Thursday, October 09, 2014

Mooi en blink. Oor die kerklike oorloë.

Al geruime tyd is ek bewus van die bestaan van Hillsong, 'n kerk wat in Australië begin het en toe na ander lande uitgebrei het. 

In Engeland woon 'n klomp Suid-Afrikaners die kerk by.

Familie en goeie vriende van ons vind daar 'n kerklike tuiste. 

Hilsong bied aan mense 'n eietydse, maklike, mooi Christendom. Baie musiek, sang, ligte, sterre, aktiwiteit, stilte, meditase. 

Daar is lewe en lewe by die groepe. 

Dit is 'n kerk wat dieselfde soort van tuiste bied aan mense in 'n groot, vreemde en sekulêre wêreldstad as wat in ons land gebeur. 

Daar is gewilde gemeentes in Suid-Afrika wat groot getalle mense trek. Hulle is ook in Gereformeerde kerk, maar is meestal uit nuwere geloofstradisies.


Verlede week het 'n mooi artikel in die New York Times oor Hillsong verskyn. 

Enige gemeente sal ledemate afkap om sulke blootstelling te kry. 

Maar so tussendeur was daar ook 'n paar wrang kommentare. 

Ek lees vandag 'n goeie bespreking van die ontwikkeling in die blog van Andy Gill. Hier is die skakel:

http://andygill.org/hillsong-and-the-end-of-evangelicalism/

Wat my bybly van hierdie mega- en voorspoedgemeentes is nie net hulle teologie en spiritualiteit nie. Vlak teologie sal 'n mens enige dag in 'n gereformeerde kerkdiens in ons land ook beleef. Die nuwe kerke het nie alleenreg daarop nie. Die dae van sewe jaar opleiding en lang blootstelling aan diepsinnige teologie is vir Gereformeerde kerke ook al grootliks verby. En spiritualiteit is in ons land nog in sy kinderskoene, met mense wat nog steeds dink dit gaan in spiritualiteit om stilte, meditasie, rondloop in die natuur, goeie stemming en vrome belewenisse.

Wat my voorts opval is hoe sulke gewilde kerke hul godsdienstige identiteit wegsteek. Soos Hillsong, noem hulle hulself met mooi name wat nie verraai wat hulle kerklike identiteit werklik is nie.  Hulle neem ook op die manier lidmate uit ander tradisies oor en vertel nie vir hulle waarvoor hulle hul inruil nie. Hulle is gewild, gee vir mense wonderlike versekeringe en mooi ervaringe.

Wat ook nog na vore kom, is die moralisme wat hul as sjibbolet van regte Christenskap neerlê. Andy Gill se artikel noem 'n paar daarvan op. Wat hy sê, stem ooreen met my eie waarneming. Omdat hulle op getalle fokus en geestelike diepte aan vlot, groot eredienste meet, is van die groepe krities teenoor enige iets wat hul sukses bedryf. 

Hulle venyn teenoor die gevestigde, hoofstroom kerke word nie altyd goed weggesteek nie.

Gill se artikel noem die dinge by die naam - en is werd om gelees te word.



No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive