Dit is vir my intens pynlik om te lees hoe mense argeloos op die oorlog in Oekraïene reageer. Die verskriklike beelde van verwoesting, van geboue, huise wat gebombardeer word, van lyke in die strate, van kinders wat ontvoer word, van die ontruiming van stede se inwoners, van hongersnood, lang toue van vlugtelinge roep by sommige, soos by my, verontwaardiging op: uit die bloute is 'n land deur die gierige politiekery van 'n demagoog soos Putin aangeval. Pynliker is die feit dat sommige, ook hier te lande, en nogal kerklikes, die inval goedpraat omdat Rusland deur die Weste geprovokeer is. Dit is vir my die verpersoonliking van boosheid: dat mense, goeie mense, so 'n grootskaase lyding op enige manier kan rasionaliseer. Niks, geen argument, geen goedpratery kan daardie wrede oorlog regverdig nie.
Saturday, May 13, 2023
Friday, May 12, 2023
Ma se wysheid
“When I wanted to get my first tattoo at 21, she subtly suggested I get it someplace where I did not have to see it every day. I followed her suggestion and now have a slightly embarrassing, poor-quality tattoo on my back instead of my forearm.” — Amanda Olson, Seattle |
⬥ |
“My mother, a nurse, asserted that everyone should learn first aid. I followed her advice and ended up using the Heimlich maneuver on my then little boy.” — Karen Russ, Rockford, Ill. |
⬥ |
“When I was in my 20s, I was absolutely miserable at a job and was looking to get out as fast as I could. My mom gently reminded me that I should always be running toward something, not away from something.” — Sheryl Magzamen, Fort Collins, Colo. |
⬥ |
“Select friends with traits of the kind of person you want to be.” — Seun Sowemimo, Manalapan, N.J. |
⬥ |
“Just after my first child was born, my mother put her hand on my arm and said, ‘Honey, you have breathed your last free breath.’ And she laughed — in a kind, not a bitter, way. Her words meant that I was now to know love so consuming that every second of the rest of my life would be spent in fear of loss. I feel connected to her knowing that we have shared this deep and meaningful terror.” — Shannon Kilgore, Santa Fe, N.M. |
⬥ |
“Mejor estar solo que mal acompañado. Translation: Better to be alone than in bad company.” — Maria Espinosa, New York City |
⬥ |
“You wouldn’t worry so much about what other people think about you if you knew how little they do.” — Lisa Horan, Somers, Conn. |
⬥ |
“When I was 3 years old, I asked my mother whether or not a lady had to be a mommy. She said, ‘No, she does not have to.’ I clung to her response as to a life raft and remained child-free my entire life.” — Gretchen Williams, Santa Rosa, Calif. |
⬥ |
“When faced with risky decisions or chance opportunities, my mother has always told me, ‘Just ask. The worst thing they can say is no.’ It didn’t mean the no would be painless, but only that I’d be in the same place I was before. It’s advice that empowered me to ask for dates, discounts and jobs.” — Leah Cheshier, Houston |
⬥ |
“My mom suggested I was gay when I was 16, and I snapped at her. She saw through my repression, was brave enough to broach the subject and was right about my sexual orientation.” — Oren Livne, Tel Aviv |
⬥ |
“I once asked my mom, ‘What am I ever going to do when you are gone?’ She said, ‘Exactly what you’re doing now.’ I was startled by the simplicity. In a few words, she let me know that life would go on and I would be fine. And while I miss her still after 20 years, I have told my own daughters the same thing.” — Mary Ellen Collins, Toronto |
Saturday, April 22, 2023
Vas hou
Jy het dit 'n lang ruk terug geskryf.
In jou netjiese, noukeurige, geduldige drukskrif. Die aanhaling:
"The nameless and unsearchable one, silent and yet near... God, who when he comes to us out of his own self in grace, just cannot be mistaken for anything else."
Op die eerste bladsy van jou nuwe aantekeningboek. So wou jy begin...
Net die aanhaling. Nie wie dit waar geskryf het nie. Die gedagte was belangrik.
Dit is die enigste inskrywing in die boek. Die gedagte oor die onmiskenbare koms van God in ondeurgrondbare, maar intieme nabyheid.
Jy wou die gedagte vashou.
As ons maar toe en nou daaroor kon praat...
Monday, April 03, 2023
Geestelike oefeninge:
Ons kort geestelike oefeninge om te groei as mense: die chaotiese en afbrekende aanbod van buite, van ons vernielsugtige wêreld is oorweldigend en die negatiewe soms te veel. Mens se gees word afgebreek, word dan vermoeid.
Vandaar die drang om weg te kom en dan die vreugde om tog dan wel iewers in aanraking te kom met dit wat mooi en sielsverheffend is.
Dit word vir sommige 'n hele bedryf: die groeiende publikasies woel en werskaf oor hoe om geestelike uitkoms te kry. Allerhande geestelike "oefeninge" word bekyk en beleef.
Dus sonder mense hulle af. Weg van die geraas. Eenkant, alleen, waar mens nadenkend, mymerend kan vra na wat jou weer op jou voete kan bring of jou net weer moed kan gee.
Luister en lees, fokus op gidse, geestelike vriende wat mens weer goed kan laat voel.
Pelgrimstoere word byvoorbeel 'n gewilde, selfs top spirituele oefening. Mens stap deur die natuur en ontdek die klein dingetjies wat verligting gee.
Dit is, egter, nie altyd 'n kwessie van kilometers en kilometers sweet en worstel deur vaal en verlate landskappe nie. Iemand skryf dat 'n mens sulke reise byvoorbeeld stil, sonder skoene stap sodat jy die aarde onder jou voete kan voel. In daardie gevoel kom 'n nuwe gewaarwording na vore. Mens kom in aanraking, so eenvoudig soos deur die klippe en grond met die wereld, met wat groter en anders is. Mens word een met die wonder van die mooi wêreld om ons.
Jy oefen om op 'n "natuurlike" manier op 'n nuwe, geestelike manier te leef. Vernuwing kom sonder grootse inspanning op 'n gewone manier na jou.
Op klein skaal is daar dan ook die labirint: 'n gerigte, doelbewuste wandeling, hulpmiddel om in verwondering op 'n mens se eie te wees, al wandelende in 'n stil voetpad met 'n vaste rigting.
Nog vele ander oefeninge is daar: Stilte in 'n retraite sentrum, selfs met 'n geestelike leier, is meer direk geestelik. Gebede, meditatiewe lees en luister, sang, musiek, liturgiese viering.
Gesprekke met 'n ervare vriend wat kan help rigting gee vir die pad vorentoe - juis wanneer 'n mens se gemoed troebel is oor wat op jou moontlik kan weg.
Eredienste met mooi, kleurryke dinge, orkeste wat meevoer, sangers wat biddend en smekend sing oor geestelike nood en verlange na uitkoms.
Alles belangrik, verheffend en mooi.
Ons tyd maak erns met ons verlange na die diepere.
Daar is 'n intense soektog na goedvoel.
Dit is goed so. 'n Mens moet immers na jouself kyk. En tyd maak vir jou eie dinge.
Net dat 'n mens goed kan voel, jou egte self kan ontdek sonder om te voel en te weet dat 'n mens in die teenwoordigheid van God is. Goedvoel kan skraal wees, kan 'n mens tog ook weer onvervuld laat.
Want dit is 'n onvermydelike aspek van die geestelike lewe hoe goedvoel oorweldig kan word. Soms, dikwels, miskien selfs altyd word hierdie goedvoel dan weer maklik deur ons kwytgeraak.
Dit is hier waar 'n mens onderskei wat eintlik gebeur. Die reis bring goeie en slegte tye, sodat 'n mens iets groters as jou goeie gevoelens kan weet. Iets, 'n wete, 'n gevoel wat nie môre as jy terug is tussen die ou dinge, vinnig sal verdamp nie.
Tog: dit gaan oor Iemand. Die enigste vaste wete, die enigste egte gevoel, is dat ons tye in God se hande is. Wat ook al oor ons pad kom. Die eenvoudige besef, 'n mens leef in 'n Teenwoordigheid wat geborgenheid skenk.
Die geestelike oefeninge lei mens dus uiteindelik veral om te wag op God. Om oop te wees vir 'n aanraking wat al ons begeertes stil en vervul.
En, stil, sober, kom God in ons afwagting na ons. Die Geliefde bly by ons, juis in die donkerste nag, Mens wag met aandag, met verlange, met 'n brandende liggie in die donker nag - omdat 'n mens weet - wat werklik saak maak is dat Iemand op pad is na ons.
Daarom is selfs en veral die nag mooi.
Veral die donkerste nag, want, weet ons, die nag is die tyd van liefde, van minnende intiemheid.
Friday, March 05, 2021
Dankbaar vir elke oomblik. Oor totale verdriet.
Die radio omroepers parkeer voor 'n hospitaal in België. Hulle gesels met die werkers in die hospitaal. Die een na die ander kom vertel wat hulle in die tyd vir Covid-pasiënte doen. En hoe hulle dit beleef.
Die Persiese vrou is 19 jaar gelede weg uit haar land. Sy is met 'n Belg getroud. Haar familie bly nog steeds daar.
Sy het verpleging gestudeer en werk nou in die hospitaal. Om haar man nie aan te steek nie, bly sy in haar Persiese kamer: 'n matras en Persiese matte wat die kamer versier. Sy en haar man praat oor die foon met mekaar.
Sy wil hom nie aansteek nie. En intussen werk sy lang ure onder pasiënte. Die virus saai verwoesting - ook onder haar familie. Haar ouers en susters/broers het almal in haar land siek geraak. Sy praat darem met haar ouers oor die foon.
Wat hou haar aan die gang, vra die omroepers, as sy vertel van die uiterste vorme van lyding?
Mens bly aan die gang, oorleef, omdat jy weet dit sal ook verbygaan. Maar wat haar eintlik orent hou, is dankbaarheid. Dankbaarheid vir elke dag wat sy nog kan leef en beleef - en vir ander kan help. Maar sê sy, die dankbaarheid herinner haar telkens daaraan om elke oomblik voluit te waardeer. Want, het sy besef, die lewe is kosbaar. Terwyl jy dit het, moet jy bewustelik weet elke oomblik is goed en goud. En dit maak 'n mens dankbaar.
Ek kyk verwonderd na die program, na die vrou en die baie ander mense wat elk op hul manier lyding bestry. Dit roer 'n mens diep om te sien hoe, selfs in hoogs sekulêre België, die enorme goedheid van mense deur lyding uitdy. En hoe mense omgee vir ander.
Te maklik? Is die goedheid sommer so uit die mou geklits, asof maklik, asof vanselfsprekend?
Die Persiese vrou sit later in haar "persiese" kamer met die matras en die tapyte - daar waar sy in afsondering van haar man in dieselfde huis woon - om hom nie aan te steek nie. Die radiomanne neem haar af waar sy sit, 'n stil, rustige, maar tog deurdronge mens.
Sy praat oor haar ouers en haar familie wat tuis in haar land in haglike omstandighede woon. Sy is dankbaar, dankbaar dat sy nog met hulle kan gesels.
Maar as die gesprek einde se kant toe staan, begin sy vir die eerste keer oor haar self praat. En sy sê hoe sy verlang om net weer 'n slag haar geboortestad te besoek. "Ek verlang so..." begin sy.
Sy bly lank stil. Die kameraman hou die kamera vas op haar gesig gefokus - die minute snel verby. Maar sy kan nie verder praat nie. Dit is totale verdriet, so skrynend onder haar ingehoude pyn. Intenser gemaak deur die dankbaarheid. So bly oor al die seëninge, maar so stukkend, tog, van die pyn.
Dis (byna) soos daardie kruiswoorde - die een wat praat van die liefdevolle oorgawe aan die Vader, veral van sy sterk hande.
Maar wat tog, in 'n volgende oomblik, in 'n ander woord vertel van totale verlatenheid.
Dit is ons lewensverhaal - die weg van tydelikheid, maar waarin die laaste woord tog die oorgawe-woord is.
Sunday, July 05, 2020
Elsa Joubert — gedenkgeleentheid
Die afgelope week het ek my verdiep in Elsa Joubert vir my bydrae tot haar gedenkdiens. Wat 'n merkwaardige vrou en skrywer. Haar Spertyd vertel van haar laaste jare: sy was dikwels siek en boonop al hoe meer afhanklik van ander om haar te ondersteun. Maar die lydensjare is lig: wanneer sy daaroor praat is dit steeds weer om te vertel van die goeie, die boeiende, van haar naaste mense se sorg.
En dan, as slot skryf sy 'n merkwaardige verhaal oor die krag wat haar aan die gang hou en wat vir jare al in haar lewe soos 'n vuur gebrand het. Stilte - daar het sy die sin van die bestaan ontdek.
As 'n mens só gewortel word in die Onsienbare, en dit met soveel vreugde, is die noodwendige gevolg dat jy beleef hoe jy geborge is in 'n wye wêreld wat steeds weer mooi en goed is en sal bly. Wat saak maak is hierdie Skoonheid: en wat dit nog meer oorrompelend maak is dat daar soveel daarvan is. Oneindig is die mooi, die goeie. Jy is maar net 'n baie, baie klein deel daarvan. Jy is maar net 'n stofdeeltjie. Die bewussyn dat jy so klein is anker jou in 'n verrukking oor wat so eindeloos groot is. Vandaar die vreugde: uiteindelik die oorgang, die afgooi van alles wat die skoonheid steeds verduister het en nou - die total deel word van hierdie ewige krag.
Wednesday, January 16, 2019
Eenvoudig
Tuesday, November 06, 2018
Gul en goedhartig soos God
Hy raak daarmee die diepste deel van ons hart en praat oor dit wat die eintlike sin van die lewe uitmaak.
Die Vader ontvang die seun terug in die huis, met oop arms, met 'n gulhartige goedheid, met onvoorwaardelike vergifnis en met blydskap wat geen perke ken nie. Almal, die hele huis, moet die oomblik vier.
So kom die seun veilig tuis. Hy is, na al sy omswerwinge, sy sinlose, vermorste lewe, terug waar 'n mens altyd geborge is. Daar waar liefde, vaderlik, moederlik, die ruimte is waarin mens na die lang, moeilike reis tot rus kom.
Die lewensreis het sy harde kante: ons begin die reis, vol verwagting. Opgewonde. Ons leef voluit.
Dit is soos om op 'n gul somersoggend wakker te word. Die dag begin lomerig, so vol skoonheid.
Soms hoor 'n mens onverwags nuus wat op 'n vreemde manier jou hart deurpriem. Letterlik, voel jy hoe ruk dit hier in jou.
Jy weet: hier is dinge sleg. Niks is oor van die lou, lomerige, someroggend nie. Daar is 'n onmiddellike begrip van onomkeerbaarheid, van die einde. Dinge het vasgeloop.
Dikwels is dit iets wat aan die gebeur is met iemand anders. Omdat dit iemand anders is, is die nuus juis soveel slegter. Want eintlik is jy nie in beheer nie, jy kan nie die situasie stuur nie.
Nouwen se aweregse uitleg van die Gelykenis van die Verlore Seun kom op 'n vreemde manier in sulke tye ter sprake.
As alles vasgeloop het, die onrus aan ons hart ruk, die toekoms uitsigloos lyk, is daar net een uitweg: om soos God te word.
Ons angs, onsekerheid, vrees, magteloosheid hoef nie die finale antwoord te wees in die aanskyn van lyding nie. Juis in so 'n situasie word dit die groot antwoord: om vir die een vir wie mens soveel omgee, 'n liefdesruimte te skep waar hulle veilig kan wees. Om 'n Vader te wees. 'n Moeder. Die mens wat ten spyte van alles, daar wil wees. Om op 'n heel eenvoudige manier die ander een aan te trek, te voed, te versorg, te omhels, die huis in te lei, met goedheid en guns te omring.
Daar is wel onmeetbare genade in hierdie besef van soos-God-Wees. Want wat is beter as om te gee en te gee, soos wat God doen. Gul en goedhartig te wees, soos wat God is. Sodat die ander een, die een in nood, die sieke, die lydende, aan een ding geen oomblik twyfel nie: ek is veilig, ek is geborge in 'n ruimte van liefde.
Dit is goed om by God te kan wees. Die hart kom tot rus, tot volkome rus, daar waar die liefde woon.
Sunday, September 02, 2018
Kris Kristofferson - Why me Lord
Dit is boeiend om hierdie populêre lied vanuit die hoek van spiritualiteit te verstaan. 'n Dialogiese verhouding, gedryf deur biddende verlange, maar ook bewus van passiwiteit, van wete van, maar ook afwagting op die ingryping. Daarom is dit ook aktief, 'n oop hande staan voor die Grotere, buite 'n mens self, vanwaar al die vreugdes (pleasures) kom. En, dan ook die nietiging: die besef dat, in die lig van die Grotere, die Goeie, is die eie nietig. En uiteindelik die uitkoms - om saam met ander 'n pad te loop (show someone else).
'n Konkrete voorbeeld van die geestelike weg.
Why me Lord, what have I ever done
Of the pleasures I've known
Tell me Lord, what did I ever do
That was worth loving you
Or the kindness you've shown.
Help me Jesus I know what I am
Now that I know that I've needed you so
Help me Jesus, my soul's in your hand.
I can try to repay
All I've taken from you
Maybe Lord, I can show someone else
What I've been through myself
On my way back to you.
Help me Jesus I know what I am
Now that I know that I've needed you so
Help me Jesus, my soul's in your hand.
Tuesday, June 19, 2018
'n Stem oor en teen lyding
Monday, June 18, 2018
Roem
Gister sê sy, 'n duiwelsadvokaat wat anargisties die besige gejaag na roem by mense te toets, "ek het geen ambisie nie. Ek wil net gelukkig wees."
'n Mens sou in hierdie opmerking 'n oereie wysheid kon raaksien: roem is leeg. Die sokkerspeler wat huilend van teleurstelling op die grond sit met hande oor sy gesig om die stromende trane weg te steek, sal oor 'n maand weer gesellig by die huis gras sny, met sy kinders speel, sy mense se geselskap geniet en agterkom die lewe gaan aan.
Die kaptein wat die wêreldbeker in die lug optel, vol uitbundigheid te midde van die wêreldwye histerie oor die groot eer, sal altyd weer oral die glimlag sien, die klop op die skouer en steeds weer herinner word oor die goeie prestasie. En die berigte in die koerant sal nog vir tydjies gedagtes daaroor wakker maak.
Maar die jare sal aanstap, die pas stadiger word, die kritiek nie uitbly nie, die druk steeds swaarder. Die anderkant van roem is die eise van hulle wat net nog meer roem soek. Soos rykaards wat nie genoeg geld kan versamel nie.
In derduisende huise oor die wêreld, sal familie's na die groot wedstryd aan tafel gaan sit, genoeg om oor lekker te gesels of hartseer te wees. Hulle sal dan aanleef: pa wat tafel help afdek, ma wat nog strykwerk wil doen, boeta wat sy eksamen moet voorberei. Sussie wat nog haar wiskunde-taak moet afmaak. Soos hulle môre en oormôre sal doen en die dae daarna - lank na die herinneringe aan die wedstryd vervaag het.
En dan, die aand laat, na die dag, bed toe. 'n Draai maak om te kyk of sussie goed is. 'n Geselsie vir oulaas by die bed. Die kombers bietjie optrek. 'n Drukkie. Die bedlampie afskakel.
En dan rustig word na al die gewoel en besigheid van die drukke dae. Soos daarna elke dag, maand na maand. Lank na die gedagtes oor roemrykheid stil geraak het.
Alles in die warm geborgenheid van nabyheid. In die sfeer van die liefde. En die liefde wat nie leeg is nie. Of nog beter: die liefde wat sal bly, lank na die skares stil huis toe is of die televisiestelle afgeskakel is en die vreugdefeeste uitgerafel het. Die liefde wat nie vergaan nie.
Miskien sal die kaptein na vele maande nog iets onthou van die beker wat hy triomfantelik in die lug kon hou. En met genoegdoening terugdink aan die voldoening wat die oorwinning gebring het na al die harde oefeninge, die gedrewe ambisie. Hy sal sekerlik bly wees oor die goeie oomblikke.
Of, innerlik vervuld, sal hy ook kan dink dat hy, ten spyte van die nederlaag, tog sy bes gedoen het. Dat sy spanmaats deur die nederlaag sterker gemaak is om verby die oomblik van roem te kyk na die gawe om die wedstryd te kon speel, te kon geniet en tot soveel opwinding te kon bydra. Hy sal dalk terugdink aan die geselsies met die opponente na die wedstryd, hulle gesprekke oor die spesiale oomblikke, oor die foute, oor die skeidsregter, oor die skare en sommer net oor die tyd wat hulle daar saam kon wees. Mense in die groot, ewigdurende spel van saamwees.
Want wat tel is nie die roem nie, ook nie die oorwinning nie, maar of alles wat 'n mens doen, waar ook al, jou iemand maak wat ryker word in jou verhouding met jouself, en, veral, met ander.
Dus: net so leeg soos roem, is die leegheid van 'n ambisielose lewe. Wat tel is nie of 'n mens die kruheid van ons ambisiegedrewe lewe afsweer nie. Wat tel is hoe ambisie help om 'n mens liefdevoller te maak. Want steeds weer is die diepste begeerte van 'n mens om te groei, dieper in 'n vervulde lewe.
(Alle vertellings in hierdie blog is aangepas om die privaatheid van individue te beskerm).
Sunday, June 03, 2018
Ek mis jou
Die twee is middeljarig. Hulle is welsprekend, formuleer hul gedagtes aantreklik. Hulle is ook die toonbeeld van twee mense wat woon in 'n welvarende land met 'n goeie lewe, 'n gesofistikeerde lewensstyl en 'n gemaklike bestaan.
Ek het pas ingeskakel toe die vrou vertel van 'n spesiale ervaring wat sy gehad het. Sy lees die Bybel al vir 'n lang tyd. Die inhoud is vir haar bekend en sy is gelukkig daarmee.
Daar is niks pretensieus in haar woorde nie. Geen groot aansprake op heiligheid nie. Of vroom gedoen oor haar geestelike toewyding nie.
Egte Hollandse nugterheid. Doe maar gewoon, sê hulle mos altyd. Wees realisties oor wie jy is. Wees hondeerlik oor jouself. Besef maar jy is een van vele. Onthou die wêreld is groot, anderkant jou eie bestaan.
Laat mens dink aan die oumense se sardoniese kommentaar op mense wat graag aandag trek: Jakkals prys sy eie stert.
Jakkalssterte.
Dit is 'n spreukwoord wat 'n mens graag dieper wil bedink: die afkeer wat na vore kom in die woord "jakkals" en in die draakstekerige "eie stert."
Maar die vrou op die program is nie naasteby met sulke besinninge besig nie. Dit is 'n program wat fokus op intieme, hartverskeurende ervaringe wat mense op hul lewenspad beleef. En wat dit op 'n eenvoudige manier wil deel met die kyker.
Dit is amper intrusief, dink 'n mens soms. Jy kom so naby aan iemand.
En tog lyk dit asof die vrou 'n behoefte het om net te kan praat oor iets wat nie materiaal vir gewone omgangspraatjies is en wat ons lewe volmaak.
Sy wil vertel. Sy praat oor hoe sy op 'n keer besig was met Bybel lees. Skielik, op 'n oomblik, sonder voorbereiding en onverklaarbaar, het sy begryp waaroor die Bybel gaan.
Ek is geboei, want, sonder om die woord te gebruik, praat sy van die mistieke oomblik: daardie moment wat jy geraak word deur dit wat buite jouself leef, maar op so 'n manier dat dit jou lewe eensklaps omkeer. Iets groters en anders, sodat die gewone buitengewoon raak.
Maar dit is geen sensasionele saak nie. Dit is, vertel sy, net 'n besef wat in haar ingesak het.
Skielik, na al die jare, het die Bybel vir haar sin gemaak.
Sy vertel dit bedaard, saaklik en in 'n sagte, rustige toon.
En skaars klaargemaak met die vertelling, praat sy verder: sy praat oor haar dogter wat vir hulle as man en vrou spesiaal was. Hulle het soveel aan haar: soggens, veral, by ontbyt, die gesprekke. As die dag begin, pa, ma, kind in 'n doodgewone familietyd oor 'n bord pap, saam, naby en lief vir mekaar.
Die pa praat ook oor die dogter. Sy gesig word sag as hy woorde skep om haar te beskryf. En te vertel oor hoe vol sy hulle lewe maak.
Maar dit is die ma wat die gesprek oopbreek tot die hardheid: vyf dae nadat sy beleef het hoe die bybel skielik diep in haar lewe insak en alles vol maak, is haar dogter dood.
Die manier waarop sy dit vertel is so gelaai: dit lyk asof sy antisipeer hoe mense vol argwaan oor haar mistieke ervaring sou reageer. As God so naby aan jou kom en die woorde Woord word, verwag 'n mens nie so 'n wrede hou nie. Die besoek van God, die aanraking van die Skoonheid, die verinnerliking van die Liefde, is nie te rym met so 'n vernietigende slag nie. Hoe kan 'n God van liefde...
Sy praat verder oor haar nuwe reis. Sy praat van die pieke en dale. En van die verborge besef wat aan haar geskenk is op die spesiale oomblik dat die reis nie alleen is nie.
Altyd die besef: daar in iets groters. Ons praat van Iemand. Want ons verhouding met die grotere is nie asof ons slagoffers is. Uitgelewer aan willekeur en wreedheid nie. Dis nie 'n transaksionele verhouding nie: ek ontdek en daarom verdien ek nie.
Dit is die wete dat, wat ook al oor die pad kom, hoe intiem stukkend mens gemaak word en innerlik vernietig word, die reis altyd weer nie alleen kan wees nie. Om die hoek, na die diep dal, is daar die nuwe, die verrassing, die skoonheid, die eenvoudige verheffende.
Want oomblikke later is die pa aan die woord oor sy dogter wat gesterf het en oor hul tye as klein gesin bymekaar met, veral, die oggende as hulle met ontbyt vrolik en vreugdevol kon praat. Vir die eerste keer, in die ernstige, sobere en selfs gewyde gesprek kom daar 'n glimlag op sy gesig.
Dit is eintlik wonderlike herinneringe, sê hy. Só asof hy vir die eerste keer die verlies kan besweer.
Monday, May 21, 2018
Die swart hond en verlangende wag
Dan kom die tye wat 'n mens nie meer 'n pad vorentoe raaksien nie. Net die leegte van niks-wil en niks-kan nie. Tye van verlamming en wanhoop.
Dit is dikwels 'n kliniese toestand, miskien met 'n fisieke oorsaak, soms deur trauma aangebring. Dan help slegs 'n kliniese ingryping, met die nodige mediese hulpmiddels.
Heel anders, baie verskillend is die ander donkerte: Die kere voel 'n mens die tamheid van woorde, die leegheid van geloofstwiste, die oppervlakkigheid van godsdienstige praktyke en gebruike.
Maar 'n mens verloor selfs aan die goeie, die geestelike.
Vroomheid kan irriteer. Heiligheid lyk meestal na spog.
Taal verdwyn. Verlamming keer 'n mens om te kan skryf.
God gaan weg en bly skuil.
'n Mens skakel op outomaties oor. Lewensdwang dryf 'n mens voort.
Dit word die Prediker-tye: alles is sommer net onsin, selfs twak.
Dit kan maande duur, selfs jare.
Jan van die Kruis praat van die donker nag van die gees - iets anders as die donker nag van die siel.
Dit is die groot toets vir die mens se self-insig: Dan kom die nietiging: die wete van 'n mens se verganklikheid, van jou nietigheid.
Wat niks slegs is nie.
Dit is net pynlik, want dit bring self-prysgawe mee.
Jou tydelikheid, jou voorlopigheid word die goeie gawe wat jou geestelike reis deurdring.
Soms, ligweg, kom in die tyd die woordelose wete dat die mens slegs bestaan in die egte sin van die woord waar God teenwoordig is. Maar ook maar net vlugtig, maar net as 'n vonkie wat vergeefs vir 'n breukdeel van 'n sekonde in die donker flits.
Om weer te kan leer: God woon in die ontoeganklike wat nie uitgesê en verwoord kan word nie. En daar kom 'n mens nie deur die mooiste vroomheid nie.
Ons taal faal ons om dit selfs te probeer bedink.
Al wat 'n mens kan doen, is om stil te bly wag. En te verlang.
Biddend dat die donker wag sal omslaan in afwagting.
Sunday, May 20, 2018
God daar bo in die hemel? Oor ons waanbeelde vir en van God
For seven years I was College Chaplain and Worcester College, Oxford. Each year I used to see the first year undergraduates individually for a few minutes, to welcome them to the college and make a first acquaintance. Most were happy to meet me; but many commented, often with slight embarrassment, “You won’t be seeing much of me; you see, I don’t believe in god.”
I developed stock response: “Oh, that’s interesting; which god is it you don’t believe in?”
This used to surprise them; they mostly regarded the word “God” as a univocal, always meaning the same thing. So they would stumble out a few phrases about the god they said they did not believe in: a being who lived up the in the sky, looking down disapprovingly at the world, occasionally “intervening” to do miracles, sending bad people to hell while allowing good people to share his heaven. Again, I had a stock response for this very common statement of “spy-in-the-sky” theology: “Well, I’m not surprised you don’t believe in that god. I don’t believe in that god either.”
At this point the undergraduate would look startled. Then, perhaps, a faint look of recognition; it was sometimes rumored that half the college chaplains at Oxford were atheists. “No,” I would say; “I believe in the god I see revealed in Jesus of Nazareth.” What most people mean by “god” in late-modern western culture simply is not the mainstream Christian meaning.
Wright lig hiermee uit met watter disfunksionele, slegte Godsbeeld geloofsgemeensappe gevoed is.
Die res van sy stuk spel uitgebreid sy eie Godsbeeld uit: wie uiteindelik Jesus se lewe en werk bekyk, sal 'n God sien wat nie net vir die mensdom omgee nie, maar wat passievol, liefdevol en met oorgawe 'n verhouding met mense aanknoop.
Tuesday, July 05, 2016
Die magtige Jesus...
Die begeerte na (politieke) mag in teologiese kringe is egter nie net 'n kwessie by regse groepe nie. Dit loop diep en wyd oor die hele politieke spektrum.
Hier is 'n Ellul-aanhaling uit die berig wat werd is om oratief en kontemplatief beleef te word:
The French philosopher and theologian Jacques Ellul wrote: “Politics is the church’s worst problem. It is her constant temptation, the occasion of her greatest disasters, the trap continually set for her by the prince of this world.”
Linkses trap ook in die valstrik. Die godsdienstige leiers wat Trump ondersteun het hul spieëlbeeld in vele kritici - ook in ons land.
Sekerlik het die kerk 'n profetiese taak en 'n publieke verantwoordelikheid. Dit is dwaasheid om die kerk in 'n spirituele ghetto te probeer intrek.
Wat my opval in die berig is die spirituele ondertoon: die fokus op Jesus wat omgee vir die ongerekendes.
Ek besef die artikel kan nie 'n teologie uitspel nie. Tog laat die skrywer my na die dieper vraag vra: vanwaar die passie van Jesus? Sy onbegrensde ontferming (wat in die berig tereg as kriterium vir kritiek uitgewys word)? Wat lê agter en inspireer Jesus se profetiese optrede.
Dit is belangrik omdat dit die toon en karakter van 'n profetiese oproep bepaal.
'n Profetiese getuienis is dikwels die vroom gesig van 'n onheilige magspel. En die versoeking daartoe lê daagliks, oomblik vir oomblik op ons lewensweg as 'n valstrik.
Elke uitspraak wat oor die politieke lewe gemaak word, moet biddend in terme van sy spirituele karakter beleef word. Anders moet die wag vir die mond eerder nadergetrek word.
Die probleem met die versoeking tot die magspel is juis dat dit ontmagtig.
Soek eers.... het die Wyse Een destyds vertel, en sy eie reis in onmag as die oorwinningspad uitgewys.
Wie gedurig raas en baklei, ook in die Naam, waag: want hulle wat luister weet te goed hoeveel ontferming en hoeveel heiligheid in kritiek deurklink. En waarom die kritiek beluister en toegeëien kan word. Anders word die kritiek die spreekwoordelike rugwater.
Die artikel in die New York Times resoneer goed met my. Miskien juis omdat dit my weer laat nadink oor wie Jesus is. En hoe spiritueel alle profetiese kritiek kan wees.
Kritiek teenoor die politiek is immer nie net 'n deeltjie van ons bestaan nie. Dit haak in op 'n algemene lewenshouding - hoe die optrede van ander beoordeel en bekritiseer word. Die ander is nie net die regering nie, maar ook die kerk, die gesin, die geliefde, die vriende, die seun, die dogter, die kollega.
Thursday, December 31, 2015
Terug in God se huis en binne-hart.
Vanaand, hier in ons soel, nou byna subtropiese laatmiddag in ons geliefde strandplekkie, stap ek verby 'n ou bekende inwoner se huis.
Ons is op pad see toe, vir 'n lafenis in die louwarm water.
Ons staan stil vir die groetslag. Ook omdat ek gesien het sy huis is op die mark.
Toe ek die Te Koop bordjie sien, voel ek die tentakels van tydelikheid, van eindigheid en verganklikheid om my hart vasklou. Ons stap al soveer jare met ons uitspantyd elke keer verby die huis. Dit is 'n vastigheid, 'n bekendheid en die vriendelikheid wat ons altyd daar kry is ook al 'n lafenis op sy eie manier.
Die kennisgewing laat my dink aan Cussons se onvergeetlike en vergeefse gebed om die huis wat tog moet vasstaan, wat wind en weer moet oorleef en 'n vastigheid moet gee teen die ru afbreek van die tyd.
Hulle dink hulle sal maar moet trek, want die ouderdom slaan toe en 'n mens weet nie wat wag nie, sê hy. Daarom verkoop hulle.
Hy is op sy hoë jare die epitomie van gesond-wees. Hy klim nog selfs op die dak om regmaak-werkies te doen. En tog, die toekoms is glibberig. Ons sal mos nie weet wat die môre inhou - dit wat ons nie verwag nie.
Ons moet wys wees. Reg besluit, Betyds. Tien maagde: vyf vertel ons wat ons behoort te doen.
Geleen, besef ek, is ons jare. Soos sand glip dit deur ons vingers. Dit hou nie stand nie.
Voor ons weet is die groot Nuwe Tyd daar. Die onverganklike. Terug in God se huis en binne-hart. Uiteindelik.
Maar al die vinnige, dieper gedagtes skuil in ons gemoed. Ons bedink dit, maar praat ander dinge, soos ons daar voor die huis staan en praatjies maak.
Terwyl ons so gesels, vertel hy, onbesorgd en, soos altyd, 'n kostelike verhaal: Hier in die gemeente was 'n legendariese oom. Hy het nie geleerdheid gehad nie. Maar almal het hom onthou en geniet.
Soos om te onthou hoe hy op 'n keer in die konsistorie sy eenvoudig, kort gebed gebid het: "Here, gee tog dat die slim mense verstand sal kry."
Mens kan alles weet en niks begryp nie. 'n Mens kan vinnig leef en innerlik leeg wees. 'n Mens kan orals jaag en nêrens uitkom nie.
Ek weet, op daardie oomblik, ineens wat my gebed vir die nuwe jaar is: verlange na wysheid.
Om in die vrees, die ontsag voor God te mag wees.
Want daar begin wysheid: naby aan God, in die binne-hart van God, altyd bewus van hoe nodig 'n mens dit het om weg van jouself, by die diepste en eerste bron van alles te mag wees.
Daar ontdek 'n mens eers werklik wie jy is - 'n bevoorregte:
- Iemand wat in die skepping tot die lewe gevorm is.
- Iemand wat in die Seun tot die lewe hervorm is.
- Iemand wat ewiglik vir die lewe bedoel is.
- Iemand wat daarom, dankbaar, weet - die lewende God wat op die manier so oorvloediglik lewe gee en vra dat mens voluit moet leef, is 'n God van ryk liefde.
Om elke dag wysheid vir en tot die lewe te mag kry - dit is die verlange vir 2016.
Wednesday, December 16, 2015
Uitgenooi
Dit is 'n uitnodiging, wat terselfdertyd ook 'n aanmoediging en aansporing is. Dit het amper 'n bevelskarakter. Daar is byna 'n dringendheid in Jesus se woorde.
Jesus se woorde vertel van sy intense kommer oor en afkeer van wat rondom hom in die naam van godsdiens aan die gebeur is.
Dit is 'n woord wat deurdring is van ontferming, want Jesus praat met mense wat vermoeid en belas is. En nie sommer net so in die algemeen asof dit bloot net om depressiewe toestande gaan nie.
Dit is 'n groot oomblik wat aanbreek: die woorde van Jesus nooi uit om te breek met 'n godsdiens wat 'n mens uitput, leegtap en as 'n las 'n lang skaduwee oor jou lewe laat val.
Die uitnodiging vertel van 'n pad wat in twee verdeel. 'n Mens het 'n keuse: jy kan aangaan in dieselfde rigting, die ou pad. Of jy kan afdraai, in 'n nuwe rigting.
Maar die nuwe rigting, moedig Jesus aan, eindig in rus. Dit is die pad wat uitkom by die waters waar rus is, by die groen, pastorale weivelde - daar waar die skape wei, onversteurd, gevoed, tevrede, versadig. Daar waar 'n mens in God se onvoorwaardelike, nie-veroordelende liefde leef.
Dit is om te waag. Want deur die eeue heen was dit nog altyd so dat mense wat afgeknou word, 'n patologiese verbintenis met en afhanklikheid het van hulle afknouers.
Die ou pad is die pad van verslawing. Dit vertel juis hoe gevaarlik godsdiens kan weer. Om dit te besef, moet 'n mens Jesus se woorde in konteks lees. Net nadat Jesus hierdie uitnodiging rig, vertel Matteus hoedat sy dissipels op 'n Sondag deur die velde loop en van die koring pluk om hulle honger te stil. Vir die Fariseërs wat, opgeruk, hulle vingers swaai en vir Jesus beskuldig dat sy volgelinge die wet oortree, antwoord hy: dit kan nog erger, né? Dawid was op 'n keer so honger dat hy gewaag het om in die tempel te gaan brood vat (Mt.12:4).
Dan volg Jesus te "toepassing" : Dawid se verhaal wys dat God van mense ontferming verwag (Mt.12:7).
Maar daar is meer: 'n Ander teks soos Lukas 11:46 kruip diep in die hart in, wanneer 'n mens dit (intertekstueel) met Matteus 11:28 verbind. Kwaai praat Jesus met die wetgeleerdes: hulle "laai ondraaglike laste op mense af." Maar dit hou nie daar op nie. Hulle "verroer geen vinger om die laste te dra nie."
Godsdiensleiers wat mense in die Naam van God belas, staan direk teenoor Jesus wat die laste afhaal.
Godsdiens sonder ontferming, godsdiens wat las in plaas van rus bring, is die teiken van die evangelies en die vyand van 'n verhouding met God.
Dit alles word nog konkreter wanneer ons opgewonde in die motor klim om te gaan uitspan na die lang jaar. Rusplek toe, vredestyd in, naby aan almal vir wie ons lief is. Só wil godsdiens ook lyk: dit moet vermoeidheid verdryf. Die las wegneem. Opgewonde moet 'n mens daaroor wees. Met nuwe lewe en toewyding moet dit aanspoor.
As 'n mens na die lang jaar kyk, hierdie jaar van 2015, waarin ons die lelikste gesig van godsdiens gesien het, het ons die boodskap van vrede meer as ooit nodig.
Teenoor die terroriste, hulle wat dink hulle gaan die paradys binne as hulle bomme plant, maar ook teenoor die onverdraagsames, die wat veroordeel en verwerp, hulle wat 'n ondraaglike las op ander lê, hulle wat dink God staan goedgunstiglik en knik van tevredenheid wanneer hulle ander verstoot en belas, staan daar die wettelose, vriendelike, bevrydende uitnooi deur die "My" van Matteus 11:28.
Hierdie byna dringende, amper smekende "Kom" is 'n oop uitnodiging van Hom met sy ontfermende, oop hart aan almal wat deur die kerk en deur godsdiens verneder, uitgewerk en van hul menslikheid ontneem word om eerder te gaan soek na waar die rus gevind kan word.
Δεῦτε, sê die Grieks: hierheen! Neem afskeid, waag om dapper weg te loop van die Vroom Vernietigers, van hulle in die kerk wat in die Naam van God geestelik en liggaamlik doodmaak en bloed vergiet (Lukas 11:49-50). Moenie 'n slagoffer wees van hulle wat jou verniel nie. Breek met hulle. Ook hulle wat in 2015 vroom in die kerk die liefde van God verontagsaam en die Bybel gebruik om ander se menslikheid te ontken (Lukas 11:42).
In die kerstyd herinner die woorde aan dade: want vir Jesus om só te kon uitnooi, moes hy self 'n lang reis aflê: weg van die Vaderhuis. Hy het as te ware die verlore Seun geword, so solidêr met die kwaad, om te kan wys 'n mens kan daarvan wegbreek, vry word, rus vind. Deur maar in God se ontfermende liefde in te woon.
Friday, October 09, 2015
Dit is my vader. Oor eerbied.
Sy hoogbejaarde pa, Andrew Murray (sr.), wat ook een keer moderator was, was nog op die sinode waartydens Murray (jr.) tot moderator verkies is.
Op 'n stadium het sy pa 'n spreekbeurt gekry. Andrew (jr.) het uit die moderator-stoel opgestaan toe sy pa begin praat en bly staan totdat sy pa klaar gepraat was.
Eer jou vader...
Thursday, October 08, 2015
Kontemplatiewe gebed en die sabbat. Oor Barth se mistiek.
Wednesday, October 07, 2015
Wanneer 25 mense soveel as 'n land verdien.
The world’s 25 best paid hedge fund managers earned a combined $11.62bn last year. Hedge fund pay, however, almost halved from a $21.5bn total in 2013 when surging equity markets helped the industry’s 25 highest earners rake in earnings roughly equivalent to the gross domestic product of Jamaica.
Ken Griffin, the founder of the Chicago-based Citadel hedge fund that recently hired former US Federal Reserve chairman Ben Bernanke as an adviser, came top of the list for 2014, taking home $1.3bn, according to an annual survey conducted by Institutional Investor’s Alpha.
Hier is die volledige berig in die gerespekteerde Financial Times:
http://www.ft.com/intl/cms/s/2/6a0239e2-f32f-11e4-a979-00144feab7de.html?ftcamp=crm/email/201556/nbe/UKMorningHeadlines/product#axzz3ZFnI2n1o