Mark
Chagall, beroemd vir sy godsdienstige kuns, was as Jood geboeid deur die figuur
van Christus.
Hy
het iewers geskryf dat die simboliese figuur van Christus altyd na aan hom was
en dat hy dikwels die “bleek” gesig van Christus in sy gedagtes gehou het.
Dit
was veral die band tussen Christus en lyding wat Chagall onthou het.
Hy
het verskeie doeke van die kruisiging geskilder. Een daarvan het ek voorheen
bespreek (White crucifiction). (Groot my opgewondenheid toe ek in November die
doek self in Chicago kon sien en afneem). Dit is seker een van die
merkwaardigste skildery van die twintigste eeu.
Lank
voordat hy White Crucifiction in 1938 geskilder het, het Chagall reeds in 1912
‘n doek met die titel Golgotha / Opgedra aan Christus geskilder. Toe het hy al
‘n paar jaar lank sketse van die kruisiging gemaak.
Sy
Golgotha was dus die produk van ‘n jong 25-jarige Chagall se jare-lange nadenke
oor die kruis.
Die
jong Rus, toe pas twee jaar in Parys, se lewe was al op daardie stadium
deurtrek met gedagtes oor lyding. Hy het as kind al ervaar hoe Joodse
gemeenskappe vermoor word. Hy sou sy lewe lank saamleef met die haat en venyn
teen Jode wat tot die Jodeslagting in Duitsland gelei het.
Op
25 jaar staan – ondenkbaar – lyding in ‘n dik, rooi bloedstreep oor sy lewe
uitgestryk. In 1933 en 1937 sou die Duitse Fasciste sy werke in museums wegneem
om te verbrand – bloot omdat hy Joods was.
Chagall
se Golgotha is ‘n boeiende uitbeelding van die kruis. Die
kruis
is (anders as in Wit Kruisiging) nie heeltemal in die sentrum van die skildery
nie. Dit hang effens links teen ‘n donkergroen agtergrond met kubistiese vorme.
Daar is driehoeke en sirkels in die groen agtergrond.
Die
kruis self smelt in die agtergrond weg, sodat die oog van die kyker eerder op
die blou figuur aan die kruis val. ‘n Mens sien skaars die kruis. Dit word
vaagweg uitgebeeld. Dit is presies wat Chagall wou bereik: vir hom was die
kruis nie so belangrik soos die figuur van die kind wat byna in die lug sweef. Christus
het ook nie wonde, spykers, ‘n doringkroon, ‘n wond in die sy of bloed aan sy
liggaam nie.
Op
die manier kry die figuur sterk simboliese waarde. Dit versinnebeeld by uitstek
lyding.
Die
merkwaardige is dat hierdie figuur ‘n kind is. Maar die liggaam van die kind is
verwronge asof hy in pyn is en ‘n marteldood sterwe.
Uteindelik
is die marteldood van Christus vir Chagall die eintlike tema van die skildery. In
hierdie Christus-uitbeelding merk ‘n mens Chagall se sensitiwiteit vir die
vervolging van mense en die oneindige lyding wat daaruit voorspruit.
Jesus
is verder in die skildery ‘n Joodse figuur. Die Jode wat hom gekruisig het, het
een van hul eie doodgemaak. Net so is, heel ironies, Christene wat Jode vervolg
en doodmaak, besig om aan ander te doen wat Christus self onder sy eie mense
gely het.
Die
skildery het ‘n baie donker, vernietigende agtergrond. In die eerste dekade van
die twintigste eeu is Jode beskuldig dat hulle kinders vermoor het om bloed in
die hande te kry vir hul godsdienstige gebruike en rituele. Dit het tot
grootskaalse vervolging van die Jode gelei en vele van hulle is gedood. Daar was bv. so ‘n voorval in 1901 toe ‘n
Joodse man aangekla is dat hy ‘n kind vermoor het om sy bloed te kan gebruik.
Maar
dit is die man met die kruis aan die regterkant van die skildery wat my opval.
Hy
oorheers eintlik die skildery. Die kruis staan eenkant. Die regter paneel van
die skildery is oop en breed, met die man wat ‘n mens se oog vang.
Hy
dra ‘n leer. In Chagall se kuns is die leer ‘n belangrike motief.
Wat
beteken dit?
Die
leer was deur die eeue heen ‘n simbool dat Jesus van die kruis afgehaal is. In
vele tradisionele skilderye van die kruisiging sal ‘n mens die uitbeelding sien
van Jesus se dissipels wat hom van die kruis afhaal terwyl hulle op ‘n leer
staan.
Die
man dra die leer weg van die kruis. Hier word Christus se liggaam nie van die
kruis afgeneem nie.
Hy
stap weg uit die skildery.
Lyding
bly met ons.
Die
onskuldige Jesus-kind bly vir altyd gekruisig, wil Chagall deur die skildery
uitroep: eeu na eeu, word Hy opnuut gedood deur die wreedheid en lyding wat
mense veroorsaak. Reeds as kind stap hy in lyding in. Tot aan sy dood is hy aan
lyding uitgelewer.
Die
voorgrond van die skildery is rooi – die bloed van Christus lê die wêreld vol.
Wanneer,
roep die kruis-kind uit, sal mense tot hul sinne kom?