Wednesday, October 08, 2014

Van valerigheid to verwondering

Net 'n gewone dag, 'n gewone treinreis, met leë gesigte en die alledaagse gang van sake wat sy sloergang voortsit.

En dan, op die trein, is daar 'n klompie mense wat musiek maak. Soos die musikale Dene dit doen: Peer Gynt se tydlose stuk, liries en meesleurend.

Die gesigte van die treinryers vertel 'n eie verhaal naas die storie van die musiek. Opheldering, vreugde, pure genot en trane van ontroering.

Mistiek. Daardie gebeurtenis wat van buite kom en 'n nuwe dimensie in jou vaal bestaan indra. 



No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive