Tuesday, October 04, 2011
Vet salaris, min geluk. Oor die spiritualiteit van werk (1).
Ek lees met my terugkeer van Nijmegen vandag Mertens en Blommestijn se nuwe publikasie op die gebied van maatskaplike spiritualiteit (gemeenskapspiritualiteit) waarin hulle nadink oor die spiritualiteit van werk.
Ek is onmiddellik geïnteresseerd in die boek. ‘n Mens se daaglikse werk kan inderdaad, soos hulle skryf, jou hele lewe oorheers. Dit kan jou dagprogram totaal in beslag neem. Maar selfs wanneer ‘n mens net werk om aan die lewe te bly, is ‘n mens se werk steeds belangrik. Min mense kan eenvoudig met hul lewe aangaan sonder aandag vir hul werk. Maar hoeveel mense gaan sit en dink na oor die geestelike implikasies hul werksituasie? Hoeveel mense sit terug en vra vir hulleself wat hulle werk aan hulle doen en hoe hulle lewens deur hul werk geraak word?
Dit is nie noodwendig dat mense oppervlakkig lewe nie.
Oor ander dinge sal mense dikwels en gereeld groot vrae vra. Sulke dieper vrae sou 'n mens selfs kon sien as 'n teken van mense se geestelike bewussyn. Sulke dieper vrae kan dus saamhang met spiritualiteit, met ‘n lewe in geestelikheid.
Spiritualiteit is ‘n saak wat al hoe meer aandag kry, ook in kritiese vra. Maar ‘n minderheid dink daaraan om spiritualiteit direk ook met hul eie ervaring van hul werksituasie te verbind.
Miskien sal sommige mense hieroor verras wees. Dit is dan vir hulle ongewoon om dieper vrae te vra oor hul werk.
‘n Spiritualiteit van werk is egter nie so ‘n vreemde saak soos wat vele verbaas sou dink nie.
Kyk maar net na ons samelewing. Voorheen het ‘n mens gewerk om kos op die tafel te kry en ‘n dank oor die kop te kan bekostig. Deesdae werk ‘n mens vir ‘n salaris. Hieruit betaal ‘n mens vir die kos wat jy eet en vir jou huis, maar jy koop ook baie ander dinge. Daardeur leef ons heel anders as ons voorouers. Ons koop en besit veel meer as hulle.
En tog maak ‘n werk met ‘n salaris mense nie noodwendig gelukkig nie. In ons tyd met al sy keuses en al die nuwe lewensmoontlikhede leef mense nie meer sinvol as hul voorgeslagte nie. Dink mense ooit daaraan om hieroor dieper vrae te vra? Waarom is dit dat ons so klaerig, onvergenoegd, onnadenkend al die goeie dinge van ons tyd beleef en by ons laat verbygaan?
Mense kan tog baie vrae vra: hulle is krities oor swak produkte, hulle dink pryse van produkte is te duur of hulle voel ook dat hulle dinge koop wat nie regtig nuttig genoeg is nie. Hulle kan selfs al diepsinnige vrae stel. Mense wil nie produkte koop van firma’s wat hul werkers uitbuit nie. Of hulle stel versoekskrifte op teen maatskappy wat oneties optree. Sommige mense sou dan kan redeneer dat hulle in die werkplek omgee vir ‘n bepaalde gesonde geestelike benadering. Firma’s moet hul werkers ordentlik behandel. Mynmaatskappy moet hul arbeiders menslike lone en huisvesting aanbied. Menslikheid is dan immers ‘n gesonde geestelike waarde waaraan ‘n mens die sakewêreld kan meet. Sulke opmerkings hoor 'n mens so af en toe in gesprekke en lees 'n mens in die media.
Maar spiritualiteit is nie so ‘n vae algemene gevoel van geestelikheid wat iewers op die sakewêreld van toepassing gemaak word nie. En dit gaan ook nie bloot oor hoe ander mense of maatskappy op ‘n verantwoordelike manier besigheid doen nie.
Spiritualiteit in die werkplek gaan spesifiek om wie die mens werklik is. Dit gaan nie om die vraag of ‘n mens ‘n werk het of nie het nie. Wat tel is of ‘n mens se werk vervullend is, of iemand sy of haar werk sinvol ervaar.
Dit is 'n heel spesifieke geestelike kwessie: 'n mens sou dit selfs kon beskryf as die vraag wat 'n mens se werk aan jou gees doen.
Die implikasies van die vraag word duidelik as 'n mens bedink wat 'n werk aan iemand se gees kan doen: Iemand wie se werk vir hom of vir haar ‘n pyn en ‘n straf is, word dikwels ‘n ongelukkige mens, ‘n gefrustreerde ouer, ‘n nukkerige eggenoot/eggenote of ‘n klaerige kind. Hulle familie ly onder mense wat by hul werk nie gelukkig is nie. En hulle word by die werk self onmoontlike kollega’s wat in slegte werksverhoudinge vasval en met niemand klaarkom nie. Hulle kan ook maklik ‘n maatskappy tot niet maak of skade aandoen.
Omdat ‘n mens se werk jou lewe so omvattend kan beïnvloed, is dit juis ‘n verrassing dat mense so min nadink oor ‘n spiritualiteit van werk – oor die dieper geestelike aspekte van dit waarmee hulle daagliks besig is. Selfs al verdien hulle baie, al is hulle ‘n groot baas in die werksplek, al bank hulle ‘n stewige tjek elke maand en kan hulle ‘n pragtige dak oor die kop bekostig, kan mense diep ongelukkig wees omdat hulle werk vir hul sinloos is.
Dit hoef ook nie eers so dramaties te wees nie. Baie mense is nie noodwendig ongelukkig nie. Maar hulle ervaar hulle werk as ‘n stuk gesleur, as iets wat hulle tog net verby moet kry om dan aan te gaan met hulle lewe buite die werk.
Daarmee verloor die lewe vir mense soms sy sin en betekenis.
Binne hierdie konteks wil Blommestijn en Mertens dieper nadink oor ‘n spritualiteit van werk. Ek wil meer hieroor skryf.
Sunday, October 02, 2011
Die mees ongewone ding wat 'n mens kan hoor?
In die Engelse Sondagkoerant van vandag is daar 'n berig oor die viering van Emeritus Aartsbiskop Tutu se 80 ste verjaardag.
Een van die kwessies wat met sy verjaardagviering na voer gekom het, is natuurlik die regering se versuim om 'n visum aan die Dalai Lama uit te reik om die sleutel-toespraak te kom hou. Dit is nou die regering wat ook danksy die aartsbiskop se jarelange verbete stryd teen rassisme aan die mag gekom het en blykbaar nie weet watter gewetenskuld hy aan hierdie dapper tagtigjarige leier verskuldig is nie.
Maar hieroor wil ek nie skryf nie. Daar is iets anders in die berig wat my bybly en wat vir my iets vertel oor waarom die aartsbiskop in geselskap van die grotes en die belangrikes van die aardbol is. Hy is die gewete van baie mense en leiers. Dit terwyl hulle weet dat die aartsbiskop nie altyd 'n maklike mens is nie. Een van sy belangrike vriende noem hom selfs die "pyn in die agterkant" van sommige mense.
Die berig gaan oor 'n bekende joernalis wat tans 'n boek oor hom skryf en wat dus allerhande ongewone dinge oor hom wil uitvind om die boek interessanter en nuuswaardiger te maak.
Die joernalis reis dus saam met Tutu na Darling om te kuier by Pieter-Dirk Uys, wat 'n groot vriend van Tutu is.
Hulle ry al die pad Darling toe met Tutu se klein Toyota. Hieroor is die joernalis, Sparks, al verwonderd. Hy skryf as 'n terloopse opmerking dat die aartsbiskop nie belang stel in 'n blink kar nie. Hy is tevrede bloot net met 'n gewone ryding wat hom by sy bestemming kan uitbring.
Op pad terug van Darling wil die joernalis begin om Tutu uit te vra.
Hy wil mos nou meer dinge uitvind vir sy boek. En hy maak hom reg vir 'n intense gesprek gedurende die lang reis terug Kaapstad toe wat wag.
En toe kry hy inderdaad die mees ongewone antwoord wat hy ooit sou kon kry.
Die aartsbiskop knip sy vrae kort toe hulle uit Darling wegtrek en Sparks begin om hom uit te vra.
"Ek is jammer" laat hoor hy, "maar as ek in my motor is, bid ek." Meer nog: die aartsbiskop haal sy Bybel uit. En, voeg die joernalis by, daar sit hulle 'n hele uur lank in stilte.
Die aartsbiskop is min gepla oor die joernalis se boek. Selfs al gaan die boek oor homself. In sy ervaring is dit bloot 'n boek. Ander dinge is belangriker. Of, dalk moet 'n mens opmerk: van alles bly gebed vir hom die belangrikste.
Pragtig is die slot van die berig.
Die Sunday Times, lyk dit vir my, kan nie eintlik die saak peil nie. Hulle wil bietjie dieper op die storie ingaan. Dit lyk of hulle wonder: Is dit nie dalk een van daardie geisoleerde gevalle waar 'n besige man op 'n dag 'n uurtjie vir homself wou gehad het nie? Is daar nie dalk 'n ander rede vir hierdie een keer se gebid in die motor op pad van Darling nie?
Die koerant volg dus die berig op en vra 'n woordvoerder van die aartsbiskop daaroor uit. Hoe kan die aartsbiskop 'n uur lank in stilte saam met ander in 'n kar sit en bid?
En weer eens kry 'n mens 'n ongewone antwoord.
Dit is so, laat weet die woordvoerder, en dit is nie ongewoond nie. Die aartsbiskop doen dit dikwels. Hy doen dit byvoorbeeld wanneer hy vlieg. Hy lees, vertel die woordvoerder, sy Bybel totdat die vliegtuig land.
Dit is so, laat weet die woordvoerder, en dit is nie ongewoond nie. Die aartsbiskop doen dit dikwels. Hy doen dit byvoorbeeld wanneer hy vlieg. Hy lees, vertel die woordvoerder, sy Bybel totdat die vliegtuig land.
Ek bedink die berig 'n bietjie noukeuriger.
Ek vermoed die koerant mis eintlik die punt wanneer hulle skryf Tutu lees die Bybel wanneer hy vlieg. Tutu vertel immers aan die joernalis dat hy in die motor bid en die Bybel gee vir hom die materiaal om te bid.
Dit is waar spiritualiteit aan die orde kom. In beleefde geloof speel lectio divina 'n kern-rol. En in Lectio divina - daardie proses van geestelike lees van die Bybel, is 'n kernmoment die oratio, die oomblik wanneer 'n mens se nadenke oor die Bybel in verlange omslaan.
Dit is tog die lewensstyl van 'n gelowige. Ja, sekerlik is dit 'n dissipline, maar in die dissipline sit die besef dat 'n mens niks kan doen as 'n mens nie biddend en verlangend in die dieper dinge gewortel is nie.
Al hierdie spirituele dinge kom op uit die hart van 'n honger mens - selfs hulle wat in die geselskap van die grotes allerhande "groot" dinge kan beleef. Hulle weet te goed dat die groot dinge maar gewoon is. Dit is die ongewone dinge wat 'n mens se lewe ryk maak.
Geloof vind sy vreugde in die ongewone, in daardie tye van stilte, gelaai met verlange na God.
Dit is tog die lewensstyl van 'n gelowige. Ja, sekerlik is dit 'n dissipline, maar in die dissipline sit die besef dat 'n mens niks kan doen as 'n mens nie biddend en verlangend in die dieper dinge gewortel is nie.
Al hierdie spirituele dinge kom op uit die hart van 'n honger mens - selfs hulle wat in die geselskap van die grotes allerhande "groot" dinge kan beleef. Hulle weet te goed dat die groot dinge maar gewoon is. Dit is die ongewone dinge wat 'n mens se lewe ryk maak.
Geloof vind sy vreugde in die ongewone, in daardie tye van stilte, gelaai met verlange na God.
Saturday, October 01, 2011
Die oomblik van vasvat.
Wat Hammerskjold in sy Merkstene hieroor skryf bly my steeds by. Dit is 'n boeiende omskrywing van die mistieke wete wat 'n mens se lewe vir altyd omkeer.
Hy skryf:
Hy skryf:
Ek weet nie wie – of wat – die vraag gevra het nie. Ek weet nie wanneer die vraag gevra is nie. Ek onthou ook nie dat ek geantwoord het nie.
Maar op ‘n keer het ek ja gesê vir iemand of vir iets.
Vanaf daardie oomblik weet ek seker dat die lewe sinvol is en dat my lewe, in onderwerping, ‘n doel het.
Vanaf daardie oomblik het ek geweet wat dit beteken om "nie te sien nie" en om jou nie te bekommer oor die dag van môre nie.
Vanaf daardie oomblik het die woord “moed” vir my sy betekenis verloor omdat niks van my weggeneem kon word nie.
Pragtig. En dan dink ons ons kan alles so netjies uitspel en verduidelik. En dit terwyl die seker wete van ver anderkant onsself ons, onpeilbaar, vasvat in 'n sagte sprong.
Friday, September 30, 2011
Die toe kerke....
Madrid raas en kreun onder al die mense. Van vroeg-af, maar veral as die winkels teen laat-oggend oop is, is die sypaadjies vol voetgangers wat in ordelose strome hul pad deur die groot stad loop. Om nie van die strate te praat nie. Dit wemel van die motors en busse. Dit is ‘n besige, raserige stad wat oorloop van die mensdom.
Vanaf 1991 tot 2011 het die inwonertal van Madrid vanaf 4.9 miljoen tot 6.5 miljoen toegeneem.
Ek kry na drie dae die gevoel wat Opperman gehad het toe hy sy gedigte oor die grootstad gemaak het.
Ek soek bietjie ruimte om stil te word van al die geraas - want dit is oral en onontvlugbaar. Ons probeer om ‘n kerk of wat te besoek. Hulle is meestal toe. Ons gids skryf dat hoe leër die kerke word, hoe meer maak die priesters of hulle dit nie sien nie.
Sekularisering tref ook hierdie baie katolieke land.
Het die kerke ‘n lugleegte gelaat?
Op die oog af lyk dit nie so nie.
Op ons toer deur die stad klim ‘n groot groep mense by die sokker-stadium van Real Madrid af en net so ‘n groot groep klim op. Hulle het so pas die museum besoek waar dekade’s se memorabilia van al die grootste spelers en wedstryde uitgestal is. In die stad is daar sokker-winkels wat goed besigheid doen.
En, op ‘n aand, terwyl ons die binnestad instap, loop ons verby ‘n baie lang ry van jongmense. Hulle staan seker ‘n 400 meter lange ry vol en wat om by ‘n groot geboue in te gaan.
Na ‘n ruk moet ek een van hulle vra wat hulle dan daar doen. Dit blyk dat hulle ‘n konsert van een of ander bekende band gaan bywoon. Geduldig staan hulle hul beurt en afwag.
En dan sukkel ‘n mens om by ‘n kerk in te kom net om dit te kan sien….
Hoe oorleef die stadmens hierdie lawaai?
By die lughawe, op pad huis toe, is daar al een antwoord. In die kleedkamer is 'n kennisgewing op die deur: "Hierdie kleedkamer is toegerus met houers om naalde en hul spuite in te gooi."
Thursday, September 29, 2011
In die hande van die vader
Die Prado Museum in Madrid, sê ons gids, is een van die belangrikste museums in die wêreld. Die versameling beslaan minstens 7000 skilderye, waarvan net die helfte uitgestal word. Baie mense besoek Madrid spesifiek om die museum te sien. Maar min verwag seker die oorvloed van indrukke wat deur die reuse-versameling op hulle uitgestort word.
Die blote gebou is al oorweldigend. Oorspronklik ‘n paleis, onder andere gebruik as barakke vir Napoleon se berede troepemag, is dit uiteindelik in 1819 in ‘n kunsmuseum omskep. Intussen is ‘n hele vleuel aangebou.
Daar is ‘n fenomenale versameling van kuns met skilderye van die bekendste van bekende kunstenaars. Goya se skilderye sien ‘n mens om elke hoek en draai. Raaiselagtig en totaal uniek is sy Las Pinturas Negras (die swart skilderye) deurtrek met lyding en vervolging. By Hieronimus Bosch se Tuin van Aardse Plesier staan rye mense en staar na sy vreemde uitbeelding van die vervlugtende aardse genietinge waaraan die mensdom hul vergryp en waarvoor hulle dan in die hel gaan boet, gekontrasteer met ‘n eerste paneel waarin die paradys en die opregte lewe uitgebeeld word. Dit is so vreemd, skryf iemand, dat ‘n mens wonder watter dwelms Bosch ingehad het toe hy die tonele geskilder het. Daar is die pragtige, lewensgrote uitbeelding van Dürer se Adam en Eva. Maar dan is daar ook nog bekende werke van Greco, Rubens, Rembrandt, Rafael en vele ander.
Ons neem die hele oggend en middag om van kamer tot kamer te stap.
Die Spanjaarde besit inderdaad een van die indrukwekkendste museums in die wêreld, besef ons ook. Wat ons sien, is van die allerbeste.
As alles so oordadig op jou sinne inwerk, sou ‘n mens afgestomp kon word. En tog – in elke lokaal kom ‘n mens iewers tot stilstand. Dit is asof die mooi nooit te veel word nie.
As ek vanaand terugdink, is dit veral die werk van Velasquez wat ek onthou. Mense kom die Praedo besoek om sy Las Meninas (die kinders) te sien. Maar die skildery, hoe ook al tegnies perfek en histories boeiend, raak my nie. Velasquez was, vertel die skildery, so behep met koninklikes en erkenning dat hy homself in die skildery ingeskilder het – en dit nogal met die Kruis van die Orde van Santiago op sy bors. Hy het die kruis eers baie later ontvang, maar met die skildery gesorg dat niemand vergeet dat hy dit graag wou hê nie. Die Hollanders sou praat van ‘n ydel tuit.
Ons stap van kamer tot kamer en bekyk Velazques se skilderye. En elkeen is besonder. Ek verstaan nou meer waarom Dali gesê het dat hy een van die grootste kunstenaars ooit was.
Tog bly iets anders by my omtrent Velasquez en, trouens, omtrent die Prado, oor, terwyl ek nou nadink oor hierdie besoek aan die merkwaardige plek. Velasquez het ‘n magdom menigte skilderye geskilder en baie daarvan is in hierdie museum. Maar hy het net ‘n paar religieuse skildery gemaak. Die laaste daarvan ongeveer 20 jaar voor sy dood.
Daarom dan die verrassing, wanneer ek om ‘n draai loop – vas teen sy beroemde kruisigingstoneel. Ek het al voorheen daaroor geblog en is nog steeds verras oor hoeveel kere mense kommentaar lewer daarop, veral wanneer hulle in die lydenstyd nadink oor die kruisiging.
Ek het nou al baie jare lank ‘n baie klein weergawe daarvan wat in my studeerkamer hang.
Die skildery is ‘n mistieke interpretasie van Christus se kruisiging. Die uitbeelding het onder andere vir Dali in sy beroemde voorstelling van die kruisiging beïnvloed. Velasquez teken Christus teen ‘n swart agtergrond, hangend aan die kruis, met helder lig wat op sy liggaam skyn. Hy teken met absolute presisie, die mate en verhoudinge van die liggaam volgens Renaissance invloed. Hy teken selfs vier spykers in plaas van drie, skryf die museum, op advies van die mense wat hom van raad bedien het.
Ek wil nie weer alles oorskryf van my blog oor Velasquez nie. Om een of ander rede het ek nie geweet dat die skildery in die Prado hang nie. Dit was dus vir my ‘n groot verrassing om daarop af te kom. Ek het ook nie geweet die skildery is so groot nie. Dit is lewensgroot en hang ‘n hele muur vol.
Hoe anders is dit om so ‘n skildery “in lewende lywe” te sien, veral as ‘n mens oor baie jare vanaf ‘n verre afstand daarmee saamgehang het.
Hoe beleef ek die skildery vandag, nadat ek dit gesien het?
Die eenvoud daarvan, besef ek egter dadelik, val my op. Die swart agtergrond rondom die kruis laat die lig wat op die liggaam van Christus fokus, nog sterker uitstaan. Dit is nie ‘n verwronge liggaam nie. Daar is onmiskenbaar bloed wat in fyn strepies uit die wonder aan sy hande, sy voete afstroom. Die aksent val egter nie daarop nie. Dit sê net hoe hy dood is, maar wroeg nie oor sy lyding nie.
In die middelpunt van die skildery is eerder die kop van Christus Christus se kop, met ‘n sagte, byna weggesteekte ligkring daarom, hang vooroor. Die skildery vertel onmiskenbaar dat Hy dood is. Sy regterkant is bedek met sy hare wat sag oor die een kant van sy gesig val.
Die gevoel wat ‘n mens kry is dat die taak volbring is. Die lyding is verby. Dit is nie meer die wonde wat tel nie. Die bloed is klaar gestort. In die skildery lees ‘n mens van totale oorgawe, van ‘n taak wat goed gedoen is, met getrouheid. En ‘n mens voel hierdie innerlike aanraking van ‘n Vader wat die seun in helder, mistieke lig omhul.
‘n Mens staan voor die skildery terwyl jy al hoe meer aanvoel dat daardie laaste gebed verhoor is: “Vader in u hande gee ek my oor.”
Dit is die verhaal van die volkome eenheid in liefde, tussen Vader en Seun.
Wednesday, September 28, 2011
Groter
Ek het op 1 April 2010, in die lydenstyd, oor Picasso se Guernica geskryf. Dit word as een van die beroemdste skildery uit moderne tye beskou. Picasso het dit uit woede geskilder as protes teen Hitler se lugaanval, aangespoor deur Franco, op die Baskiese stad Gernica, waarin 2 000 mense gedood is.
Picasso het geweier dat hierdie beroemde skildery in Spanje hang. Dit is eers oorgeplaas nadat Spanje 'n demokrasie geword het.
Vanmiddag besoek ons die Reina Sofia Kunssentrum waar die skildery op die tweede verdieping in kamer 10 hang. Dit is 'n oomblik waarop ek lank gewag het.
Ons is nuut en onbeholpe en vind dus soek-soek ons weg deur die massiewe plek. Dit is al 'n kuns net om die roete deur die reuse-gebou te vind. Die roete neem ons verby wonderlike versamelings van Miro, Picasso en Dali se skilderye.
Ek verlustig my van skildery tot skildery. Tyd verdwyn soos 'n mens jou verloor in die werelde wat die kunstenaars geskep het. Ek vergeet eintlik, soos ons aanloop, dat ons daar is om die Guernica te gaan kyk.
Die besoek word veel langer as wat ons gedink het. Ek besef nou veral eers waarom Dali as een van die groot kunstenaars van die twintigste eeu beskou word. Van al die kunswerke wat ek die afgelope twee dae geskien het, is syne in die volste, ryk kleure en met perfekte tegniek uitgebeeld. Ek neem 'n paar foto's uit sy mistieke fase af.
Maar, so loop ons van kamer tot kamer. Die Guernica hang in 'n groot lokaal wat uit twee sale bestaan. Ons kom dus in kamer 10 aan en stap maar geduldig deur die eerste saal. Die oomblik is dus naby, maar ons is geduldig.
Halfpad is daar 'n groot deurgang van die een saal na die ander. Ek is nog nie op soek na die skildery nie. Ek wag my kans af.
Maar dan - heel toevalling en sonder dat ek dit antisipeer kyk ek om en my oog val op die Guernica.
Dit word bykans 'n mistieke oomblik.
Die skildery is reusagtig groot. Omtrent twee keer so groot, dog ek, as die Nagwag. En ek onthou toe ek destyds die Nagwag vir die eerste keer gesien het. Dit het my getref dat dit so massief groot was.
Twee wagte pas die Guernica op. Hulle staan weerskant van die skildery. Jy mag ook nie nader as so 2 meter daaraan kom nie. Die besoekers drom saam, ry op ry op ry. Die verwondering is tasbaar. Die stilte swanger.
Ek sien die geweld in die skildery, maar die droefenis van die treurende vrou oorheers die skildery.Ek sien die stukkende swaard en die blomme wat uit hulle opkom - Picasso se verlange om vrede.
Maar wat my dadelik tref is die kleur: Die skildery is in 'n grysblou kleur geskilder. Daar is nie 'n teken van enige helder kleur in nie. Dit is die kleur van droefheid.
Terwyl ek die skildery bekyk, bedink ek die ironie. Dit is Hitler se sinlose aanslag op 2 000 onskuldige mense, 'n oorlogsvergrype van die ergste graad, waaraan hierdie skildery sy ontstaan te danke het. Die skildery is een van die mees aangrypende protesgebare teen geweld. 'n Mens kan nie Europa en sy toenemende verset teen oorlog begryp as 'n mens nie die skildery gesien het nie.
Maar die kleur van die skildery... Soos van 'n donker hemel as dit aand wil word en 'n mens, byna soos in die aandgesang, sag wil sing van treurigheid en verganklikheid. Egte droefheid, oor menslike wreedheid en berekende vernietigingsdrang. En oor die seer wat dit oproep.
Die treurende vrou se gesig is oopgevlek na die hemel toe. Sy stort haar rou voor God uit.
Picasso het geweier dat hierdie beroemde skildery in Spanje hang. Dit is eers oorgeplaas nadat Spanje 'n demokrasie geword het.
Vanmiddag besoek ons die Reina Sofia Kunssentrum waar die skildery op die tweede verdieping in kamer 10 hang. Dit is 'n oomblik waarop ek lank gewag het.
Ons is nuut en onbeholpe en vind dus soek-soek ons weg deur die massiewe plek. Dit is al 'n kuns net om die roete deur die reuse-gebou te vind. Die roete neem ons verby wonderlike versamelings van Miro, Picasso en Dali se skilderye.
Ek verlustig my van skildery tot skildery. Tyd verdwyn soos 'n mens jou verloor in die werelde wat die kunstenaars geskep het. Ek vergeet eintlik, soos ons aanloop, dat ons daar is om die Guernica te gaan kyk.
Die besoek word veel langer as wat ons gedink het. Ek besef nou veral eers waarom Dali as een van die groot kunstenaars van die twintigste eeu beskou word. Van al die kunswerke wat ek die afgelope twee dae geskien het, is syne in die volste, ryk kleure en met perfekte tegniek uitgebeeld. Ek neem 'n paar foto's uit sy mistieke fase af.
Maar, so loop ons van kamer tot kamer. Die Guernica hang in 'n groot lokaal wat uit twee sale bestaan. Ons kom dus in kamer 10 aan en stap maar geduldig deur die eerste saal. Die oomblik is dus naby, maar ons is geduldig.
Halfpad is daar 'n groot deurgang van die een saal na die ander. Ek is nog nie op soek na die skildery nie. Ek wag my kans af.
Maar dan - heel toevalling en sonder dat ek dit antisipeer kyk ek om en my oog val op die Guernica.
Dit word bykans 'n mistieke oomblik.
Die skildery is reusagtig groot. Omtrent twee keer so groot, dog ek, as die Nagwag. En ek onthou toe ek destyds die Nagwag vir die eerste keer gesien het. Dit het my getref dat dit so massief groot was.
Twee wagte pas die Guernica op. Hulle staan weerskant van die skildery. Jy mag ook nie nader as so 2 meter daaraan kom nie. Die besoekers drom saam, ry op ry op ry. Die verwondering is tasbaar. Die stilte swanger.
Ek sien die geweld in die skildery, maar die droefenis van die treurende vrou oorheers die skildery.Ek sien die stukkende swaard en die blomme wat uit hulle opkom - Picasso se verlange om vrede.
Maar wat my dadelik tref is die kleur: Die skildery is in 'n grysblou kleur geskilder. Daar is nie 'n teken van enige helder kleur in nie. Dit is die kleur van droefheid.
Terwyl ek die skildery bekyk, bedink ek die ironie. Dit is Hitler se sinlose aanslag op 2 000 onskuldige mense, 'n oorlogsvergrype van die ergste graad, waaraan hierdie skildery sy ontstaan te danke het. Die skildery is een van die mees aangrypende protesgebare teen geweld. 'n Mens kan nie Europa en sy toenemende verset teen oorlog begryp as 'n mens nie die skildery gesien het nie.
Maar die kleur van die skildery... Soos van 'n donker hemel as dit aand wil word en 'n mens, byna soos in die aandgesang, sag wil sing van treurigheid en verganklikheid. Egte droefheid, oor menslike wreedheid en berekende vernietigingsdrang. En oor die seer wat dit oproep.
Die treurende vrou se gesig is oopgevlek na die hemel toe. Sy stort haar rou voor God uit.
Saturday, September 24, 2011
Oor 'n bedekte vorm van geweld. Nog 'n keer oor boelies.
Ek bly verbaas oor die reaksie op die blogs wat ek ‘n paar keer oor boelies geplaas het. Daar is telkens weer mense wat hierdie ouer inskrywings lees en daarop reageer.
Een van die belangrikste van hierdie blogs was die een waarin uitgewys is dat die grootste slagoffer van enige geboeliery, die boelie self is. Navorsing het gewys dat die kriminele syfer onder boelies hoër is as onder ander kinders. Boelies maak dikwels mislukkings van hulle lewens. Daarom moet ‘n mens eintlik meer bekommerd oor die boelie wees as oor die een wat geboelie word.
Dit bly maar boeiend, tussen hakies, om te sien hoe geweld hom wreek op die geweldenaar. In die geval van geboeliery, sou ‘n mens ook kon sê: Boontjie kry sy loontjie – as dit nie so tragies was nie.
Ek lees graag oor die kwessie van boelies omdat dit deel is van my belangstelling in geweld. Boeliery is ‘n vorm van geweld, waarin die menslikheid van die ander een deur verbale en selfs fisieke geweld ontken en geminag word. Dit vertel ook van die onmag wat kinders en mense het om ander met empatie en respek te behandel. En iemand wat as boelie sy of haar sin kry, gaan nie oornag as grootmens verander nie. Hy of sy bly ‘n boelie tot aan die einde van sy dae.
Tensy hy of sy professionele hulp kry, natuurlik. Dit was ook die strekking van die artikel: skole kan nie net optree teen boeliery nie. Hulle moet op ‘n georganiseerde manier vir ‘n boelie professionele hulp kry om vir haar of hom uit te wys dat boeliery ‘n geestesgebrek is wat ernstige langtermyn gevolge het.
In my eie konteks dink ek oor boeliery binne die konteks van spiritualiteit. Spiritualiteit het ontferming as ‘n sleutelwoord. En in ‘n geboelie is daar niks ontfermends nie. Inteendeel. En wanneer ‘n mens ‘n kind of ‘n mens wat ‘n boelie is, raaksien, is dit voorts jou verantwoordelikheid om so iemand te ondersteun. Dit bly immers tragies dat ‘n mens dink ander kan deur sy of haar geweld bygekom word. Dit is ‘n teken van ‘n brok onmenslikheid wat in daardie boelie teenwoordig is en leef.
Hieroor kan byvoorbeeld veel meer in die kerk se jeugwerk gedoen word. En wanneer die kerk tereg preek oor mans wat hul vrouens slaan (en moenie vergeet van gewelddadige vrouens nie), doen die kerk niks anders as om met goeie reg vir mans wat dit doen te wys daarop dat hulle boelies is. Hieraan het ek gedink toe ek onlangs oor die radio 'n preek van 'n VGK leraar oor huweliksgeweld beluister.
Toe lees ek nou vandag weer ‘n artikel in die New York Times oor boeliery. Ek lees die artikel vanuit ‘n veronderstelling dat nie net kinders boelies is nie, maar dat boeliery ‘n siekte van ons samelewing is en op baie vlakke voorkom. Groot mense kan boelies wees. Die media, politici, dokters, predikante, kerke, belange-groepe, verenigings kan ook diep betrokke by boeliery wees. ‘n Boelie is immers iemand wat ‘n magsposisie inneem om deur brute of deur bedekte geweld ‘n ander een te verneder, uit te skakel, skade aan te doen.
Die probleem is nou dat baie mense nie besef dat hulle boelies is nie. Ook kinders sal met oortuiging vertel dat hulle nie sal droom om ander te boelie nie. Hulle deel selfs, sê hulle, die afsku aan boeliery.
Maar wat hulle nie besef nie, is dat hulle op sekere maniere optree wat niks anders as ‘n geboelie is nie. Hierdie artikel wys die probleem helder uit. Kinders sal vir mekaar vertel: jy gooi al weer drama. En daarin kan ‘n geboeliery weggesteek wees.
‘n Pa wat vir sy kind vertel: Staan tog jou man. Moenie ‘n swakkeling wees nie, kan in werklikheid niks anders as ‘n boelie wees nie. Hy help nie die kind nie, maar verkneg hom aan ‘n situasie waarin hy reeds aan die verloorkant is. 'n Mens wonder amper: is so 'n pa, sonder dat hy self weet, ook besig om sy kind te boelie? Daarom is dit so belangrik dat ouers baie versigtig moet oplet hoe hulle hul kinders begelei as die kinders geboelie word. Kinders is juis daarom baie versigtig om te gaan sê dat hulle geboelie word. Hulle wil nie as swakkelinge of as slagoffers beskou word nie.
Ek sou graag wou sien dat ‘n mens meer nadink oor vorme van geboelie. Waar sien ‘n mens dit oral raak? En dan, in die lyn van die artikel hier onder: Hoe fyn word ‘n geboelie weggesteek deur daaraan “goeie” name te gee.
Byvoorbeeld: wanneer sou “tug” niks anders wees as ‘n geboelie nie? Dit was nie verniet dat die kerk deur die eeue beklemtoon het dat die tug 'n liefdeshandeling moet wees en nie 'n harde strafmaatreël nie.
Nietemin, hier is die artikel – werd om versigtig gelees te word:
Bullying as True Drama
By DANAH BOYD and ALICE MARWICK
Published: September 22, 2011
THE suicide of Jamey Rodemeyer, the 14-year-old boy from western New York who killed himself last Sunday after being tormented by his classmates for being gay, is appalling. His story is a classic case of bullying: he was aggressively and repeatedly victimized. Horrific episodes like this have sparked conversations about cyberbullying and created immense pressure on regulators and educators to do something, anything, to make it stop. Yet in the rush to find a solution, adults are failing to recognize how their conversations about bullying are often misaligned with youth narratives. Adults need to start paying attention to the language of youth if they want antibullying interventions to succeed.
Jamey recognized that he was being bullied and asked explicitly for help, but this is not always the case. Many teenagers who are bullied can’t emotionally afford to identify as victims, and young people who bully others rarely see themselves as perpetrators. For a teenager to recognize herself or himself in the adult language of bullying carries social and psychological costs. It requires acknowledging oneself as either powerless or abusive.
In our research over a number of years, we have interviewed and observed teenagers across the United States. Given the public interest in cyberbullying, we asked young people about it, only to be continually rebuffed. Teenagers repeatedly told us that bullying was something that happened only in elementary or middle school. “There’s no bullying at this school” was a regular refrain.
This didn’t mesh with our observations, so we struggled to understand the disconnect. While teenagers denounced bullying, they — especially girls — would describe a host of interpersonal conflicts playing out in their lives as “drama.”
At first, we thought drama was simply an umbrella term, referring to varying forms of bullying, joking around, minor skirmishes between friends, breakups and makeups, and gossip. We thought teenagers viewed bullying as a form of drama. But we realized the two are quite distinct. Drama was not a show for us, but rather a protective mechanism for them.
Teenagers say drama when they want to diminish the importance of something.
Repeatedly, teenagers would refer to something as “just stupid drama,” “something girls do,” or “so high school.” We learned that drama can be fun and entertaining; it can be serious or totally ridiculous; it can be a way to get attention or feel validated. But mostly we learned that young people use the term drama because it is empowering.
Dismissing a conflict that’s really hurting their feelings as drama lets teenagers demonstrate that they don’t care about such petty concerns. They can save face while feeling superior to those tormenting them by dismissing them as desperate for attention. Or, if they’re the instigators, the word drama lets teenagers feel that they’re participating in something innocuous or even funny, rather than having to admit that they’ve hurt someone’s feelings. Drama allows them to distance themselves from painful situations.
Adults want to help teenagers recognize the hurt that is taking place, which often means owning up to victimhood. But this can have serious consequences. To recognize oneself as a victim — or perpetrator — requires serious emotional, psychological and social support, an infrastructure unavailable to many teenagers. And when teenagers like Jamey do ask for help, they’re often let down. Not only are many adults ill-equipped to help teenagers do the psychological work necessary, but teenagers’ social position often requires them to continue facing the same social scene day after day.
Like Jamey, there are young people who identify as victims of bullying. But many youths engaged in practices that adults label bullying do not name them as such. Teenagers want to see themselves as in control of their own lives; their reputations are important. Admitting that they’re being bullied, or worse, that they are bullies, slots them into a narrative that’s disempowering and makes them feel weak and childish.
Antibullying efforts cannot be successful if they make teenagers feel victimized without providing them the support to go from a position of victimization to one of empowerment. When teenagers acknowledge that they’re being bullied, adults need to provide programs similar to those that help victims of abuse. And they must recognize that emotional recovery is a long and difficult process.
But if the goal is to intervene at the moment of victimization, the focus should be to work within teenagers’ cultural frame, encourage empathy and help young people understand when and where drama has serious consequences. Interventions must focus on positive concepts like healthy relationships and digital citizenship rather than starting with the negative framing of bullying. The key is to help young people feel independently strong, confident and capable without first requiring them to see themselves as either an oppressed person or an oppressor.
Danah Boyd is a senior researcher at Microsoft Research and a research assistant professor at New York University. Alice Marwick is a postdoctoral researcher at Microsoft Research and a research affiliate at Harvard University.
Friday, September 23, 2011
Christendom en die Islam
Die huidige pous is bekend as besonder konserwatief. Dit is daarom dat onderstaande berig in vandag se Trouw vir my opval.
Dit gaan dikwels nie goed tussen Christendom en Islam nie. In Nigerië is daar soms groot stryd tussen die groepe en val hulle mekaar dan aan. In vele lande waar Christene die minderheid is, word gelowiges vervolg en word teen hulle gediskrimineer. Daar is ook militante Moslems wat nie terugskrik vir geweld nie.
Gisteraaand, in die motor op pad huis toe, luister ek na 'n program oor die radio waarin 'n Sjeg met 'n geestelike boodskap optree. In 'n neutedop vertel hy dat mense wat erns maak met hul godsdiens, ook mense met 'n gelukkige huwelik is. Hy praat verder ook met waardering oor Jesus - al noem hy Hom 'n profeet.
Ek luister na hom en ek besef opnuut weer hoe dankbaar ons moet wees dat ons in ons land nie vir mekaar uitroei oor ons geloof nie - en dat ons soms met waardering oor mekaar kan praat.
In hierdie situasie is die woorde van die pous dubbel opmerklik.
Hier is die uittreksel:
Islam en christendom hebben gemeenschappelijke waarden, benadrukte de paus. Hij wees onder meer op de rol van het huwelijk en de waarde van het menselijk leven. De paus sprak met leiders van de Duitse moslimgemeenschap.
Mohammed
Paus Benedictus had tijdens zijn vorige reis naar Duitsland woede gewekt onder moslims, vanwege zijn uitlating tijdens een hooggestemd theologisch college aan de Universiteit van Regensburg. Benedictus citeerde daarin de bij weinigen bekende 14e-eeuwse byzantijnse keizer Manuel II Palaeologos. Die zou volgens de overlevering hebben gezegd: 'Laat mij zien wat voor nieuwe dingen Mohammed heeft gebracht, en je zult alleen slechte en inhumane dingen vinden, zoals dat hij heeft voorgeschreven dat je het geloof dat je predikte, met het zwaar moet verspreiden'.
Islamitische leiders en politici verweten de paus dat hij een verband legde tussen de islam en geweld. Het parlement van Pakistan vroeg Benedictus unaniem zijn 'minachtende opmerkingen' in te trekken en de voorzitter van Muhammadiyah, de op een na grootste moslimorganisatie in Indonesië, maakte uit de woorden van Benedictus op dat hij 'geen juist begrip van de islam heeft'. Het hoofd van het departement voor Religieuze Zaken in Turkije, Ali Bardakoglu, noemde de woorden van de paus 'zeer betreurenswaardig' en zei niets meer te zien in het bezoek dat Benedictus twee maanden later aan Turkije zou brengen.
Het Vaticaan was duidelijk geschrokken door de boze reacties. Benedictus zelf zei dat het hem zeer speet dat zijn woorden zoveel woede hadden opgeroepen, maar maakte geen excuses. Het bezoek aan Turkije ging gewoon door. Hij noemde de islam daar een warme en vreedzame godsdienst. Benedictus spreekt vrijdagochtend 23 september leiders van de islamitische gemeenschap in Duitsland toe.
Dit gaan dikwels nie goed tussen Christendom en Islam nie. In Nigerië is daar soms groot stryd tussen die groepe en val hulle mekaar dan aan. In vele lande waar Christene die minderheid is, word gelowiges vervolg en word teen hulle gediskrimineer. Daar is ook militante Moslems wat nie terugskrik vir geweld nie.
Gisteraaand, in die motor op pad huis toe, luister ek na 'n program oor die radio waarin 'n Sjeg met 'n geestelike boodskap optree. In 'n neutedop vertel hy dat mense wat erns maak met hul godsdiens, ook mense met 'n gelukkige huwelik is. Hy praat verder ook met waardering oor Jesus - al noem hy Hom 'n profeet.
Ek luister na hom en ek besef opnuut weer hoe dankbaar ons moet wees dat ons in ons land nie vir mekaar uitroei oor ons geloof nie - en dat ons soms met waardering oor mekaar kan praat.
In hierdie situasie is die woorde van die pous dubbel opmerklik.
Hier is die uittreksel:
Paus Benedictus XVI heeft op de tweede dag van zijn bezoek aan Duitsland warme woorden gesproken over de islam. Hij riep op tot 'dialoog en wederzijdse waardering' tussen de islam en het christendom, en noemde moslims een kenmerkend deel van de Duitse samenleving.
Islam en christendom hebben gemeenschappelijke waarden, benadrukte de paus. Hij wees onder meer op de rol van het huwelijk en de waarde van het menselijk leven. De paus sprak met leiders van de Duitse moslimgemeenschap.
Mohammed
Paus Benedictus had tijdens zijn vorige reis naar Duitsland woede gewekt onder moslims, vanwege zijn uitlating tijdens een hooggestemd theologisch college aan de Universiteit van Regensburg. Benedictus citeerde daarin de bij weinigen bekende 14e-eeuwse byzantijnse keizer Manuel II Palaeologos. Die zou volgens de overlevering hebben gezegd: 'Laat mij zien wat voor nieuwe dingen Mohammed heeft gebracht, en je zult alleen slechte en inhumane dingen vinden, zoals dat hij heeft voorgeschreven dat je het geloof dat je predikte, met het zwaar moet verspreiden'.
Islamitische leiders en politici verweten de paus dat hij een verband legde tussen de islam en geweld. Het parlement van Pakistan vroeg Benedictus unaniem zijn 'minachtende opmerkingen' in te trekken en de voorzitter van Muhammadiyah, de op een na grootste moslimorganisatie in Indonesië, maakte uit de woorden van Benedictus op dat hij 'geen juist begrip van de islam heeft'. Het hoofd van het departement voor Religieuze Zaken in Turkije, Ali Bardakoglu, noemde de woorden van de paus 'zeer betreurenswaardig' en zei niets meer te zien in het bezoek dat Benedictus twee maanden later aan Turkije zou brengen.
Het Vaticaan was duidelijk geschrokken door de boze reacties. Benedictus zelf zei dat het hem zeer speet dat zijn woorden zoveel woede hadden opgeroepen, maar maakte geen excuses. Het bezoek aan Turkije ging gewoon door. Hij noemde de islam daar een warme en vreedzame godsdienst. Benedictus spreekt vrijdagochtend 23 september leiders van de islamitische gemeenschap in Duitsland toe.
Tuesday, September 20, 2011
Deernis.
In tye van my kort, maar seker dalk nodige ballingskap van ‘n paar jaar, weg van my see, die weidse pieke, die geborgenheid van bloedbande, die nat wintertye met tussen-in daardie oop, helderblou wintersdae as die son snoesig en Kaaps skyn en skyn, het ek in die donker dae soms by my digtersvriend en vakkollega, Johan Steyn, in sy kantoor laer af in die gang, gaan inloer – nie om te kla of om te kerm nie, maar bloot net om by sy menslikheid weer te kan asem skep vir die voortbeur van die res van die vaal dae.
Dan het ons ‘n halfuurtjie gelag, bietjie gespot oor die vanitas van die vele, eintlik verdrietige lewensreisigers, maar het ons ook oor die teenpool, die dieper dinge gepraat, of soms sommer net oor die lewe, oor sy vriendskap met van ons voorste digters wat in hom ‘n onkonvensionele, vry mens raakgesien het. Hy was toe al gedebuteerd as ‘n digter. En sy woordkuns is miskien ook deel van die rede waarom dit vir my lekker was om by hom te kan inloer. Op my rak staan vandag nog my getekende eksemplaar van sy digbundel, wat hy op ‘n dag, vrolik, kennelik so bietjie trots en tog ‘n bietjie ydel, vir my geteken het. En sprekend van sy skerpheid en intellektuele rigeur, was dit nie amateur-gediggies nie. Dit was digkuns wat in die literêre wêreld erken en bespreek is.
Ons kon dinge weeg, van mekaar verskil, wonder oor onduidelike sake en dan beloof om weer te praat oor sake waaroor ons anders gedink het.
Maar altyd weer was daar ‘n onderlinge ervaring van geloofsverbondenheid, van goedheid, omgee en begrip, van ‘n goeie vriendskap.
Sy kunstenaarstemperament het hom nooit toegelaat om ‘n dapper kantoor-muis te word nie. Hy was nie die konformis nie, die netjiese bestuurder, die burokratiese pennelekker, die aangewese hoof van ‘n departement nie. Hy, met die skerp brein, het uiterlike godsdienstigheid, "wetenskaplike" pretensie en vakdissiplinêre politiekery herken vir wat dit is. Hy het geweet godsdiens moet groter wees en dieper gaan.
Ek lees die onderstaande bydrae van hom vir die eerste keer vandag. Hy het dit blykbaar twee dae voor sy dood geskryf. Dit is, soos hulle vandag sou sê, “vintage” Johan, al staan ek opnuut en miskien nog meer as tevore, verwonderd en geraak voor die verlange en die insig wat daaruit na vore kom. Dit is sy deurwinterde gedagtes, geskryf toe hy al dekades lank die kerk en die teologie in die oog gekyk het en geweet het, geweet het.
Maar wat ek nie toe geweet het, die tye van ons geselse nie, was dat hy, lank voor ek ooit van Meister Eckhart geweet het, reeds vir hom gelees het. Hier ontdek ek dit, vandag, postuum, noudat daar nie ‘n opsoek-kans is om met hom daaroor te gaan praat nie, om te gaan hoor wat hy gelees het en nog meer om te gaan verneem wat hy daaroor bedink het nie.
Ek sien met verwondering dat hy in die artikel ook fokus op die mistici, en veral op ontferming as dit wat ons lewensreis sinvol maak. “Deernis”, noem hy, die digter, die woordkenner, dit. Hoe omstrede sy artikel ook al vir sommige mag lyk, iemand wat so oor ontferming skryf, weet wat spiritualiteit is.
‘n Mens lees iemand wat jy goed ken, iemand wie se hart jy dikwels in sy goedheid bewonder het, agter al sy of haar brawade’s, ten spyte van sy minder goeie oomblikke, se skryfwerk oor wat regtig saak maak, altyd met aandoening. Dit is ‘n wonder-gawe wanneer jy, as die mens nie meer daar is nie, tog sy stem weer kan hoor.
Maar ek lees ook die artikel met ‘n gevoel van onbehaaglikheid. Daar is my gevoel van opstand oor die tipe teologie en die kerklike lewe van hardheid wat in Johan se tyd so maklik en gou mense verstoot en afgestoot het. Dit was die tyd waarin die teologie en die kerk dikwels sonder deernis ‘n klomp mense verwerp het.
Ek sou graag weer wou afsit na sy vriendelike kantoor onder in die gang om met hom te kon praat oor die twaalf artikels wat, katafaties, tog ook iets egs oor God wil sê. Ek sou vir hom wou vertel van Henri Nouwen se Dagboek, waarin Nouwen elke dag, op een enkele bladsy, ‘n jaar lank, ‘n paar vonk-gedagtes neerskryf oor hierdie klassieke belydenis van die Christelike geloof vanuit ‘n spiritualiteit van intimiteit. En ek sou wou hoor hoe hy reageer op die professor aan die Universiteit van Yale en Harvard, die man met die L’Arche-hart, wat die ou inhoude van die twaalf artikels op nuwe maniere oorgedra het vir mense in ons tyd wat die lewensspoor nie altyd meer kon raaksien en naloop nie. Ek sou vir hom ‘n paar plekke in die Dagboek uitwys waar Nouwen oor die harde gesig en woorde van mishandeling van die kerk praat en ook uitwys hoe vernietigend pastores se woorde kan wees. Maar ek sou ook my vinger sit op die dele waarin Nouwen ook weer aan die kerk vashou – as die kerk maar net die kerk van diens en ontferming word. Want altyd weer, glo ‘n mens aan die “heilige, algemene” kerk, die kerk wat so enig en liefdevol soos God is en so wyd uitreik na almal soos die Vader van die skepping.
Hierdie stuk is waarskynlik een van die mooiste, maar ook treurigste testamente van ‘n Suid-Afrikaanse teoloog. Dit spreek boekdele oor teologie wat in die Aufklärung vassteek. Dit vertel van ‘n mistieke vashou, apofaties, aan die Oneindige wat troosryk by mense bly, ten spyte van hul (miskien goedbedoelde) pogings om die Verborgene die gevangene te maak van hul konstruksies en hul woorde.
Oor baie dinge, oor die skerp formuleringe, sou 'n mens kon aanhou praat, maar mooier as die volgende opmerking kan dit nie: “Ek is onherroeplik in my hele menswees aan Hom verbind. Hy is in elke versugting van blydskap of leed, die krag van my rus en my opstand.”
Die regverdiging van geloof
Johan Steyn
In 'n onlangse praatjie voor die Filosofiekafee het ek die argument gevoer dat die lewensskip ligter is sonder geloof. 'n Vriend het my herinner aan 'n boek van Kuitert jare gelede met die titel Zonder geloof vaart niemand wel. Bewustelik het die titel egter aangesluit by 'n vertaling van Boeddhistiese gedigte deur JS Krüger: Skep die skip leeg. Vanuit daardie impuls het ek vertel hoe daar ligtheid kom met elke stuk dogma wat oorboord gegooi word. Uiteindelik het ek gesê dat ek gemeet aan die Twaalf Artikels nie meer as 'n Christen kwalifiseer nie.
Hierdie punt wil ek graag beklemtoon. Ek doen dit met Feuerbach in gedagte. Hy kon nooit genoeg daarvan kry om die liberale Christendom van sy tyd te kasty nie. Die liberale Christendom het hy teenoor die klassieke Christendom gestel wat hy as Bybels-Reformatories gedefinieer het. Met 'n wye en diep kennis van die tradisie wat vanaf die kerkvaders strek het hy geredeneer dat die Christendom van sy tyd alleen maar die objek van spot en satire kan wees. Hierin is ek dit met hom roerend eens.
Kyk ek nou direk na vandag dan kan ek my veragting nie verberg vir Christene wat een na die ander van die Twaalf Artikels weggooi, maar as dit puntjie by paaltjie kom nog die troos van geloof wil behou nie. Hierdie verskynsel het veral by die Nuwe Hervormers na vore gekom. Ek wil my hier direk daarteenoor stel. 'n Mens sonder 'n tradisie, het Van Ruler gesê, is 'n barbaar. Ek staan die tradisie en daarmee saam die troos wat dit bied af. Daarom noem ek myself ook nie meer 'n Christen in die klassieke sin van die woord nie. Ek het die aartsbuitestaander geword. Ek bevind my in die geselskap van Franz Overbeck, vriend van Nietzsche, met 'n slegte gewete agter die kerklike kateder.
Die afskaffing van die Twaalf Artikels onder moderne Christene het nie met luide geskal plaasgevind nie, maar as 'n gefluister in die skemer. Ek kan die presiese volgorde van afskaffing nie onthou nie, maar ek dink die eerste artikel wat geval het was die hemelvaart van Christus. Die afskaffing van Hemelvaart as vakansiedag het sonder enige protes plaasgevind. Daarop het die wederopstanding van die vlees gevolg. Ek het onlangs met 'n gelowige wetenskaplike gesels wat vir my verduidelik het waarom hierdie artikel sinloos is. Daarmee saam verval natuurlik ook die artikel van die ewig lewe. Ek sou bladsye kon skryf oor die konsekwensies van die afskaffing van die Geloofsbelydenis.
Maar daar is 'n ander kant en 'n baie belangrike kant van die saak. In sy boek The God Delusion betoog Richard Dawkins dat die Christendom in 1800 jaar nie vorentoe beweeg het nie, maar gestagneer het. Hoe bring 'n mens nou die kloutjie by die oortjie? Dit was my probleem vir veertig jaar. Omdat ek nie hou van herhaling nie, gaan ek die storie nie weer vertel nie. Genoeg om te bevestig dat in my skip nie meer Die Heidelbergse Kategismus, Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Die Leerreëls van Dordt, die drie geloofsbelydenisse en die formuliere van die kerk gevind word nie.
Maar beteken dit nou dat ek nie meer in God glo nie? Nee, want ek glo nie; soos Jung gesê het, ek weet. Daar is vir my niks sekerder nie as dat daar hoër en dieper as enige formule 'n draende en verheffende Grond van die bestaan is. Hy is Meister Eckhart en Paul Tillich se GOD above God, bo die geformuleerde, gedefinieerde God. Ek is onherroeplik in my hele menswees aan Hom verbind. Hy is in elke versugting van blydskap of leed, die krag van my rus en my opstand.
Maar: ek verwag nie om met hierdie geloof erkenning in die kerk te kry nie. My gemeenskap van gelowiges is die mistici van alle eeue en tradisies. Dit is 'n interessante verskynsel: hoe hoër of dieper gevors word, hoe meer vind die verskillende tradisies van die verskillende religieë vrede met mekaar. En waaraan het ons vandag meer behoefte as aan vrede, veral die vrede wat alle verstand te bowe gaan? Dit is waarom ek so 'n geswore vyand van alle fundamentalismes is, van watter vertakking van godsdiens ookal. Mense skort hulle denke op in die hoop om daardeur gered te word, maar is dan kwaad vir almal wat hierdie weg nie wil bewandel nie. Fanatisme is geweld en aan niks het ons minder behoefte as nog geweld nie. Ek droom van 'n wêreld waarin verkeerde opskorting 'n einde kry, waarin denke as die juweel van die diepste vertroue verwelkom sal word.
Maar dobber 'n skip sonder vrag nie rond in elke bries wat daarteen aanstoot nie? Die lading van my skip is die gewiglose lading van deernis. En vreemd genoeg, hier sluit ek weer aan by 'n tema in die klassieke Christelike geloof. Die teks vir my proefpreek was: Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Die ongedogmatiseerde Christus. Maar ek sluit terselfdertyd aan by die universele denker Schopenhauer. In 'n essay oor die grondslag van die etiek oorweeg hy verskillende opsies en kom dan tot die gevolgtrekking dat deernis of medelye die egte sin van die Bybelse begrip van agape is. Want die diepste van die lewe is lyding. Die hele skepping sug en is in barensnood tot nou toe. Die diepste en spontaanste van die siel is inderdaad verdriet. Geen ander emosie word so spontaan opgeroep nie. Laat ons dan in Godsnaam goed wees vir mekaar. Met die ontwaking van deernis verdwyn die afguns wat so maklik kop uitsteek. Met deernis word die ander in sy ondeurgrondelik eie leed as mede-mens omhels.
Nou sal daar mense wees wat sê dit is 'n gebrek aan takt dat ek hierdie dinge so opsigtelik en so hard op die tafel neersit. Moet 'n mens nie liewer jou mond hou en formuliere toelaat om 'n stil dood te sterf nie? Ek verset my daarteen in die naam van integriteit. Ek hou nie van 'n stilte wat die stilte van die dood is nie. Ek wil hê dat niks aan die debat onttrek word nie. Daar is juis al te veel double speak in die politiek van die dag. Ek hou daarvan dat die son die oes toets, of dit 'n goeie of 'n misoes is. Ek dink dat die publieke oorweging van dade en gedagtes die enigste voordeel van demokrasie is.
Die voorhangsel het geskeur. Dit kan nie weer toegewerk word nie. Daar is niks meer heiliger as iets anders nie en daar is niks wat nie ook heilig is nie. Ek dank hierdie gedagte aan my vriend, Erasmus van Niekerk. Wat ek graag wil sien is die heilige deug van waaragtigheid in die alledaagse oop gesprek. Waarna ek verlang is dat anatema deur sjaloom vervang word. Dit is die eerste en laaste regverdiging van geloof in ons tyd. Mag die Onsienlike ons daartoe sterk en steun!
Subscribe to:
Posts (Atom)