Hoe reageer 'n mens as daar daagliks rondom jou tien tot twintig mense aan siekte en honger doodgaan? Rensche van der Walt reageer in die konsentrasiekamp oor die ekstreme lyding rondom haar deur feitlik in elke paragraaf oor God te praat. As huisgesinne om haar feitlik totaal uitgewis word, as sy vriende en familie die een na die ander sien sterf, is haar konstant refrein: in hulle dood is God aan die werk.
Sy besweer die dood en sy verskrikking op ‘n heel eenvoudige manier. Vir haar is die dood nie ‘n mag wat teenoor God staan nie. As iemand sterf, is dit die Here wat hom of haar wegneem. Sy kan selfs skryf dit is God wat gee dat ‘n koeĆ«l iemand tref en dood maak. God se toelatende wil staan oor mense se lewens geskryf. Niks gebeur sonder dat God daar teenwoordig is nie. Trouens dit gebeur alleen maar omdat God dit laat gebeur. God wil dit laat gebeur.
Maar God is meer as net teenwoordig. God is ook die een wat mense die krag gee om hul sterwenslyding te dra. Op ‘n stadium beskryf sy hoe die vrou van Floris Coetzee hoor van haar man se dood net na sy in die kamp aankom. Dan sterf haar seun ook. Rensche vertel dat dat die Here vir haar krag gegee het om haar lyding te dra totdat haar oomblik aangebreek het dat sy gesterf het.
Omdat mense hierdie onwrikbare vertroue in God se plan en krag het, kan hulle in hul lyding self vir God liefdevol nader. Hierdie God wat so met mense werk, is 'n God wat 'n mens in liefde kan omhels. Sy gebruik intieme liefdestaal of die menslike reaksie op die Goddelike insiatief te beskryf.
Rensche skryf oor die vrou van Adriaan Venter wat drie kinders in nege dae sien sterf het, dat sy die kastynende hand van die Here gekus het ten spyte van haar bitter verlies. En nog aangrypender is haar reaksie, nadat sy al tientalle, selfs honderde mense sien sterf het, op 3 November 1901. Sy hoor van haar oom Dirk Venter se dood. Van sy hele familie is daar net een dogter van 12 jaar oud wat oorleef. Nooit hoor jy die dogter kla nie, skryf sy. Sy voeg dan by: “wat die Here aan ons doen, is goed.” En, terwyl sy hieroor skryf, in daardie donker nag van grenslose lyding vervolg sy met ‘n aanhaling uit die Psalms: “Want die Heer is groot, ‘n heerlike God. ‘n Koning van die saligste lot. Alles wat op aarde leef, beef onder die wil en beskemende hand van die Heer. Wat die Here doen is sy welbehae. Die diepste van die aardse ingewante, die hoogste berg is in sy hand.” Hoe nader die dood aan 'n mens kom, hoe inniger en liefdevoller die aanbidding van God.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2009
(275)
-
▼
April
(10)
- Die geringes
- Contemplatio
- Liefde in 'n maalkolk van lyding en ellende. Oor d...
- Oor 'n spiritualiteit van vrede: Emily Hobhouse, A...
- Die mistiek van Jan van Ruusbroec
- Bernard van Clairvaux: die mistikus van die Christ...
- Rensche wan der Walt se geloofservaring in die kon...
- Rensche van der Walt. Gereformeerde spiritualiteit?
- Spiritualiteit van vrede: oorlog, vroue, lyding,
- 'n Spiritualiteit van omgee: oor besorgdheid, sorg...
-
▼
April
(10)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.