Hieronder is 'n skakel na 'n artikel wat vir geestelike leiers interessant sal wees.
'n Geloofsgemeenskap leef in 'n moderne wêreld waar daar al hoe meer komplekse faktore aan die werk is. Om effektief te wees, moet 'n kerk dus af en toe ook 'n bietjie na homself kyk met die vraag: wie is ek en waarheen is ek op pad?
Net so belangrik is die vraag: hoe leef ek die antwoorde op hierdie vrae uit.
In Spiritualiteit word steeds weer in diepte gekyk na drie groot dimensies: daar is 'n fokus op die feit dat die geestelike reis altyd weer gaan om 'n intieme, lewensveranderende verhouding van God met die mens. 'n Mens moet dus naby aan God leef, weet wie God is, oop wees vir God se werking, ingestel op wat God wil doen. Dit het alles 'n invloed op wie die mens is: altyd weer moet 'n mens besef en leef uit die wete dat jy skepsel is, verbind aan God en aan wat God wil doen.
Dit help om 'n stel geloofsinhoude te hê: die wysheid van die verlede en van die hede is waardevol om die pad van die geloof te loop.
Maar dit is nog lank nie genoeg nie. Spiritualiteit is wesenlik bepaal deur die feit dat hierdie geloofswysheid gedurig in wisselwerking met die hede staan. Die evangelie van Jesus is 'n lewende bewys hiervan. Jesus het die tradisionele geloofswyshede wat in die Ou Testament opgeteken is, op 'n nuwe wyse geleef - so radikaal dat dit sy lewe gekos het. Nietemin het die kerk van Hom geleer en net so opgetree. Die gevolg was dat hulle ook hul lewens moes aflê (Stefanus, Jakobus), of dat hulle radikaal omvorm is (Paulus).
Altyd weer is daar iets nuuts, soms iets radikaals nuut. Die kerk loop nooit langs gebaande weë. Die kerk baan weë in die uitleef van die verhouding met God.
Dit alles beteken dat die kerk ook ernstig aandag aan die mens moet gee en aan die mensbeeld wat in sy hede teenwoordig is. Die kerk wat net ou waarhede bly herhaal sonder om te besin oor wie dit moet aanhoor, kwyn.
Die nuwe dinge waaroor die kerk nadink het te doen met 'n hoe: Hoe leef 'n mens nuut? Hoe praat 'n mens nuut oor die evangelie? Hoe verander dinge? Daarvoor kyk die kerk na wat rondom hom aangaan: wie is die mens van ons tyd? Wat laat daardie mens luister? Hoe kan die Evangelie hierop inspeel? Hoe kan die ou wysheid op nuwe maniere vertel en gehoor word?
Die antwoorde is nie maklik nie, maar dit kan opwindend wees om die antwoorde te soek.
Hiervoor kan die kerk sy sterk punte gebruik: watter oorweldigende moontlikhede is daar tog nie in die wye netwerk van skakelpunte in gemeentes nie? Bedink dit: Die kerk kan deesda, as dit tegnologies bekwaam is, byvoorbeeld met die druk van een knoppie, vyfhonderd mense in een dorp bereik met moderne tegnologie en miljoene in een land.
Dus is die moontlikhede eintlik ondenkbaar. Facebook, Twitter, selfone bied unieke geleenthede.
Daar is ook in ons moderne wêreld soveel kundigheid wat die kerk help om die taal van jongmense te kan praat, maar ook om te hoor wat die oueres vra. Daar kom byvoorbeeld ongekende moontlikhede na vore om "leke"-spiritualiteit, of die spiritualiteit van die gelowige mens, 'n ruimte te gee en te akkommodeer.
Op die manier kan die kerk ruimte skep vir die bediening van baie verskillende mense en groepe. Die wat nie netjies inpas in die bestaande ortodoksie nie, kan die kans kry om hulle ding te doen. Op die manier skep die kerk dus laboratoriums waar mense hul proefnemings kan uitprobeer.
Dit is 'n paar "vertaalde" gedagtes, bedink n.a.v. die artikel:
http://www.nytimes.com/2013/02/18/opinion/keller-catholicism-inc.html?pagewanted=2&nl=todaysheadlines&emc=edit_th_20130218