Sunday, May 25, 2014

Heiligheid en verinnerliking

Reëls word van buite af vir mense gegee. Dit wil mense se lewens stuur.

In Bybelse tye is daar byvoorbeeld allerhande voorskrifte oor wat 'n mens mag eet en nie mag eet nie. Wie hulle nie hieraan hou nie, verontreinig hulleself. 

Maar Jesus reken nie sommige voedsel as rein en ander as onrein nie. Alle voedsel is rein (Markus 7:19).

Net so onbelangrik vir Jesus is al die reinheidsvoorskrifte: of 'n mens hande voor ete was of nie.

Uiteindelik bly dit uiterlike dinge. 

Jesus wys steeds weer op die verskynsel van skynheiligheid. Dit is wanneer 'n mens se uiterlike optrede skynbaar heilig en rein is, maar van binne is daar onreinheid.

Wat tel, sê Jesus, is nie wat 'n mens inneem nie, maar wat in 'n mens se hart aan die gang is.

As 'n mens innerlik rein en heilig is, sal dit na buite uitwerk en mense se lewens transformeer. Dan kom dit vanself, sonder om afgedwing te word. Heiligheid na buite is dan die gevolg van 'n mens se innerlike skoonheid en die begeerte om soos God te lyk.

Godsdiens is eg wanneer dit verinnerlik is - beleefde geloof.


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive