Wednesday, September 07, 2011

"En toe 'n suggie. Haar handjie sak. En sy was nie meer nie..." Oor spiritualiteit van rou in ekstreme tye






Ek het in my aftye al halfpad gelees aan die beroemde Tant Alie Badenhorst van Transvaal. Dagboek van Alie Badenhorst oor die Boere-oorlog wat ek, van alle plekke, na lang gesoek op ons onlangse studiereis in Philippolis raakloop.

Dit is destyds deur Emily Hobhouse in Engels vertaal is en het opslae in Engeland gemaak omdat dit die toestand waarin vroue deur die oorlog gelaat is, so konkreet uitgebeeld het en omdat dit die wrede behandeling so duidelik gedokumenteer het. Dit is nie ‘n boek vol syfers en name nie. Dit is die vertelling van ‘n vrou se lewe in ‘n oorlog wat trekke van volksmoord vertoon het.

Die boek is in 1939 deur M.E.R. vanuit die Nederlands in Afrikaans vertaal. Ek sou graag ook die Nederlandse teks naas die Afrikaans wou lees (soos in Rensche van der Walt se dagboek), maar M.E.R. het nietemin vir ‘n gladde, lekker leesbare teks gesorg.

Ek het gemengde gevoelens oor die boek. Tant Alie sal dalk vir sommige lesers ‘n bietjie van ‘n smartlap lyk as hulle die boek op sy oppervlakte bekyk. Maar in werklikheid is sy so keihard soos ‘n klip in haar lojaliteit aan die Boere-saak en in haar voorneme om nie swak te lyk nie. Wanneer sy dikwels haar innerlike eerlik en sonder om doekies om te dra, blootlê, is sy versigtig om na buite te wys dat sy sterk is en vasbyt.

Sy is inderdaad die prototipe van die Boere vrou wat, toe die mans aan die oorlogsfront gevestig is, die plase aan die gang gehou het. En dit was nie sommer sulke plase nie. Op ‘n stadium vertel Tant Alie hoe sy 100 osse op ‘n keer moes versorg, en hulle was blykbaar nie sommer brandsiek nie. En dit was ook nie sommer groentetuintjies wat sy moes versorg nie. Sy noem heel indrukwekkende watter oeste sy moes inbring en hoeveel werkers sy daarvoor aan die gang moes hou.

Verder het sy die plaas per perd gepatroleer, die sake van die dag gehanteer – soos belastings betaal, inkopies doen, kinders versorg, bure besoek, soldate wat huis toe kom met verlof of op patrollie is, iets te ete gee en met ‘n honderd en een ander dinge besig gebly.

Dit is egter nie eintlik waarom ek die boek lees nie, hoewel die boek vir my ook al weer nuwe kyke op die oorlog gee.

Ek stel in die boek belang om Tant Alie se spiritualiteit te begryp, want sy is duidelik ‘n godsdienstige vrou wat dikwels oor haar geloof skryf. Sy ken die Bybel en haar liedere, is betrokke by die kerk en bedink gedurig alles wat met haar gebeur in die lig van haar verhouding met God.

Maar daaroor miskien later meer.

‘n Mens lees graag hoe mense orent bly as hulle geloof op die uiterste beproef word. Dit is dan dat hul diepste oortuigings getoets word. En een insident in die boek onthul op ‘n boeiende manier iets hiervan.

Op ‘n stadium word tant Alie se susterskind ernstig siek. Alie kan nie gaan help nie, want haar vier kinders is almal ook erg koorsig aan masels in die bed en sy moet hulle bystaan, veral omdat vele kinders aan masels sterf. Mooi is haar storie oor haar verpleging en haar raat: sy vat warmwaterbottels en sit dit voor en agter die kinders se bors dat hulle liederlik die koors uitsweet. “Daar was vier siekes, dus agt bottels” laat weet sy presies. Die “behandeling” (vir masels) werk en toe hulle nie meer kritiek is nie, sit sy af om haar susterskind te gaan help.

Daar aangekom, is die kind sterwende. Die ma sit langs haar bed en hou elke asemhaling van die kind dop.

Die ma keer onmiddellik dat tant Alie, geskok deur toestand waarin sy die vierjarige kindjie aantref, enige trane stort. Hier is Alie se beskrywing van haar woorde toe Alie by die bed aankom:

“Alie, nie ‘n enkele traan nie, hoor! Tant Alie, Dirkie gaan na die hemel toe, waar al die engeltjies is en waar al die kindertjies in die Nuwe Jerusalem aanland. Daar speel die kindertjies in strate van goud en daar sal sy by haar sussie en boetie wees.”

Duidelik is die ma ‘n gelowige vrou wat besig was om haar kind op die naderende dood voor te berei, want, skryf Alie in die volgende sin die woorde wat die kind saggies en fluisterend byvoeg by haar ma s’n: “Mammie, kom gou en tant Alie ook!”

Die volgende sin is eintlik hartverskeurend: “Toe sing ons saam: Loof, loof die heer!”

Dit is hier waar die boek my aandag meer as andersins trek. Hier is ‘n vrou wat hulpeloos toekyk hoe haar kind weggly in die dood, wat begryp dat sy niks daaraan kan doen nie en wat daarom ‘n situasie skep waarin die kind rustig en in vrede kan sterf. Sy, soos tant Alie skryf, “help haar kind oor die Jordaan.” In die desperate situasie is dit die ligte beelde van engele, goue strate, stil vloeiende waters, Bybelse troosbeelde, wat die hart bymekaar hou.

Dus, vir haar, geen onsteltenis van mense wat om die kind se bed sit en huil nie. Die kind sterf nie in angs nie. Ma sit langs die bed, praat oor die alternatiewe tuiste, die plek van lig.

Wat die verhaal soveel integer maak, is dat die ma in die vorige paar maande reeds twee van haar ander kinders sien sterf het en dat haar man, op die oorlogsfront, nie by is om te help of om afskeid te neem van hulle laaste lewende kind nie.

In die situasie van ellende kom daar dus ‘n oorvloed van godsdienstige taal na vore: so sterf ‘n mens, as jy gelowig is. Daarmee word die sterwende kind omring en gesteun.

Op die trant word die sterfbed-verhaal verder vertel. Maar dit is die slot van die toneel wat ‘n mens ‘n insig gee van die ervarings wat die vrou in die oorlog deurgegaan het en hoe hulle, in ‘n vernietigende stryd, in ‘n situasie van ‘n barre oorlewingstyd, sonder mediese hulp, ontsê van hul naaste dierbares, oorlaai met oorlogsellende, oorleef het en deur hul geloof gesteun is.

As Alie terug is huis toe, kry sy later in die dag die volgende briefie van haar suster waarin die ma, al skrywende, haar emosies vasbind in ‘n narratief wat vertel van hoe fyn sy waarneem en hoe styf sy vashou aan die goeie woorde, die nagsê-oomblikke, die beelde van rustigheid, die vreedsame, stil lyftaal. Sy skryf – nie ‘n dankwoord vir Alie se besoek nie, niks oor begrafnisse of oor haar eie smart nie – maar bloot net hoe goed die laaste oomblikke was:

“Sy is heengegaan, sag en stil. ‘Nag, Ma,’ het sy gesê en met haar vingertjie na bo gewys; ‘die engeltjies het gekom,’ en toe ‘n suggie; haar handjie sak; en sy was nie meer nie.”


Die foto hierbo is van Tant Alie (sy vertel heel ydel aan die begin van die boek hoeveel mans haar lastig geval het om met hulle te trou) en haar man, Frikkie, wat, uit sy briewe in die dagboek, ‘n ware, vrome patriarg was). 




Tuesday, September 06, 2011

Moses en mag...



Daardie oë wat so bol staan laat my dink botter smelt nie in Moses se mond nie...


(Dankie, Adriaan vir die aanstuur.)

Monday, September 05, 2011

Opstand in die kerk

Ek sien vanaand hierdie berig wat Jörg Frey as skakel op sy Facebook bladsy aangebring het. Dit is 'n interessante artikel wat handel oor 'n groot aantal priesters in die Roomse kerk in Oostenryk wat in opstand wil kom teen die kerklike hiërargie oor sekere belangrike gewetenskwessies. 


Dit gaan om die rol van priesters wat trou, oor die funksie van vroue in die erediens en kerk, oor leke wat moet kan preek en eredienste lei, oor geskeide mense wat weer getrou het en die nagmaal behoort te ontvang en oor die oopstelling van die priesteramp vir vroue.


Die 300 priesters, waaronder heel bekendes, oorweeg dit om te weier om die kerk se reëls oor hierdie sake te eerbiedig. Hulle word ondersteun deur 700 mense wat hul saak goedgesind is. Al hierdie mense word nou met tug gedreig. Intussen praat ander weer van 'n kerksplitsing.


Oostenryk is bekend as 'n konserwatiewe, erg katolieke land. Dit is interessant dat, terwyl mense in ander lande oor hierdie kwessies eenvoudig die kerk verlaat het, gelowiges en priesters in Oostenryk die ander opsie kies: in die kerk te bly, maar met die doel om die kerk te hervorm.


Dit sal boeiend wees om te sien wat hiervan word, veral omdat Oostenryk so 'n sterk Rooms-Katolieke land is. Meer nog, die artikel roep vele vrae op: hoe moet gelowiges reageer as die kerk vir hulle nie meer 'n tuiste is nie?


Hier is die berig:

Aufstand in der Katholischen Kirche in Österreich

Offene Rebellion im Klerus der Alpenrepublik: Hunderte österreichische Priester wollen Papst und Bischöfen den Gehorsam verweigern. Erstmals in so großer Zahl verlangen Geistliche zeitgemäße Antworten auf die Kommunion für Geschiedene, Frauen in Kirchenämtern und das Tabu von Priester mit Frauen und Kindern. Ein Erzbischof droht mit Kirchenausschluss als Antwort auf das Menetekel.
Im Klerus der katholischen Kirche Österreichs herrscht offene Rebellion. Ein hoher Geistlicher orakelt gar über eine bevorstehende "Kirchenspaltung", denn erstmals wollen Priester in großer Zahl Papst und Bischöfen ausdrücklich den Gehorsam verweigern.

Die bislang gut 300 Geistliche umfassende "Priesterinitiative" ist der "hinhaltenden" Taktik der Amtskirche müde und fordert Revolutionäres: Laien sollen predigen und Gottesdienste leiten; wiederverheiratete Geschiedene die Kommunion empfangen; Priester, die gegen die Kirchenregel Frau und Kinder haben, sollen als Seelsorger arbeiten; Frauen sollen wichtige Aufgaben übernehmen und zu Priesterinnen geweiht werden.

Christoph Kardinal Schönborn, Wiener Erzbischof und Vorsitzender der Österreichischen Bischofskonferenz, droht den Rebellen mit dem Kirchenausschluss. Betroffen wären allerdings nicht irgendwelche Obskuranten. Sprecher und Mitglieder sind gewichtige Kleriker wie Helmut Schüller, lange Jahre Generalvikar des Erzbistums Wien und Caritasdirektor, sowie der Dompfarrer des Bistums Gurk in Kärnten. Der Forderungskatalog beschreibt eigentlich nur altbekannte, aber niemals angepackte Grundprobleme der Kirche. ...

Besonders betroffen fühlen sich die etwa 700 Mitglieder der Vereinigung "Priester ohne Amt", Geistliche, die trotz Zölibat Frau und Kinder haben und sich zu diesen bekennen. Ihr Amt müssen sie dann aufgeben. Priester, die Geliebte und Nachwuchs verleugnen, werden gewöhnlich im Amt belassen, wodurch sich nach Kritikermeinung der Papstappell zur Ehrlichkeit ins Groteske wendet.

Nach Ansicht von Initiativen-Gründer Schüller können nur offener Ungehorsam und der gemeinsame Druck von Priestern und Gläubigen die Hierarchie zu Taten nötigen. Obwohl die Probleme seit Jahrzehnten bekannt seien, halte die Amtskirche alle hin. Kardinal Schönborn erklärte, die Kritiker müssten sich "Gedanken über ihren Weg in der Kirche machen", sonst seien Konsequenzen unausweichlich. Anton Zulehner jedoch, Priester und einer der angesehensten Pastoraltheologen Österreichs, glaubt, dass die Kirche diesmal nicht mit Beschwichtigung auskomme. ...

Sunday, September 04, 2011

Die genade sal spoedig daar wees, in oormaat. Markus 1:40-41

Dit is ‘n boeiende verhaal wat in Markus 1:40-41 vertel word: ‘n Melaatse man, word heel eenvoudig deur Markus opgemerk, het na Jesus gekom.

Markus se teks, so sterk simbolies, karakteriseer die man se optrede deur verskeie kriptiese opmerkings: hy kom smekend na Jesus. Dit is al die oratiewe moment, die oomblik waarin die man sy verlange na gesondheid teenoor Jesus uitspreek. In die konteks van sy tyd is dit opvallend: hy is melaats, daarom onrein en dus gedwing om hom te weerhou van enige kontak met mense. Hy, ontsê van die vertroostende blik, van die aanraking met ander, is die verstotene. Hy weet nie meer wat dit is om nabyheid te beleef, om intimiteit te geniet nie, om geborge by jou dierbares te wees nie. Dat hy smekend na Jesus kom, is ‘n teken van sy verlange na heling, om weer tussen mense te wees en om deel te wees van ‘n gemeenskap waarin hy sy volle menslikheid kan ervaar. Sy smeking vertel iets van sy vrees vir verwerping, van sy bewussyn dat hy die gebruike van sy tyd ignoreer, dat hy homself eintlik blootstel aan steniging, dat hy veel waag.

Maar sy smeking is veel meer. Dit is gemeng met die besef dat die heling, wonderbaarlik, van Jesus kan kom. In Jesus herken hy die Sterke, die Een wat die verwerping van mense ongedaan kan maak en deur wie hy volledig mens kan word. Sy smeking, sy gebed, is sy roep na genade. Hy weet, hier is Iemand wat die Gelaat nie van hom sal afwend nie, tot wie hy kan roep, wat Sy verantwoordelikheid nie sal nalaat nie, wat Homself sal gee, wat in intiemheid naby sal kom aan hom. 

Let op hoe dit deur sy simboliese daad bevestig word: hy val op sy knieë. Dit is in ‘n Joodse konteks ‘n aanduiding van aanbidding, van afhanklikheid, van verootmoediging voor God. Dubbeld gee hy dus aan Jesus die teken van sy innige verlange: smekend, knielend bring hy homself in die teenwoordigheid van die Genadige Een, staan hy voor Hom - van Gelaat tot Gelaat. 

Dit is egter nie al nie. Die verhaal is veel ryker in die manier waarop dit die man se diepe begeerte na God uitbeeld. Die blote feit dat die man na Jesus “kom”, is al ‘n teken van sy verlange. Hy nader tot Jesus.

En in sy versoek aan Jesus slaan sy verlange nog sterker deur: “as u wil, kan u my genees”. Sy woorde is ‘n hartskreet om ontferming. Hy praat, hy roep uit, sy taal vertel wat in sy hart leef.

Vierdubbeld dus, eintlik, is sy uitreik na Jesus. Dit is ‘n intense mens wat op die dag in Jesus se teenwoordigheid instap, wat van Aangesig tot Aangesig voor Hom staan.

En op ‘n mistieke manier reageer Jesus op die man:

Innerlik bewoë (sê die Griekse woord – diep uit sy binneste uit) antwoord Jesus die man se roep na Hom.

Meer nog: Hy steek sy hand uit na die man. Dit is ‘n teken van aanvaarding. Dit kon maklik ‘n hand gewees het, soos baie ander hande in daardie tyd, wat die man verjaag het, verwerp het of met klippe bestook het. Daar sit intimiteit, nabyheid, toeëiening, gemeenskap in hierdie gebaar. 

En, derdens, selfs nog meer: in ‘n intieme oomblik en gebaar, raak Jesus hom aan. Daarmee oortree Jesus die Levitiese gebod tot reinheid op meer as een manier. Jesus reageer anders as die Leviet en Priester wat ander mense, veral die uitgeworpenes, baie vroom vermy weens hul religieuse oortuigings. Jesus loop nie weg nie, maar kom baie naby aan die man. Hy reageer inderdaad meer as net bloot vriendelik, liefdadig. Hy troos nie net nie of belowe bystand nie. Hy raak die man, waarskynlik tot sy stomme verbasing, aan, soos wat niemand anders dit sou waag nie. Genesing, het die man verlang, aanraking het Jesus aan hom geskenk. 

En dan, vierdens, uiteindelik, die Woord van mag: Ek wil, word gesond. Vierdubbel reageer Jesus op die vierdubbele verlange van ‘n verworpene. God se genade is groot. Dit kom in oormaat tot hulle wat herhaaldelik om genade smeek. Wat Jesus doen, is nie blote tekens van sy goeie hart en sy gesindheid van ontferming nie. Dit is ‘n haastige, totale oomblik van toeëiening: wat Jesus doen, “wil” Hy doen. Dit kom uit die diepste sentrum van sy bestaan.

Ek kan my indink hoe ‘n mens, as jy vanuit lectio divina, jouself inleef in hierdie man se gedagtes toe Jesus vir hom baie meer gegee het as wat hy waarskynlik verwag het, jy sal moet bedink dat hierdie man skokgolwe oor hom moes gevoel gaan het daardie oomblik toe Jesus, skandelik vir sy tyd, ‘n hand op sy melaatse liggaam geplaas het. En toe daardie woord van mag, in sy ore klink en Jesus se aanraking verder bevestig…..

Genoeg om van gesond te word

Geen wonder dat die man hom nie aan Jesus gesteur het en wyd en syd gaan vertel het hoe hy genees is. "Kyk julle, kyk tog, sien my raak, ek is terug, ek is by julle, my ou self."


Of tog nie: "Kyk julle, die Ontfermende Een het my smekende Aangesig aangesien. Hoe kan ek swyg? Ek is terug, gesond, rein. Maar meer nog, ek is vol verwondering oor die Verborge Mag van Hom wat pure ontferming is." Die mistieke uitwerking. Om op pad te wees in teenwoordigheid van God.





Saturday, September 03, 2011

'n Net in 'n Haaines


Ek het Saterdag ‘n uurtjie afgeknyp om na die regstreeks uitsending van die onderhoud met die genomineerde kandidaat vir die voorsitterskap van die Konsitutsionele Hof te kyk.

Dit is ‘n haai-nes waarin daardie man rondswem, besef ek.

Op ‘n stadium verwys ‘n bekende advokaat na ‘n koerant-berig waarin gesuggereer is dat daar ‘n korrupte verhouding tussen die benoemde en President Zuma sou wees. Die koerant publiseer bewerings van ‘n persoon wat vertel dat hy hulle aan mekaar op ‘n partytjie in sy huis voorgestel het.

Die regter, wat toe al amper 5 uur meedoënloos ondervra is, is duidelik ontsteld oor die artikel en antwoord duidelik en samehangend. Hy gee toe dat hy by die partytjie was, maar vertel dat hy daarna slegs vir baie kort tye in die geselskap van die president was – en beslis nie as vriend of gas by partyjies nie. ‘n Mens kan sien hoe die verontwaardiging oor die berig in elke woord deurslaan. Hy is gekwets deur die bewering dat hy ‘n korrupte man is wat deur gunstes en gawes van die president genomineer is.

Helder bewys hy hoe onwaar die aantygings teen hom is.

Maar hy doen meer, Hy vertel toe dat die man wat die bewerings oor hom in die koerant-artikel gemaak het, na daardie partytjie vir hom gaan vra het om as waarnemende regter aangestel te word. Die regter vertel met passie hy het die versoek afgewys, omdat hy, in sy woorde, hom dan aan korrupsie sou skuldig maak – veral omdat  een wat die guns gevra het nie die 8 jaar minimum ervaring van verhore gehad het nie.

Die verrassing is dus dat die regter juis nie korrup is nie. Nie net was die beweringe teen die regter vals nie. Dit kom toe uit die reaksie na vore dat hulle kwaadwillig lyk omdat dit uit frustrasie en weerwraak gedoen word.

Ek verwonder my oor hierdie onthulling en voel in my ook ‘n verontwaardiging opkom, al stem ek met sommige van die kritiek teen die regter saam. Hoeveel koerantberigte soos daardie het onnoembare skade aan mense gedoen en word nooit reggemaak nie? En ek besef weer hoe belangrik dit is dat ‘n mens alles wat ‘n mens lees, met ‘n knip sout moet verteer. En ek ervaar ook simpatie – vir weke lank moet hierdie regter deurloop onder die swaar vrag van ‘n kwaadwillige koerantberig.

Dit is ‘n haai-nes waarin daardie man rondswem, besef ek. Hy mag hom teen al die ander bewerings vir ‘n lang tyk ook nie verdedig het nie. En wanneer hy vandag die kans kry, is die druk geweldig groot, die vrae baie en intens en die sake moeilik en omstrede. Hy moet tog onvergenoegd huis toe gaan, dink ek, want hoe kan hy homself teen alles wat oor hom kwytgeraak het, voldoende verdedig.

Ek bekyk die hele affêre met verwondering. Hoe maklik is dit tog om iemand se integriteit verdag te maak. En hoe korrup is die motiewe van mense wanneer hulle daarop uit is om ander by te kom.

Dit illustreer gemeenheid.

Hoe junior die regter ook al mag wees, hoeveel argwaan ‘n mens ook al oor sy lekeprediker-status in sy voorspoedskerk mag hê, hoe betreurenswaardig sy foute in sy regsloopbaan ook al sou kon wees – hy verdien nie sulke behandeling nie.


Maar, aan die ander kant, bekyk ek die haai-nes en dink: in watter ander land in die wêreld sal so ‘n gesprek so openlik en so krities plaasvind? In die VSA? Miskien. Maar dat dit hier by ons gebeur, is eintlik ‘n wonderwerk – en die tragiese sou wees as ons dit ook nie raaksien nie: Hier, in die haaines, is nie sprake van swart teen wit nie. Hier is alleen maar ‘n heftige, kritiese, harde openbare debat waarin knap mense uit alle bevolkingsgroep in ons land, oor die belangrikste en diepste kwessies van die grondwet, die reg en die politieke toneel praat. Dit is merkwaardig. Ek is meegevoer deur die openheid, maar ook deur die kwaliteit van alles wat hier gebeur. Dit word net ontsier deur gemeenheid, maar origens is dit volwasse, sterk debat en opklaring.

Hoe verontwaardige ‘n mens ook al is, hoe dankbaar is ‘n mens ook dat soveel kragte loskom op so ‘n dag. Daar is tog veel meer mense wat omgee vir die regstaat, besef ek. En ek besef ook dat ‘n mens nie te dikwels ‘n te swaar kruis moet wil dra nie. Dit groot getal mense en die heftige debate wys een ding: daar is ‘n groot klomp mense wat die welsyn van hierdie land op hulle hart dra en wat hard saam met jou gaan veg. Hulle is almal bekwame mense, wat op hoë vlak oor uiters omstrede dinge openlik kan gesels. In die swaar tye, die donker oomblikke, sal ons almal saamkom en ons sal die wa deur die drif trek.

Ek beluister die gesprekke, dankbaar dat ons die vryheid het om te kan kyk wat in die hoogste gespreksale aangaan, dankbaar dat ons in ‘n vry land woon (dink Ghadaffi en Soedan), dankbaar vir mense wat uit alle groepe na vore tree as intellektueles, as leiers, as gesprekgenote. Dankbaar oor die kwaliteit van mense wat daar tog nog op ons regbank is. Dankbaar ook, dat die regter sy kans kry om sy onskuld te bewys en sy integriteit uit te wys. Dankbaar dat 'n klomp mense almal saam deur hul kritiek wys hoeveel hulle omgee vir ons regbank, vir ons land en vir ons regstaat.

My gebed is egter meer as een van dankbaarheid, vanaand. Ek bid ook om wysheid dat reg sal geskied, dat ‘n wyse besluit geneem sal word en dat ons regbank verder sal gedy. Dit is goed om te merk hoeveel mense vir die onafhanklikheid van die regbank stry.

Miskien is ‘n haaines dan ook nie die slegste van plekke nie. Solank as wat daar iewers ‘n net is wat kan keer dat daar enige slagoffers is.

Friday, September 02, 2011

Spiritualiteit van ontferming: oor begrafnisse.


In Trouw van Dinsdag 30 Augustus 2011 verskyn ‘n berig oor ‘n Nederlandse priester wat geweier het dat een van sy lidmate uit sy kerk begrawe word omdat die persoon vir euthanasie gekies het. Die lidmaat is uiteindelik in ‘n buurgemeente begrawe deur ‘n ander priester wat sy kerkgebou beskikbaar gestel het. 

Dieselfde kerk is hier ter sprake (Rooms-Katoliek), maar twee direk kontrasterende houdinge en twee baie verskillende gesigte word gewys. En ons weet, dit gebeur daagliks, in vele kerke. 

Die een priester het gewetensbesware, die ander priester nie.

Dit illustreer die spanninge wat selfs in een kerk kan bestaan.

Die artikel lees interessant en daag ‘n mens uit om diep na te dink oor die implikasies en konsekwensies van ‘n mens se besluite. Wat is God se wil in so ‘n situasie? Hoe onderskei ‘n mens wat God van ‘n mens vra, veral wanneer dit kom by een van die seerste oomblikke wat ‘n familie ooit kan ervaar? Dit is dus ‘n kwessie van die onderskeiding van die geeste – of te wel, hoe lei die Heilige Gees ‘n mens. 

En net so interessant is die posisie van die skrywer van die artikel: ‘n mens luister na die Heilige Gees deur onder andere te bedink wat die gevolge van jou besluite op ander sal wees – en of jou besluit gedryf word deur barmhartigheid en ontferming.
Maar vir my is die artikel ook om ander redes interessant. ‘n Mens beleef vandag begrafnisse wat ‘n ware “show” geword het. Daar is allerhande populêre liedjies, gewoonlik gunstelinge van die een wat dood is, wat gesing word. Lang vertellings oor die een wat dood is, word gehou en almal wat van hom/haar iets wil sê, kry ‘n kansie. Grappies, soms selfs vulgêr, is ook nie meer ‘n kwessie nie.  

Hoewel sulke opmerkings nie noodwendig ongepas hoef te wees nie, wonder ‘n mens soms waarom jy vir ‘n begrafnis in ‘n kerk is, veral wanneer die bykomstighede die diens self en die ontmoeting met God verswelg. En miskien is alles hieroor so treurig omdat mense dit seker goed bedoel, of, selfs tragieser, daarmee probeer om hul verdriet te besweer. Hulle is analfabete, skryf die artikel, as dit kom by afskeid neem. En dikwels is hulle verlig as hulle eerder kan terugval op die tradisie van begrafnisse waarin die ontmoeting met God, die Trooster, sentraal staan.

Dit het my nog altyd diep geraak dat die mense wat naaste aan God leef, die soberste begrafnisse wil hê.

Die vraag waarmee ek nog steeds worstel is dus of die kerk wel die plek is waar die show gehou moet word. In hierdie artikel in Trouw word vertel van die ryk tradisie van die kerk as dit kom by ‘n begrafnis. Hierdie tradisies het oor eeue ontwikkel om mense te help om te rou, om afskeid te neem en om tot afronding te kom, veral in ‘n tyd van intense hartseer.

In die kerk vier ‘n mens nie iemand se lewe nie, maar God se ryke genade in die lewe van hulle van wie afskeid geneem word. ‘n Mens bedink nie iemand se liedjies wat hy of sy op ‘n keer graag geneurie het nie, maar eerder God se liefdevolle werking in die lewe van gelowiges, die dieper dinge wat iemand gelukkig kan maak, ‘n singende mens kan laat word.

Veral in my kerklike tradisie is beklemtoon dat lof aan God, dankbaarheid vir seëninge teenoor die Goeie Gewer, vertroue op genade, selfs by die dood en vele ander dinge gevier word. Dit gee werklik troos. Maar rituele soos die formulier, die orde van die diens met al sy element van toewyding, selfs die laaste woorde by die graf, kan hulle wat agterbly vir die res van hulle lewe bybly en troos. Wie sê tog nie dikwels nie: dit is die lied wat op my pa se begrafnis gesing is. Dit is die predikant wat my ma begrawe het. Dit is die teks wat my broer vir sy begrafnis gekies het. 

Selfs so iets soos ‘n grafskrif verteenwoordig ‘n ritueel wat in mense se dieptestrukture gaan vassit: my oupa het gekies vir die eenvoudige woord – ‘n Sondaar wat genade ontvang het.

Is dit nie ‘n teken van ons rasionaliteit, maar ook van ons sug na uiterlikheid, dat die wonderlike rituele van ‘n begrafnis nie meer herken en waardeer word nie?
Spiritualiteit van troos is hier ter sprake. En as ‘n mens daaraan dink dat ‘n begrafnis ‘n oorgangsmoment (‘n skarniermoment, noem die artikel dit!) in alle mense se lewens vaspen, word dit een van die groot aktiwiteite van die mistagoog. Dit is die oomblik, selfs by kerklosses se begrafnisse, dat die gesig van Christus in al sy barmhartigheid gewys word.

Juis daarom was ek geboei deur die opmerking in die artikel dat een van die sewe werke van barmhartigheid is om die dooies te begrawe. Daarmee word die belangrikheid van begrafnisse uitgesonder. ‘n Begrafnis, met bewoëndheid en met ‘n wydse genadeverkondiging bedien, kan mense vir ewig nader aan God bring.

Te min, heeltemal te min, sien ons begrafnisse as ‘n werk van ontferming. Te veel, heeltemal te veel sien ons dit as ‘n kans om die lat in te lê vir hulle wat na ons mening los lewe. Of om deur oppervlakkighede die kans om eg voor God te rou en om die hoop (vertroue) op die ewige lewe te besweer (in plaas van vas te hou).

En heelemal te min gee ons aandag aan rituele tydens begrafnisse wat mense egte troos bied en hulle harte sal rig op God, die Trooster. Ons onderskat die ryk tradisie wat die kerk oor eeue ontwikkel het om mense by te staan in ‘n uur van intense seerkry.

Dit beteken nie dat ons die tradisie net so moet oorneem of net ouderwetse formuliere hoef te gebruik nie. Dit beteken wel dat ons uit die koel fonteine van die ou wysheid gaan skep om dan op ‘n nuwe manier (nie ‘n ander manier nie), troos bring aan hulle wat verlies van dierbares ervaar. Ons sal die ou taal op ‘n nuwe wyse moet praat.

Hier is die artikel:

Liempde heeft een 'weigerpastoor'. Mooi woord, natuurlijk gekozen naar analogie van de weigerambtenaar. Het is het overdenken waard of de twee inderdaad zo veel op elkaar lijken als de woorden suggereren.
De weigerambtenaar is een dienaar van de overheid; de weigerpastoor een dienaar van de kerk. De weigerambtenaar wil geen huwelijk sluiten tussen twee mensen van hetzelfde geslacht. De weigerpastoor is niet ingegaan op de vraag van familie om de uitvaart te verzorgen van een man die overleed na euthanasie.

Het beroep dat de pastoor in deze kwestie doet op gewetensvrijheid is opmerkelijk. De weigerambtenaar, die ruimte wenst om van de regels af te wijken, doet dat met een beroep op zijn geweten. En ook de pastoor uit het naburige dorp die de uitvaart uiteindelijk heeft geleid, is daartoe gekomen omdat hij zijn geweten heeft laten spreken en meende af te mogen wijken van wat de katholieke kerk voorschrijft. Wat de weigerpastoor heeft gedaan, is de kerkelijke richtlijnen volgen. Je moet dus vaststellen dat het geweten van de weigerpastoor volledig gevormd wordt door het volgen van de leer.

De weigerambtenaar overtreedt de regels; de weigerpastoor niet en om die reden zou je de eerste zijn besluit meer kwalijk kunnen nemen dan de tweede. Toch doe ik dat niet en dat heeft ermee te maken dat je een handeling ook beoordeelt op haar consequenties. De weigering van de ambtenaar een homohuwelijk te sluiten, vormt geen beletsel voor het stel om te trouwen. Er is altijd een collega te vinden die de ceremonie wel wil leiden. Het feest kan doorgaan.

De pastoor kreeg te maken met nabestaanden die, veronderstel ik, emotioneel waren uitgeput. Hoe je ook over euthanasie denkt, een verzoek daartoe wordt nooit lichtvaardig gedaan. De familie had een enerverende tijd achter de rug en was blij dat aan het 'ondraaglijk en uitzichtloos lijden' van hun dierbare een einde was gekomen. Een mooie viering regelen is het laatste wat ze nog voor vader kunnen doen. Daarvoor kloppen ze aan bij de pastoor, maar deze geeft niet thuis. In plaats van een rustige voorbereiding op het naderende afscheid, zijn ze genoodzaakt met hun gestorven vader te gaan leuren. De ¿ psychische ¿ schade die de pastoor met zijn 'nee' deze mensen heeft berokkend, is vele malen groter dan wat de weigerambtenaar veroorzaakt bij het aanstaand echtpaar dat hij niet trouwen wil.

Twee kanttekeningen plaats ik bij het kerkelijk besluit als zodanig. De ene is dat de doden begraven, evenals bijvoorbeeld het voeden van wie honger lijdt en het huisvesten van de vreemdeling, hoort tot de zeven werken van barmhartigheid. Met de richtlijn een uitvaart van de hand te wijzen na euthanasie is de kerk dus op zijn minst met zichzelf in tegenspraak.

Een tweede kanttekening heeft te maken met de marginale rol die de kerk tegenwoordig speelt in de samenleving. De scharniermomenten van het leven ¿ geboorte, een levenslange verbintenis, overlijden ¿ zijn bij uitstek momenten waarop de kerk nog wél iets voor mensen betekenen kan. Zij heeft een enorme schat aan teksten, rituelen, symbolen en muziek in de aanbieding. De verlegenheid en het analfabetisme zijn groot als mensen zelf verantwoordelijkheid dragen voor een viering. Familieleden zijn werkelijk opgelucht als iemand de vraag stelt of het wel zo'n goed idee is om het lied van de voetbalclub te draaien als de kist wordt uitgedragen. Dat je dan het risico loopt in polonaise de zaal te verlaten, was niet bij hen opgekomen. De regelgeving van de kerk blijkt een obstakel te zijn om haar rijke traditie te delen met anderen. Zonde.

Of er aan protestantse kant ook weigerdominees bestaan, weet ik niet. Regelgeving daarover is mij niet bekend. Een oplossing zoals bij euthanasie: spreek er tijdig over met je arts, zodat je elkaars standpunt kent, is voor katholieke voorgangers in ieder geval geen begaanbare weg. Want dan zou je van de priester of pastoor vragen aan te kondigen dat hij van plan is de regels te overtreden. Misschien is hij daartoe wel bereid, maar hij zal dat nooit hardop zeggen.

De weigerpastoor heeft met zijn besluit om de man die is gestorven na euthanasie, niet te laten begraven vanuit zijn eigen parochiekerk, de kerk van haar meest liefdeloze en onbarmhartige kant laten zien. Het stemt me deze dagen niet trots dat ik deel uitmaak van diezelfde, christelijke, geloofsgemeenschap.

Thursday, September 01, 2011

Hooglied as mistieke Liefdeslied.


Die Westerse rasionalisme en sy medeboelie-boetie, die historisme, het ons in vele opsigte vrygemaak van ‘n nare fundamentalisme, maar in die proses dikwels ongelukkig ook vir ons weer aan ‘n nuwe fundamentalisme verbind. Die bougrond van die rede en van die (historiese) feite word as heilig beskou deur die intellektueel verligtes, en tragies, selfs ironies, selfs ook deur hulle opponente, wat (met goeie bedoelings) ongelukkig dieselfde historistiese taal as hul vyande wil hanteer. En dan bly hulle almal steeds slagoffers van ‘n hongerdieet as dit by die toeëiening van die Skrif in ons dag kom.

Willem van Sint-Thierry het, soos vele ander uitleggers ‘n kommentaar oor Hooglied geskryf. Hooglied was, vreemd genoeg, ‘n besonder gewilde boek vir spiritualiteitskrywers, veral omdat dit die Liefde in sy mees intieme vorm besing het en omdat hulle daarmee die opwindende, noue band tussen die goddelike en die menslike wou illustreer.

Anders as modern eksegete wat Hooglied dikwels net wil sien as ‘n prikkelende seksboekie, het hierdie antieke eksegete miskien beter ingesien hoe, selfs al sou dit die fisieke besing, die boek Liefde in sy mees lewegewend vorm verstaan en begeer.

Twee ander Bybelboeke was vir die spirituele eksegete belangrik: Spreuke, het hulle gedink, is ook ‘n belangrike boek: daarin ontdek ‘n mens die wysheid wat ‘n mens nodig het om op ‘n etiese manier te leef. Daar ontdek die geestelike mens reg en verkeerd.

Hulle ander gunsteling boek was Prediker. Hulle het gehou van die manier waarop Prediker ‘n mens bewus gemaak het van die verganklikheid van alle dinge en om, gevolglik aan God alleen vas te hou (Pred.1:2: alles is tevergeefs!).

Maar die liefste van alles was hulle vir Hooglied. Dit was vir hulle die kontemplatiewe boek. Dit is ‘n boek van intense verlange na die koms van die Bruidegom. Alles is ingestel op die kontemplatiewe, op die mistieke, naderende belewing van die teenwoordigheid van God. Soos in Hooglied kom die verlangende hart van die Bruid alleen maar tot volkome liefde wanneer die Bruidegom uiteindelik vir haar in sy omhelsing neem. Daardie klimaktiese oomblik, die volkome eenwording, die kontemplatiewe – dit is waaroor Hooglied wil skryf.

Willem van Thierry skryf dus ‘n kommentaar op Hooglied. Hy is een van die bekendste skrywers in die geskiedenis van Spiritualiteit. Wie sy werke lees, ontdek egte Godservaring. Maar Willem van Thierry het begryp dat ‘n mens nie sommer ‘n boek soos Hooglied optel en lees nie. In egte lectio divina-styl begin hy die kommentaar met die volgende klassieke, liefdesgebed. Voordat 'n mens 'n enkele woord in Hooglied lees of weeg, besef hy, moet 'n mens ingestel wees om die rykdom van die teks te laat insak in jou binneste. Eers dan sal die egte trefkrag van die teks ervaar kan word. 

Vele mense voel so. Dit is egter die enkele, begaafde mistikus wat die innige verlange na God se stem op so 'n wyse in hierdie gebed kan verwoord (Dankie, Kobus, wat vir my die gebed aangestuur het!).

Terwyl ons die Bruidslied benader, die huwelikslied, die lied van die Bruid en die Bruidegom, om dit as U werk te lees en te weeg, roep ons U aan, o Gees van Heiligheid.

Ons verlang dat U ons vul met U liefde, O liefde, sodat ons die lied van die liefde sal begryp – sodat ons ook kan deel as deelgenote in die gesprek van die heilige Bruidegom en die Bruid, en sodat dit waaroor ons lees, in ons sal gebeur. Want wanneer dit gaan om die siel se gevoelens, sukkel ‘n mens om te begryp wat gesê word wanneer jy nie deur dieselfde soort gevoel aangeraak word nie.

Keer ons daarom na U, o Heilige Gees, heilige Pleitbesorger, heilige Trooster; troos ons in die armoede van ons afsondering waarin alleen maar U vertroosting verlang word; verlig en ontsteek die begeerte van die soeker om vreugde te kan ervaar.

Kom dan, sodat ons in waarheid kan bemin, sodat wat ons ook al dink of sê uit die fontein van U liefde sal opkom. Laat ons die lied van U liefde op so ‘n manier lees dat dit die liefdesvuur in ons sal laat ontbrand; en laat die liefde self vir ons u Lied uitlê.


Op ‘n ander keer moet ‘n mens meer skryf oor hoe die rasionalisme en historisme ons in ons lees van Hooglied verarm het. Ek lees Willem van Thierry se gebed en Skrifuitleg as die sleutel tot die verskil tussen die gereduseerde Bybelresepsie van ons tyd en die verrykte mistieke resepsies van lesers soos Willem van Thierry. Die gesprek met modern eksegese kan egter nie regtig oop wees en sinvol verloop totdat ‘n mens die passie agter hierdie gebed herken en metodologies verreken nie. Dit is ‘n passie om ‘n transformatiewe lees van die Bybel. En wie op die manier tot die Bybel nader, sal verstaan waarom dit vir eeue soveel rykdom vir lesers gebied het.

Hier is die Engelse vertaling:

As we approach the epithalamium, the marriage song, the song of the Bridegroom and the Bride, to read and weigh your work, we call upon you, O Spirit of holiness. We want you to fill us with your love, O love, so that we may understand love’s song — so that we too may be made in some degree participants in the dialogue of the holy Bridegroom and the Bride; and so that what we read about may come to pass within us.  For where it is a question of the soul’s affections, one does not easily understand what is said unless one is touched by similar feelings.  Turn us then to yourself, O holy Spirit, holy Paraclete, holy Comforter; comfort the poverty of our solitude, which seeks no solace apart from you; illumine and enliven the desire of the suppliant, that it may become delight.  Come, that we may love in truth, that whatever we think or say may proceed out of the fount of your love.  Let the Song of your love be so read by us that it may set fire to love itself within us; and let love itself be for us the interpreter of your Song.

Blog Archive