Markus
2:23-28 vertel hoedat Jesus saam met sy dissipels op die sabbat deur ‘n
koringveld gestap het en hoe sy disspels are van die gesaaides gepluk het. Die
Fariseëers vra verontwaardig vir Jesus waarom sy dissipels ongehoorsaam is aan
die Sabbatswette.
In
sy antwoord gee Jesus aandag aan twee sake:
Aan
die een kant is daar die wet wat God gee om mense ‘n insig in God se wil te
bied en daarby te lewe.
Aan
die ander kant is daar die mens en sy besondere omstandighede.
Die
twee staan nie teenoor mekaar nie. Hulle is ten nouste vervled: ‘n Mens se lewe
draai om die wil van God. Vandaar dat ‘n mens die wet lief het en volg. Maar
die wet bestaan ook nie sommer net ter wille van die wet nie. Die wet is vir
die mens gemaak om vir die mens te verduidelik wie God is.
Die
mens kan die wet oortree. Soms is doen mense dit uit pure ongehoorsaamheid.
Ander kere weer is dit omdat die mens in ‘n dilemma beland.
Jesus
verwys as voorbeeld na Dawid wat in die tempel ingegaan het en van die
toonbrode geëet het. Hy en sy manskappe was heeltemal aan die verkeerde kant
van die wet, want net die priesters is toeglaat om daarvan te eet. Dit is soos
die wet dit bepaal het.
Maar
Dawid was honger en wou sy manskappe voed.
In
Matteus se weergawe van hierdie verhaal, word spesifiek vertel dat Jesus se
dissipels honger was toe hulle die koring gepluk het (Mt. 12:1).
Jesus
verduidelik verder: ‘n mens moet verstaan wat “die wet” is: God het nie ‘n wet
geskape en toe ‘n mens wat aan daardie wet gehoorsaam moes wees nie. Daar is
nie “dogmatiese en morele waarhede” waarby die mens hom of haar moet neerlê
nie. Daar is net ‘n verhouding tussen God en mens waar die mens God se wil leer
ken en inoefen. In hierdie verhouding word die mens steeds weer gevorm en
gevoed om nader aan God te leef.
God
het nie, in die woorde van Buber, ‘n ek-dit verhouding nie. God skep mense. Die
verhouding van God tot mense is ‘n liefdesverhouding. In die verhouding sien
God met ontferming om na mense. Wat tel is dat mense steeds weer in die geborgenheid
van hierdie ontfermende verhouding tuis sal wees. Vandaar dat Matteus juis in
sy weergawe van die verhaal beklemtoon dat God barmhartigheid verwag (Mt. 12:7)
Die
wet is nuttig. Dit help mense om koers te hou. Die wet lê bakens neer. Die
honderde voorskrifte van die wet wil ‘n mens ‘n liefdevolle, ontfermende
volgeling van God help maak.
Neem
byvoorbeeld die sabbatswet: God rus eers op die sabbat nadat God die mens
geskape het. Eers die mens, dan die sabbat.
God se grootste begeerte is om met die mens in 'n verhouding te wees.
Maar
tog en meer nog: Die sabbat word ‘n tyd waarin ‘n mens nie werk nie om in God
totaal tot rus te kan kom. Dit is die dag van intieme nabyheid aan God. Alles
in en om ‘n mens moet hierop gerig wees.
Alles is dus daarop gerig om die mens rus in God te laat vind.
Kyk
nou na die ironie: hier is dissipels van Jesus wat saam met hom op die Sabbat
is. Hulle het honger. In die loop saam met Jesus, skryf Markus 2:23, het hulle
are gepluk. Die Afrikaanse vertelling lui: “in die loop.”
Hulle
is naby aan die Here, lerende, wandelende, besig met hulle geestelike reis. Dit
was wat vir hulle saak gemaak het. Hulle onderbreek nie die reis om hulle
hongerpyne te stil deur huis toe te gaan om by ‘n tafel te loop aansit nie.
Hulle eet sommer rou koringare. Hulle wil by Jesus wees, naby, intiem in die
goddelike teenwoordigheid.
En,
toe hulle “betrap” word dat hulle die Sabbatswet verbreek, gebruik Jesus juis
daardie “oortreding” om Hom oor hulle te ontferm deur hulle dieper in God se
wil in te lei met sy antwoord aan die Fariseërs. Hy leer hulle nou oor die noue
band tussen die wet en ontferming. Hulle leer nou meer van Jesus, die Een wat
Hom steeds ontfern het, oor die wet.
Want
eintlik sê Jesus vir hulle: wanneer ‘n mens ook al iets doen, doen ‘n mens dit
veral uit liefde en omgee. En in die soektog na omgee laat ‘n mens jou deur
niks stuit nie – nie eers deur die voorskrifte van die wet nie.
Die
hart van geloof is om by God te wees en in God te rus. Alles, ook alle
bepalinge van die wet, is hierop ingestel.