Ek
kry geen kommentaar opgespoor oor Elisabeth Eybers se gedig met die titel “Nadenking”
nie:
Hier
is die gedig:
Nadenking
Liefde
ten spyt en ondanks goeie wil
staan
ek ontsteld by hierdie waarheid stil:
dat,
soos geeneen wat hom nie liefhet, ék
‘n
skaduwee oor sy oop gesig kan trek.
Wat
anders as méér liefde kan my leer
om
daardie swart vermoë af te sweer?
Die
digter het die swart vermoë om ‘n skaduwee te laat val oor die “oop gesig” van die geliefde.
Dit
is die seermaak van die ander een, die maat: ondanks die liefde, ondanks die
sterk wil om nie seer te maak nie, gebeur dit tog.
Dit
gebeur dus. En die een wat liefhet die digter, besef ontsteld wat hier gebeur.
Die
liefde waarborg dus niks nie. Dit keer nie
seermaak, pyn en skending nie.
Die
liefde moet dus steeds meer word. Dit is nie liefde wat tel nie. Wat tel is om
te bly gee, om meer lief te hê.
Dit
is dus ‘n gedig oor die behoefte wat ‘n mens het om steeds meer te kan liefde
kry – juis om meer liefdevol te wees.
Wonderlik
is daardie aksenttekens: ék, ék wat die ander een lief het, ék is die een wat
donkerte oor sy lewe bring.
En
dan die dubbele aksenttekens. Ek wil nie so wees nie. Gee méér liefde, sodat ek
meer kan liefhê, reg kan liefhê, sonder seermaak kan liefhê.
Hoe
mistiek is die liefde tog nie.
Dit
is wat ‘n mens in die nadenking begryp en waaroor ‘n mens wil bly nadink.