Friday, May 16, 2014

God is daar selfs as ek ophou praat van God


Ek bly geboeid oor hoe ander mense se gedagtes oor 'n Bybelteks 'n mens met nuwe oë na daardie teks kan laat kyk.

Dit gebeur gereeld met my.

En toe lees ek vanaand hoe T.T. Cloete in 'n onderhoud vertel dat Psalm 1 sy mees geliefde psalm is. Hy verduidelik: dit is "daardie wonderlike gedig oor God wat dáár is selfs as ek ophou praat van Hom." 

Ek lees die Psalm dus met nuwe oë. Dit is liefdestaal, geskryf met verwondering en bewondering.

Maar, dan, lees ek die laaste paar verse, vanaf vers 19. So mooi soos die eerste deel, so kwellend is hierdie verse. 

In die onderhoud met Cloete vertel hy hoe gekweld hy ook was oor gewelddadige dele in die Psalms toe hy die Psalms vir die Liedboek omgedig het. 

Immer, steeds, worstel ons om God se wil te verstaan. Ons dink ons groei verby die geweld in die Bybel. En telkens ontdek 'n mens opnuut weer hoe geweld 'n houvas daarop het. 

Miskien is dit 'n belangrike les: ook die Bybel het die oomblikke wat 'n mens teleurstel. 

Des te meer rede om dieper te soek na die dinge wat in die weg van ons nabyheid tot God staan.



1VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
Here, U deurgrond en ken my.
2U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.
3U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.
4Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, Here, U ken dit geheel en al.
5U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
6Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
7Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?
8Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
9Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,
10ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
11En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,
12dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
13Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
14Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.
15My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
16U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
17Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!
18Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.
19o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!
20Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders!
21Here, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?
22Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!
23Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
24en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!



No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive