Sunday, December 10, 2006

Spirituality and asking for forgiveness / spiritualiteit en vra om vergifnis

Iewers skryf Thomas Merton oor die groot antwoorde wat mense altyd by geestelike leiers wil soek. Sy raad aan sulke leiers is - moenie dit gee nie.

Ek kou hieraan, veral omdat ek al heel week loop en dink oor iemand wat weer in die openbaar verskoning gevra het omdat hy as 'n bekende leier jare terug iemand anders in die naam van God 'n diepe onreg aangedoen het. Hy vertel hoedat hy al lankal die persoon wou gaan "spreek" het om te verduidelik waarom hy dit gedoen het. Sy openbare skrywe bevat dan 'n lang, uitgebreide verklaring oor hoe hy teologies tot ander insigte gekom het.

Selfs wanneer ons om verskoning vra, kan ons, onbedoeld en goedbedoeld, besig wees met 'n poging tot selfregverdiging. Ek was teologies oningelig, nou is ek teologies ingelig. En tussen hierdie skuif van my van die donker na die lig, is daar ure, dae, maande, jare se ongekende seer wat ek ander mense aangedoen het. Hulle seer is weer eens nie in fokus nie, maar ek en my skuiwe wat ek gemaak het. (Hou ons tog maar net ander mense se seerkry in gedagte wanneer ons 'n oordeel oor hulle vel, dan sou ons baie minder ons monde so graag oopmaak).

Sulke tye wanneer ons besef ons was verkeerd, moet ons smeek om vergifnis - in die letterlike sin van die woord. Want die seer wat korsdik oor die lewe van mense sit, vra nie om verduidelikings nie. Dit vra niks nie, liewer net stilte en skaamte. Dit is wat Job van sy vriende gevra het. Dit groot verduidelikings wat ons vra en bied, moet tot swye gebring word. Veel, veel eerder moet ons na 'n eenvoudige, nederige versoek om vergifnis in stilte verder wag op die werk van die Gees wat alleen heling kan bring - meer as wat ons beste woorde ooit kan regkry. Onvoorwaardelik, sonder verduideliking moet ons ons skaamte en ons smeking dat ons verlede ons nie toegereken sal word nie, oordra: en dan moet ons die Gees toelaat om genesing te bring - indien ooit. Juis in die "indien ooit", opreg uitgespreek (sal God my ooit hiervoor kan vergewe?), klink dan die swart ervaring van ons skuld deur. Dit is die hand wat ons op die bors slaan, tollenaarsgewyse, as teken van ons diepe, egte berou. Niks, nie ons beste verklaring, kan ooit rede bied vir of regmaak aan wat ons gedoen het nie. Net die goddelike, onbegryplike genade kan, indien ooit, heling bring...



Somewhere Thomas Merton writes about those who consult leaders about questions and ask for clear and extensive answers. His advice to the leaders is not to give it.

I cannot stop thinking about this. I have been reflecting throughout this week on a public statement by a well-known church leader regarding deep injury inflicted on someone else some years ago (in the name of God). His public statement comprises of a long explanation of his conversion from his earlier superficial theological beliefs about the matter on which he judged so easily. Even when we are begging for fogiveness, unlike the pharisee, we can be engaged in self-justification - like the pharisee. I was theologically naive, now I am theologically better informed. And behind this shift in my theological developments, lies hours, days, months and years of irreparable injury inflicted on other human beings. Their pain is not in focus, but rather my shift in thinking.

Better beg for fogiveness in the literal sense of the word and say no more.

The big answers and explanations that we give, must become silent as we wait, humbly, on the Spirit of the Lord to use our simple request for forgiveness, unconditionally given, without explanation, to bring some healing - if at all (Lord, can you ever forgive me?). Precisely in this "if at all" we express the dark, deep experience of our guilt. It reflects the hand beating one's own breast, like that of the tax collector, as a sign of our deep regret. So deep that nothing can compensate for it - not even our best explanation. Only grace, God's divine grace, can ever, if at all, bring healing.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive