Saturday, June 18, 2011

Rus in God.

Thomas a Kempis se vierde boek in sy Navolging van Christus word Boek van die Innerlike Vertroosting genoem. Dit is 'n merkwaardige boek, vol passie en vol ongeduldige verlange om by God te kan wees. 

Dit is deurspek met intieme taal wat vertel van die mens wat weet van die rus wat 'n mens net in God kan vind en wat vanuit hierdie rus smag na meer en meer. 

Alles fokus op God.

Hoofstuk 21 se titel lui: "Dat 'n mens bo alle goed en gawes in God moet rus vind.

Hier is die gebed:

Gee, dierbare en geliefde Jesus, dat ek in U rus sal vind –
   bo alles wat geskape is.
   bo alle geluk en skoonheid,
   bo alle roem en eer,
   bo alle mag en waardigheid,
   bo alle kennis en vermoĆ«,
   bo alle rykdom en besittings,
   bo alle sagtheid en vertroosting,
   bo alle hoop en beloftes,
   bo alle verdienste en verlange,
   bo alle gawes en geskenke wat U my kan gee en oor my kan uitstort,
   bo alle vreugde en verrukking wat die gees kan ervaar en voel – kortom, 
   bo engel en aartsengele en 
   bo die hele heerskare van die hemel,
   bo al die sigbare en onsigbare dinge,
   en bo alles wat nie Uself, my God is nie.

Want U, Here my God, is bo alles die voortreflikste,
   U alleen is die hoogste,
   U alleen die magtigste,
   U alleen die genoegsaamste en volmaakte,
   U alleen die lieflikste en troosrykste,
   U alleen die skoonste en beminlikste,
   U alleen die edelste en roemrykste bo alles,
   In Wie alle dinge gelyk en volmaak is, was en sal wees.

Daarom is alles wat U my gee behalwe Uself of wat U oor Uself openbaar of beloof,  swak en onvoldoende
as ek U nie gesien of vir my volkome toegeƫien het nie.

Want my hart kan geen egte rus nog volkome voldoening vind
as dit nie in U rus en bo alle gawes, ja bo die hele skepping uitstyg nie.

O my liefste bruidegom, Jesus Christus, suiwerste minnaar,
heerser oor heel die skepping,
wie gee my vlerke om na U op te vlieg en in U te rus?

O wanneer sal dit my ten volle gegee word om vry te wees
en te sien hoe lieflik U is, Here my God?

Wanneer sal ek ten volle in U opgeneem word,
sodat ek deur u liefde nie meer van myself bewus sal wees nie,
maar net van U, ver bo alle gevoel en maat,
op ‘n manier wat nie bekend is aan alle mense nie?

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive