Wednesday, May 07, 2014

Wie heilig is, maak heilig

Die Brief aan die Hebreërs is bekend vir sy spesiale simbole. Dit is simbole wat sterk leun op die kultus soos 'n mens dit veral in die Ou Testament leer ken in die tempel as die hart van Israel se godsdienstige lewe.

Die kultus sentreer sterk op heiligheid. Neem byvoorbeeld die figuur van die Hoëpriester. Die belangrikste godsdienstige leier in Israel het een keer per jaar in die tempel se allerheiligste deel gegaan om daar die groot soenoffer te bring. Hier, in die heiligdom, het bloed gevloek as hy geofferd het om die volk se onthalwe.

Van die hoëpriester is verwag om die allernoukeurigste voorbereidings te tref sodat hy nie die geleentheid ontheilig nie. 

Die groot versoendag word die heiligste fees in die godsdienstige jaar. Hier word deur die soenoffer die verhouding tussen God en mens weer vernuwe en herstel. "Die hoëpriester offer vir homself en die sondes van die volk" (Heb. 9).

Vir die skrywer van die Hebreër-brief was die fees iets van die vorige bedeling, die eerste verbond. Dit het gebeur by die "aardse" heiligdom (Heb. 9:1).

Teenoor hierdie bedeling staan die bedeling van Christus: met sy eie bloed het hy een maal in die heiligdom ingegaan.

Die twee staan in sterk kontras. Die aardse, tydelike, vergankelike staan tenoor die hemelse, ewige, onverganklike. 

Aldus skryf die brief dat die offer van Christus"'n ewige verlossing teweeggebring"  (Heb.9:12-13).

Christus se hemelse verblyf word vergelyk met die priester se ingaan in die allerheiligste.

Maar vir my bly die belangrikste: Die teks onthul dat iemand wat heilig is, heilig maak.

Dit is 'n verborgenheid vir vele mense: 'n mens se invloed is ongekend, daar waar 'n men inwoon in God se heilige ruimte.

Wie wil deel in God se omvorming van die wêreld, moet self soos God word - heilig.





No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive