige Vader te kan inwoon. Dit gebeur wanneer ‘n mens deur God aangeraak word. Alleen maar die spesiale, brandende, suiwerende aanraking is genoeg om die nuwe lewe van die Gees te skep. 

Wie dus nie tot die Heilige Vader bid nie, is innerlik dood: die verlange is nie meer daar nie.









Monday, May 05, 2014

Wanneer godsdiens en die kwaad vennote word.


Ek het dit te veel in my lewe gesien: hoe kwaad broei daar waar mense sê dat hulle naby aan God leef: 

"'n Mens doen kwaad nooit met soveel toewyding en oorgawe nie soos wanneer 'n mens dit uit godsdienstige oortuigings doen."

Só het Pascal, selfs 'n mistikus, gesê.  



Sunday, May 04, 2014

'n Mens frons wanneer jy van heiligheid hoor.

Heiligheid en skynheiligheid het amper sinonieme geword. Min mense hou van die woord “heiligheid.”

Dit was eintlik ook so in Jesus se dae. Min mense was beïndruk met die vroom heiliges van hulle tyd. 

Maar Jesus het heel ingrypend gesorg dat die woord heiligheid totaal omvorm word en het daarvan die hart van die evangelie gemaak - 'n woord wat gelowiges met dankbaarheid kon oorneem en hul eie maak.

Dit kom ‘n mens agter uit Markus se evangelie waarin heiligheid ‘n belangrike woord is.

In ‘n opmerklike verhaal word Jesus deur ‘n onrein gees in ‘n man as “die Heilige van God” beskryf (Markus 1:24):

Die “onrein” gees skreeu hard: Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet goed wie U is; U is die Heilige van God!”

Hier, gee Markus te kenne, het ons met ‘n verborge saak te doen. Die onrein, (dus) nie-heilige bose gees weet wat Jesus se eie dissipels nog nie weet nie. Die bose gees het verborge kennis.

Daarom is sy uitroep ‘n misterie: dit bring ‘n mens voor die onpeilbare.

Onpeilbaar is dit omdat die onrein gees maar te goed weet dat wanneer ‘n mens oor God praat, praat jy ook van heiligheid. Wie heilig is, ontvang dit van God.

Die bose gees weet dus dat heiligheid veral van God af kom. Jesus as die gestuurde een, is ook deur God gesalf tot die Seun van God, tot die Heilige Een.

Daar is ‘n onoorbrugbare kloof tussen God en onreinheid, tussen God en onheiligheid. Daarom wil die onrein geeste niks met Jesus te doen hê nie. Hulle weet dat Hy in ‘n allernouste verhouding met God leef – en dus hul vyand is.

Nog onpeibaarder is dit dat die onrein gees weet wat Jesus se heilige, vroom opponente nie (wil) weet nie. In Markus 3 is Jesus in ‘n strydgesprek met sy opponente. Hulle beweer – ondenkbaar – dat hy sy wonders deur bose geeste doen. In Markus 3:30 word hulle argument saamgevat: “Hulle het gesê: “Hy is van 'n onrein gees besete.”  

Onreinheid vertel van ‘n gebrek aan heiligheid. Vir hulle is Jesus deurtrek met die mag van onreinheid. Trouens sy werke is vir hulle deursuur met ‘n mag van onreinheid en onveiligheid.

Die vromes, die heiliges, sien Jesus as 'n onreine.

Jesus sê daarom vir hulle: “Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.”

Teenoor hulle “laster” waardeur hulle heiligheid as onreinheid beskryf, staan Jesus eie getuienis: Hy getuig dat in Hom die gees van heiligheid aan die werk is. As ‘n mens God se gawe van heiligheid wil herken, moet ‘n mens na Jesus kyk.

Wat ‘n skok, sou ‘n mens kon sê, is Jesus se woorde vir sy opponente. Hulle was gewoond daaraan om aan die tempel te dink as ‘n plek van heiligheid. Hoe nader aan die tempel, hoe nader is ‘n mens aan die heilige. En die wet vra van hulle allerhande reinheidsvoorskrifte. Hulle moes offer en reg eet, om “heilig” te kan wees in God se “heiligdom.”

Jesus kom keer dit om:  die Heilige woon en werk in Hom eerder as die tempel. Wat help dit tog dat ‘n mens offer, sê Jesus, en ‘n mens laat die liefde na en lei dan ‘n onheilige lewe.

Wie naby aan heiligheid wil kom, moet naby aan Jesus wees.

Jesus ken aan heiligheid ‘n nuwe identiteit toe. Hy verplaas heiligheid van die Tempel as ‘n plek na Homself as die Persoon van heiligheid.

Heiligheid gaan nie om vroom nakoming van reëls nie. Dit gaan om 'n verbintenis met Hom wat goed is en doen. 

Nog ondenkbaarder is hoe Jesus heiligheid sien: in die tyd soek Jesus onrein mense op. Hy eet saam aan dieselfde tafel as sondaars. Hy, die heilige, gaan sit aan tafel met onrein, onheilige mense wat nie sou kwalifiseer om aan die tempelkultus deel te neem nie. Hy neem hulle op as lede van God se nuwe volk van heiliges. 

Jesus leer: Heiligheid het nie met die nakom van die wet te doen of met besoek aan die tempel nie. Jy is nie onheilig as jy op die heilige sabbat die wet oortree nie. Jy is onheilig wanneer jy liefdeloos optree.

Die grootste gebod is immers die gebod van liefde. Wie naby aan Jesus leef, word heilig, word gehoorsaam aan die groot gebod. Markus 3:35 leer immers: Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.”

Om heilig te wees, beteken dus om gehoorsaamheid aan te leer – aan wat Jesus wil. En wie dit doen, word bloedfamilie van Jesus.

Hoe anders is dit alles: van die tempel as die plek van heiligheid, reis die kerk na Jesus as die Heilige Een. Hulle staan nie meer in verhouding met ‘n plek, met ‘n ruimte nie. Hulle word opgeneem in ‘n liefdesverhouding wat op God en op ander gerig is. Dít is heiligheid: om in hierdie wêreld heilig te wees deur ‘n liefdeslewe. Heiligheid sluit nie uit nie, dit stoot mense nie af nie, veroordeel ander nie. Heiligheid beteken om om te gee. 

Op die manier keer Jesus die verstaan van heiligheid heeltemal op sy kop. Maar maak Jesus dit ook besonder intensief. Heiligheid is nie maar net om soms in ‘n tempel te gaan offer nie. Dit is om elke oomblik in dissipelskap tot Jesus te leef, om in die teenwoordigheid van die Heilige te bestaan. Wie naby Jesus leef, word deel van die gemeenskap van heiliges – daardie mense wat vir God lief is en vir mekaar omgee.


Heiliges: dít is wat God van mense maak. Wie deel is van die kerk, word deurtrek met ‘n gees van omgee.

As 'n mens Markus se evangelie lees, kom jy dus agter waarom heiligheid 'n kernwoord van spiritualiteit is. 

Saturday, May 03, 2014

Van 1 miljoen tot 58 miljoen protestante!

Vandag se Trouw het 'n boeiende berig oor die groeiende Christendom in China en die regering se pogings om die mag van die kerk in te perk. Christene word toenemend vervolg oor hul geloof.

Die protestante het gegroei van 1 tot 58 miljoen lidmate.

Dit is meer as die bevolking van Suid-Afrika!

Dit is die moeite werd om hierdie berig te lees:

In de Chinese kuststad Wenzhou heeft de lokale overheid deze week een reusachtige kerk met de grond gelijk gemaakt. Het gebouw stond er pas een jaar. Volgens de overheid was de kerk te hoog en daarom illegaal. Of is dit de zoveelste actie van de Chinese overheid om het oprukkende christendom terug te dringen?
De relatie tussen de Chinese regering en het christendom is van oudsher al ingewikkeld. De republiek China, waar de Communistische Partij sinds 1949 aan de macht is, is officieel een atheïstisch land. Toch is het christendom in China sinds de jaren tachtig explosief gegroeid. In 1949 telde het land een miljoen protestanten en in 2010 waren dat er al 58 miljoen. In de rijke stad Wenzhou is zo'n 15 procent van de negen miljoen inwoners christen, van wie de meeste protestants. De stad wordt daarom ook wel het Jeruzalem van het Oosten genoemd.

Organisaties die de rechten van christenen beschermen, maken zich zorgen om de christenen in China. Hoewel het land officieel vrijheid van godsdienst heeft, probeert de overheid volgens christenactivisten religies in te dammen die haar macht kunnen bedreigen. Uit jaarverslagen van de Amerikaanse mensenrechtenorganisatie China Aid blijkt dat de Chinese overheid sinds 2006 ieder jaar meer christenen heeft vervolgd. Zo werden in 2013 ongeveer 7424 christenen vervolgd, ruim 50 procent meer dan een jaar eerder. Het aantal christenen dat daadwerkelijk een straf kreeg, nam toe met ruim 33 procent.

De Chinese overheid lijkt de afgelopen jaren steeds harder op te treden tegen de groeiende macht van de kerk. Volgens China Aid richtte de regering haar pijlen voorheen vooral hardhandig op huiskerken, oftewel ongeregistreerde kerkgenootschappen die onafhankelijk van de overheid opereren. China Aid schrijft in haar jaarverslag van 2013 dat de overheid lijkt te beseffen dat die aanpak niet werkt. Als leden van huisgemeenschappen geen gebouw meer hebben, houden ze hun diensten tenslotte simpelweg in de openlucht. Daarom heeft de overheid het nu vooral gemunt op zichtbare symbolen van christelijke macht, waarvan de reusachtige kerk in Menzhou een goed voorbeeld was.

Reclame voor de kerk
De christelijke gemeenschap in China is de afgelopen jaren zelfverzekerder geworden. Met de groei van het aantal christenen zijn ook de afmetingen van de kerken in China toegenomen. En de kerk weet zichzelf heel goed te promoten, zegt antropoloog Cao Nanlai van de Universiteit van Hong Kong tegen Global Times. Kerkleiders besturen geloofsgebouwen volgens Nanlai als bedrijven en dankzij succesvolle marketing voor het christelijke gedachtegoed en kerkactiviteiten is de regio rond Menzhou een van de meest christelijke van China.

Feng Zhili, voorzitter van het comité voor etnische en religieuze zaken in Zhejiang, noemt de groei van het christendom in de regio 'lukraak en buitensporig'. Toch stond de regering de bouw van de kerk in Menzhou eerder toe. De gebedsplaats is tenslotte aangesloten bij de Drie-Zelf-Kerk, de protestantse kerk die geregistreerd staat bij de overheid.

Kruizen van de gevel
De lokale overheid in Zhejiang zegt dat de sloop van de kerk niet is bedoeld om de macht van het christendom in te dammen. De sloop past binnen de 'drie aanpassen, één slopen'-campagne die de provincie vorig jaar begon en die drie jaar duurt. Het project moet de streek mooier maken door oude buurten, stadjes en industrieterreinen op te knappen en illegale gebouwen af te breken. Tot dit jaar liet de Chinese overheid geloofsgebouwen met rust, maar nu dus niet meer. De regering heeft meerdere kerken gevraagd de kruizen van de gevel te halen.

Daarom maken de Chinese christenen zich zorgen. Ze weten dat veel kerken in China illegaal zijn, maar dat is niets nieuws. Volgens hen knijpt de lokale overheid al jaren een oogje toe als kerkgebouwen te groot zijn en waren er voorheen nooit problemen. Vaak wordt al begonnen met bouwen voordat de overheid de vergunning heeft afgegeven, om gelovigen zo snel mogelijk een gebedsplek te bieden. De christenen denken dat de overheid de 'drie aanpassen, één slopen'-campagne nu selectief toepast op kerken om de macht van de Communistische Partij veilig te stellen. Ze zijn bang dat de vernietiging van de kerk in Menzhou de opmaat is voor de sloop van minimaal tien andere kerken in de provincie.

Friday, May 02, 2014

Wat is liefde? Oor 'n nag van ekstase.

David Brooks skryf hierdie aangrypende stuk in vandag se NYT oor Isaiah Berlin se ontmoeting in 1945 met Anna Akhmatova, die bekende Russiese digter in die destydse Leningrad - vandag Sint Pietersburg. Anna was 20 jaar ouer as  Berlin en bekend as 'n digteres in Rusland voor die kommunistiese revolusie. Die kommuniste het haar nie toegelaat om haar gedigte te publiseer nie, het haar man valslik skuldig bevind en tereggestel. Toe het hulle haar seun in die tronk gestop waar sy 17 maande lank tevergeefs gaan staan het om nuus omtrent hom te kry.
Nadat hul gesprek eers strammerig verloop het, met besoekers wat gedurig in en uit geloop het, was hulle teen middernag alleen. Sy het haar lewensverhaal vir hom vertel. Toe het sy Byron se Don Juan met soveel emosie opgesê dat Byron moes wegdraai om sy eie gevoelens te verberg. Sy het vir hom vertel van haar eie gedigte en hoe hulle veroorsaak het dat een van haar kollega's deur die regering tereggestel is.
Toe het hulle gesprek oor al die groot skrywers gegaan. Teen vieruur die oggend het hulle saamgestem oor hoe groot Pushkim en Chekhov was. Berlin het van Turgenev gehou, maar Akhmatova het vertel dat sy eerder Dostojevski verkies het.
Hul gesprek het al hoe intenser geraak en hulle het hul innerlike aan mekaar blootgelê. Akhmatova het van haar eensaamheid vertel, haar emosies, haar sienings oor literatuur en kuns. Hulle het dieselfde boeke gelees, dieselfde kennis gedeel, mekaar se verlangens verstaan.
Daardie nag, het Ignatieff geskryf, het Berlin se lewe so na aan die volmaaktheid van kuns gekom soos wat moontlik is. Hy het hom van Akhmatova weggeskeur en teen 11 uur die oggend eers in die bed geklim met die uitroep: "ek is verlief, ek is verlief."
Brooks lewer dan kommentaar op hierdie verhaal: dit vertel van twee mense vir wie kennis nie iets is waardeur 'n mens iets anders bereik nie. Wat vir hulle saak maak is kennis van die groot werke, van die wêreld se groot bronne van wysheid. Wat saak maak is of jy die groot insigte van die eeue verstaan, die groot werke dat jou begelei om die lewe in al sy rykheid te beleef en om op 'n subtiele manier morele en emosionele oordele te vel. Hulle was spiritueel ambisieus, terwyl hulle 'n gedeelde wysheid gehad het van daardie groot kenners wat ons beter verstaan as wat ons onsself verstaan. In een nag het hulle totale harmonie beleef en alle grense tussen hulle het vervaag.
Hy skryf: "If you read the poems Akhmatova wrote about that night, you get the impression that they slept together, but, according to Ignatieff, they barely touched. Their communion was primarily intellectual, emotional and spiritual, creating a combination of friendship and love. If friends famously confront the world side by side and lovers live face to face, Berlin and Akhmatova seemed to somehow enact both postures at once. They shared and also augmented each other’s understanding.
For Berlin, this night was the most important event of his life. Akhmatova was stuck in the Soviet Union, living under a regime of manipulation, fear and lies. She suffered horrendously for it. The regime decided that she had cavorted with a British spy. She was expelled from the Writer’s Union. Her son was thrown into prison. She was desolated but never blamed Berlin, speaking of him fervently and writing movingly about the numinous magic of that night."
Brooks sluit af: daar was 'n tyd dat vele mense hierdie soort van lewe opgesoek het. Maar daardie tye lyk asof dit verby is. En dit lyk nie of die opvoeders hulle studente vir hierdie soort liefde voorberei nie.
In 'n tyd waarin 'n mens na diepte soek as jy oor die liefde praat, kry 'n mens in die verhaal alles wat kenmerkend is van die geestelike lewe: instelling (wat 'n mens alles oor literatuur weet en verlang om te weet), lectio (lees van tekste), meditasie (herkou aan die bronne van wysheid), oratiwiteit (wanneer die kennis in verwondering omslaan) en kontemplasie (om die Grootsheid te ontdek).

'n Goeie begin van die dag vir my...

Thursday, May 01, 2014

So ánders is 'n egter pastor. Oor Paulus die mistagoog.


By tye loop 'n mens binne die Nuwe-Testamentiese wetenskap artikels raak wat 'n boeiende kombinasie van geleerdheid en insig bied, maar wat ook die hart van die praktyk raak.

Een so 'n artikel is reeds in 1986 geskryf deur Wilhelm Wuellner. Hy was 'n spesialis in die retoriek, wat op 'n stadium 'n baie gewilde metode was om Nuwe-Testamentiese boeke mee te lees. Die retoriek veronderstel dat 'n mens, deur te kyk hoe 'n skrywer sekere retoriese tegnieke van antieke woordkunstenaars toepas, nuwe insigte in hul tekste kan opdoen.

Wuellner het graag na Suid-Afrika gekom, want hier het ons ook sterk op die retoriek gewerk. Hy was 'n mens met insig, na wie jy graag wou luister.

Hy noem sy artikel " The function of rhetorical questions in First Corinthians."

Hy maak 'n paar boeiende opmerkings. Hy sê byvoorbeeld dat ons so gewoond is om aan Paulus as teoloog te dink, dat ons vergeet dat hy by uitnemendheid 'n pastor is. Paulus was boonop nie bloot net iemand met 'n netjiese styl waarmee hy sy briewe wou versier het nie. Hy was 'n woordkunstenaar, 'n retorikus, wat sy lesers wou oorreed met goeie argumente om 'n bepaalde lewensstyl te volg. En as 'n mens kyk hoe skryf hy 1 Korintiërs, sien 'n mens hoe hy eintlik nie net met die gemeente in Korinte kommunikeer nie. Hy skryf eintlik aan die hele kerk.

Dit is opvallend, byvoorbeeld, hoe Paulus net in een hoofstuk, 1 Korintiërs 9, twintig vrae vra. Dit is die hoogste getal vrae in 'n Nuwe-Testamentiese hoofstuk.

Waarom is dit opvallend? Vrae kan meer as een funksie hê: 'n vraag kan iemand laat nadink, kan iemand teregwys, of oorreed. Maar Wuellner dink in 1 Korintiërs 9 wil Paulus veral as pastor die kerk bystaan in sy groei tot volwassenheid. Hy wil sy lesers laat erken dat hulle gedrag tot sekere onaanvaarbare insigte lei. Hier het sy vrae dus 'n mistagogiese funksie.

Wuellner bespreek veral 1 Korintiërs 9: in die eerste deel (verse 1-14) praat Paulus oor evangelie-dienaars wat aanspraak kan maak op ondersteuning. Hy is besig om met sy gemeentes 'n gesprek te voer: hulle wil vir hom voorstel hoe om sy bediening in te rig. Hy stel 'n magdom van vrae aan hulle in hierdie verse. Maar uiteindelik wil hy hulle voorstel en hulle beroep op die wet en selfs op die Here, bevraagteken. 

Daar is vir Paulus iets diepers en belangrikers op die spel. Paulus deel nie hulle siening nie. "Ek het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie" (vers 15). Paulus dink anders as hulle. Hy oortuig hulle dat hy eintlik die een is wat met gesag praat. Hulle weet nie regtig die antwoord nie.  Net hy weet.

Paulus breek dus met die sienings van sy opponente. Hy leer anders as wat hulle wil leer. Hy is die een wat met hulle sy ryper insigte wil deel.

Daar is egter 'n tweede saak: In Paulus se tyd was dit gebruik dat vriende vir mekaar sorg. Dit was ondenkbaar dat iemand 'n vriend se geskenk sou weier. Paulus wil egter nie deur die gemeente betaal word nie. Hy weier dus om 'n belangrike gebruik te volg. Hy laat hom nie deur sosiale gebruike inbind nie.

Die laaste opvallende bydrae van Paulus as pastor, het te doen met die belangrike siening van self-waarde. Wanneer 'n mens deel is van 'n sosiale sisteem waarin jou vriende vir jou geskenke gee, het jy 'n goeie self-beeld. Jy is 'n bevoorregte mens.

Paulus se gemeente wou ook sy self-beeld met hulle gawe's opbou. Maar Paulus weier dit. Hy wil nie in daardie magspel berokke raak nie. Hy wil nie bevoorreg wees nie. 

Daarom wil hy nie geskenke aanneem nie. Paulus wil dus op 'n baie radikale manier leef - sonder mag, sonder voorregte, sonder aansprake. Hy is nie net aan vriende nie, maar "aan almal"  diensbaar (vers 19). Hy leef eerder sonder die wet en soos 'n swakke. Hy wil nie verwelklike dinge wen nie, maar soek na die onverwelklike (vers 25).

Paulus is as pastor 'n totaal vrye mens. Hy wil sy gemeente's aanspoor om mag prys te gee, om bevoorregting te vermy en om nie deur sosiale gebruike in te perk word nie.

Vir hom, as mistagoog, is die heel belangrikste dat hy in God se verborge teenwoordigheid leef, vry van enige sosiale dwang. Hy is daarom besig om, al vraende, sy lesers aan te spoor om net soos hy in totale vryheid alleen maar van God se teenwoordigheid te leef.


Blog Archive