Saturday, November 10, 2007

Mistiek 6

Passiwiteit en onmiddellikheid

Die mistieke ervaring gaan op ‘n stadium oor in die aktiewe ingrype van God. Die mens is nie meer die sentrum van sy bestaan nie. God is nou die een wat die mens raak. Die mens word dus in ‘n sekere sin “passief.” Maar dit is nie ‘n dooie passiwiteit nie, want deurdat die mens geraak en beweeg word, gebeur daar iets. Sonder dat die mens enige inisiatief neem of sonder dat die self hom instel of organiseer, werk die diepste oomblik, die kern van die mistieke ervaring in op die mens se self. Die mens “word” deurdat die “U” aktief is, die mens wat aan die word is, is die mens wat “U” aanroep. Die mens het die indruk asof hy of sy nog nooit tevore bestaan het nie, asof hy nou eers gebore word. Die diepste, innigste en wees wesenlike deel van die mens se lewe word in die mens se self aangeraak. Dit gebeur direk. Niks bewerk dit nie. Dit gebeur nie deur iets of deur ‘n beeld nie. Die ervaringskern werk self op die mens in. ‘n Mens word nou deur die ervaringskern en ontword aan alles wat hy of sy tot dusver geword het. ‘n Omsmelting vind plaas.

Hierdie direktheid het niks met stille berusting te doen nie, d.w.s. met ‘n inkering na binne in stilte nie. God is hier aan die werk. God ruk die siel heeltemal tot God toe sodat die mens vreugde vind in God. Die siel laat alles agter, dade, vorme, verlangens, stille bewegings, sy eenvoudige bewoëndheid. Van dan af word die siel deur God beweeg. Die siel word in verrukking en beroering gebring.

Later is hierdie passiwiteit ontwenning, nag, woestyn en eensaamheid genoem. In die verlatenheid word die mistikus geraak. Vir hom of haar is dit die direkte inwerking van God.

Waaijman 63-64

Thursday, November 08, 2007

Spiritualiteit as egte menslikheid. Hoe gebeur herlewing?

In Finland het `n leerling van 18 jaar gister met `n pistool deur sy skool geloop en sewe leerlinge doodgeskiet. Hy het ook die skoolhoof afgemaai. Finne is die derde hoogste op die lys van wapenbesit in die wêreld. Trouw rapporteer dat hy die oggend films na YouTube gestuur het om sy planne bekend te maak. Koelbloedige, patologiese moord deur `n skoolkind. Interessant is die lesers se reaksie hierop: die een wys dat dit nog `n sinlose moordparty deur `n puber is. Hoe lyk ‘n huis van so iemand? Wattter waardes het hy tuis opgetel wat so iets moontlik maak? Watter vriende het hy gehad, watter boeke het hy gelees en watter gewelddadige videospeletjies het hy gespeel? Watter geweldstaal hoor en sien hy op die media. Die leser verwys na headbang konserte waar die dood verheerlik word en harde dwelms gepropageer word en sluit af : “Nederland needs a rivival!”

Maar dit is die kommentaar van die ander leser wat my aangryp: Daar is iets drastief fout met die mens. Ons los dit nie op met reëls en wette nie, maar alleen maar deur ‘n drastiese verandering aan die binneste van die mens.

Ons weet almal wette en reëls is nie net bloot maar ‘n uiterlike mag wat mense onder dwang plaas nie. Dit is iets wat ‘n gemeenskap se siel behoort te weerspieël. Só wil ons lewe en só wil ons ons gedrag inrig. Die fout is nie die wette en reëls nie, maar die feit dat ons so selektief daarmee omgaan. Christus het vertel hoe ons die muggies suf en die olifante val deur. En toe het Hy vertel dat daardie moorddadige kyk van ons net so ‘n olifant is soos die geweerskote wat agt kosbare lewens afmaai. Waar kom die herlewing vandaan? Hoe verander ‘n mens drasties van binne? Dit is die vraag. En een antwoord is dat ons ‘n omvattende kultuur van menslikheid moet bevorder. Dit begin by die heel kleinste dinge – hoe ons oor mekaar praat, wat ons vir mekaar in die kombuis doen, hoe ons mekaar in die slaapkamer behandel, hoe ons ons kinders lief het. Dit hoef nie soetsappig te wees nie. Dit hoef ook nie slap te wees nie. Tawwe liefde is ook nodig en eerlike kommunikasie belangrik. Die ondertoon van al hierdie dinge is om menslik te wees in alles wat ons doen. Doen aan ander.... was die ander goue woord van die Een wat verstaan het hoe om tot die dood toe menslik te bly.

Spiritualiteit gaan om ‘n hele proses waarin verhoudinge tussen mense geradikaliseer word sodat dit in lyn is met wie God is en wat God van ons vra. Die mens is alleen maar egte mens wanneer hy of sy na die beeld van God lyk. Egte menslikheid beteken dat ons – soos Jesus – verby alle geweld heen lewe.

Tuesday, November 06, 2007

Mistiek 5 : onthegting. U moet meer word.... Mysticism 5: detachment

Mistiek 5 : onthegting

Die mistieke ervaring is ‘n proses wat aan die gang kom wanneer iemand bewustelik optree en tot God keer. Wanneer die mistieke ervaring gebeur, skuif die fokus weg van die persoon. Hy of sy sal die mistieke ervaring beleef alleen wanneer daar ‘n losmaking van die self plaasvind. Alles wat die mens bind en heg aan hom- of haarself, moet weggeneem word en wegval. Die mens word ‘n leegte, daar bly niks oor nie. Wat oorbly is nietigheid. Met ander woorde, dit is ‘n proses van “nietiging” (nie vernietiging nie). Die mens is totaal op God ingestel en op niks van die self nie. Voor en by God is die mens niks. Ons word losgemaak van al die konkrete dinge, van al die dinge wat op die ek gefokus is. Ons gaan ‘n ruimte in waarin daar niks is nie – niks van onsself nie. Ons laat die ek agter. Daarom leef nie meer ek nie.... ‘n Groter werklikheid, God self, kom ons lewe binne. Voor God is ons niks. Ons word gevul met God se teenwoordigheid. Ons keer terug tot God – wat alles in almal is! Ons ontdek ons ware bestemming, ons vaar die enigste veilige hawe binne.

U moet meer word... U moet alles word. Slegs dan vind ek my egte bestemming, o Vader van die grootste geheimenis.

Misticism 5 : detachment

The mystical experience is a process that begins when someone consciously acts and seeks God. When the mystical experience happens, the focus shifts away from the person. The mystical experience will only be fulfilled when the person is detached from him – or herself. Everything that binds someone and that he or she is attached to, is removed and disappears. The person becomes empty, nothing remains. What is there, is nothingness. In other words, it is a proces of detachment, of becoming nothing. It means that someone will be completly focussed on God and not on the self. We are detached from all concrete things, everything on which I am normaly focussed. We enter a space where there i nothing – nothing of ourselves. We leave the I behind. Therefore I no longer live.... A greater reality fills my life, God enters. Before God we are empty. We are filled by the presence of God. We return to God who is everthing in everybody. We rediscover our true destiny, our deepest security.

He must become more. You must be my one and all, Father of the deepest mystery.

Cf. also Waaijman 63.

Moeder Teresa, spiritualiteit, dankbaar sterwe

Sterf soos ‘n engel

Moeder Teresa vertel in die boekie (In The Heart of the World) van ‘n vrou wat hulle op straat aangetref het, dodelik siek en wat hulle toe na hul huis toe geneem het. Sy het vir die susters gesê om na die ander drie mense wat hulle ook daardie aand gered het, te kyk terwyl sy die baie sieker vrou self versorg het. Sy het alles wat sy kon vir die vrou gedoen. Sy het haar versigtig versorg. Toe sy haar klaar in die bed gesit het, het die vrou geglimlag en “dankie” geseê. En toe haar oë vir altyd gesluit.

Sy skryf sy kon nie help om haar in die vrou se plek in te dink nie. Wat sou sy gesê het? Die antwoord was eenvoudig: sy sou gesê het sy is honger, sy is sterwende en sy kry koud. Of sy sou gekla het oor een of ander deel van haar liggaam waar sy pyn het. Maar hierdie sterwende vrou het vir Moeder Teresa baie meer gegee, skryf sy. Sy het vir my haar dankbare liefde gegee. En sy het met ‘n glimlag op haar gesig gesterf.

Dit het haar laat dink aan die man wat hulle ook van die straat opgetel het – half opgeëet van die wurms. Die man het hulle vertel: “Ek het soos ‘n dier op straat gelewe, maar ek gaan soos ‘n engel sterf – omring deur liefde en sorg.” Dit was wonderlik, skryf sy, om die grootheid raak te sien van iemand wat so kon praat – sonder om ander aan te val of om te kla omdat hy niks het nie. Hy het soos ‘n engel gesterf.

Monday, November 05, 2007

Mistiek 4: Ekstase, selftransendering en Goddelike teenwoordigheid

Ekstase is vir baie in ons tyd sulke uitsonderlike dinge soos die sien van visioene, die ervaring van uittrede uit jou liggaam, die dra van sigbare wonde en die stort van trane.

Ekstase as deel van die mistieke ervaring is wanneer die mens God nie meer kan vaspen nie. Die mens word deur God se teenwoordigheid van God totaal omvergewerp. Ekstase gaan om die mens wat losraak van hom- of haarself wanneer die mens deur God aangegryp word.

In ‘n sekere sin is dit ‘n verlengstuk van die gebed. Die mens het geen wil meer om iets aan God oor te dra of te vertel nie. Jy dra nie meer jou behoeftes, vertellinge en daaglikse programme aan God op nie. Die fokus skuif weg van jouself, na die Ander. Die mens se innerlike is in die ekstase totaal op God ingestel. Dit gryp jou en neem jou geheel en al in beslag: die hart is in verrukking en in die mens se gemoed brand daar ‘n onblusbare vreugde.

Die mens se siel is buite homself, afgesterf aan die sigbare dinge en bid nou in onuitspreeklike versugting tot God. Met ander woorde, die mens bid ‘n mistieke gebed. Hier vind die aanskouing van God plaas. ‘n Mens staan as te ware weg van hom- of haarself en kom by God te staan. Die koms van die geliefde God lig die mens uit uit enige selfbetrokkenheid. Die is ‘n tyd van vervulling, van brandende verrukking. ‘n Mens word so oorweldig deur die Liefde, dat ‘n mens God se teenwoordigheid in jou voel brand. Gebedswoorde stroom uit ‘n mens se mond, ‘n mens kan nie daarby byhou nie. 'n Mens is nou by die Een wat bo alle dinge verhewe is. Die nietige dinge maak nie saak nie. 'n Mens is nou in die Nuwe Jerusalem - waar God alles in almal is. Ons leef uit en in die Lig. Ons is by God.

(n.a.v. Waaijman, 61-2)

Sunday, November 04, 2007

Mistiek 3 / mysticism 3. Die ervaring van God se teenwoordigheid / Experiencing presence

Experiencing God's Presence: the mystical experience beyond everything that always mattered

The mystical experience also means becoming aware that the prayerful longing for God is transformed into experiencing God’s presence. A transformation takes place: In the prayerful longing for God I become aware that God is listening to me. But then, at a moment, the prayer brings the awareness that God is my prayer.

The longing is transformed into presence. The one who prays becomes aware of something deeper and more than him- or herself. The trusted reality, everything that seems so certain and evident, is but a glass beyond which one experiences something deeper and greater. Our reality no longer speaks the final word. We relate to our world in a different way. We now know there is a presence that goes beyond the reality that previously seemed so reassuring and stable.

The consequences are surprising: the “I” moves to the background. I am aware that something changed, a shift has taken place in what matters to me. I am in the presence of something more, of Someone. The mystic says: I am with the Lord, the Most High, the Father, the Word, the Bridegroom, the Loving One, the Source of Life, Light, Fire, the All-One, the Immutable One, Nothing, Presence, Being.


Van "ek" tot "God": die ondeurgrondelike skuif weg van alles wat altyd saakgemaak het.

Daar kom ‘n oomblik dat die mistieke ervaring ‘n nuwe dimensie kry. Die eerste oomblikke van die biddende verlange na God verander tot die ervaring van God se teenwoordigheid. Daar vind ‘n omslag plaas, 'n ingrypende skuif: In die biddende verlange word ‘n mens bewus daarvan dat God na jou luister. Ewe skielik word die gebed onderbreek. ‘n Mens kry die gevoel dat God jou gebed is. Wat ‘n mens bid, dit is God.

Met ander woorde: die verlange word tot teenwoordigheid omvorm. Die bidder word bewus van iets wat meer is as hy- of haarself. ‘n Mens word ook bewus van iets wat meer en groter is as alles wat ‘n mens ooit beleef. Ons kry ‘n nuwe perspektief op ons wêreld wat vroeër vir ons so finaal en seker gelyk het. Ons besef dat daar iets groters as die werklikheid is. Ons staan voor iets diepers, iets wat baie meer is as alles wat ons gewoonlik van dag tot dag ervaar as ons lewenswerklikheid.

Dit het dan ‘n verrassende gevolg: dit is asof my eie ek op die agtergrond skuif. Ek raak ingestel op iets anders, Iemand anders. Ek ondervind ‘n totaal unieke teenwoordigheid. My lewe word skielik volgemaak deur Iemand anders as ek self. Ek voel ek is by die Here is, by my Vader, dat ek luister na ‘n spesiale Woord, dat ek ‘n nuwe Gees beleef, dat ek Nuwe Lewe ontvang. Lig stroom in my lewe, Vuur brand in my, ek voel en weet my lewe word deur die Teenwoordigheid van iets en Iemand gevul.

In U teenwoordigheid word my verlangende hart stil. U kom woon in my onrustige gemoed. U, o God, die ewige, die onverganklike en unieke Here van die lewe.

Saturday, November 03, 2007

Is spiritualiteit iets wat verveelde rykes besig hou?

Interessant hoedat oningewydes spiritualiteit beskou as die stokperdjie van welaf westerlinge wat verveeld is en wat nou vir hul eie gerief geestelike verryking jaag. Nou onlangs stuur ‘n geleerde en bekende kollega vir my nog ‘n epos waarin die Nederlander, Dekker, ‘n afgetrede godsdienswetenskaplike die soort van kritiek herhaal.

Spiritualiteit kan, so weet ons almal, op baie maniere verstaan word. Dikwels word dit as wêreldontvlugtend gesien. Mens wil uit hul verstrengeldheid in alledaagse, nuttelose gerondjagery in ‘n innerlike, veilige hawe terugtrek. En dit is in sommige opsigte wel ‘n belangrike aspek van spiritualiteit.

Maar soos die berigte hier onder uitwys, is spiritualiteit lank nie maar net so ‘n wêreldmyding nie. Spiritualiteit loop verder deur en wakker by mense voorts ook nog ‘n sensitiwiteit vir die wêreld aan. Spiritualiteit fokus naamlik op menslikheid, menslike waardigheid, menslike optrede teenoor ander. God bevestig in die mistieke aanraking vir my in my volle menslikheid as beeld van God en roep my om ander ook as beeld van God te ontmoet en te behandel. Dit gaan in spiritualiteit uiteindelik ook om die vermensliking van ‘n maatskappy wat sy menslikheid verloor het en wat deur verontmenslikende dade, prestasiedrang, skeefgetrekte norme en waardes gekenmerk word. Spiritualiteit reik uit na ander in ‘n poging om verhoudinge te genees en om dit te vul met inhoude wat eer bring aan die mens en aarde as God se skepping. Dit wil mense laat deel in ‘n dampkring van menslikheid. Ekologie, sosiale bewussyn, politieke aktivisme, betrokkenheid by welsyn, bevordering van ‘n besigheidskultuur met ‘n morele en menslike karakter is alles temas wat in die spiritualiteit ‘n belangrike plek het. Spiritualiteit, soos die lewens van Nouwen en Mertens bewys, gee om vir die gestremdes, die vervolgdes, die wat op die rand is, wat min het, wat skaars kan oorleef. Dit wil die skade ongedaan maak, heling bewerkstelling en 'n sinvolle bestaan kweek.

In ‘n gesekulariseerde Nederlandse konteks, sou ‘n mens op die mooi ander voorbeeld buite die Christelike kring kon wys: die biddende, bedelende en bedeesde Boeddistiese monnike doer in Burma (of Mianmar soos die kragdadige generaals hul baasskap deur nuwe naam vir hul land bevestig het) met hulle vreedsame, maar besliste verwerping van die gewelddadige magsgrepe van hul landgenote.

Dit is dikwels omdat die tradisionele kerklike lewe en die tradisionele teologie so selfgefokusd en so breinbefoeterd geraak het, dat mense dit afsterf en soek na ‘n geloof wat werklik ‘n verskil maak en die hart aanspreek. Die verlange na God word gevoed deur die wete dat daardie aanraking omvormend werk en ‘n mens se lewe kan oplig. God se aanraking, die ontmoeting met die Oneindige in die plek van alleenheid, raak die mens volledig en verander die mens totaal. Dit werk uit, in wye, uitkringende sirkels om elke aspek van ons menslike bestaan aan te raak en te omvorm. Wie by God is, verval nie in kerklike politieke magspeletjies nie. Wie deur God opgesoek word, kan nie meer terugsit en netjiese teologiese spitsvondighede uitdink nie. Die mistieke ontmoeting tussen God en mens, onderstreep spiritualiteit, sit ‘n proses aan die gang waarin die mens opgeneem word en wat na almal en alles uitkring.

Dit is hierdie misverstand en oningeligtheid van die oningewydes wat wys waarom spiritualiteit so sterk groei. Die “wat weet” leef salig onbewus van eie gebrek.

Uit Trouw van 3 November 2007

Een kwart van de Nederlanders is ’ongebonden spiritueel’, stellen Martijn Lampert van bureau Motivaction en Gerrit Kronjee van de Wetenschappelijke Raad voor het Regeringsbeleid (WRR) vast. De gangbare theorie dat spirituele mensen vooral oude hippies zijn –de flowerpower- adepten van weleer– en dat ze vanzelf wel uitsterven, klopt volgens hen niet. „Ons onderzoek laat zien dat spirituele mensen ook onder jongeren goed vertegenwoordigd zijn. Gemiddeld zijn ze 42 jaar en bovendien zijn het blijvertjes."

Uit het onderzoek blijkt eveneens dat de ’ongebonden spirituelen’ (mensen die naar eigen zeggen spiritueel zijn, maar zichzelf tot geen enkele groepering rekenen) niet alleen maar met hun eigen spirituele verrijking bezig zijn. Spirituelen zijn juist betrokken bij milieubescherming, mensenrechten en vluchtelingen, en ze geven gul aan goede doelen.

Volgens emeritus hoogleraar godsdienstsociologie Gerard Dekker (Trouw, 27/10) is spiritualiteit een weeldeartikel geworden, iets voor het slag mensen dat alles al heeft en nu nog wat aan het geestelijk welbevinden doet, geheel voor het eigen gerief en dus zonder dat de wereld er wat aan heeft. Kronjee snapt die kritische noot, ’maar onze empirische gegevens ondersteunen hem niet’.

In het onderzoek ’God in Nederland’, waaraan Dekker meewerkte, werd eerder dit jaar al vastgesteld dat spirituelen vaak vrijwilligerswerk doen en niet zo ’ik-gericht’ zijn. Ook Lampert en Kronjee signaleren nu dat ze houden van yoga, mental coaches en van hun intuïtie. Maar van een naar binnen gekeerde geestelijke zelfbevrediging blijkt niets.

Friday, November 02, 2007

Spiritualiteit en gawes

Ons gawes aan ander is dikwels gekleur deur ‘n verborge agenda. Ons gee omdat ons eintlik iets oor onsself wil wys. Ons wil wys hoe grootmoedig of hoe vrygewig ons is.

Soms gee ons aan ander om vir hulle te wys dat hulle sonder ons nie sal klaarkom nie. As ons nie vir hulle sorg nie, sê ons dikwels in soveel woorde, wié anders sal dit dan doen. “Ek sloof my af vir jou,” word in menige familie vir die afhanklike gesinslede vroom vertel, “en ek moet al weer vir jou uit die ellende help.” Dit is ‘n gawe wat die ander seer maak en skade aandoen.

Ons gee aan ander sodat hulle onder ‘n verpligting teenoor ons voel en van ons afhanklik raak. Dan, glo ons, sal hulle ons nie enige skade aandoen nie. Ons neem hulle uit vir ‘n ete, stuur vir hulle ‘n kersgeskenk, gee vir hulle ‘n onverwagte presentjie met die wete dat hulle dieper by ons in die skuld raak.

Deur só te gee, stel ons ander mense in ‘n ongelyke posisie teenoor ons.

Laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie. Om te gee, beteken nie om rekening te hou nie. Egte gawes het nooit die bedoeling om die ander persoon te “gebruik” tot ‘n mens se eie voordeel nie.


U, die Groot en Genadige Gewer, het U gawes nooit op my afgedwing nie. U gee dit aan my om my vry te maak. Wat ek uit u hand ontvang, hoef nie na U terug te gaan nie. Duisende goeie gawes kom so oor my pad, elke dag. Juis omdat U gee sonder om vir my te vertel hoe vrygewig U is, om my van U afhanklik te maak, om my minderwaardig te maak, is U gawes eg goddelik.Ek wil soos U wees. Ek wil ook gee uit liefde, onvoorwaardelik, steeds weer in sensitiwiteit vir en erkentlikheid teenoor die ander, vir die een wat van my ontvang. Gee dat my gawe my medemens nooit sal verontmenslik nie, sal manipuleer nie. Gee dat my gawe aan ander in hul menslikheid sal bevestig. Gee, Here, dat ek nie ter wille van myself sal gee nie, maar bloot net uit liefde vir die ander.

Spiritualiteit:. Mistiek 2: Mistiek en gebed / mysticsim 2 Mysticism and prayer

Biddende verlange

‘n Mens hoef nie woorde te sê om te bid nie. Jy kan stil wees en nog steeds bid. Die verlange van jou hart na God is al ‘n gebed. In die verlange reik die hart uit na God. In die verlange praat die diepe begeerte na God. Augustinus het geskryf dat die verlange `n gebed is – al swyg die mens. As jy verlang, bid jy.

God reageer op die mens wat biddend verlang na God. God hoor die mens, dikwels lank voor ‘n woord gesê word en soek die mens op. God word nie deur die regte getal woorde of die mooi kwaliteit van klanke beweeg nie. In die spreke van die mens, selfs sonder die praat van die gebed, nader God haastig die mens. God sien die hande wat uitreik in afhanklikheid, die oë wat toegemaak is in afwagting, die hart wat klop in die behoefte aan die dieper en groter ontmoeting.

Gebed as biddende verlange en God se mistieke aanraking is diep verweef met mekaar. Die twee hoort bymekaar. Dit is soos `n eier en sy dop, soos die reënboog teen die hemel.

Die Heilige Gees tree vir my in met onuitspreeklike sugtinge. Die versugting in my is na U, na U koms, na U inwoning. Die verlange wat in my roer, is na U, na U teenwoordigheid, na U aanraking. Die begeerte in my roep na U, na U salwing, na u vrede. Terwyl ek soek na woorde, rondtas na die regte taal, wonder oor die goeie uitdrukkings, roep my hart aanhoudend na U. Kom heel my, kom hoed my, kom hou my vas, o God.


Prayerful longing

You do not need words to pray. One can pray without speaking a single word. The longing of the heart itself is prayer. In longing, the heart reaches out to God. In longing, there is a deep yearning for God. Augustine wrote that longing is prayer – even if one is silent. In longing, one prays.

God responds to the one who longingly prays to God. God often answers long before a single word is spoken and rushes to meet the one who prays. God is not moved until enough words are uttered or beautiful words convinces. In praying, even without saying a word, God hastens to meet the one who prays. God sees the hands reaching out, notices the eyes that are closed in anticipation, feels the heart that pulses in the need for the deeper and greater encounter.

Prayer as longing and the mystical touch of God are intricately connected. The two belong together. It is like an egg and its shell, as a rainbow that hangs in the sky.

Oh God, the longing in me, is for You, for your coming to me, your being in me. The longing that fills me, is for your presence, for your touch. I long for you, for your peace, for your healing. My longing heart is there for you to touch. Lord, touch me, be with me, embrace me, let me be with You, now and forever more.



This series on mysticism represents a free interpretation of Kees Waajman's article on Mystical Experience and the Mystical Way, in Encyclopedie van de Mystiek (2003)

Thursday, November 01, 2007

Wat is mistiek? 1

Die mistieke Franse skrywer, Blaise Pascal beskryf ‘n mistieke ervaring wat hy beleef het.

Hy skryf:

Die genadejaar 1654, Maandag 23 November... vanaf ongeveer half elf saans tot ongeveer half een in die nag, vuur, God van Abraham, God van Isak, God van Jakob (Ex.3:6 vv; Mt 22:32 vv.). Nie die God van filosowe en geleerdes. Sekerheid, sekerheid. Vreugde. Vrede. God van Jesus Christus. Deum meum et Deum vestrum (Joh.20:17). “Jou God sal my God wees” (Rut 1:16).

Hierdie ervaring het sy lewe radikaal omgeswaai en tot sy beroemde klassieke Pensées gelei. `n Twee uur-lange ontmoeting met God. ‘n God wat nie “intellektueel” begryp word nie. `n God van die bekende, die vertroude, van Abraham, Isak en Jakob. Dit is ook `n God wat deel word van hom – dit word “my” God. In hierdie ervaring spreek die Bybel mee. Vier bybelverse, twee uit elk van die Ou en die Nuwe Testament, word gebruik om sy ervaring te beskryf.


Dit is `n spesifieke ervaring wat op `n spesifieke tyd en oor twee uur heen gebeur. Geen vlietende oomblik nie. Dit is intens, ‘n vuur-ervaring, wat hom oorrompel – soveel so dat taal byna te kort skiet.
Die ervaring bewerk nie net sekerheid nie, maar sekerheid-sekerheid.

Dit is `n ontmoeting wat in hom sekere emosies wakker maak, maar wat terselfdertyd sy lewe op sy kop keer. Dit is ‘n buitengewone belewenis, wat hy probeer raakvat met die woordjie “vuur.” Maar die emosies wat hom bybly met hierdie mistieke ervaring, is nie buitengewoon of sensasioneel nie. Hy praat van “sekerheid,” “vreugde,” en “vrede.”


Blog Archive