Thursday, December 31, 2015

Terug in God se huis en binne-hart.

Ek loop die afgelope paar dae en kou aan die oujaar wat aan die verbyloop is en wat die nuwe jaar sal inhou. 

Vanaand, hier in ons soel, nou byna subtropiese laatmiddag in ons geliefde strandplekkie, stap ek verby 'n ou bekende inwoner se huis. 

Ons is op pad see toe, vir 'n lafenis in die louwarm water. 

Ons staan stil vir die groetslag. Ook omdat ek gesien het sy huis is op die mark. 

Toe ek die Te Koop bordjie sien, voel ek die tentakels van tydelikheid, van eindigheid en verganklikheid om my hart vasklou. Ons stap al soveer jare met ons uitspantyd elke keer verby die huis. Dit is 'n vastigheid, 'n bekendheid en die vriendelikheid wat ons altyd daar kry is ook al 'n lafenis op sy eie manier. 
  
Die kennisgewing laat my dink aan Cussons se onvergeetlike en vergeefse gebed om die huis wat tog moet vasstaan, wat wind en weer moet oorleef en 'n vastigheid moet gee teen die ru afbreek van die tyd.

Hulle dink hulle sal maar moet trek, want die ouderdom slaan toe en 'n mens weet nie wat wag nie, sê hy. Daarom verkoop hulle.

Hy is op sy hoë jare die epitomie van gesond-wees. Hy klim nog selfs op die dak om regmaak-werkies te doen. En tog, die toekoms is glibberig. Ons sal mos nie weet wat die môre inhou - dit wat ons nie verwag nie. 

Ons moet wys wees. Reg besluit, Betyds. Tien maagde: vyf vertel ons wat ons behoort te doen.

Geleen, besef ek, is ons jare. Soos sand glip dit deur ons vingers. Dit hou nie stand nie. 

Voor ons weet is die groot Nuwe Tyd daar. Die onverganklike. Terug in God se huis en binne-hart. Uiteindelik.

Maar al die vinnige, dieper gedagtes skuil in ons gemoed. Ons bedink dit, maar praat ander dinge, soos ons daar voor die huis staan en praatjies maak. 

Terwyl ons so gesels, vertel hy, onbesorgd en, soos altyd, 'n kostelike verhaal: Hier in die gemeente was 'n legendariese oom. Hy het nie geleerdheid gehad nie. Maar almal het hom onthou en geniet. 

Soos om te onthou hoe hy op 'n keer in die konsistorie sy eenvoudig, kort gebed gebid het: "Here, gee tog dat die slim mense verstand sal kry." 

Mens kan alles weet en niks begryp nie. 'n Mens kan vinnig leef en innerlik leeg wees. 'n Mens kan orals jaag en nêrens uitkom nie.

Ek weet, op daardie oomblik, ineens wat my gebed vir die nuwe jaar is: verlange na wysheid.

Om in die vrees, die ontsag voor God te mag wees. 

Want daar begin wysheid: naby aan God, in die binne-hart van God, altyd bewus van hoe nodig 'n mens dit het om weg van jouself, by die diepste en eerste bron van alles te mag wees. 

Daar ontdek 'n mens eers werklik wie jy is - 'n bevoorregte: 
  • Iemand wat in die skepping tot die lewe gevorm is.
  • Iemand wat in die Seun tot die lewe hervorm is.
  • Iemand wat ewiglik vir die lewe bedoel is. 
  • Iemand wat daarom, dankbaar, weet - die lewende God wat op die manier so oorvloediglik lewe gee en vra dat mens voluit moet leef, is 'n God van ryk liefde. 

Om elke dag wysheid vir en tot die lewe te mag kry - dit is die verlange vir 2016. 
 


Wednesday, December 16, 2015

Uitgenooi

Kom! Sê Jesus in Matteus 11:28 in een van die mees geliefde tekste in die Nuwe Testament.

Dit is 'n uitnodiging, wat terselfdertyd ook 'n aanmoediging en aansporing is. Dit het amper 'n bevelskarakter. Daar is byna 'n dringendheid in Jesus se woorde.

Jesus se woorde vertel van sy intense kommer oor en afkeer van wat rondom hom in die naam van godsdiens aan die gebeur is. 

Dit is 'n woord wat deurdring is van ontferming, want Jesus praat met mense wat vermoeid en belas is. En nie sommer net so in die algemeen asof dit bloot net om depressiewe toestande gaan nie.

Dit is 'n groot oomblik wat aanbreek: die woorde van Jesus nooi uit om te breek met 'n godsdiens wat 'n mens uitput, leegtap en as 'n las 'n lang skaduwee oor jou lewe laat val.

Die uitnodiging vertel van 'n pad wat in twee verdeel. 'n Mens het 'n keuse: jy kan aangaan in dieselfde rigting, die ou pad. Of jy kan afdraai, in 'n nuwe rigting.

Maar die nuwe rigting, moedig Jesus aan, eindig in rus. Dit is die pad wat uitkom by die waters waar rus is, by die groen, pastorale weivelde - daar waar die skape wei, onversteurd, gevoed, tevrede, versadig.  Daar waar 'n mens in God se onvoorwaardelike, nie-veroordelende liefde leef.

Dit is om te waag. Want deur die eeue heen was dit nog altyd so dat mense wat afgeknou word, 'n patologiese verbintenis met en afhanklikheid het van hulle afknouers.

Die ou pad is die pad van verslawing. Dit vertel juis hoe gevaarlik godsdiens kan weer. Om dit te besef, moet 'n mens Jesus se woorde in konteks lees. Net nadat Jesus hierdie uitnodiging rig, vertel Matteus hoedat sy dissipels op 'n Sondag deur die velde loop en van die koring pluk om hulle honger te stil. Vir die Fariseërs wat, opgeruk, hulle vingers swaai en vir Jesus beskuldig dat sy volgelinge die wet oortree, antwoord hy: dit kan nog erger, né? Dawid was op 'n keer so honger dat hy gewaag het om in die tempel te gaan brood vat (Mt.12:4).

Dan volg Jesus te "toepassing" : Dawid se verhaal wys dat God van mense ontferming verwag (Mt.12:7). 

Maar daar is meer: 'n Ander teks soos Lukas 11:46 kruip diep in die hart in, wanneer 'n mens dit (intertekstueel) met Matteus 11:28 verbind. Kwaai praat Jesus met die wetgeleerdes: hulle "laai ondraaglike laste op mense af." Maar dit hou nie daar op nie. Hulle "verroer geen vinger om die laste te dra nie."

Godsdiensleiers wat mense in die Naam van God belas, staan direk teenoor Jesus wat die laste afhaal.

Godsdiens sonder ontferming, godsdiens wat las in plaas van rus bring, is die teiken van die evangelies en die vyand van 'n verhouding met God.

Dit alles word nog konkreter wanneer ons opgewonde in die motor klim om te gaan uitspan na die lang jaar. Rusplek toe, vredestyd in, naby aan almal vir wie ons lief is. Só wil  godsdiens ook lyk: dit moet vermoeidheid verdryf. Die las wegneem. Opgewonde moet 'n mens daaroor wees. Met nuwe lewe en toewyding moet dit aanspoor.

As 'n mens na die lang jaar kyk, hierdie jaar van 2015, waarin ons die lelikste gesig van godsdiens gesien het, het ons die boodskap van vrede meer as ooit nodig.

Teenoor die terroriste, hulle wat dink hulle gaan die paradys binne as hulle bomme plant, maar ook teenoor die onverdraagsames, die wat veroordeel en verwerp, hulle wat 'n ondraaglike las op ander lê, hulle wat dink God staan goedgunstiglik en knik van tevredenheid wanneer hulle ander verstoot en belas, staan daar die wettelose, vriendelike, bevrydende uitnooi deur die "My" van Matteus 11:28.

Hierdie byna dringende, amper smekende "Kom" is 'n oop uitnodiging van Hom met sy ontfermende, oop hart aan almal wat deur die kerk en deur godsdiens verneder, uitgewerk en van hul menslikheid ontneem word om eerder te gaan soek na waar die rus gevind kan word. 

Δεῦτε, sê die Grieks: hierheen! Neem afskeid, waag om dapper weg te loop van die Vroom Vernietigers, van hulle in die kerk wat in die Naam van God geestelik en liggaamlik doodmaak en bloed vergiet (Lukas 11:49-50). Moenie 'n slagoffer wees van hulle wat jou verniel nie. Breek met hulle. Ook hulle wat in 2015 vroom in die kerk die liefde van God verontagsaam en die Bybel gebruik om ander se menslikheid te ontken (Lukas 11:42).

In die kerstyd herinner die woorde aan dade: want vir Jesus om só te kon uitnooi, moes hy self 'n lang reis aflê: weg van die Vaderhuis. Hy het as te ware die verlore Seun geword, so solidêr met die kwaad, om te kan wys 'n mens kan daarvan wegbreek, vry word, rus vind. Deur maar in God se ontfermende liefde in te woon. 



Friday, October 09, 2015

Dit is my vader. Oor eerbied.

In sy biografie oor Andrew Murray (jr.) wat vier keer tot moderator gekies is, skryf Johannes du Plessis oor 'n insident in die sinode toe Murray vir die eerste keer verkies is. 

Sy hoogbejaarde pa, Andrew Murray (sr.), wat ook een keer moderator was, was nog op die sinode waartydens Murray (jr.) tot moderator verkies is. 

Op 'n stadium het sy pa 'n spreekbeurt gekry. Andrew (jr.) het uit  die moderator-stoel opgestaan toe sy pa begin praat en bly staan totdat sy pa klaar gepraat was. 

Eer jou vader...


Thursday, October 08, 2015

Kontemplatiewe gebed en die sabbat. Oor Barth se mistiek.


Karl Barth het ‘n merkwaardige klem op die Sabbat geplaas. Hy was in elk geval sterk krities oor die flou hantering van die sabbatsgebod in moderne navorsing. Die gebod om te rus op die Sabbat verduidelik al die ander gebooie en is dus uitsonderlik belangrik.



Die sabbat handel oor rus – maar nie rus in die sin van ophou werk of vakansie-hou nie. Dit gaan nie om te herstel van ‘n tyd waarin ‘n mens jou flou gewerk het nie.



‘n Mens word deur God uitgenooi om in die rus in te gaan en om God se rus te deel. Dit is ‘n heilige dag van vreugde, rus en vrede. Dit is dus ‘n geheiligde ruimte wat ‘n mens binnetree en waar ‘n mens waarlik in vrede kan rus.



Dit is vir Barth boeiend dat die eerste ses dae van die skepping volgens syfers benoem word, maar die sabbat kry ‘n spesiale naam. Daarmee word die besondere waarde daarvan verder beklemtoon.



Dit alles beteken dat die Sabbatsrus ‘n geskenk van God is wat die mens nie verdien nie, maar ontvang.



Vir Barth, skryf Cocksworth (sien gister se blog), is die gawe van die sabbatsrus die ontmagtiging van die self. Die mens wat die res van die week onrustig besig is met allerhande haastige dinge, is dus totaal afhanklik van God. Die mens “wag op God.”



Die mens, voeg Barth by, wat wag op God, is die biddende mens. Vir hom is daar ‘n wesenlike band tussen die sabbatsrus en gebed.



Dit is dan ook wat kontemplatiewe gebed is: dit beteken stil-wees, aandagtige stilte, ontmagtiging, oorgawe van die self en oopheid vir wie God is en doen.



Barth skryf, heel opvallend, oor hierdie stil afwagting: as dit mistiek is, is mistiek ‘n onmisbare deel van die Christelike geloof.



Barth beklemtoon dus dat ‘n mens in die kontemplatiewe gebed nie oor God dink of met God besig is nie. ‘n Mens is in die mistieke gebeure nie angstig oor die vraag of ‘n mens die besondere ervaring van God sal deel word nie.



Rus, vrede, word aan die mens gegee – wat ons ook al ervaar. Die mens se rus is in God. God self is die mens se rus. Net God kan ‘n mens rus gee. ‘n Mens bereik nie die rus na intense inspanning nie.



In kontemplatiewe gebed is die mens dus nie die handelende een nie. Dit is God wat handel en vir die mens gee om te ontvang. ‘n Mens word ingenooi om die rus van God te deel. Hierdie rus is, soos die Sabbat, die begin van alle dinge. Alles wat ‘n mens doen en alle menslike pogings, word voorafgegaan deur die Sabbatsrus as die eerste dag van die week.



Alle mense kan dus deel kry aan die rus – nie net daardie paar uitgesoekte mense wat sekere asketiese praktyke navolg nie.



Barth wat die mistiek so fel gekritiseer het met opmerkings wat die mistieke skrywers verdraai of verkeerd verstaan het, is uiteindelik in sy nadenke oor die sabbatsrus niks anders as self ‘n mistikus nie.



Dit is maar net ‘n paar van die interessante gedagtes in Cocksworth se boeiende boek oor Barth en die mistiek.


Wednesday, October 07, 2015

Wanneer 25 mense soveel as 'n land verdien.

Hoe stel 'n mens jouself dit voor? Een persoon wat 15,6 miljard rand in een jaar verdien? En 25 mense wat inkomste genereer in een jaar ongeveer gelyk aan die bruto binnelandse produk van Jamaika?


The world’s 25 best paid hedge fund managers earned a combined $11.62bn last year. Hedge fund pay, however, almost halved from a $21.5bn total in 2013 when surging equity markets helped the industry’s 25 highest earners rake in earnings roughly equivalent to the gross domestic product of Jamaica.

Ken Griffin, the founder of the Chicago-based Citadel hedge fund that recently hired former US Federal Reserve chairman Ben Bernanke as an adviser, came top of the list for 2014, taking home $1.3bn, according to an annual survey conducted by Institutional Investor’s Alpha.

Hier is die volledige berig in die gerespekteerde Financial Times:


http://www.ft.com/intl/cms/s/2/6a0239e2-f32f-11e4-a979-00144feab7de.html?ftcamp=crm/email/201556/nbe/UKMorningHeadlines/product#axzz3ZFnI2n1o

Karl Barth, spiritualiteit en mistiek

Ek lees nou Ashley Cocksworth se boek oor: Karl Barth on prayer. (London: Bloomsbury T&T Clark, 2015). 

Die boek is, onder andere, 'n boeiende bespreking van Barth se houding teenoor die mistiek. 

Cockworth skryf oor hoe Barth kontemplatiewe gebed wat hy met mistiek verbind het, afgeskiet het. 

Hy skryf hieroor binne die raamwerk van Barth se spiritualiteit! 

Hy skryf heel gepas dat mense hieroor verbaas sal wees: "It is not always customary to read Barth as a spiritual writer." Hy is immers die bekende skrywer van die Kirchliche Dogmatik (Kerklike Dogmatiek). 

Die gebrek aan sensitiwiteit vir Barth se spiritualiteit is omdat mense dink dat Barth die oeroue band tussen teologie en gebed losgemaak het. So asof Barth eerder dogmatikus as bidder was, eerder 'n denker oor geloofsinhoude as oor gebed. 

Maar mense wat Barth se werk goed ken, skryf Cocksworth, sal weet dat sy dogmatiese besinning onderneem is binne die voortgaande beoefening van gebed. Barth skryf self: "Dit is noodsaaklik om te besef dat die wese van die teologie te vind is in die liturgiese handeling van aanbidding, danksegging en voorbidding."  

Vir Barth is die ou gesegde, lex orandi, lex credendi, (die wet van gebed is die wet van geloof) een van die diepsinnigste beskrywings van die teologiese metode. 

Barth skryf op die eerste bladsye van sy dogmatiek: gebed is die houding waarsonder geen dogmatiek moontlik is nie. Niemand kan God ken sonder gebed nie. Cocksworth anker die opmerking in Barth se lewenseinde: hy het nadat hy sy lesing vir die volgende dag voorberei het, sy aangebed gedoen en, nog met gevoude hande, gesterf. 

Daarna gee hy 'n lang bespreking oor hoe belangrik gebed in Barth se werke is. Die bespreking is deur en deur die moeite werd om te lees. En, later, vertel hy hoe Barth, ten spyte van sy harde kritiek teen kontemplatiewe gebed van die mistici, self oor gebed skryf op 'n manier wat niks anders as kontemplatiewe gebed is nie. 


Thursday, October 01, 2015

Mistiek en spiritualiteit

Spiritualiteit en mistiek is twee woorde wat op baie maniere verstaan word. 

Spiritualiteit gaan, in Sandra Schneiders se oë, om geleefde geloof. Dit is geloof wat beleef word: nie maar net op 'n emosionele vlak nie (hoewel dit nie uitgesluit is nie), maar in die werklikheid van mense se bestaan. 

Spiritualiteit gaan dus om die lewenskuns: die "kuns" om sinvol te leef. 

Daarom het spiritualiteit 'n praktiese karakter. Dit kyk in 'n sekere sin na die mens se geestelike lewe vanuit 'n menslike hoek, na die ervaringskant, die kant van die praktyk. Dit gaan om die vergestalting van sin in die wereld van ons bestaan.  

Spiritualiteit wys sy betekenis byvoorbeeld in die geestelike oefeninge wat mense doen om dieper in geloof te groei en om geestelik volwasser te word: sulke mense dink na oor gebed, lees graag daaroor, maar soek veral ook aktief 'n lewe van gebed. Verder soek 'n geestelike mens die geestelike oefening van onderskeiding: hoe onderskei, herken en hoe volg jy God se wil vir jou daaglikse lewenspraktyk? 'n Mens kies nie sommer om dinge te doen nie, maar om op 'n deurdagte, biddende, kontemplerende manier sinvolle keuse's te maak. Spiritualiteit vind 'n mens ook byvoorbeeld in die praktyk van mense om 'n tyd van rus in hul besige program in te bou waarin hulle die roetine verbreek. Daarmee pas hulle op 'n geestelike manier die Sabbatsbeginsel in die bybel prakties in hul eie geloofslewe toe.  

Op baie ander praktiese, konkrete maniere kom spiritualiteit na vore. 

Mistiek, aan die ander kant, word dikwels gesê, is die hart van spiritualiteit. 

Vir my het die mistiek op die bewuswording van God se teenwoordigheid in die menslike lewe gewys. Dit gaan dus in die mistiek in 'n gefokusde manier om die intieme band met en ingryping van God. 

Blommestijn, lees ek vandag, fokus die mistiek op die dinamiese proses waarin God die mens omvorm. Die mistiek praat oor hoe God hierdie omvormingsproses bewerk. Dit dink na oor spiritualiteit vanuit die perspektief van God en die goddelike ingryping. 

Mistici skryf oor hierdie omvormende proses en vertel van God se werking in hul eie lewe. Maar, skryf Blommestijn, hulle ondersteun ook ander mense om God se werking in hul lewens te herken en te soek. 

Dit is 'n poging om mistiek en spiritualiteit van mekaar te onderskei. 

Die grens tussen die twee is nie rigied nie. En 'n onderskeiding kan maar net voorlopige en vloeiend wees. 

Mistiek, lyk my, is inderdaad die fokuspunt van spiritualiteit: 'n mens sou kon sê dat spiritualiteit sonder mistiek leeg is en mistiek sonder spiritualiteit onvoltooid is. 

Dit is  nogal 'n kwessie om mistiek op die manier uit te lê: want die mistiek is die omgang met die Verborgene. Dit vertel van die onhanteerbare, die onherkenbare, die ontasbare dimensies van ons bestaan. Dit gaan, inderdaad, om God. 

Die mistiek roep daarom by ons ontsetting op. Daar is in ons lewe die numineuse. Ons is iewers die nietige, die ongerekende wat, oorweldig en selfs huiwerig  in die lig van die groot Onkenbare staan. 

'n Paulus, platgeslaan, op die Damaskuspad se grond.

En tog is die mistiek by uitstek die aantreklike: dat ons die Lewe ontvang en deel, kan beleef en deurleef - dit is tog ook onvoorstelbaar mooi. 

Die lied van die liefde van die einste Paulus in 1 Korinte: daar is die spieël, die raaisel. Maar daar is ook die belydenis - niks is groter as die liefdeslig waarin ons ingetrek word. 

Sunday, September 27, 2015

Gevloek

Die bekende rocker praat in 'n onderhoud oor sy ouers en die gelowige huis waarin hy grootgeword het.

As hy in hulle omgewing is, vertel hy skalks, tel hy sy woorde. Hy gebruik darem nie die taal wat hy gewoonweg voor sy gehore kwytraak nie.

Ek bly geboei besig met gedagtes oor sy opmerking. Dit vertel tog meer van 'n dieper geestelike kant.

Dit wys op 'n deug waaroor 'n mens nogal lank kan nadink: dat 'n mens in die teenwoordigheid van mense vir wie jy lief is en vir wie jy omgee, taal gebruik wat hulle nie oneer sal aandoen nie. Taal wat hulle eer vir wie hulle is: jou ouers, mense wat in al hulle feilbaarheid, tog na jou omsien. 

Jy wil hulle nie seermaak deur iets te doen wat hulle nie van jou verwag nie. 

Dit is 'n sensitiwiteit vir wie hulle is. 

***

Jou gebruik van taal wys wat dink jy van die mense om jou.

Baie mense wat ongemaklik is oor 'n minister se kru taal oor wat die Springbokke met hul teenstanders moet doen, sal dink: is dit hoe hy oor ander mense dink en voel: 'n gemeenskap met die moer hulle-mentaliteit?

Ja, antwoord die vloekers: ons praat maar soos mense eintlik regtig praat. Dit wys maar net die werklikheid. 

Taalteorie vertel anders. Taal reflekteer nie werklikheid nie. Dit skep werklikhede. Taal vorm 'n gemeenskap. So kru as wat ons bly praat, so kru sal die samelewing bly.

Is dit werklik wat ons van ander dink: dat hulle onherroeplik oorgegee is aan 'n moer-hulle lot? 

Die rocker wat op die verhoog sy vloeke oor sy gehoor uitstort?





 


Saturday, September 26, 2015

Eie boesem

Gereeld word Afrika uitgesonder as 'n nes van korrupsie. Vingers wys meerderwaardig na die "onontwikkeldes" se slegte etiek. 

Maar dinge lyk nie so mooi aan die anderkant van die draad, by die ontwikkeldes, nie. 

Die finansiële sektor in eerste wêreldlande het van die grootste korrupsie-skandale ooit opgelewer en het die wêreldekonomie 'n knou gegee waarvan dit nog nie herstel het nie.

Gierigheid en self-verryking is lank nie net die kenmerk van die ekonomiese en finansiële sektore nie. Fifa en die Tour de France is voorbeelde van korrupsie in die sportwêreld. 

Nog lank is dit nie die einde nie. Nou is daar die Volkswagen-skandaal. 

Die belangrikste reaksie op die onthulling van die skandaal was dat dit die goeie naam van die Duitse maatskappy beklad het. 

Dit is lank nie genoeg om net daaroor te praat nie. 

Skandale het nie altyd enkelvoudige gevolge nie. 

Beleggingskandale het op groot skaal pensioenarisse verarm en beleggers se swaarverdiende beleggings vir hul aftrede tot niet gemaak. Menigte lewens is daardeur benadeel of selfs vernietig. 

Ook Volkswagen se skandaal het sy onvoorstelbare, donker kant wat veel meer omvat as die maatskappy se goeie naam.

Die skandaal vertel van 'n gewetenlose, berekende optrede wat meer as net baie mense se beursies raak. Miljoene mense wat nie Volkswagens besit nie, is deur die korrupte daad direk geraak. 

Deur die motors te bekook, is veroorsaak dat hulle tot 40 keer meer gevaarlike gasse in die omgewing vrygestel het. 

Onder die gas is die giftige natrium oksiede. Hier is 'n uittreksel van watter skade natrium oksiede aan mense se gesondheid doen: 


How can nitrogen oxides affect my health?Exposure to high industrial levels of nitric oxide and nitrogen dioxide can cause death. It can cause collapse, rapid burning and swelling of tissues in the throat and upper respiratory tract, difficult breathing, throat spasms, and fluid build-up in the lungs. It can interfere with the blood's ability to carry oxygen through the body, causing headache, fatigue, dizziness, and a blue color to the skin and lips.
Industrial exposure to nitrogen dioxide may cause genetic mutations, damage a developing fetus, and decrease fertility in women. Repeated exposure to high levels of nitrogen dioxide may lead to permanent lung damage. Industrial exposure to nitric oxide can cause unconsciousness, vomiting, mental confusion, and damage to the teeth. Industrial skin or eye contact with high concentrations of nitrogen oxide gases or nitrogen dioxide liquid can cause serious burns.
Long-term exposure to nitrogen oxides in smog can trigger serious respiratory problems, including damage to lung tissue and reduction in lung function. Exposure to low levels of nitrogen oxides in smog can irritate the eyes, nose, throat, and lungs. It can cause coughing, shortness of breath, fatigue, and nausea. 
If you think you have been exposed to nitrogen oxides, contact your health care professional. 

En, dit is nie net die maatskappy wat gekook het nie. Vandag word boonop bekendgemaakt dat die magtige dieselgroepe miljoen dollars betaal het aan mense om druk uit te oefen op beleidsmakers om die vereistes oor vrylating van gasse nie streng toe te pas nie. Hulle het selfs vir Merkel van Duitsland sover gekry om vir hulle saak op te kom. Groot getalle van mense en belangrike beleidsmakers het 'n aandeel aan die vergiftiging van ons omgewing en die benadeling van mense se gesondheid. 

Die korrupte, berekende gewetenloosheid gebeur nie in Afrika nie. 

Dit gebeur in die eerste wêreld. 

In die jaar en in die week het die kerk sy stem laat hoor: die pous het 'n dapper verklaring oor omgewingbesoedeling uitgebring. En in Amerika, vreesloos in die teenwoordigheid van die groot kapitaal, sy besorgdheid daaroor bekend gemaak. 

Sy boodskap is een wat ook by ons in elke gemeente gehoor moet word.  


Wednesday, July 29, 2015

Passie vir ander

Hier is 'n gedeelte van 'n boeiende bespreking oor Vincent van Gogh se geloof wat vanoggend in Trouw verskyn het.
Hier is 'n skakel na die artikel: 
Van de 'De aardappeleters' tot en met 'Zonnebloemen', wie goed kijkt haalt er zo Van Goghs godsdienstige gedrevenheid uit. 'Van Gogh brak niet met het christelijk geloof, zoals vaak wordt beweerd.'
  •  
    Van Gogh beleeft God in het optrekken met de allerarmsten. Tegelijkertijd ziet hij als schilder de schoonheid van de blauwe kielen die de boeren dragen
We weten veel van Vincent van Gogh. De geboren Brabander was zo arm als een kerkrat, liep in de liefde alleen maar blauwtjes, kampte met depressies en sneed een deel van zijn linkeroor af. Dat de wereldvermaarde schilder toen hij 27 jaar was het penseel oppakte na gesjeesd te zijn als prediker en evangelist, is bij het grote publiek minder bekend. En dat hij via zijn schilderijen zijn geloof tot uitdrukking bracht ook.

In dit speciale jaar - komende woensdag, 29 juli, is het 125 jaar geleden dat Van Gogh stierf - geeft docent kunstbeschouwing Everdien Hoek (62) menig kunstliefhebber dan ook een nieuwe kijk op Van Goghs meer dan achthonderd schilderijen. Want van 'De aardappeleters' tot aan 'Zonnebloemen', de schilder geeft, zo stelt ze, met zijn doeken gestalte aan zijn variant van het christelijk geloof. Hoek: "In ieder schilderij zie je zijn godsbesef terug. Dat had voor Vincent overigens niets te maken met theologie, maar met liefde voor zijn naasten."

De kunsthistorica die een hbo-opleiding theologie volgde, verkent het raakvlak tussen kunst en spiritualiteit. Op dit vlak valt er genoeg te ontdekken bij Van Gogh. Mijnwerkers, boeren, prostituees - Van Gogh schildert het dagelijkse, harde leven van de medemens. "Hij beleeft God in het optrekken met de allerarmsten. Tegelijkertijd ziet hij als schilder de schoonheid van de blauwe kielen die de boeren dragen, want die vale en afgesleten kleuren staan zo goed bij de achtergrond van het rijpe koren."

Sien Hoornik
Ook privé omringt Van Gogh zich met de minstbedeelden, zich niets aantrekkend van de geldende moraal. In Den Haag neemt hij zijn model Sien Hoornik, een zwangere ongetrouwde prostituee, in zijn huis op. 'Ik zie wel dat ze niet mooi is, maar het leven is d'r over heen gegaan', schrijft Van Gogh in een van zijn vele brieven. Hoek: "Voor Van Gogh is een vrouw als Sien aantrekkelijk, en hij wil haar redden."

Eerder maakte de ver doorgevoerde medemenselijkheid van de domineeszoon een einde aan herhaaldelijke pogingen in de voetsporen van zijn vader te treden. Van Goghs kerkelijke loopbaan strandt in de Borinage, de straatarme mijnstreek in het zuiden van België, waar hij als lekenpredikant werkt. De 'Christus van de kolenmijn', zoals hij wordt genoemd, slaapt net als de armetierige mijnwerkers op de vloer en deelt zijn schaarse voedsel met hen. Het maakt geen indruk op de ondergrondse delvers. Ze vinden hem maar een zonderling. Ook de kerkelijke instanties zijn niet blij met Van Goghs buitensporige betrokkenheid en ontslaan hem.

Monday, July 06, 2015

Gedink Nkandla is 'n skande?

Dit was vir my 'n ervaring om op die televisie-skerm een van my knap oud studente te bekyk toe hy, as voorsittende biskop van die Metodiste kerk van Suid-Afrika oor Nkandla gepraat het.

Sipho, net soos ek hom destyds leer ken het as die besadigde, stil, maar sterk studenteleier, praat op sy kenmerkende manier oor die etiese aspekte van hierdie skandaal:  om te dink, sê hy vir die onderhoudvoerder oor die televisie, wat daardie geld wat op soveel luukses spandeer is, vir die menigte armes in ons land kon doen.

'n Eenvoudige opmerking. Maar as leier van 'n kerk in 'n gemeenskap waarin een uit elke twee mense daagliks honger kan gaan slaap, weet hy hoeveel mense in ons land in oewerlose armoede vasgevang is. 

Sipho gaan nie gewildheid wen met hierdie openbare kritiek nie.  Ek sien egter by hom raak wat elke prediker soek: 'n argeloosheid oor wat ander dink as dit kom by die uitspreek van 'n profetiese woord.

Dit is soos die kerk moet dink: soberheid pas by politieke leiers. Hulle dien die gemeenskap en is nie ryk base wat moet afwys en in luuksheid moet verval nie. Die politiek moet as eerste prioriteit die welsyn van alle mense jaag. Persoonlike verryking is 'n aartskande in 'n land waar mense nog sterf van honger.

En dit is soos die kerk moet kan praat. Dapper. 

Ek is trots op Sipho. 

En ek wonder waar al die ander godsdienstige leiers is wat in een groot koor die skandelike vermorsing van skaars staatsgeld behoort te veroordeel.

Die groot verloorder in die saak is die politiek self. Die politieke lewe bestaan immers onder 'n swaar, swart wolk. Dit is 'n bedryf wat al hoe meer met korrupsie of met self-verryking vereenselwig word. 

Mense buite die politiek smag na eerlike leiers wat die beste belange van alle mense in ons land moet bevorder. Hulle verloor toenemend vertroue in die politiek omdat dit so gekontamineer word.

Soms loop dinge beter:  Die Hollandse idee van politiek is 'n punt ter illustrasie: in ons stamland werk  'n veelparty demokrasie goed. Deur moeilike onderhandelinge en wedersydse afsprake tussen 'n menigte partye wat bepaalde belange in die samelewing behartig, word uiteindelik gekom tot besluite wat tot voordeel van die gemeenskap is.  

Die slegte petalje's in ons parlement waar mense nie kans kry om hul sê te sê nie of deur meerderheidsbesluite tot swye gemaak word, is rare verskynsels in die kamers van die Nederlandse parlement.

En daar sien jy nog ministers wat met die fiets werk toe ry.

Maar nie alles loop so in die politiek nie. Internasionaal is daar onder nie-politici 'n wanhopigheid oor wat in die politieke bedryf aangaan. 

Daaraan dink ek toe ek vanoggend lees aan die FT se berig oor die Maleisiese premier. Hy is die politieke leier van die land as lid van 'n party wat nou al dekade's lank die politieke mag in die land het.

Daar word nou ondersoek gedoen na gerugte dat R8400 miljoen (agtduisend vierhonderd miljoen Rand!) in sy persoonlike rekening uit die staat se ontwikkelingsfonds inbetaal is. Hierdie ontwikkelingsfonds, wat deur die premier opgerig is, het bande met internasionale maatskappye.

R8400 miljoen. 

Hier is die berig :

http://www.ft.com/intl/cms/s/0/4dc0e70a-22f6-11e5-9c4e-a775d2b173ca.html?ftcamp=crm/email/201576/nbe/UKMorningHeadlines/product#axzz3f5siYQer

Daar is min geleenthede om tot diens van 'n gemeenskap te wees soos in die politiek. Dit is 'n onmeetlike voorreg om deur jou werk ander se lewens op te hef en te verryk. Daarom is 'n mens dankbaar vir elke persoon in die politieke arena wat met integriteit werk. Daar is nog sulke mense in ons land en elders in die wêreld. Juis ter wille van hulle is die profetiese woord van die kerk oor korrupsie nodig.


En laat niemand te gou vinger wys nie. Gierigheid vernietig die politiek, maar ook die geldwêreld. Om nie van die kerk te vergeet nie.  Dis nie verniet dat in die Bybel van alle tekste die wysheid aan gelowiges gerig is dat gierigheid die wortel van die kwaad is.



Friday, June 26, 2015

Kla ons?



In Engeland, skryf die FT vanoggend, loop gemoedere hoog oor die swak diens wat hulle kry van die Britse Inkomstediens.

Op 'n stadium is een derde van telefoon-oproepe nie beantwoord nie. En mense het tot 40 minute gewag voordat iemand geantwoord.

Mense moet tot 10 weke wag om antwoord op briewe te kry. 

Swak dienslewering, het ek lankal besef, is nie plek- of tydgebonde nie.



Wednesday, June 24, 2015

Uitnooi na die paradys van die liefde.

In vandag se NYT is daar 'n berig oor die moord op kerkgangers in Charleston deur 'n rassistiese jong man wat 'n rasse-oorlog in Amerika wou ontketen.

Die familie van die slagoffers het een na die ander tydens die jongman se verhoor vir hom gesê dat hulle hom vergewe.

Dit het aandag oor die wêreld getrek en die media het uitvoerig daaroor geskryf.

Die berig van vanoggend vertel van die skryfster se onwilligheid om die man te vergewe.

Sy skryf oor hoe die gemeenskap keer op keer van minderhede verwag om te vergewe. Dan maak sy 'n lys van die onreg wat sulke minderhede soos Afro-Amerikaners in Amerika veronderstel is om te vergewe. Hier is die lys: 

Black people forgive because we need to survive. We have to forgive time and time again while racism or white silence in the face of racism continues to thrive. We have had to forgive slavery, segregation, Jim Crow laws, lynching, inequity in every realm, mass incarceration, voter disenfranchisement, inadequate representation in popular culture, microaggressions and more. We forgive and forgive and forgive and those who trespass against us continue to trespass against us.

What white people are really asking for when they demand forgiveness from a traumatized community is absolution. They want absolution from the racism that infects us all even though forgiveness cannot reconcile America’s racist sins. They want absolution from their silence in the face of all manner of racism, great and small. They want to believe it is possible to heal from such profound and malingering trauma because to face the openness of the wounds racism has created in our society is too much. I, for one, am done forgiving.

Dit is aangrypende materiaal wat 'n mens laat nadink oor die wyse waarop mense hulle omgewing in moderne, demokratiese en verligte Amerika beleef.

Dit kos nie veel om te voel hoe naby die berig aan ons eie situasie is nie. Daar is baie woede wat kook in ons land dekade's na die einde van amptelike rasse-diskriminasie.

Ek lees dus die berig met aandag, terwyl ek vir myself sê: ek verstaan haar woede.

En tog, terwyl ek lees, wonder ek gedurig of ek kan saamstem. Wat dan van Mandela wat 27 jaar se eiland-haat boonop beleef het?

Of: sê sy dat 'n mens eers vergifnis moet verdien voordat jy dit kan ontvang?

En: ek wonder of haar Katolieke agtergrond haar berig bepaal. In die Roomse tradisie, skryf sy immers, moet 'n mens eers gaan bely en onderneem om te verander voordat jy absolusie kan kry. Verdien dit, dus.

Of: hoe ondenkbaar dat Christus in sy gelykenis daardie skelm, korrupte belastinggaarder, die tollenaar, kon vergewe omdat hy bely het? Sonder voorwaardes!

Ek besef weer hoe nodig dit is om oor vergifnis na te dink. 

En ek voel die behoefte om dit in gesprek met ander te bedink. Daarom lees ek die reaksies van mense op hierdie koerant-artikel met groot aandag. Die berig het die interessantste kommentaar wat 'n mens kan bedink. Dit is altyd 'n ervaring om die wysheid van mense te herken. Mense wat so geraak is deur die berig dat hulle daaroor nadink en dan kommentaar daaroor skryf.

Hier is die kommentaar wat my die meeste opgeval het:

Carolyn van Saint Augustine, Fla. merk op teenoor die vrou wat die berig geskryf het:

I don't forgive you either, by empowering a deranged young man and making him a symbol of white betrayal. I don't forgive you either for ignoring the hundreds of thousands of white men and women that fought hard and died to do the right thing by their black brothers and sisters with descendants that continue to speak out and overcome it through word, deed and legislation. You want racism? Apparently so, so I don't forgive you either. And I have news for you. I don't need your absolution. And neither do all those who have done all they can - the majority - to fight for equality in this country.



Ek dink diep oor hierdie stuk kommentaar: ons word soms so diep ingetrek in 'n saak dat ons die groter prentjie miskyk. Ons is so ontsteld oor die swart slagoffers en hul onmeetlike verlies dat ons nie raaksien hoeveel miljoene mense oor die wêreld heen deur die verskriklike daad van 'n misdadige hater ontstel is, daaronder ly, meewerk om dit te veroordeel en beter dinge vir ons wêreld begeer nie.
 
Daardie hatige jongman wat 'n rasse-oorlog wou begin, het net die teenoorgestelde reggekry. Hy het 'n menigte mense bymekaar gebring wat met passie gesê het dat hulle nie wil haat nie, dat hulle die menslikheid van almal eerbiedig, dat hulle skeiding tussen mense op grond van kleur verwerp.

Gemengde gevoelens, dus, wanneer 'n mens nadink oor die onmenslike daad van 'n man wat in 'n kerk instap en 9 mense afmaai omdat hy in waansinnige eiewaan leef en die gesprekke wat uit so 'n daad gebore word.

En tog bly ek wonder: terwyl ek kan verstaan dat Gay nie kan vergewe nie - haar eeuelange blootstelling aan vooroordele en diskriminasie praat nog te hard - moet ek erken: ek verstaan moeiliker dat elkeen van daardie familie-lede so spontaan en so onmiddellik, sonder dat hulle aangesê is deur 'n predikant of teoloog, en met soveel passie kon vergewe. Hoe gebeur dit dat 'n mens in die aangesig van jou onmeetlike pyn oor die verskriklike verlies van mense dierbaar aan jou, in die openbaar as eerste verklaring vir die moordenaar wil sê jy vergewe hom? Waarom is dit vir jou so belangrik om aan hóm te dink, om vir hom absolusie te gee, ongevraagd, onverdiend - en dit vir so 'n lasterlike en demoniese daad? Is dit regtig, soos baie dink, om ter wille van jouself vry te wees van haat? Om hom nie toe te laat om jou lewe te vernietig nie?

Of, is dit, in die woorde van een familielid: om hom binne te nooi in die paradys van liefde? Om vanonder die kruis van jou lyding, nog te bid vir die wat jou belas?

http://www.nytimes.com/2015/06/24/opinion/why-i-cant-forgive-dylann-roof.html?emc=edit_th_20150624&nl=todaysheadlines&nlid=55992893&_r=0

Tuesday, April 07, 2015

Nie weer nie...

Ons woorde in tye van ander se trauma kom nie maklik nie - ten minste vir mense wat weet hoe sulke leë woorde meer skade doen as die trauma self.

Ons vermy die goedkoop opmerkings: Eendag sal jy verstaan... God weet wat vir jou goed is... Dit is God se wil... God kom haal hulle wat God die liefste het....

Hoe waar hierdie woorde ook mag wees, is dit woorde wat nie aan mense in trauma gesê word nie. Sulke woorde kom van hulle kant af  - vrywillig, en daar waar dit 'n egte geloofservaring is.

Ons hoor ook die ander woord wat mense in lyding toegevoeg word: moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Vergewe.

Soms kan so 'n woord sinvol wees. 

Maar altyd weer, dink ek, is daar plek vir een soort woord: die aandrang daarop om anders te wees, om byvoorbeeld nie as roekeloses ander se lewens te vernietig nie.  Of as kwaadstigters onmin aan te blaas nie.

Meer nog: om altyd weer volledig menslik op te tree - in volle bewussyn dat 'n mens elke oomblik van jou lewe die vermoë het om ander vrede te laat ervaar, liefde te laat voel, moed te laat kry.





Thursday, January 01, 2015

Inspirasie met die aanbreek van die nuwe jaar: oor Jakoenin.

Hulle is skaars - hierdie helde wat niks het aan mag nie. En wat nie skroom om dit aan te vat nie.

Jakoenin se dapper verhaal is werd om aan die begin van die jaar gelees te word (soos dit vandag in Trouw verskyn).

Diktature kom en gaan. Hulle megalomanie sal die toets van die waarheid niet oorleef nie. Maar die getuienis van die dapper mense wat diktature terugdryf, klink deur die eeue helder in onmiskenbaar.

Hier is die verhaal:

2014 was het jaar waarin Nederland op hardhandige wijze ondervond wat de gevolgen zijn van de agressieve koers van Vladimir Poetin. Hoe Rusland onder zijn leiding en met hulp van de Russisch-orthodoxe kerk verandert, wordt duidelijk uit het levensverhaal van één man.
Dat 2014 geen gemakkelijk jaar zou zijn voor de relatie tussen Europa en Rusland was van meet af aan duidelijk, maar wie had verwacht dat het zo treurig zou worden? De oorlog in het oosten van Oekraïne kostte al ongeveer 4000 mensen het leven, de 298 passagiers van de MH17 niet inbegrepen, onder wie 196 Nederlanders. Ineens kwam de strijd om Loegansk, Donetsk en Slavjansk heel dichtbij.

Maar de strijd die daarachter schuilgaat, de strijd om het karakter van de Russische staat, is schimmiger, speelt zich af in de coulissen van het Kremlin, en soms in de rechtszaal, als weer een opponent van Vladimir Poetin als misdadiger wordt aangepakt.

Halfwassen dictatuur
De historische terugtocht van Rusland, van een halfwassen democratie naar een halfwassen dictatuur, verloopt geleidelijk. Een toeschouwer kan daarvan niet permanent ondersteboven zijn. Totdat je plotseling weer stuit op de geschiedenis van één man of vrouw, een levensverhaal waarin alles wordt samengevat. Zoals het verhaal van Gleb Jakoenin.

Jakoenin was tachtig jaar oud toen hij afgelopen donderdag, Eerste Kerstdag, in Moskou stierf. Zijn necrologie is één aanklacht tegen het gecorrumpeerde politieke systeem van Rusland en tegen de Russisch-orthodoxe kerk die dat systeem schraagt door er een nationaal-­messiaanse glans aan te verlenen.

Let wel: Jakoenin was zelf priester in deze kerk. Zijn verhaal is daarom ook dat van de dwarse eenling, die het geloof - in God, in democratie, in mensenrechten - blijft verdedigen tegen de gevestigde machten van staat en kerk. Rusland is ook het land van dergelijke eenlingen.
  • © ap.
    Gleb Jakoenin, afgelopen juli gefotografeerd tijdens een tuinfeest van de Amerikaanse ambassade in Moskou. Hij overleed op 25 december in de Russische hoofdstad.
Confrontatie
Jakoenin werd priester in de jaren zestig, een periode die werd ingeluid door de voorspelling van partijleider Chroetsjov dat het niet lang meer zou duren voor de laatste priester uitgezwaaid kon worden. In plaats van zich rustig te houden, zoals velen deden, koos Jakoenin voor de confrontatie.

In 1965 publiceerde hij met een collega een open brief om te protesteren tegen de vervolging van gelovigen, van welke soort dan ook. De twee priesters beschuldigden bovendien hun eigen kerk van medeplichtigheid. Ze werden prompt uit hun ambt gezet.

Jakoenin, vader van drie kinderen, ontwikkelde zich tot een prominente mensenrechten-activist, en werd in 1979 wegens 'anti-Sovjet activiteiten' veroordeeld tot vijf jaar gevangenisstraf en werkkamp, gevolgd door verbanning naar Jakoetsk.

Dankzij de hervormingen van Michail Gorbatsjov kwam hij in 1987 vrij, en werd ook als priester in ere hersteld. Van 1990 tot 1995 was hij lid van het parlement, hetgeen hem toegang verschafte tot geheime documenten, onder meer over de diensten die hoge kerkleiders hadden verleend aan de inlichtingendienst KGB. Jakoenin publiceerde die documenten.

Geëxcommuniceerd
Het leidde ertoe dat hij in 1993 alweer priester-af was en in 1997 zelfs werd geëxcommuniceerd. De kerk van patriarch Kirill, die het regime van Poetin 'een wonder van God' noemt, kon hem niet langer verdragen. Jakoenin ging kerkelijk 'ondergronds' en koos op het politieke front voor de protestbeweging tegen Poetin.
  • © ap.
    De Russische punkband Pussy Riot tijdens hun optreden in de Christus de Verlosser-kathedraal in Moskou op 21 februari 2012.
In 2012 omarmde hij nog de actie van de vrouwen van Pussy Riot in de Christus de Verlosser-­kathedraal in Moskou; zij keerden zich precies tegen het bolwerk van 'God en vaderland' dat Jakoenin zag als een onheilige alliantie.

De Russisch-Amerikaanse publiciste Cathy Young - geboren in Moskou als Ekaterina Jung - vergelijkt Jakoenin met die andere dwarse eenling: Nobelprijswinnaar Andrej Sacharov. Sacharov overleed deze maand een kwart eeuw geleden, en daarin schuilt 'bittere symboliek', schreef Young deze week. "Toen verloren we een steunpilaar van het seculiere liberalisme, nu een van de belangrijkste stemmen van het religieuze liberalisme."

En daar eindigt de bitterheid niet. Het Sacharov-centrum in Moskou, dat vooral lezingen organiseert, is door de overheid aangemerkt als 'buitenlandse agent', vanwege financiële steun uit andere landen. Nee, het Rusland van nu is niet de Sovjet-Unie uit de dagen van Sacharov. Maar het begint er weer verdacht veel op te lijken.

Blog Archive