David Brooks skryf hierdie aangrypende stuk in vandag se
NYT oor Isaiah Berlin se ontmoeting in 1945 met Anna Akhmatova, die bekende
Russiese digter in die destydse Leningrad - vandag Sint Pietersburg. Anna was
20 jaar ouer as Berlin en bekend as 'n
digteres in Rusland voor die kommunistiese revolusie. Die kommuniste het haar
nie toegelaat om haar gedigte te publiseer nie, het haar man valslik skuldig
bevind en tereggestel. Toe het hulle haar seun in die tronk gestop waar sy 17
maande lank tevergeefs gaan staan het om nuus omtrent hom te kry.
Nadat hul gesprek eers strammerig verloop het, met
besoekers wat gedurig in en uit geloop het, was hulle teen middernag alleen. Sy
het haar lewensverhaal vir hom vertel. Toe het sy Byron se Don Juan met soveel
emosie opgesê dat Byron moes wegdraai om sy eie gevoelens te verberg. Sy het
vir hom vertel van haar eie gedigte en hoe hulle veroorsaak het dat een van
haar kollega's deur die regering tereggestel is.
Toe het hulle gesprek oor al die groot skrywers gegaan.
Teen vieruur die oggend het hulle saamgestem oor hoe groot Pushkim en Chekhov
was. Berlin het van Turgenev gehou, maar Akhmatova het vertel dat sy eerder
Dostojevski verkies het.
Hul gesprek het al hoe intenser geraak en hulle het hul
innerlike aan mekaar blootgelê. Akhmatova het van haar eensaamheid vertel, haar
emosies, haar sienings oor literatuur en kuns. Hulle het dieselfde boeke
gelees, dieselfde kennis gedeel, mekaar se verlangens verstaan.
Daardie nag, het Ignatieff geskryf, het Berlin se lewe
so na aan die volmaaktheid van kuns gekom soos wat moontlik is. Hy het hom van
Akhmatova weggeskeur en teen 11 uur die oggend eers in die bed geklim met die
uitroep: "ek is verlief, ek is verlief."
Brooks lewer dan kommentaar op hierdie verhaal: dit
vertel van twee mense vir wie kennis nie iets is waardeur 'n mens iets anders
bereik nie. Wat vir hulle saak maak is kennis van die groot werke, van die
wêreld se groot bronne van wysheid. Wat saak maak is of jy die groot insigte
van die eeue verstaan, die groot werke dat jou begelei om die lewe in al sy rykheid
te beleef en om op 'n subtiele manier morele en emosionele oordele te vel.
Hulle was spiritueel ambisieus, terwyl hulle 'n gedeelde wysheid gehad het van
daardie groot kenners wat ons beter verstaan as wat ons onsself verstaan. In
een nag het hulle totale harmonie beleef en alle grense tussen hulle het
vervaag.
Hy skryf: "If you read the poems Akhmatova wrote
about that night, you get the impression that they slept together, but,
according to Ignatieff, they barely touched. Their communion was primarily
intellectual, emotional and spiritual, creating a combination of friendship and
love. If friends famously confront the world side by side and lovers live face
to face, Berlin and Akhmatova seemed to somehow enact both postures at once.
They shared and also augmented each other’s understanding.
For Berlin, this night was the most important event of
his life. Akhmatova was stuck in the Soviet Union, living under a regime of
manipulation, fear and lies. She suffered horrendously for it. The regime
decided that she had cavorted with a British spy. She was expelled from the
Writer’s Union. Her son was thrown into prison. She was desolated but never
blamed Berlin, speaking of him fervently and writing movingly about the
numinous magic of that night."
Brooks sluit af: daar was 'n tyd
dat vele mense hierdie soort van lewe opgesoek het. Maar daardie tye lyk asof
dit verby is. En dit lyk nie of die opvoeders hulle studente vir hierdie soort
liefde voorberei nie.
In 'n tyd waarin 'n mens na diepte
soek as jy oor die liefde praat, kry 'n mens in die verhaal alles wat
kenmerkend is van die geestelike lewe: instelling (wat 'n mens alles oor
literatuur weet en verlang om te weet), lectio (lees van tekste), meditasie
(herkou aan die bronne van wysheid), oratiwiteit (wanneer die kennis in
verwondering omslaan) en kontemplasie (om die Grootsheid te ontdek).
'n Goeie begin van die dag vir
my...
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.