Monday, June 13, 2011

Van die duiwel. Om vry te wees van oorlog. Fliekpiek.





Harrison Ford en Brad Pitt se fliek, The Devil's Own (1997) wys tans op DSTV. Dit was ‘n omstrede fliek omdat Pitt later ontevrede was met die regie. Die menings loop ook sterk uiteen oor die meriete van die fliek.

Dit is vir my ‘n aangrypende fliek. Dit gaan wel oor die stryd in Ierland, maar die fliek het ‘n universele appel.

Brad Pitt speel die rol van Frankie, ‘n seun wie se pa voor hom vermoor is toe hy 8 jaar oud was en wat toe by die I.R.L. aansluit om wraak te neem op die moordenaars van sy pa. Hy gaan smokkel wapens uit New York om die stryd voort te sit. Daar bly hy by Tom (Ford), ‘n polisieman wat ‘n sterk sin vir moraliteit het. Tom ontdek tot sy skok dat Frankie nie so onskuldig is soos wat hy gedink het nie. In tonele waarin Brad Pitt weer wys watter goeie akteur hy is, praat Frankie só verbitterd oor die trauma van sy verlede dat Tom simpatie vir hom kry. Sal Frankie dus wegkom met sy plan om die oorlog voort te sit en die dood van sy pa te wreek.

Aan die einde, seëvier Tom se moraliteitsbesef in die dramatiese, aangrypende slottoneel.

Maar die verloorder in die fliek is oorlog. En dit word die aangrypendste oorgedra deur die slotlied wat Etheridge sing as die fliek eindig. Dit is ‘n afskeidslied vir die Ierse kryger, stil, subtiel oorgedra.


Hier is die lied:


Hier is die woorde:  



Take off my shield
Carry my sword
I won't need it anymore
Find me a sky
Give me my wings
Frozen and broken but free
The War Is Over

Tell them I'm all right
I'm coming home
Tell them I'm all right
I am alone
This war is over
I'm coming home

Take off my shame
Bury it low
I won't need it anymore
Find me the sun
Give me it whole
Melt all the chains in my soul

Tell them I'm all right
I'm coming home
Tell them I'm all right
I am alone
This war is over
I'm coming home

Take off my pain
Carry me slow
I won't fight here anymore
Tell them I'm all right
I'm coming home
Tell them I'm all right
I am alone
This war is over
I'm coming home

Oorlog is om nie tuis te wees nie. Dit is om pyn te ervaar. Dit is waar daar nie lig is nie. Dit is om nie wel te wees nie. Dit is om in kettings te wees. Dit is om in skande te verval.

Die einde van oorlog is wanneer al die kettings om jou siel wegsmelt en jy huis toe gaan. Lig, stadig, met vlerke, vlieg ‘n mens die lug in, na Vryheid.


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive