Saturday, July 13, 2013

Te besig met die Bybel om Jesus te volg....




Die uitbeelding laat my dink aan die groot argwaan in ons familie oor oordrewe vroomheid. En aan die nugterheid van die godsdienstige tradisie waarin ek grootgeword het. Godsdiens was nie 'n vermaak nie en het ook nie vertonerig uitgestal nie.

Nie te vroom wees nie. Nie te veel met die Bybel smous nie. Nie te hoogheilig opgee nie.

Doodgewoon maar net in die spore van Christus loop. 

'n Waagstuk. Soms in die donker. Soms al swoegend.

Maar altyd in die nugtere geloof en wete dat die God van genade daar sal wees om te lei - selfs wanneer dit nie so voel nie. 

'n Lekker prentjie vir 'n boodskap oor nugtere mistiek: om 'n 'n gesonde, lewensveranderende en intieme verhouding met God te leef deur die navolging van Christus - soos Hy gevraa het. 

Blog Archive