Thursday, May 15, 2014

Die langste reis

Een van die bekendste uitsprake van Hammarskjold is terselfdertyd ook een van sy kortste uitsprake.

Hy skryf: die langste reis is die reis in jou innerlike.

Veel is daar om oor hierdie uitspraak te sê. 'n Mens weet alles van soveel gebeure en ervarings om jou.

Maar te selde is daar 'n soeke na wie 'n mens in jou diepste wese is. En, selfs al begin 'n mens daardie soektog, bly dit eindeloos omdat 'n mens so min daaroor weet. En omdat daar soveel is wat 'n mens op jou innerlike lewe laat saampak het. Dit bly 'n taak van toewyding om alles weg te skil, om te kan deurdring tot die kern van 'n mens se bestaan. 




No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive