Thursday, May 29, 2014

Hoe swaar...

Dit is meestal swarigheid waarvan mense wil praat: wanneer iemand 'n koerant wil begin wat net goeie nuus berig, word dit met sinisme begroet. Hoe kan 'n mens al die ellende om ons miskyk? Wil mense dan soos volstruise kop in die sand druk? En dink alles is net mooi en goed? 

Duidelik, egter, is goeie nuus nie groot nuus nie.

In geselskap hoor 'n mens die klagtes oor die lewe wat so swaar is, oor die korrupsie, oor diefstal, moord en 'n samelewing in verval.

So swaar.

Maar, vra Hammarskjold, die mistikus, is die lewe werklik so sleg?

Of is dit eerder ons hande wat so klein is om al die rykdom wat aan ons gegee word, te neem, of is dit omdat ons visioen so gebrekkig is om die groot dinge ook raak te sien?

Is die lewe regtig so triestig?

Is dit nie eerder ons wat meer volwasse moet raak, wat moet insien dat die lewe veel meer as die negatiewe is? 

Hoe krampagtig hou mense vas aan die donker kant van die lewe.

En dan kyk ons in die proses die helder, ligkant mis.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive