Saturday, February 23, 2013

'n Mens kan die wet gehoorsaam en God verloor.







Markus 2:23-28 vertel hoedat Jesus saam met sy dissipels op die sabbat deur ‘n koringveld gestap het en hoe sy disspels are van die gesaaides gepluk het. Die Fariseëers vra verontwaardig vir Jesus waarom sy dissipels ongehoorsaam is aan die Sabbatswette.

In sy antwoord gee Jesus aandag aan twee sake:

Aan die een kant is daar die wet wat God gee om mense ‘n insig in God se wil te bied en daarby te lewe.

Aan die ander kant is daar die mens en sy besondere omstandighede.

Die twee staan nie teenoor mekaar nie. Hulle is ten nouste vervled: ‘n Mens se lewe draai om die wil van God. Vandaar dat ‘n mens die wet lief het en volg. Maar die wet bestaan ook nie sommer net ter wille van die wet nie. Die wet is vir die mens gemaak om vir die mens te verduidelik wie God is.

Die mens kan die wet oortree. Soms is doen mense dit uit pure ongehoorsaamheid. Ander kere weer is dit omdat die mens in ‘n dilemma beland.

Jesus verwys as voorbeeld na Dawid wat in die tempel ingegaan het en van die toonbrode geëet het. Hy en sy manskappe was heeltemal aan die verkeerde kant van die wet, want net die priesters is toeglaat om daarvan te eet. Dit is soos die wet dit bepaal het.

Maar Dawid was honger en wou sy manskappe voed.

In Matteus se weergawe van hierdie verhaal, word spesifiek vertel dat Jesus se dissipels honger was toe hulle die koring gepluk het (Mt. 12:1).

Jesus verduidelik verder: ‘n mens moet verstaan wat “die wet” is: God het nie ‘n wet geskape en toe ‘n mens wat aan daardie wet gehoorsaam moes wees nie. Daar is nie “dogmatiese en morele waarhede” waarby die mens hom of haar moet neerlê nie. Daar is net ‘n verhouding tussen God en mens waar die mens God se wil leer ken en inoefen. In hierdie verhouding word die mens steeds weer gevorm en gevoed om nader aan God te leef.

God het nie, in die woorde van Buber, ‘n ek-dit verhouding nie. God skep mense. Die verhouding van God tot mense is ‘n liefdesverhouding. In die verhouding sien God met ontferming om na mense. Wat tel is dat mense steeds weer in die geborgenheid van hierdie ontfermende verhouding tuis sal wees. Vandaar dat Matteus juis in sy weergawe van die verhaal beklemtoon dat God barmhartigheid verwag (Mt. 12:7)

Die wet is nuttig. Dit help mense om koers te hou. Die wet lê bakens neer. Die honderde voorskrifte van die wet wil ‘n mens ‘n liefdevolle, ontfermende volgeling van God help maak.

Neem byvoorbeeld die sabbatswet: God rus eers op die sabbat nadat God die mens geskape het. Eers die mens, dan die sabbat.

God se grootste begeerte is om met die mens in 'n verhouding te wees. 

Maar tog en meer nog: Die sabbat word ‘n tyd waarin ‘n mens nie werk nie om in God totaal tot rus te kan kom. Dit is die dag van intieme nabyheid aan God. Alles in en om ‘n mens moet hierop gerig wees.

Alles is dus daarop gerig om die mens rus in God te laat vind.

Kyk nou na die ironie: hier is dissipels van Jesus wat saam met hom op die Sabbat is. Hulle het honger. In die loop saam met Jesus, skryf Markus 2:23, het hulle are gepluk. Die Afrikaanse vertelling lui: “in die loop.”

Hulle is naby aan die Here, lerende, wandelende, besig met hulle geestelike reis. Dit was wat vir hulle saak gemaak het. Hulle onderbreek nie die reis om hulle hongerpyne te stil deur huis toe te gaan om by ‘n tafel te loop aansit nie. Hulle eet sommer rou koringare. Hulle wil by Jesus wees, naby, intiem in die goddelike teenwoordigheid.

En, toe hulle “betrap” word dat hulle die Sabbatswet verbreek, gebruik Jesus juis daardie “oortreding” om Hom oor hulle te ontferm deur hulle dieper in God se wil in te lei met sy antwoord aan die Fariseërs. Hy leer hulle nou oor die noue band tussen die wet en ontferming. Hulle leer nou meer van Jesus, die Een wat Hom steeds ontfern het, oor die wet.

Want eintlik sê Jesus vir hulle: wanneer ‘n mens ook al iets doen, doen ‘n mens dit veral uit liefde en omgee. En in die soektog na omgee laat ‘n mens jou deur niks stuit nie – nie eers deur die voorskrifte van die wet nie.

Die hart van geloof is om by God te wees en in God te rus. Alles, ook alle bepalinge van die wet, is hierop ingestel.


Friday, February 22, 2013

'n Vreemde spesie: oor die geboë hoof en die gevoude hande.

Die magistraat in die borgtog-aansoek het met 'n droeë, saaklike inleiding vertel waarom hy terughoudend was oor die teenwoordigheid van die massa's van mense wat namens die media in sy hofsaal oor die saak wou verslag doen.

Hulle kan, het hy gesê, die weergawe van die hofverrigtinge manipuleer sodat dit eensydig en uit verband oorkom. Hulle kan dus uiteindelik 'n invloed op die saak se verloop hê en daarmee die gang van die reg beïnvloed. Vandaar dat hy hulle net sekere tye van die saak toegelaat het om beelde op te neem.

Hulle versinnebeeld vir my die onlesbare dors van mense om meer te weet.

En, reken die hoof-landdros, 'n mens kan ook begryp. Mense wil meer weet, hulle wil ingelig wees. Hier is vir vele mense iets belangriks aan die gebeur. Hoe kan 'n mens dit dan ook wil uitsluit of verbied?

Dan voeg die magistraat by: Hy het gekyk wat in die hofsaal aangaan. En gesien hoe hulle vir die Oscar Pistorius omring en behandel soos 'n vreemde spesie op die aardbol.

Die dors, voel dit vir my, vir meer weet ken nie grense nie en reken nie menslikheid nie. Dit teer op sy eie gedrewenheid en loop met groot voete oor ander.

So begin die magistraat sy byna twee uur lange uitspraak oor die aandag vir die saak van buite die hof. Dit is amper asof dit iets is wat hy van sy hart moes afkry.

Ek luister aandagtig hieroor na hom.

Ek hoor in sy bedaarde stem die verbasing, miskien selfs die verbystering oor wat voor hom afspeel. Dit is ongekende wêreldnuus. Op internasionale nuuskanale word direkte uitsendings van die hofgebeure as vars nuus aangebied.

Ons het die tonele in die hof met die media-mense elke dag gesien: dit het 'n mens soms byna laat dink aan bloedhonde. Elke keer weer wou hulle oor en oor dieselfde toneel afneem. Dit was 'n objek voor hulle, 'n vertoonstuk  wat afgeneem sodat dit in miljoene huise bekyk kan word. Hulle het hom omring en oor en oor hul kamera's laat kliek en kliek.

Hoe vergeet 'n mens ooit die gesig? Die jongman, reeds gebukkend onder die las van die ellende, trauma en skok van die gebeure, verder getraumatiseer deur die hofsaak en die felheid daarvan, aangehou vir dae lank in 'n tronksel, wat alleen die brutaliteit van daardie uitgerekte foto-sessies moet uitstaan. 

Hy kon naderhand net met geboë hoof en gevoude hande staan.

CNN het na die uitspraak op hul uitsending herhaaldelik twee nabyskote van hom gewys: Op die een staan hy met toe oë. Op die tweede foto wys hulle net sy gevoude hande. 

Oor en oor het hulle die twee beelde gewys.

Hoe lees 'n mens die twee foto's? Waarom kies hulle juis die twee? 

Wonder ek. En sal hulle of iemand anders dit lees soos ek na hulle kyk?:

Dit is die oomblikke: dat 'n mens maar net oë kan toemaak en in jouself inklim, jou innerlike opsoek en jou hande voor jou vou asof jy 'n kring om jou trek.

Dit is die tyd waarin jy desperaat wil wegkom. 


Thursday, February 21, 2013

So stil dat nie een sal spoeg nie.... Oor gebed.

In ‘n nuwe publikasie (van Tzamalikos, gepubliseer by Brill in Leiden) oor ‘n sesde eeuse Griekse geestelike, Cassianus die Sabaïet, is daar ‘n brief wat hy geskryf het aan Biskop Kastor oor die gebedsgewoontes van geestelikes in Egipte.

Dit is ‘n brief wat illustreer hoe gebed nie sommer gaan om wegval en woorde tot God uiter nie.

Hier is my weergawe van die Engelse vertaling van Tzamalikos:

Wanneer die gemeente bymekaar kom en ‘n Psalm gelees het, skryf hy, is hulle nie haastig om te kniel vir die gebed nie.

Hulle staan eers vir ‘n paar oomblikke en terwyl hulle so staan, bid hulle met uitgespreide hande.

Daarna kniel hulle uitgestrek op die grond. Hulle bid dan vir ‘n tyd waarna hulle almal gelyk opstaan. Dan, terwyl hulle weer hulle hande sprei, sluit hulle hul versoeke af – maar hierdie keer doen hulle dit langer en meer intens. Die persoon wat voorgaan in gebed word gevolg: as hy opstaan, staan hulle ook op; as hy kniel om te bid, kniel hulle ook.

Wanneer hulle bymekaar kom, is hulle so ingestel op stilte dat ‘n mens sou sweer daar is geen mens in die omgewing nie, al is daar ‘n menigte mense in die vertrek.

Wanneer almal daar bymekaar is en saambid, is daar nie een wat sal spoeg, of hoesgeluide maak nie, of gaap nie. Niemand is verveeld met gebed nie. Jy sal nie ‘n oop mond of ‘n slaperige mens sien nie. Nie ‘n enkele gekreun word gehoor nie. Want hulle sê iemand wat met ‘n lui gemoed bid, sondig op twee maniere: eerstens bid hy agtelosig. Tweedens, hamer hy met sy onbeleefde geraas op die ore en die gedagtes van ander en dra aldus by tot aanvalle van die bose duiwels. Want as die duiwels sien ons staan en bid, val hulle die siel aan met ongepaste gedagtes en afgestomptheid vir gebed.

Om hierdie rede is niemand haastig om raserig en vinnig die Psalm af te rammel nie. Dit is nie dat hulle genot put uit die getal woorde nie. Dit is eerder om die woorde in hul gedagtes te laat insink. Daarmee gee hulle gehoor aan die opmerking: “Ek sal met die gees sing, ek sal ook met insig sing.” Hulle ag dit beter om tien versies nadenkend te sing eerder as om ‘n hele Psalm met ‘n deurmekaar gemoed af te rammel.

Ons sal nou nie hierdie gedeelte hoef te gebruik wat die spoegery betref nie.

Maar daar is eeu-oue wysheid in die brief te leer:

Dit gaan om die instelling, om gerigtheid op wat ‘n mens doen, om worsteling, om beleefde gebed. Insink, insink, dit is waarom dit gaan. Die woorde, Woorde wat tot ‘n mens kom, moet deel word van ‘n mens se innerlike. Die insink kom wel miskien “met insig”, met verstaan, met die brein. Maar dit kom ook “met die gees” deur die uitsprei van die hande, deur die kniel op die grond, deur die stilte: steeds weer afwagtend, afhanklik, ontvanklik, smekend, gereed vir die Ontmoeting.

Wednesday, February 20, 2013

Om tydens die lydenstyd te vas.

Die lydenstyd is in Roomse kringe ‘n tyd veral van soberheid en vas. 

Van my vroeëre kollega’s uit die tradisie drink, onthou ek goed, byvoorbeeld in die lydenstyd geen alkohol nie. 

In vandag se Trouw word gepraat oor moderne weergawe’s van die vas en hoe mense tog nog in die lydenstyd iets daarvan oorhou. Vir mense wat nie juis praktiserende gelowiges is nie, is dit ‘n tyd om sekere dinge op te gee. En vooraan staan dat ‘n mens wil wys dat jy nie aan sekere dinge verslaaf is nie. Daarom sal ‘n mens byvoorbeeld minder op Facebook rondkuier en twiet.

Die res van die lysie sluit vloek, koeldrank, alkohol, aartappelskyfies, kistkos en koekies in.


Wat wel opval is hoe self-gesentreerd hierdie moderne weergawe van “vas” word. Dit gaan nie meer, soos in die ou lydenstradisies, om ‘n deel met mekaar nie. In ander godsdienstige tradisies word die vastyd afgesluit met ‘n groot feesmaal vir armes. In vorige tye het mense geld aan die kerk gegee om aan die armes uit te deel.


Hoe spiritueel is ‘n vas wat daarom gaan om te bewys dat jy nie verslaaf is aan sekere dinge nie?


Miskien is dit tyd om die dimensie van ‘n sobere lewensstyl te herontdek: vas beteken dat ‘n mens ontdek met hoe min jy nodig het en hoe veel ‘n mens met ander kan deel.


Dit is die nuwe uitdagings aan geestelike leiers: maak die lydenstyd ‘n tyd van “gee” vir ander, veral hulle wat in armoede vasgevang is en hulle wat in eensaamheid vergaan.


Die lyding van Christus was immers juis ook hierop ingestel.


Hier is vandag se berig:


De tijd dat vrijwel iedere rooms-katholiek in de aanloop naar Pasen vastte is voorbij, maar helemaal passé is het fenomeen nog niet. Sommigen zien zelfs een stijgende lijn: in protestantse kring en onder 'nieuwe spirituelen' zou het tijdelijk opgeven van bepaald voedsel of gewoonten aan populariteit winnen.


Interessant natuurlijk, die dergelijke speculatie. Maar erg concreet is het niet. Techneut Stephen Smith van de data-website OpenBible meent nu te kunnen vertellen wat de hedendaagse 'vaster' precies opgeeft.

Vloeken, frisdrank, sociale netwerken, alcohol en chips zijn volgens hem het populairst. Of, vertaald in categorieën: voedsel, gewoontes en technologie. Zijn voorlopige top tien (met aftrek van onzinvoornemens als 'paus zijn'):

1. Vloeken
2. Frisdrank
3. Sociale netwerken
4. Alcohol
6. Chips
7. Fast food
8. Instagram
9. Koekjes
10. Twitter

Smith baseert zich op 263 duizend tweets die Engelssprekende twitteraars vorige week aan de vastentijd wijdden. Met een zelfgeschreven softwarepakketje filtert hij sinds een paar jaar alle berichten waarin de term 'lent' (vasten) voorkomt en analyseert hij welke producten en gebruiken het meeste worden genoemd. Geen harde wetenschap dus, maar ook geen wilde speculatie.

Is vasten een trend?
Naar de populariteit van vasten onder Nederlanders blijft het gissen. De protestantse hulporganisatie Kerk in Actie concludeerde in 2007 op basis van een enquête dat één op de twintig Nederlanders tijdens de vastentijd iets opgeeft. Over stijging of daling in populariteit valt weinig te zeggen, want na de enquete is het fenomeen niet meer tegen de meetlat gehouden.

Kerkhistoricus Peter Nissen noemde het vasten vorig jaar een 'oefening in bewustwording'. Hij ziet bij studenten dat ze 'aan zichzelf willen bewijzen dat ze zich los kunnen maken van verslavingen, zoals tv kijken, Facebook en Twitter'. Het aspect 'delen met anderen', een belangrijk onderdeel van het traditionele vasten, is echter zo goed als verdwenen. 'Mensen vasten nu voor zichzelf, om iets aan zichzelf te bewijzen.'


2 reacties


Johan Amsterdam

Geweldig artikel. Is vast uitgebreid over nagedacht. Op deze inzichten zat ik al lange tijd te wachten. Interessant.



Vasten. Wie herinnert zich nog het vastentrommeltje? Vanaf de Aswoensdag mochten wij snoepers in een geleegde koekdoos of weckfles de dropjes en toverballen sparen tot het weer Pasen was. Vasten was een oefening in sparen. . En dan was er ook nog het zogenaamde vastenbriefje. Een envelopje dat door leraar godsdienst werd uitgedeeld en met monetaire inhoud weer ingeleverd. Voor de armsten der armen. Oefening van christelijke deemoed. Palmzondag was er even een tussensnoep. Met haantje en eitjes.


Tuesday, February 19, 2013

Vriendskap.

-->
Vriendskap is, naas liefde, ‘n sterk draad in die sosiale tekstuur van ‘n samelewing. Dit bring mense bymekaar en bind hulle aan mekaar. 

Vriende ondersteun mekaar in moeilike tye. Dit gee kwaliteit aan ‘n mens se lewe. Om by iemand te kuier met wie jy ‘n lang pad geloop het, kan ‘n mens optel uit depressie. Vriende gee raad wanneer ‘n mens nie weet hoe om verder te kom nie. Soms, wanneer ‘n mens nêrens heen kan nie, wanneer enige uitsig op uitkoms verdof het, is die laaste ding wat aan ‘n mens tog nog innerlike vervulling kan gee, ‘n vriend wat sommer net by jou is.

Vriendskap is dus nie eintlik iets naas liefde nie. Dit is ‘n vorm van liefde. Dit het vele eienskappe van die liefde. Dit gee om. Dit offer op. Dit volhard. Dit maak bly. Vriendskap, het die Grieke geleer, is in sommige opsigte groter as ‘n huwelik, as liefde tussen man en vrou.

Die Filippense-brief, blyk uit die nuutste navorsing op die Nuwe Testament vertel iets hiervan. Dit is ‘n boek van vriendskap. Pragtig skryf Paulus daarin oor hoe baie die Filippense vir hom beteken het en hoe besonders hulle verhouding is. 

John Fitzgerald, een van die voorste kenners van die Grieks-Romeinse konteks van die Nuwe Testament het hieroor insiggewend geskryf. Kyk bietjie na wat alles in Filippense staan:

Vriende is een van siel (Fil.1:27; 2:2). Dit is byna asof die een vriend die alter ego van die ander een is.

Vriende deel dieselfde gedagtes. Hulle is, in die  ou vertaling, een van siel (Fil.2:2; 4:2). Hulle leef in harmonie met mekaar. Vriende val nie was in baklei en twis nie.

Vriende deel alles met mekaar (Fil. 1:5, 7; 2:1). Hulle ondersteun mekaar in tye van teenspoed. (Fil.4:14).

Vriende is saam bly (Fil. 1:4, 18, 25 en vele ander)

Vriende vertrou mekaar want hulle bly lojaal (Fil. 1:6; 2:24).

Hulle gee om vir mekaar (Fil 2:8. 17, 27). Hulle sien mekaar se foute nie oor nie, maar praat reguit en openlik met mekaar (Fil.1:14). Daarom kan Paulus hard praat met Euodia en Suntuche in Fil. 4:2.

Trouens, dikwels kan die kritiek van vriende vir ‘n mens op die regte pad hou. Deur die eeue heen was dit nog altyd ‘n groot wysheid dat ‘n mens se geestelike reis deur jou vriende belemmer of aangevuur kan word.

Vriendskap is 'n besonder simbool om in Spiritualiteit oor die geestelike reis te praat. 

Monday, February 18, 2013

Hoe kommunikeer die kerk?

Hieronder is 'n skakel na 'n artikel wat vir geestelike leiers interessant sal wees.

'n Geloofsgemeenskap leef in 'n moderne wêreld waar daar al hoe meer komplekse faktore aan die werk is. Om effektief te wees, moet 'n kerk dus af en toe ook 'n bietjie na homself kyk met die vraag: wie is ek en waarheen is ek op pad? 

Net so belangrik is die vraag: hoe leef ek die antwoorde op  hierdie vrae uit.

In Spiritualiteit word steeds weer in diepte gekyk na drie groot dimensies: daar is 'n fokus op die feit dat die geestelike reis altyd weer gaan om 'n intieme, lewensveranderende verhouding van God met die mens. 'n Mens moet dus naby aan God leef, weet wie God is, oop wees vir God se werking, ingestel op wat God wil doen. Dit het alles 'n invloed op wie die mens is: altyd weer moet 'n mens besef en leef uit die wete dat jy skepsel is, verbind aan God en aan wat God wil doen. 

Dit help om 'n stel geloofsinhoude te hê: die wysheid van die verlede en van die hede is waardevol om die pad van die geloof te loop.

Maar dit is nog lank nie genoeg nie. Spiritualiteit is wesenlik bepaal deur die feit dat hierdie geloofswysheid gedurig in wisselwerking met die hede staan. Die evangelie van Jesus is 'n lewende bewys hiervan. Jesus het die tradisionele geloofswyshede wat in die Ou Testament opgeteken is, op 'n nuwe wyse geleef - so radikaal dat dit sy lewe gekos het. Nietemin het die kerk van Hom geleer en net so opgetree. Die gevolg was dat hulle ook hul lewens moes aflê (Stefanus, Jakobus), of dat hulle radikaal omvorm is (Paulus). 

Altyd weer is daar iets nuuts, soms iets radikaals nuut. Die kerk loop nooit langs gebaande weë. Die kerk baan weë in die uitleef van die verhouding met God. 

Dit alles beteken dat die kerk ook ernstig aandag aan die mens moet gee en aan die mensbeeld wat in sy hede teenwoordig is. Die kerk wat net ou waarhede bly herhaal sonder om te besin oor wie dit moet aanhoor, kwyn.

Die nuwe dinge waaroor die kerk nadink het te doen met 'n hoe: Hoe leef 'n mens nuut? Hoe praat 'n mens nuut oor die evangelie? Hoe verander dinge? Daarvoor kyk die kerk na wat rondom hom aangaan: wie is die mens van ons tyd? Wat laat daardie mens luister? Hoe kan die Evangelie hierop inspeel? Hoe kan die ou wysheid op nuwe maniere vertel en gehoor word?  

Die antwoorde is nie maklik nie, maar dit kan opwindend wees om die antwoorde te soek. 

Hiervoor kan die kerk sy sterk punte gebruik: watter oorweldigende moontlikhede is daar tog nie in die wye netwerk van skakelpunte in gemeentes nie? Bedink dit: Die kerk kan deesda, as dit tegnologies bekwaam is, byvoorbeeld met die druk van een knoppie, vyfhonderd mense in een dorp bereik met moderne tegnologie en miljoene in een land.  

Dus is die moontlikhede eintlik ondenkbaar. Facebook, Twitter, selfone bied unieke geleenthede. 

Daar is ook in ons moderne wêreld soveel kundigheid wat die kerk help om die taal van jongmense te kan praat, maar ook om te hoor  wat die oueres vra. Daar kom byvoorbeeld ongekende moontlikhede na vore om "leke"-spiritualiteit, of die spiritualiteit van die gelowige mens, 'n ruimte te gee en te akkommodeer.

Op die manier kan die kerk ruimte skep vir die bediening van baie verskillende mense en groepe. Die wat nie netjies inpas in die bestaande ortodoksie nie, kan die kans kry om hulle ding te doen.  Op die manier skep die kerk dus laboratoriums waar mense hul proefnemings kan uitprobeer. 

Dit is 'n paar "vertaalde" gedagtes, bedink n.a.v. die artikel:  
http://www.nytimes.com/2013/02/18/opinion/keller-catholicism-inc.html?pagewanted=2&nl=todaysheadlines&emc=edit_th_20130218

Sunday, February 17, 2013

Wanneer die kerk se invloed kwyn... Oor die waarde van spirtiualiteit vir 'n kerk in krisis.

Die kerk se invloed op die maatskappy is besig om te kwyn. Dit is die strekking in die berig wat ek hier onder aanhaal en wat in die NYT van vandag verskyn.

Dit beteken nog glad nie dat godsdiens se invloed op die samelewing aan die kwyn is nie. Trouens, die teendeel lyk soms die geval te wees.

Mense, beweer, die onderstaande artikel, is geskok oor die skandale in die Katolieke kerk en neem daarom nie die uitsprake van die kerk ernstig op nie. 

Wie spiritualiteit ken, vind hier 'n bevestiging vir die insig dat 'n goeie teologie nie 'n waarborg vir 'n geestelik lewensstyl is nie. 

Wat mense aantrek, wat vir hulle beïnvloed, is wanneer 'n geloofsgemeenskap 'n verskil maak. Dit is die geloofservaring wat saak maak: hoe sien 'n mens dat die kerk voor God leef.

Die ander opvallende opmerking in die artikel is vir my die uitspraak dat die geestelike leiers van die katolieke kerk in Amerika invloed verloor omdat daar so min berou te merk is in hul reaksie op die vergrype in die kerk. Weer eens reflekteer dit 'n sekere gebrek aan spiritualiteit: die optrede van die geestelike leiers lyk asof dit nie genoeg ingestel is op en sensitief is vir die vernietigende gevolge van gebeure op die lewens van vele gewone slagoffers nie. 

Altyd weer, in alles wat 'n mens doen, bedink 'n mens die vrug van jou dade: is God teenwoordig in dit wat 'n mens elke oomblik en dag doen?

Dit gaan om onderskeiding - 'n sentrale motief in Spiritualiteit: dit is die voortdurende toets of 'n mens in God se wil leef met alles wat 'n mens dink en doen.

Watter verskil maak die kerk? Hoe lyk die lewe van die kerk? Hoe is oortuigings en dade geïntegreer? Hoe lyk die geestelike reis van 'n kerk wat 'n korrekte leer en 'n diepsinnige teologie voorstaan? 

Hier is die artikel: 

THE last time the Chair of St. Peter stood vacant, during Pope John Paul II’s funeral in 2005, the Roman Catholic Church enjoyed a wave of unusually favorable coverage from the American press. The Polish pope had a way of disarming even his most stringent critics, and that power extended beyond his death, turning his funeral into a made-for-television spectacle that almost felt like an infomercial for the Catholic faith.
Ross Douthat

Perhaps not coincidentally, the mid-2000s were the last time the Catholic vision of the good society — more egalitarian than American conservatism and more moralistic than American liberalism — enjoyed real influence in U.S. politics. At the time of John Paul’s death, the Republican Party’s agenda was still stamped by George W. Bush’s “compassionate conservatism,” which offered a right-of-center approach to Catholic ideas about social justice. The Democratic Party, meanwhile, was looking for ways to woo the “values voters” (many of them Catholic) who had just helped Bush win re-election, and prominent Democrats were calling for a friendlier attitude toward religion and a bigger tent on social issues. 

That was a long eight years ago. Since then, the sex abuse scandals that shadowed John Paul’s last years have become the defining story of his successor’s papacy, and the unexpected abdication of Benedict XVI has only confirmed the narrative of a church in disarray. His predecessor was buried amid reverent coverage from secular outlets, but the current pope can expect a send-off marked by sourness and shrugs.

The collapse in the church’s reputation has coincided with a substantial loss of Catholic influence in American political debates. Whereas eight years ago, a Catholic view of economics and culture represented a center that both parties hoped to claim, today’s Republicans are more likely to channel Ayn Rand than Thomas Aquinas, and a strident social liberalism holds the whip hand in the Democratic Party.

Indeed, between Mitt Romney’s comments about the mooching 47 percent and the White House’s cynical decision to energize its base by picking fights over abortion and contraception, both parties spent 2012 effectively running against Catholic ideas about the common good.

This transformation suggests that we may have reached the end of a distinctive “Catholic moment” in American politics, one that began in the 1980s after John Paul’s ascension to the papacy and the migration of many Catholic “Reagan Democrats” into the Republican Party.

This was hardly the first era when Catholic ideas shaped American debates. (New Deal-era liberalism, for instance, owed a major debt to Catholic social thought.) But it was the first era when the Catholic vote was both frequently decisive and genuinely up for grabs, and it was an era when Catholic debates and personalities filled the vacuum left by the decline of the Protestant mainline.
The fact that the Second Vatican Council had left the church internally divided limited Catholic influence in some ways but magnified it in others. Because the church’s divisions often mirrored the country’s, a politician who captured the typical Catholic voter was probably well on his way to victory, and so would-be leaders of both parties had every incentive to frame their positions in Catholic-friendly terms. The church might not always be speaking with one voice, but both left and right tried to borrow its language.

If this era is now passing, and Catholic ideas are becoming more marginal to our politics, it’s partially because institutional Christianity is weaker over all than a generation ago, and partially because Catholicism’s leaders have done their part, and then some, to hasten that de-Christianization. Any church that presides over a huge cover-up of sex abuse can hardly complain when its worldview is regarded with suspicion. The present pope has too often been scapegoated for the sex abuse crisis,  but America’s bishops have if anything gotten off too easily, and even now seem insufficiently chastened for their sins.

The recent turn away from Catholic ideas has also been furthered by a political class that never particularly cared for them in the first place. Even in a more unchurched America, a synthesis of social conservatism and more egalitarian-minded economic policies could have a great deal of mass appeal. But our elites seem mostly relieved to stop paying lip service to the Catholic synthesis: professional Republicans are more libertarian than their constituents, professional Democrats are more secular than their party’s rank-and-file, and professional centrists get their encyclicals from Michael Bloomberg rather than the Vatican.

Nothing that happens in Rome over the next few months is likely to convert the Acela Corridor’s donors and strategists and think tankers to a more Catholic-friendly worldview. The next pope may be more effective than Benedict, or he may be clumsier; he may improve the church’s image in this country, or he may worsen it.

But if there is another Catholic moment waiting in our nation’s future, it can only be made by Americans themselves.

Saturday, February 16, 2013

Net voor hy tereggestel sou word... Oor verraad


Ek lees nou, vir die eerste keer, die beroemde boek van Johanna Brandt met die titel Die Kappiekommando of Boerevroue in geheime diens.

Die boek het al in 1913 verskyn, eers in Engels as The Petticoat Commando.

Dit is ‘n boek wat ‘n mens soos ‘n treffer speurverhaal besig hou. Des te meer omdat dit gaan om die vroue wat werklik tydens die oorlog in die besette Pretoria die burgers op die slagveld van belangrike strategiese inligting voorsien het.

Daar is dikwels kosbare anekdotes wat ‘n mens ‘n kykie gee in die lewe van die gewone mense in tye van ontnugterende oorlog teen die oormag van die Britse Ryk. Maar dit gee ‘n mens ook ‘n kykie in die hart van die skryfster.

Sy het duidelik nie tyd vir verraaiers, bangbroeke, hensoppers en lafaards nie.

Sy sien eerder haar man sterf op die slagveld as dat hy die stryd opgee.

Ystervrou. Slim, vol planne en ondernemend. En boonop ‘n skryfster.

Een so ‘n andekdote gaan oor ‘n jong spioen wat deur die Engelse gevang word. Hulle weet van hom omdat hy al ‘n reputasie vir sy “kordaatstukke” onder hulle verwerf het.

Mense besoek hom in sy sel en hoor van hom dat geen dreigement of onderhandelinge hom sover kry om sy mede-spioene te verraai nie. Hy byt dapper vas terwyl groot druk op hom geplaas word.

Op ‘n Saterdagnag word die doodsvonnis in sy sel aan hom voorgelees. Soos alle spioene summier ter dood veroordeel kon word, so gebeur dit ook met hom.

Hulle vertel hom dat hy die Sondagoggend tereggestel sou word.

Tensy, gee hulle hom ‘n kans, as hy die spioene in die stad se name aan hulle gee. “Toe laat hulle hom alleen met sy gedagtes.”

Hierdie outjie, skryf Johanna Brandt, was nog nie twintig nie. Bloedjonk.

Hy moet die nag in die sel deurbring terwyl die swaard van die doodsvonnis oor hom hang.

Dit is nie die einde van die storie nie. Teen dagbreek laat hulle sy pa, suster en sy verloofde in sy sel in sodat hulle van hom kan afskeid neem. Hulle “klou aan hom vas en kerm en smeek dat hy tog maar die name van sy medepligtiges” moes verklap.

In ‘n “verskriklike” daad, skryf Johanna Brandt, “swig” hy en in “die godverlate sel, op daardie vreeslike Sondagmôre, skryf hy “met bewende hand” die name van vyf spioene neer.

“Maar nou was hy niks anders as ‘n verraaier nie,” voeg sy by.

Daarmee het hy, in die oë van sy mede-burgers, in elk geval ‘n doodsvonnis oor homself voltrek, al is sy eintlike straf tot ‘n paar jaar dwangarbeid versag.

Johanna Brandt skryf ‘n verdoemende sin: “Twee jaar na die sluiting van die vrede kon hy nog in die strate van Pretoria en Johannesburg aan die werk gesien word, besig om sy vonnis uit te dien.”

Daar is nie ‘n enkele wrede woord in hierdie stil sin nie. Nie ‘n vinger wat wys nie.

Trouens, sy skryf ‘n pragrafie oor die jong man aan die begin van haar verhaal: “Laat ons hom nie te hard veroordeel nie. Hy was nog jonk, nog nie twintig nie, en nooit sal ons te wete kom watter gemoedsfoltering hy die nag moes deurstaan nie.”

‘n Mens sien die hart van die vrou wat hierdie boek skryf, so bietjie raak. Sy herken jeugdigheid, feilbaarheid, vrees, doodsangs, hegte familiebande en bitter wroeging.

Ook net terloops vertel sy die uitklophou: Die vyand sou die jongman in elk geval nooit doodgeskiet het nie. Hy was minderjarig en minderjariges is nie tereggestel nie. 

As hy dit maar geweet het. 

“Die feit het miskien net bygedra tot die bitterheid van sy wroeginge toe dit later aan hom vertel is.”

In haar sober taal, die taal van “nie te hard veroordeel nie”, van “die verskriklikheid van sy val”, en “maar nou was hy niks anders as ‘n verraaier nie”, lê die waardes wat haar simpatie en insig relativeer. 

En dat hy minderwaardig was, nie sou sterf nie, is net bitter kole op sy hoof. 

'n Mens is verskeur deur hierdie vertelling. 

Hoe kan jy dit anders beoordeel as in die konteks van daardie stad met die ellende van die konsentrasiekampe, die misdadigheid van die oorlog, die uitroei van menselewens, die ontbering en die lyding wat verstikkend en lewensvernietigend oor mense gehang het? 

Daardie jongman, het Johanna Brandt gedink, was ontrou: hy was nie bereid om sy lewe op te offer nie.

Meer nog: hy het vyf van sy mede-stryders opgeoffer om sy eie lewe te red.

Hy was ‘n verraaier, iemand wat geval het, iemand wat die res van sy lewe in bitter wroeging sou deurbring.

Hoekom dink ek nou aan Getshemane?

Friday, February 15, 2013

Nederigheid.


Nederigheid is ‘n deug wat alle mens bewonder.

Daar is vele volkswyshede in omloop wat wys hoe hoog slaan mense nederigheid aan. “Moenie jou eie trompet blaas nie,” “hoogmoed kom tot ‘n val” en “eie roem stink” is voorbeelde van hoe ‘n gebrek aan nederigheid mense dwars in die krop steek.

Net soos hoogmoed ‘n gebrek aan nederigheid uitwys, net so kan ‘n mens nederigheid kontrasteer met ‘n verwerping van jouself.

Sommige persone dink regtig min van hulleself. Of hulle maak ‘n punt om hulle self af te takel.

Hulle kyk teen hulle foute vas. Dit kan so erg raak dat hulle hulself verag. In sekere situasies lei dit tot geestesafwykings waar mense hulself skend of akute minderwaardigheidskomplekse ontwikkel. In die ergste gevalle lei dit daartoe dat mense nie meer kans sien om te leef nie.

Ek is regtig ‘n slegte mens. Ek kan ander eintlik nie in die oë kyk nie. As mense maar net weet….  So voel mense soms oor hulleself.

Dit is nie nederigheid nie. Dit is ‘n self-vernietigende aftakeling.

Nederigheid het niks te doen met ‘n mens se innerlike aanvoeling oor jou eie meriete en goeie lewe nie. Dit het te doen met ‘n basiese lewenshouding wat in dankbaarheid teenoor God alles in jou lewe as ‘n seëning en ‘n genadegawe beskou.

In nederigheid besef jy dat wat ook al aan die goeie in jou lewe gebeur, aan jou geskenk word.

Maar nederigheid het met nog dieper dinge te doen.

‘n Nederige mens is iemand wat besef dat hy of sy kosbaar is: elke mens het die gawe van die lewe ontvang: elkeen is getransformeer in skepping. Dat ‘n mens die lewe as geskenk ontvang het, om te kan leef, is al ‘n onvoorstelbare seëning. ‘n Mens dink dus aan jouself as iemand wat kosbaar in God se oë is.

En as skepsel, iemand wat die gawe van die lewe ontvang het, bly ‘n mens verder voortdurend in God se gedagtes: transformasie in herskepping beteken dat die mens wat geval het, wat misluk het, wie se lewe vasloop, weer ‘n kans kry om op te staan en opnuut te begin. God se genade droog nie op nie. Moordenaars kry hierdie genade immers sonder ‘n enkele verdienste op hul sterfbeddens en aan kruise geskenk. Die mens is kosbaar in God se oë.

Dan weer, is daar die kans wat ‘n mens kry om ‘n lewe na aan God te hê deur naby aan Christus te leef. Die geskenk van intimiteit en nabyheid met God word uitgebeeld met die motief van konformiteit aan Christus. So hoog ag God mense dat God die ruimte skep vir mense om soos Christus te kan word. Die mens is kosbaar in God se oë.

Uiteindelik is daar die transformasie in die liefde en in heerlikheid. ‘n Mens word gemaak tot geliefde van God. “Geliefdes”, die ou aanspreekvorm van predikante uit vroeëre geslagte, vertel hiervan. Soos die Seun die Geliefde was, so is God se kinders geliefdes. En vir almal het God die heerlikheid bestem. Iewers, uiteindelik, omdat almal kosbaar in God se oë is, sal mense God aanskou. Trane sal weg wees. Honger en dors sal ophou. Ewig in God se arms sal mense wees.

Dit is wat God vir mense sê: hierdie vyfvoudige transformasie. Ek het jou geroep, ek het jou geskep. Jy is myne, kosbaar in my oë.

Dit is wat “God se woord”, die “evangelie”, die boodskap van Christus oor mense dink. Die onvoorstelbare goedheid van God, die oneindige ruimheid van die Liefde is die hart van die goeie boodskap.

En wie daaruit leef, kan met nederigheid die geestelike reis voorsit – met die volle wete dat hy of sy kosbaar in God se oë is. As God soveel omgee, as God ons huis toe bring uit die varkhokke, wie is ons om onsself as onwaardig te beskou? Wie afhanklik is van God, luister na die stem van die Liefde, ontvang genadiglik die feeskleed. Dit is genoeg. Dit stem tot dankbaarheid en bring ‘n mens steeds nader aan God. Sonder die Nabyheid, die Liefde is mens niks. In die liefde is ‘n mens God se gunsteling-kind.

Alleen


Dit is nie ‘n goeie dag vir ons almal nie.

Ek dink terug aan die tyd toe die eerste nuus oor Hansie Cronje se skandaal gebreek het. Die verbystering in die land en onder krieket-liefhebbers was groot. (Soms wonder ek of krieket in ons land ooit heeltemal van daardie teleurstelling herstel het.)

En nou kom die nog slegter nuus oor Oscar. Hierdie keer is die tragedie amper meer ondeurgrondelik omdat ‘n jong mens haar lewe in die proses verloor het.

Nog slegter word dit om nou mense se reaksies op die Facebook bladsy van Oscar te lees.

Daar is ‘n duidelike ontwikkeling in die kommentaar: Aan die begin, soos die nuus gebreek het, is mense simpatiek, vol meelewing en ondersteunend.

Deur die dag, soos meer detail bekend word, word die kommentaar, afkomstig van oor die hele wêreld, venyniger. Daar is wrede, veroordelende opmerkings en selfs makabere grappe.

Ek sit en dink oor die uiteenlopende reaksies. Sommige beskuldig in kru taal. Ander glo onvoorwaardelik en naïewelik in Oscar se onskuld en raak woedend vir negatiewe kommentaar. Nog ‘n klomp skryf lang godsdienstige en sentimentele boodskappe, terwyl ‘n groep net eenvoudig en kortweg vra: “Waarom?”

Nog vele praat daaroor dat hy al die roem in die wêreld gehad het en dat hy alles in een oomblik vernietig het.

Al die vlak en holruggeryde menings en die maklike gepraat van mense kan ‘n mens hier raaklees.

As dit jou kind was, is dit wat jy sou wou gehad het mense oor hom / haar moes kwytraak, wonder ek oor al die vlak vroomheid en die wrede vingerwysings.

Hoe dink ‘n mens oor hierdie onvoorstelbare donker dag?

Mense is getraumatiseer. Die skok oor die val van iemand wat ikoniese status in die wëreld het, is eintlik onverwerkbaar. Dit kom te skielik.

Hoe groter die held, hoe groter die teleurstelling en hoe heftiger die gevoelens.

Die taal, die uitsprake en die beskuldigings word mense se meestal onbeholpe manier om die trauma te verwerk.

Hoe praat ‘n mens oor iets wat die mooiste en beste versinnebeeld in een dag tot niet maak?

Dit is te moeilik om ‘n mens se gevoelens oor so ‘n saak onder woorde te bring.

Iewers in hierdie nag is daar ‘n jong man, beroemd in alle lande, met ‘n wêreld aan sy voete, wat alleen in ‘n sel is met net sy gedagtes oor ‘n nag van verskrikking wat sy lewe aan stukke gebreek het. En in die gedagtes het hy niemand in die wêreld by hom wat hom kan bystaan nie.  

Ek kan my indink, dink ek, hoe donker sy nag is.


Blog Archive