Sunday, July 14, 2013

Hoe verlang U hart na my : oor die Liefdesmag en 'n spirituele praktyk



Die aangrypende melodie is geskryf deur Dmitri Bortniansky, een van my gunsteling komponiste. 

Dit is een van daardie unieke stukke wat ‘n mens direk en onmiddelik meesleur. Maar ook die woorde is boeiend. 

Te verstane, want dit is deur Tersteegen geskryf.

Dit is ‘n moeilike lied om te sing. Luisteraars weet altyd wanneer liefde uit ‘n hart, suiwer met liefde, kom. Van die weergawes waarna ek luister, is hierdie een die naaste van wat ek wil hoor.

Iemand skryf iewers 'n stukkie kommentaar: Ek luister elke aand na hierdie lied of sê dit vir my self op. Dan verdwyn al my besige gedagtes oor myself. 

Die persoon het van die luister na die lied 'n spirituele praktyk gemaak. 

Ek het my keuse gemaak: dit is die lied wat ek by my begrafnis gespeel wil hê.

Hier is die Nederlandse teks:

Ik bid U aan, o macht der liefde,
die zich in Jezus openbaart.
O licht, dat ’t helse duister kliefde
en blijde hope bracht aan d’ aard.
Ik wil die liefde steeds gedenken,
wil U mijn liefde wederschenken.

O Jezus mog’ uw naam mij immer,
in ’t diepst der ziel geschreven zijn.
En geef mijn schuld’ge lauwheid nimmer,
uw liefd’rijk harte wederpijn.
In woord, in werk, in heel mijn wezen,
zij steeds uw heil’ge naam geprezen.

En hier is die Duitse oorspronklike.  Anders as die Nederlandse teks, is die Duitse weergawe ‘n wonderlike, mistieke teks waarin veel sterker nie die mens se liefde vir God nie, maar God se liefde vir mense besing word. 

"Ek wil in die see van U liefde wegsink eerder as om aan my te dink."   Al die mistieke elemente van verlange, God se teenwoordigheid, self-prysgawe, eenheid met God en wederkerigheid vind 'n mens hier.

Ich bete an die Macht der Liebe,
die sich in Jesus offenbart;
ich geb mich hin dem freien Triebe,
mit dem ich treu geliebet ward.
Ich will anstatt an mich zu denken,
ins Meer der Liebe mich versenken.

Wie bist du mir doch so gewogen
und wie verlangt dein Herz nach mir!
Durch Liebe sanft und stark gezogen,
neigt sich mein Alles hin zu dir.
Du teure Lieb du höchstes Wesen,
du hast mich, ich hab dich erlesen.

In deinem teuren, heilgen Namen,
eröffnet sich des Vaters Herz;
da find ich lauter Ja und Amen,
und Trost und Heilung für den Schmerz.
Oh daß dies jeder Sünder wüßte,
sein Herz wohl bald dich lieben müßte

Blog Archive