'n Artikel soos hierdie (sien skakel hieronder) herinner my aan 'n dikwels herhaalde opmerking van Prof Johan Heyns, wat in my laaste dae op die fakulteit van heiligheid my professor in etiek was.
Hy kon gereeld bly kla in die klas oor kerkrade wat nie kan wag om toe te sak op jong meisies wat buite die huwelik swanger raak nie: hulle was (toe nog) onder sensuur geplaas en die hele familie is dus verder in die skande gesteek. Hul ellende is in kerklike kringe verder vergroot.
Heyns se punt was dat die kerk hoogs selektief in sy toepassing van morele oordele was. Enige iets wat met seks te doen gehad het, veral voor-huwelikse seks, was soos uit die bose.
Intussen kon mense lieg en bedrieg, skinder en skandaliseer, raas, beledig en baklei, vir generasies lank met griewe en in onvrede loop sonder dat 'n kerkraad 'n vinger teen hulle opgelig het of dat hul sondes aan die groot klok opgehang is.
Sekere sonde's is mos darem erger as ander?
Ek neig dikwels om te dink aan die bergrede: wie vir sy broer uitskel of skeef aankyk, staan al onder die oordeel. Daar is nie groot of klein sondes nie. 'n Mens moet jou hele lewe in orde kry - ook die kleinste van sondes. En intussen nie te gou klippe optel om ander te stenig nie.
Waarmee Heyns nie bedoel het dat die kerk nou maar alles moet verdra en verduur nie. Maar hy het uitgewys hoe kru, wreed en harteloos die kerk kan wees in sy morele oordele. Veral wanneer dit gekom het by die sagte teikens.
Hierdie artikel is besonder kragtig en goed uitgewerk. Dit raak aan die hart van ons kerklike lewe. Ek weet: want die onderwerp daarvan, ervaar ek dikwels, is 'n uitmuntende voorbeeld van hoe vooroordele van mense ander se lewens kan verwoes en hul verhouding met God kan verduister.
Mag het mos 'n manier om veral wreed te wees teenoor hulle wat nie eintlik kan terugslaan nie...
Hieraan dink ek toe ek die artikel in vandag se NYT lees:
http://www.nytimes.com/2014/10/05/opinion/sunday/frank-bruni-the-churchs-gay-obsession.html?emc=edit_th_20141005&nl=todaysheadlines&nlid=55992893

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.