Sunday, February 28, 2010

Jesus het opgestaan. Kom ons gaan aan met ons lewe...

Johannes 21 wat in vorige blogs bespreek is, bly my bybly. Dit is tog merkwaardige verhale: Johannes 21:1 som die hoofstuk op as: “Jesus het daarna weer aan sy dissipels verskyn.” En dit word duidelik in ‘n spesifiek area geplaas, naamlik die See van Tiberias.

In ‘n sekere sin is die hoofstuk ‘n ontnugtering en ‘n teleurstelling.

Johannes 20 vertel hoedat Jesus met ‘n vredesgroet aan hulle verskyn het toe hulle die Sondagaand met sy opstanding bang bymekaar was. Daar het hulle die Heilige Gees ontvang (Joh.20:22-23). Ons neem dus aan dat hulle nou kragtig in Jesus se opstanding glo. Dis nog net Thomas wat vasgeskop het. Maar hy het intussen bygekom (Joh.20:26-28).

En nou? In Johannes 21, anders as wat ‘n mens uit Handelinge 2 verwag, is die apostels nie die wêreld in met die boodskap van Jesus se opstanding nie.

Hulle vang eerder weer soos in die ou dae vis. Sewe dissipels is langs die see bymekaar toe Petrus sê: “Ek gaan visvang.” En dadelik gaan hulle almal uit om die hele nag lank te probeer iets vang.

Is hulle nou maar weer die ou klomp, sonder Jesus, terug in hul ou bestaan asof alles nou tot niet is en die Jesus-verhaal dan verby is? Het hulle geloof tot ‘n einde gekom?

Daar is ‘n paar sleutels wat ons help om hier anders te dink. Hierdie sleutels ontdek ons in die ryk simboliek van hierdie hoofstuk:

Eerstens is dit, soos Sandra Schneiders in haar Johannes-boek skryf, nie om dowe neute dat daar sewe dissipels genoem word nie (Joh.21:2). Hulle verteenwoordig ‘n ronde getal. Dit is die kerk in die klein wat hier al bymekaar kom. Hier word dus op ‘n rare manier simbolies na die nuwe gemeente van God verwys.

Tweedens kom Jesus in hulle gewone lewe in. Hy neem hulle nie na die bo-kamer of die tempel of Jerusalem toe nie. Hy word deel van hul daaglikse lewe – hy wys selfs vir hulle hoe om ordentlik vis te vang... Terwyl hulle nog visvang, staan Jesus eenvoudig op die strand. Hy volg hulle waar hulle leef.

Die hoofstuk bied egter ‘n ander sleutel. Jesus maak hulle bewus dat daar iets spesiaals in hulle lewens aan die gebeur is. Hy voed hulle met vis. Hulle weet dan ook sonder meer dat dit die Here is (vers 12). Hulle herken Jesus se binnekoms in hul lewens, in hul gewone, alledaagse bestaan. Hulle gehoorsaam al Jesus se bevele – om die nette aan die regterkant uit te gooi (vers 6), om die vis te bring wat hulle gevang het (vers 10) en om te eet (vers 12). Hulle eet ‘n normale dag se ete saam met Jesus langs die see. Hulle besef ook selfs dat die die “Here” is wat nou na sy opstanding met hulle is (vers 7). Maar terselfdertyd is hulle verwonder. Hulle kan nie eintlik peil wat hier aan die gang is nie – hulle wil nie vir Hom vra “Wie is U” nie? (vers 12). Daar is iets anders, iets verborge aan hierdie maaltyd. Dit is tog nie so ‘n gewone maaltyd nie. Iets gebeur met hulle wat hulle laat wonder. Hulle wat hom so dikwels gesien en gehoor het, wil nou eintlik nog meer van hom weet. Johannes 21 wil dus onderstreep dat die opgestane Jesus op ‘n gewone, maar besondere manier in die lewe van die kerk teenwoordig is.Terwyl hulle met hul gewone lewe aan die gang is, tree Jesus dit binne en keer dit om in ‘n spesiale ervaring. (Johannes 14:23: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.”)

Dit laat ‘n mens aan die nagmaal dink. Hulle sit aan by die ete, soos altyd maar, reg om gevoed te word. Maar dan vermeld Johannes uitdruklik: “Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis.” Hier word hulle gevoed, word die elemente in ‘n sakramentele handeling aan hulle gegee deur die opgestane hande met die merke van die spykers daarin (Joh.20:25!) – die hande wat ‘n mens sien en tot geloof kom. In die Bybelwetenskappe is dit ‘n algemene insig dat Johannes-Evangelie só vertel is dat dit in die konteks van die nagmaal en liturgie verstaan moet word (kyk ook bv. Joh.6:9-12). Dit het wonderlike betekenis: hier word die gewone, alledaagse bestaan geheilig – versakramentaliseer. In die sweet van ons aangesig, is Jesus heiligend en voedend teenwoordig. Wat ons doen, doen ons in die lig van God se teenwoordigheid.

Maar dit is nie om dowe neute dat Jesus sakramenteel teenwoordig is waar die groot visvangs – 153 visse! – plaasvind nie. Die simboliek van die visvangs sou deur nie een van Johannes Evangelie se lesers misgekyk word nie. Hulle sal onthou dat Jesus duidelik by hulle roeping vir die dissipels gesê het: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak” (Matteus 4:18-19). Maar meer nog: ons herken in Johannes 21 die verhaal van Lukas 5. Petrus vertel daar aan Jesus, toe Jesus vir hulle sê om te gaan vis vang, dat hy die “heel nag deur geswoeg het sonder om iets te vang” (vers 5). En dan gehoorsaam hy tog – met die groot visvangs wat dan volg. En aan die einde, nadat Petrus sy sondigheid bely het, sê Jesus: “Moenie bang wees nie, van nou af sal jy mense vang” (vers 10). En dat Jesus dit ook hier in gedagte het, blyk aan die einde van die hoofstuk wanneer hy vir Petrus drie keer (!) vra om sy skape te laat wei en op te pas. Die drie keer wys dat Jesus die ganse sendingwerk van die kerk in gedagte het (sien ook hier onder verder oor die drie).

Dit alles beteken dat die evangelies hierdie verhaal gebruik het om sy latere lesers daaraan te herinner dat Jesus van die begin af by die dissipels was in hul visserstaak. Jesus heilig hul lewe tot die sending, tot ‘n eenvoudige woordverkondiging. Hulle vertel van Jesus sodat mense moet glo (Joh.20:31). Dit is hulle groot taak – die uitreik na ander met die Jesus-boodskap. Dit is ‘n swoeg en sweet taak, maar in die sweet van hulle aangesig is Jesus voedend, liefhebbend teenwoordig.

Nog ‘n sleutel wat Johannes vir die leser gee om die hoofstuk te verstaan is die frase: “En toe dit al lig geword het.” Die dissipels swoeg en sweet om vis te gaan vang. Hulle verdien hulle brood in die sweet van hulle aangesigte... Maar dan begin ‘n nuwe dag as Jesus in hul lewens kom. Dit word ‘n dag van groot visvangs, van wonderlike, kragtige, Pinsktergebeure. Hulle eie lewens word getransformeer. Wat met Jesus gebeur het, gebeur nou ook met hulle. Hoe peil ‘n mens dit? Wie is hierdie Here wat die nag van sweet in ‘n dag van vervulling transformeer? Die ontmoeting met Jesus sou Petrus tot trane bring. Hy is diep geroer deur die Here se vrae oor die liefde.

Dit is geen wonder dat daar ‘n finale sleutel heel opvallend in vers 14 aangebied word nie: “Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is.” Drie keer. Die volmaakte getal. Soos Jesus op die derde dag opgestaan het, die getal van afronding, so verskyn Jesus drie keer aan sy volgeling en bring daarmee die opstandingstransformasie tot ‘n hoogtepunt.

Dit alles beteken dat hierdie hoofstuk wil vertel hoe lyk die lewe van die kerk na Jesus se opstanding. In die groot uitdaging van uitreik na ander, sou die kerk se geloofsreis dikwels skynbaar op niks uitloop nie. Die nag van mislukkings en wanhoop oorval die kerk ook na die opstanding. Die dissipels gaan aan met hul lewens. Hulle leef soos altyd met aardse sorge en bekommernisse. Maar nou, maar nou, is daar ‘n verborge, maar boeiende krag in hul lewens losgelaat.Waar die geloofsgemeenskap vir Christus kontempleer en leef in die teenwoordigheid van die Opgestane Een, hoe ontsagwekkend dit ook al mag wees, sal hulle die ryk oes inbring, maar ook self weer telkens gevoed word. Hulle word vissers, skaapwagters!

Saturday, February 27, 2010

Om in stilte gereed vir God se stille teenwoordigheid te wees. Oor Psalm 65.

Ek lees vanaand ‘n stuk wat ek op 20 Oktober 2009, skaars vier maande terug, geskryf het:

Ons sou vreemd opkyk en self ongemaklik voel as iemand vra dat ons stilte bid. Ons dink “bid” beteken noodwendig “woorde” en “praat.” Die bekende Psalm 65:1 begin in ons Bybels met “Aan U kom ‘n lofsang toe.” Luther het dit vertaal met: O God, die mens loof U in die stilte. In die Afrikaanse vertaling sien ons die vooroordeeel teen stilte raak. Want ‘n mens moet dit inderdaad eintlik vertaal met: “Daar is stilte voor U.” Of: "U word geprys met stilte." (Sommige kommentators verbind hierdie woorde met die gebed van mense in die tempel as hulle in stilte wag op God, veral op die belangrike feesdae.)

Daarna het ek meer uitvoerig oor Psalm 62 geskryf (waarna ek ook nog 'n keer weer sou wou terugkom). Ek het intussen nog nie kans gehad om verder na te dink oor Psalm 65 nie. En ek wou graag die eksegetiese detail naderby bekyk.Dit het my nou besig gehou en uiteindelik na die vorige blog hieroor teruggeneem.

Uit die nalees oor hierdie Psalm kom ek weer agter hoe Bybelvertalers uit onlangse tye maar katvoet vir stilte is, veral as dit gaan om die rol van stilte in aanbidding.

Psalm 65:1 gee ‘n mooi voorbeeld van hierdie versigtigheid. Normaalweg word die vers heel eenvoudig vertaal as: “Aan U kom ‘n lofsang toe, o God.” Of in Engels (NIV): “Praise awaits you o God, in Zion.”

Maar ‘n letterlike vertaling van die Hebeeus is: “Aan U, stilte – lof, O God, is in Sion.” (A Song. To Thee, silence -- praise, O God, is in Zion.)

Sommige mense dink die Psalm open op dieselfde manier as Psalm 62:1: “Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.” Maar weer eens is die vertalers ook nie met Psalm 62:1 op hul gemak nie. Daarom word hierdie frase in Psalm 62:1 (soos in baie Engelse vertalings) in Nuwe Vertalings meer dikwels vertaal met: “Net by God vind ek rus.” Dit is `n tragedie dat die stilte deur hierdie vertaling uit die vers wegvertaal is.

Die Latynse Kerkvader, Hieronymus, het die frase in Psalm 65:1 (“aan U, stilte- lof”) vertaal as: “Silentium tibi laus.” Hy het die frase dus verstaan as: “Stilte is lof vir U.”

Meer letterlik beteken die frase in die Hebreeus: “Vir U, stilte, lof.” Hierdie kort en kriptiese uitdrukking veroorsaak hoofbrekens vir die vertalers, wat al klaar so ongeneë tot stilte is. Twee moderne Engelse vertaling gee darem meer erkenning aan die motief van stilte en vertaal dit as: “Daar sal stilte voor U wees en lof in Sion” (NASB) en “U word met stilte geprys in Sion” (God’s Word). Maar hulle is nie eintlik onder die belangrikste en mees gelese moderne vertalings nie.

Die Hebreeuse woord vir stilte in die frase is die selfstandige naamwoord דֻּמִיָּה (dumiyyah, “silence”). Dit word deur vertalers feitlik konsekwent verander na die deelwoord דּוֹמִיָּה (domiyyah). Dit is ‘n vervorming van die werkwoord דָּמָה (damah, “om stil te wees”), maar hulle verstaan dit dan in die sin van “wag” of “toekom.” Vandaar die vertaling – “aan U kom toe die lof.”

Maar die vertaling van die letterlike “Vir U, stilte, lof” sou kon wees: “Stilte is lof vir U!”

So begin die Psalm-lied waaroor ek gister geblog het (om by hierdie vers uit te kom) dus met die woord “stilte” – en dit in ‘n lied! Die lied besing stilte en lof.

Stilte is nie vreemd in die Psalm nie en kom ook nie net in die eerste vers voor nie. In vers 8 word vertel dat God “die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke.” Die natuur en die aardbewoners word stil. Hulle staan in ontsag voor goddelike wondertekens.

Dit is ‘n komplekse belewenis: ‘n mens kan nie vir God se werking ontvanklik wees, as ‘n mens nie in ‘n ruimte van stilwees beweeg nie. ‘n Mens, sing die digter, kan nie in God se teenwoordigheid wees as ‘n mens nie eers in jou eie gemoed alle woorde en geraas uitgeban het nie. Die gelowige reik uit na die stilte, na die plek anderkant raserige woorde. Maar terselfdertyd word hierdie stilte ook gegee, geskenk en geskep. God werk die stilte. God kom skep die oop plek waar woorde nie langer raas nie (vers 7) sodat mense God “ontsagwekkende dade” kan sien (vers 5), God as Redder kan ervaar (vers 6) en op God kan vertrou (vers 6). Stilte kom God toe. God skenk stilte.

Stilte as eerste woord, staan byna as motto, interpreterende opskrif bo hierdie Psalm en veral sy inleidende gedeelte. In die gedeelte vind daar reiniging plaas – ‘n belangrike aspek van die mistieke weg. Ongeregtighede en oortredinge, verkeerde dinge en dade het ‘n lang skaduwee oor die digter se lewenspad gewerp. Hy moes daarvan gereinig word (vers 4). Gereinig daarvan, maak die gelowige hom of haar nou reg vir die aankoms in die ouerhuis, vir die belewing van God as die Redder en as die Onderhouer van die skepping.

God kom dus in mag (vers 7) tot hulle wat in stilte wag. Die soeke na stilte is dus meer as net om uiteindelik op God gerig te wees. Die soeke na stilte is om gereed te wees wanneer God ingryp nadat die gelowige hom of haar gereed maak vir God se geestelike ingryping. Dit het te doen met bekering, met oopstelling, met instelling, gereedheid, luister.

Weer eens vertel Psalm 131:3 die ware verhaal – ek bring myself tot stilte (vers 2). Want hieruit volg: “Wag op die Here, o Israel.” Dit is ‘n gedurige wag, ‘n geloofinstelling, want die siel wat op die Here “van nou af tot in ewigheid.” God kom tot hulle wat in die stilte geraak het...

Om dan maar weer te ontdek dat dit God is wat die stilte in my werk. Vandaar die lof aan God.

Ons praat maklik van "stilword-dienste." En dit is sekerlik goed so. Want in ons raserige eredienste, het ons 'n gevaarlike tekort aan stilte. Ons moet kan leer om stil te wees. Trouens, ons moet kan leer dat stilte lof is. Ons kan God op geen groter manier eer en prys as deur stil te word nie.

En daar sit ook 'n waardevolle element in van geloofsaktiwiteit: ons is op soek na stilte, juis omdat ons weet hoe leeg ons woorde is of hoe dikwels ons woorde 'n grens tussen ons en God oprig.

Maar uiteindelik is ons stilword-dienste ook "laat-stilword" dienste. Of "stil-maak-dienste." Want hoe aktief ons ook al is, kan ons ook maklik 'n ongemaklike, leë stilte binnegaan. Uiteindelik is die egte stilte, daardie stilte wat ons uit God se hand ontvang. Daarom is ons stilte alleen maar 'n bewustelik oopstel vir God, verby alle woorde sodat God ons kan vul met God se stilte, met 'n teenwoordigheid wat in geen woorde vasgevang kan word nie en wat ons tot lof oorrompel weens die goedheid daarvan.

Dit is dan dat ons, woordeloos, vir God loof en prys - vanuit die stilte wat die Gees in ons werk.

Sheila Cussons se mistieke gedig: Op ‘n velletjie vergeelde papierin ‘n antikwariese boek (sien my blog van 4 Junie 2009) eindig met die volgende strofe:


Ek is die aarde: hoor my: maak stilte
In julle harte sodat ek deur julle
kan vrug dra in die Heer
want slegs so sal julle my, en ek myself
uiteindelik transendeer.

Friday, February 26, 2010

“U voetspore drup van die vettigheid.” Of: “Waar u ook al gaan, is daar oorvloed!” (Psalm 65 as lied oor die heiligheid van God.)

Psalm 65 is een van die mooiste psalms in die Psalmboek. Eintlik gee die Psalm se self-beskrywing al iets van sy eie digterlikheid en sy eie musikaliteit weer. Dit is naamlik “‘n Psalm van Dawid. ‘n Lied.” Hier is dus ‘n digter aan die sing. Net ‘n paar Psalms is liedere (byvoorbeeld Psalm 30 en 48, maar ook in die volgende drie psalms 67-69). Die teks word dus eintlik ook gesing, eerder as wat dit net gelees word.

Dit is duidelik, dus, dat hierdie gelowige digter se verhouding met God nie maar net ‘n stukkie kennis is nie. Hy stuur nie “inligting” oor God die wêreld in nie of vertel van ‘n interessante oomblik nie. Sy geloof sit sy hart in beweging, sy tong is lofprysend. Al sy sinne resoneer saam om iets omtrent sy geloof uit te druk. Hy ervaar sy geloof so intens dat hy dit wil uitsing.

Wat is dit wat so resoneer in sy lyf? Die twee mense wat dit in Afrikaans vertaal het, vertel vir ons nogal ‘n interessante verhaal van hulle resepsies van die teks. Die vertaler van die Ou Vertaling het die lied betitel met die opskrif: “‘n Loflied op die goedheid van God” – wat ‘n mens aan vers 5 wil laat dink. Die vertaler van die Nuwe Vertaling sien in die Psalm iets anders raak. Hy draai dit, merkwaardig genoeg om: “U laat die mense juig!” voeg hy as opskrif by. Daarmee lig hy vers 9 as die eintlike fokuspunt van die Psalm uit.

Twee mense wat intens met die teks gewerk het, beklemtoon twee verskillende aspekte daarvan as sy “boodskap.” Die een sien “juigende mense” raak. Die ouer, digterliker vertaler van die eerste Afrikaanse Bybel sien eerder ‘n loflied oor die goedheid van God raak.

Vir my is daar in hierdie tydlose lied ‘n ander fokuspunt. Ek voel wel nader aan die ouer vertaling, asof die Psalm veral oor God wil praat eerder as oor juigende mense. Die juigende mense is immers maar net daar in die aanloop van die Psalm. Hulle verdwyn van vers 10 prakties van die toneel. Hulle is ook juigende pelgrims eerder as juigende mense – reisigers wat al singende op pad is na die plek van God. Hulle juig oor wat met hulle gebeur en oor die Een met wie hulle ‘n verhouding het. Hierdie plek van God en die Een wat daar woon is die begin en die einde en eintlik ook die inhoud van hulle reis.

Hulle sing omdat die Een na wie hulle reis, uit pure genade na hulle uitreik: God kies hulle uit om nader te kom (vers 5). Dit is God se welbehae wat hulle so gelukkig maak om te kan reis na die heilige woonplek. En terwyl hulle sondig is, vol onreg, is dit God wat hulle versoen, wat hulle bekwaam maak vir die reis (vers 4). God is die bron-ervaring! Wat met hulle gebeur, is wat God met hulle laat gebeur.

Terwyl hulle reis, hierdie proses van hul lewensreis voltrek, sing hulle dus oor God. Die reis is opwindend, want hulle nader tot God en die heiligdom. Hulle is op pad, nader aan God. Terwyl hulle biddende op weg is, weet hulle hulle praat met die Een wat die hoorder van gebede is (vers 3).

Die tweede deel van die Psalm fokus sterk op God (verse 9-14), maar God is die roepende, reddende Een wat selfs in die eerste deel van die Psalm eintlik maar die inisiatief het. Ons geestelike reis begin, pure genade, wanneer ons deur die dieper dinge van die lewe aangetrek word, wanneer die absolute waardes ons tydelike lewe beheers.

Maar daar is nog meer in die eerste deel van die Psalm. Die pelgrims weet hulle is pelgrims. Hulle kyk na hulleself en hulle herken hulleself as intiem verbind met die Here. Hulle wil die Here wat hul liefhet, gaan aanbid. Dit is hoe hulle vol verwagting en afwagting hul reis aanpak. Die eerste deel van die Psalm handel dus ook oor die instelling, die houding van die mens wat tot God nader (lesershouding! of: die aanbiddingshandeling). Hulle is biddend, singend, afhanklik voor God. In hierdie afhanklikheid is nie passief nie. Mense wat deur God geroep word, wil aktief, bewustelik kies om na God te kom, by God genees te word en by God te woon. Daar is toewending en toewyding. Dit is biddende verlange.

Hierdie lied, dink baie eksegete, vertel dus van pelgrims op pad na die Groot Versoendag. Dit was die belangrikste fees wat saam met die loofhuttefees die hoogtepunt van die godsdienstige jaar was. Op hierdie stadium aan die begin van die herfstyd, is die oesjaar gevier. Dit is die tyd van groot blydskap oor goeie dinge wat God uit die aarde vir hulle gee. Dit is ook die oomblik in hul godsdiens wat hulle mees intieme ontmoeting met God verteenwoordig het: die oomblik dat die Hoëpriester die Allerheiligste sou ingaan en hulle verhouding met God opnuut gereinig en herstel word. Hierop is die reis ingestel – om na God te gaan vir die groot reiniging. Dit is die tyd vir transformasie. By God soek die gelowige mens die vrug van die Gees – ook al is die oes in, ook al is aan al die menslike behoeftes voorsien, is die belangriker behoefte na God se brood en God se drank daar in die heiligdom.

Die lied is ‘n aanbiddingslied. Dit is die lied oor daardie verborge behoefte na dit wat nie in die gewone gang van die lewe gevind word nie. Dit is die lied van mense wat agtergekom het waar hulle die voedsel kan kry wat werklik versadig maak. Hulle stel hulle oop om nog nader as ooit tevore by God te kom. Dit is ‘n proses van groei, van intenser bewuswording. Sion, Jersualem, die tempel, God se huis is die plek waar God op ‘n spesiale manier by mense woon en op ‘n spesiale manier by mense is. Dit is die heilige ruimte: die ruimte van God se goedheid; die sfeer van genade wat die deel word van hulle wat vir God kies. Die pelgrim op pad na die plek, met ‘n bewuswording oor die naderende ontmoeting wat steeds intenser groei, is ‘n singende pelgrim.

Om dit te verstaan, moet ‘n mens veral die tweede deel van die Psalm bekyk: Hier skuif die aandag nog meer pertinent na God toe, weg van die pelgrims. Dit handel nou oor God se verhouding met die volk en alle volke, maar ook met aarde, oorweldig deur gawes van ryk, onvoorstelbare goddelike seëninge (65:6-13). Mens en natuur leef uit ‘n verhouding met God.

Kyk net die beeld van God wat in hierdie lied deur die naderende gelowige gevier word:

God is eerstens die Een wat alles begin, maar ook die “verlosser” (vers 6) waarop alle mense vertrou. Maar dan is God ook die een wat die land seën. God is die besige, betrokke, saaiende en ploegende God. God voorsien alles, doen alles – en in oormaat. God besoek die land om oorvloed te gee, verryk dit en berei die koring: die vore is nat, die reënbuie deurdring die grond, die groen plante spruit uit. Hier word God se voorsienige, onderhoudende Skeppersmag gevier.

‘n Mens hoef nie ‘n boer te wees om hierdie digterstaal in te drink nie:

“U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid. Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig. Die weivelde is bedek met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.”

Die Nuwe Vertaling is net so mooi:

Die groot riviere is vol water, U laat koring welig staan. Alles is u werk! U maak die ploegvoere vol water en die kluite nat, U laat hulle sag word van die reëns, U laat alles welig groei. U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed!

“Waar u ook al gaan, is daar oorvloed!” U voetspore drup vettigheid.

‘n Mens merk ‘n God van mag in hierdie lied. Vers 7 lui immers uitdruklik: “Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag.” Die natuur praat daarvan. Selfs die wêreldnasies word deur God se mag aangespreek (vers 9).

Maar dit is ‘n mag van goedheid wat vir mense oorvloed wil skenk.

Vandaar dat mense aan God lof verskuldig is. God maak hulle nie net nuut van hul sonde nie, maar skenk boonop aan hulle meer as mildelik ‘n land vol vettigheid. God verfris geestelik. Maar God spaar ook nie op die alledaagse, gewone dinge nie. Die hele lewe, liggaam en gees, staan in die teken van God se ontfermende voorsienigheid en voorsiening.

Die boeiende is hoe hierdie mag van God ingebed is in ‘n verhouding met die mens en natuur. God se mag dien die mens. Waar God ook al gaan (vers 12) is daar vir die mens oorvloed. Of in die letterlike, beeldende taal: as God ‘n voetspoor trap, is dit voetspore van vettigheid! Die Skepper-God is die God wat gee en deel.

Die Psalm is ryk aan ervarings en roep allerhande gevoelens by die leser op. God gee om, God gee baie om. God reik uit, sommer tot alle mense. God voorsien sodat mense in ‘n land vol vettigheid woon. God sorg ryklik. God trek nader, roep, kies. God belê onmeetlik baie in die verhouding met mens en wêreld.

Daarom pas dit die mens om God se gang na die mensdom te antwoord deur nader te gaan tot God se “voorhowe.” God gee oorvloediglik, sê die Psalm. Maar die geloofsoog weet dit is maar net die begin. Die reis kom daarmee in beweging. Want vanuit die land van oorvloed trek die pelgrim nou op na God se huis, die Here se paleis. Natuurlik is daar die goeie dinge in die natuur, op die land (verse 9-14), maar bo alles troon uit die goeie dinge in die Here se huis (vers 4). Die mens het soveel om te geniet van die land. Maar groter dinge wag: “Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis” (vers 5). God se natuur, die ruimte waar God in oorvloed word, is die vertrekpunt na God se eintlike woonplek, daar waar God in goedheid, maar veral in heiligheid woon. Dit is die diepste behoefte van die mens. Heiligheid! Of liewer: In die Heilige God se teenwoordigheid.

Daarom is vers 5 vir my die eintlike fokuspunt van die Psalm. Die lied is ‘n lofsang op die goedheid en heiligheid van God. Die pelgrim vind sy eintlike tuiste nie soseer in die land nie, hoe vettig ook al in oorvloed nie. Maar hier, in God se tempel, wil die lewensreisiger woon. Hier eindig die pelgrimstog. Al singende voel die reisiger hoe die krag van God in die gewone lewe iets reflekteer van die krag van God wat in die tempel is, in heiligheid. Dit is die fees waarheen die pelgrim op pad is. Ons kan oor alles baie dankbaar wees, maar uiteindelik soek ons harte veral om te woon in die ruimte van heiligheid.

Die Psalms fokus sterk op die tempel as die sentrum van die gelowige mens se bestaan.

Daar is die aangrypende Psalm 27:4 waar die digter vra: “Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel.” ‘n “Hele lewe lank”! Om die Here se goedheid te belewe.

Psalm 23, die bekende een, eindig met die sug: “ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.”

Die gelowige is slegs in die heiligdom, by die Heilige, werklik tuis.

Miskien pas as opskrif by hierdie Psalm: "God se heiligheid laat ons sing".


Thursday, February 25, 2010

Wanneer die toekoms ons lewe stuur. Oor die ewige lewe by God.

Ek besef vandag, toe ek nadink oor Jesus en die Nuwe-Testamentiese leer oor die toekoms, skielik hoe ryk hierdie perspektief aan betekenis kan wees.

Die eskatologie, of die leer oor die toekoms / die einde is vir baie denkende mense ‘n tameletjie. Boeke en boeke is daaroor geskryf – om dit te bestry, te verwerp en om dit belaglik te maak. Die “nugter” mens met sy wetenskaplike vermoëns, vertel ‘n slim vriend van my vir my eendag, moet eenvoudig aanvaar dat as ‘n mens doodgaan is alles onherroeplik verby. Jy het een lewe. Aan die einde van jou lewe, neem jy afskeid en jy sal tot in ewigheid nooit weer wees nie. Dit is laf én arrogant om anders te dink.

En tog bly die Bybelse leer oor die toekoms vir mense “fassineer.” Dink maar aan die onvoorstelbaar gewilde kultus wat rondom die wegrapingsliteratuur van Hal Lindsay ontstaan het. Dit is asof die weggelegde sug na die ewigheid net nie verdring kan word nie.

En daar is tye, soos by begrafnisse, dat mense, selfs onder die wildste van sinici en twyfelaars wat andersins niks voel vir ‘n toekoms anderkant hierdie aardbol nie, sentimenteel kan vashou aan ‘n “hemel” en emosioneel kan vertel hoe hulle uitsien na herontmoetings met vriende wat gesterf het. Dit bring vir hulle momentele katarsis en humorvolle aanvaarding van trauma en verlange.

Wanneer Jesus vir sy volgelinge ‘n toekoms by God beloof, bied dit vir die meeste mense besondere troos. Baie toegewyde gelowige mense dink daarom aan die “hemel” as die voortsetting van aardse verhoudinge, die herwinning van ‘n verlies, die hervatting van tye wat onderbreek is. Wat hulle hoog geag het op aarde, sal in die “hemel” weer hulle deel en lot word.

En inderdaad is Gods toekoms ‘n troosvolle ervaring vir Bybelskrywers. Die “trane afdroog” van Openbaring se toekoms, wys dit helder uit.

Maar vir my is daar meer.

Vandag het ‘n ander, ouer ervaring rondom die eskatologie skielik vir my nuut geword. As ons op elke blad van die Bybel meer leer oor die toekoms, skuif, soos Thurston my laat besef in haar artikel oor spiritualiteit en die Nuwe Testament (Blackwell’s companion to Spirituality), die fokus weg van tydelike kwessies na die ewige sake. Die leer oor God se toekoms wil, soos in spiritualiteit, die geloofsoog wegneem vanaf die sigbare en die geloofsblik vestig op die onsigbare. Ons word deur die Bybelse toekomsleer heel konkreet aan die hand geneem om ‘n bietjie dieper as ons huidige bestaan te kyk. (Mistiek kweek die bewussyn van die verborgene).

Moenie jou hart aan hierdie wêreld verkoop nie. Dit kom skielik by my op toe ek Thurston se opmerking lees. Daar is, onderstreep die eskatologie, baie meer aan ‘n mens se bestaan as hierdie aardbol en die dinge wat daarop aan die gang is.

Die sentrum van ons bestaan is nie meer in hierdie wêreld te vinde nie, maar ons lewe vind sy fokus in God se komende wêreld.

Ons moet delf. Dieper. Op soek na goddelike goud.

As ons dit doen, ontdek ons hoe tydelik alles is waarmee ons elke dag besig is. As ek nou ‘n dag agter die blad het, my lewe van opstaan tot gaan-slaap beleef het, wat dan? Prediker het die gevoel van ‘n vlietende bestaan skrynend uitgewerk. Alles, alles, alles is sommer bollie – sou ‘n mens sy woorde in studente-slang kon vertaal.

Prediker het ‘n ruimte geskep waarin die mistici gaan delf het en waar hulle gaan luister het na die Wyses van alle tye. Want naas Prediker was daar byvoorbeeld in die heilige boek ook Esegiël wat in sy roepingsvisioen oorweldig word deur God se heiligheid. In Esegiël 7 teken hy ‘n profesie op waarin mense hulle silwer op die strate weggooi, wanneer hulle goud nutteloos sal wees, hulle silwer en goud hulle nie kan red nie “die dag as die toorn van die Here” oor ongeregtigheid losbreek. Maar, skryf Esegiël in hoofstuk 37, daar wag ‘n toekoms op ‘n geheiligde Israel wanneer hulle gereinigd sal terugkom na die land Israel. “Ek sal julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk en Ek sal julle terugbring na die land Israel toe.... Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe en Ek sal julle in julle land laat woon. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” Die toekoms gaan oor die nuwe land waar God woon, waar God geestelik onder die volk sal woon, by hulle sal wees.

Die dieper delf, agter die vorm van hierdie wêreld, bring die belewing van ‘n nou-nog verborge ewigheid. Die belofte van ‘n toekoms by God vertel aan ons hoedat God ons opneem in ‘n verhouding wat nooit ten einde loop nie. Tyd kan die band wat God met ons het nie los maak of laat verweer nie. Ruimte is vir God nie ‘n kwessie nie. Die goddelike liefde oorspan alle plekke, spasies, ooptes en ruimtes. So breed, en, so sonder einde neem God ons op in ‘n verhouding. Dit is bedoel om te vertroos, maar dit doen ook baie meer as dit. Dit wil ons vertel waar ons hart werklik ‘n tuiste vind: in God se ewigheid, in God se immerskynende Lig.

Dít voel ek aan, is wat groter saak maak. Nie dat ons in die nuwe hemel en nuwe aarde oorvloed sal hê nie. Maar dat ons diep geborge in die Goddelike bestaan is – ongeag die wisseling van die tye en die verwering van ruimtes. “Kyk die woonplek van God is nou by die mense.... Die dinge van vroeër het verbygegaan” (Open.21:3-4).

Die Wyse onder wyses het oor God se toekoms nog radikaler gepraat. Die toekoms word nie meer afgewag nie – dit is hier, dit is te belewe. Paulus het gevolg: Mense is nuut in Christus is en leef daarom anders, nuut, getransformeerd (Efes.4:17-5:20). God se toekoms is aan die deurbreek, is aan-die-kom. Ons staan met ons een been in die hede en die ander een in God se komende ryk. Ons leef in hierdie wêreld, maar ook in die ander, komende wêreld.

Dit laat ons ánders leef. Ons leef hier nou vir God se wêreld.

Hoewel ‘n mens nie deur jou geloof weg uit die wêreld geneem word nie, word jou houding teenoor die wêreld onmiddelllik op sy kop gekeer. Die verdrietigheid en vaalheid van hierdie aarde tref jou skielik soos ‘n bak kou water in die gesig as jy begin besin oor die deurbreek van die Ander Koninkryk. ‘n Mens ontwikkel ‘n passie vir die wêreld, maar juis omdat die wêreld so blind is vir sy eie vaalheid, so verstrik is in sy eie dinge, deurtrek is van narsisme. Kan mense maar tog net diepere dinge raaksien!

Jy herken die wêreld se identiteit: Babilon die groot hoer, skryf Openbaring meewarig en intens ironies, het trots gesë: “Ek sit as koningin op my troon. Ek is nie weduwee nie, en treur sal ek nooit nie” (Open.18:7). Maar gelowiges het heel anders na haar gekyk: “Geval, geval het die groot Babilon. Die het die blyplek van die bose geeste geword, die skuilplek van alle onrein geeste, die skuilplek van alle onrein roofvoëls, en die skuilplek van alle onrein en afskuwelike diere” (Open.18:2).

Ons visie van die wêreld sal nie altyd so dramaties polemies wees nie. Soms sal ons die wêreld nie as vyand, as hoer beleef nie, maar as leeg, vaal, verdrietig, soekend, oppervlakkig, sonder inhoud, oninteressant, vervelig. Ons vind nie vervulling daar nie, hoe aan die gang en gejaagd ons ook al daarop bestaan.

Die hart van die egte mistikus, die een wat in die goddelike verborgenheid leef, is ook ‘n hart wat warm klop vir die wêreld.

Maar selfs al bring ons geloof ‘n passie vir hierdie megalomaniese wêreld en vir sosiale geregtigheid en al plant dit ‘n liefde vir die wêreld in ons, weet ons onherroeplik dat die wêreld uiteindelik tog nie ons ware bestemming is nie.

Maar uiteindelik is daar vir my ‘n diepste punt, wat al indirek hierbo dikwels ter sprake kom. Wanneer die nuwe wêreld daar is, is dit die plek waar God gaan woon. Ons ware bestemming is om by God te kan wees. Die ou wêreld en hemel, die een wat ons nou beleef, sal dan verby wees. Dit sal opgerol word soos ‘n mens ‘n boek oprol (Open.20:11!). Maar wanneer ons in die nuwe wêreld is, is dit maar bloot net ‘n ruimte vir God se wees-met-ons.

Die toekoms vertel ons van ‘n wêreld wat God se ruimte is – vir altyd. Hieroor, oor God se direkte aanwesigheid, kan ‘n mens alleen maar in metafore praat – in poëtiese taal probeer uitsê wat ons verstand nouliks kan peil of ons tonge skaars kan beskryf. Ons, ons sal daar, in God se ruimte, skuil onder die vleuels van die Almagtige, die Skepper van alles. En ons sal ewige rus vind in die teenwoordigheid van die Een wat die begin en einde van alles is, die Alfa en die Omega.

En altyd weer is hierdie metafore so fragiel – uitgelewer aan misverstande, aan kru verletterliking, aan siniese bespotting. Maar ons sal hulle, hierdie metafore, saam met die Wyses en die mistici van alle tye, moet bly bedink en praat. Dit is ons kruisweg tot die opstanding. Hulle praat van ‘n werklikheid wat volkome rus bied – hulle probeer uitspel hoe ons hongerende hart in versadiging kan verstil.

Ons hart is aan hierdie Ander Wêreld waar God woon, uitverkoop. Ons het die dieper dinge, God se verborge koninkryk ervaar. Om in geloof te wees beteken om te wees waar God die mag het en dit met ons deel.

Geen wonder dat baie teoloë en veral Bybelwetenskaplikes gedurig beklemtoon dat lank voordat Jesus enige aandag op Homself wou vestig, hy aan die praat was oor God se nuwe toekoms. Dit was sy egte passie: die koninkryk van God het naby gekom! God raak aan. Die eskatologie is die hart van die geloof, die opsomming van die evangelie, die kern van Jesus se bediening. Die boodskap oor die einde vertel vir ons van die laaste dinge. Die dinge wat werklik saak maak. Die dinge wat mot en roes nie kan laat vergaan nie. Dit praat oor God se koms na hulle wat wag....

Dit is egte spiritualiteit: Jesus vestig ons aandag op die “absolute waarde” van die ewigheid wat alle dinge op die oppervlakte stuur en bepaal. Ons leef daarom in ons voorlopigheid vanuit hierdie dieper, absolute waarheid – dat ons deel is van God se toekoms. Alles wat nou met ons gebeur, word gekleur deur daardie toekoms. Die atleet wat die lint eerste breek, word deur uitgelatenheid oorval. Die sweet is verby. Die goue medalje hang nog nie om sy nek nie, maar hy is reeds die oorwinnaar. Jy kan dit aan sy lyftaal sien. Hy het nou, terwyl die podium reggeskuif word, die volkslied begin speel en die vlag gehys word, ‘n hele ander belewing van sy stryd. Hy wag op die goue medalje wat op sy bors by sy hart sal hang en hom steeds sal herinner aan die nabyheid van die oorwinning. Binnekort is die stryd uiteindelik bekroon. Die vreugde sal volmaak wees.

Dit alles beteken dat ons met nuwe oë na ons wêreld kyk. Vaal en verlep lyk ons aarde in die lig van God se komende wêreld. Hoe ongeduldig was, verstaanbaar, die eerste Christene nie daarom nie. En hulle het selfs, sonder skroom, teenoor God biddend gewys hoe ongeduldig hulle is: “Maranatha! Kom, ja kom, Here Jesus. Kom sommer gou!”

Wednesday, February 24, 2010

Neem jy ‘n vette hap as jy in ‘n vreetbui is? Oor menslike keuses

Hier onder is ‘n onderhoudende artikel in vandag se Trouw, maar ook een wat duidelik belangrik is vir die geestelike lewe en vir geestelike leiers. Wanneer ‘n mens in die mistagogiese proses iemand in geestelike groei begelei, gaan dit baie dikwels om so iemand in die maak van keuses te ondersteun. Alles in ons geloof het iewers op ‘n wesenlike manier te doen met keuses wat ons maak (bekeer jou!). En ons weet uit dure ervaring dat die maak van ‘n keuse nie eenvoudig is nie. Ons dink wel soms dit is eenvoudig – dit is net ‘n kwessie van kies dit of laat los dit. Maar eintlik is daar ‘n hele netwerk van faktore wat ons keuses bepaal. Die ervare mistagoog sal weet dat keuses nie sommer net uit die lug val nie.

Die artikel in Trouw gaan heel gevat en insigryk oor die “kuns” om mense te laat kies. Reeds uit hierdie woordjie “kuns” is dit duidelik hoe die maak van ‘n keuse verband hou met ‘n hele komplekse dinamika. ‘n Mens skep wanneer jy kies. Jy gaan deur ‘n fyn proses van betekenis tot stand bring.

Die artikel is gebaseer op ‘n wetenskaplike navorsingsprojek wat gekyk het hoe mense gehelp word om te kies om gesond te leef, om krag te spaar, om ‘n goeie mediese fonds op te neem en ander belangrike lewenskeuses. Maar, terwyl ek dit lees, besef ek die implikasies daarvan loop veel wyer.

Kyk net na al die maniere hoe mense tot keuses gebring word, skryf die navorsers:

Mense kan deur ‘n bietjie dissipline en vasvat gehelp word om hulle ordentlik te gedra, sê die artikel; dit gebeur byvoorbeeld deur boetes uit te skryf as hulle die omgewing besoedel. Daarmee waarsku ‘n mens: “Jy kan kies om dit nie weer te doen nie, of jy kan kies om dit weer te doen en dan nog straf te kry.” (Wanneer speel waarskuwing ‘n rol in geestelike keuses?)

Maar daar is ook ‘n ander weg. Mense kan gemotiveer en aangehelp word deur hulle buurt netjies te hou. Dan word geld spandeer om die omgewing op te gradeer. Mense gaan makliker kies om hul omgewing netjies te hou. Hier word hulle indirek geïnspireer tot ‘n goeie keuse. (Skep vir mense ‘n ruimte vir ‘n egte, oortuigende geloofservaring en hulle sal hulle geloof volwasse uitleef).

Moet ook nie altyd mense oorskat nie. Hulle, het die opname verbasend genoeg gewys, kies nie altyd op grond van goeie inligting nie. Daarom is hulle keuse nie altyd noodwendig die beste een nie. Dikwels kies hulle byvoorbeeld ‘n siekefonds omdat dit ‘n algemeen bekende fonds is en sonder dat hulle besef daar is eintlik beter alternatiewe. In hierdie geval gaan hulle vir die mees algemene praktyk. (Ek dink veel hieroor: dikwels kan die kerk en die predikant nie al die inligting vir keuses uitpak nie. Daar is te veel aspekte of tyd is te min. Maar as die gelowiges die geestelike leiers vertrou en respekteer, sal hulle leiding aanvaar sonder dat hulle in detail ingelig wil wees. Die wat meer wil weet, sal dit dan wel kan aanvra. Met ander woorde: daar moet ‘n vertrouensverhouding tussen leiers en lede wees sodat mense kan voel hul geloofkeuses sal op diepgang rus. Anders, egter as in die voorbeeld hierbo, moet die kerk nie opsies vir lidmate voorhou waarvan sommige minderwaardig is nie).

Mense kies ook nie noodwendig makliker as daar baie opsies is om uit te kies nie. In een toets het mense 24 konfyte geproe, maar min konfyt gekoop. Toe daar net 6 konfyte te koop was, het meer mense geproe, maar minder konfyte is verkoop. (Kan die kerk alles vir almal wees?!)

Soms is mense te lui om ‘n keuse te maak. Hulle is dikwels tevrede as ander vir hulle kies, solank as wat hulle ‘n opsie het om nie noodwendig daardie keuse te hoef te aanvaar nie. In België is mense byvoorbeeld heeltemal tevrede dat hulle organe vir oorplantings gebruik word. In Nederland moet mense eers kies daarvoor. Baie meer oorplantings vind in België plaas.

Nog ‘n mite is dat mense kies wanneer hulle regtig iets wil doen. Dit is alles behalwe waar, soos blyk wanneer ‘n oorgewig persoon voor ‘n lekker koek swig al weet hy of sy dis ongesond. En hier volg ‘n absolute juweel van ‘n Hollandse beskrywing:

Een andere lek geprikte mythe is dat de mens altijd doet wat hij daadwerkelijk wil. Dat is niet waar… De mens heeft een wilskrachtprobleem. Ze nemen zich bijvoorbeeld voor om gezonder te eten, maar zwichten als puntje bij paaltje komt toch voor een vette hap. Er is een voortdurend conflict tussen de planner en de doener in de mens: de planner maakt goede voornemens, de doener kiest voor genot nu, in plaats van in de toekomst... „Het heeft geen zin om mensen met overgewicht te vertellen dat ze dik worden van vet. Dat weten ze wel, maar ze hebben zichzelf niet in de hand tijdens een vreetbui. Ze zouden op ieder moment de andere keuze maken, behalve op het moment dat ze iets doen.”

Hoe het Paulus gesê, volgens die volksmond: die gees is gewillig, maar die vlees is swak! Veral as die vlees in ‘n “vreetbui” voor ‘n vette hap te staan kom…. Op hierdie punt kan die mistagoog nogal heel praktiese raad gee, veral wanneer dit by heiligmaking kom. Hoe kan geestelike leiers lidmate help om die verleidelike opsies te vermy? Wanneer kan ‘n geestelike leier in sy mistagogiese begeleiding vir iemand sê hy moet ‘n vreetbui aanpak en vet happe vermy?

Die artikel vra dan: Hoe help ‘n mens ander kies?

Maak dit vir hulle makliker. Stal die gesonde kos prominent uit. Sit die olie-disse en soetgoed daar waar minder mense dit kan bykom. (Daar verdwyn die basaar se poedingtafel agter die verhoog-gordyn en die groente-tafel kom voor by die ingang…. Preek maar die dieper dinge terwyl die gemeente fris en toeganklik is. Delf darem gereeld so bietjie dieper in die verborge, moeiliker dinge van die geloof.)

Maak konkrete planne: moenie sê ek gaan van nou af oefen nie. Sê: môre gaan ek met die fiets winkel toe in plaas van met die motor. Of ek gaan met die trappe na my kantoor stap in plaas van hyser ry. Kry vir jou ‘n beloningstelsel: as jy iets bereik het, beloon jouself. Sluit by ‘n siekefonds aan wat jou premie afbring as jy by ‘n gimnasium oefen. (‘n Gepraat waarborg niks: Hoeveel gemeentes het al ‘n visie en ‘n missie oor maande heen uitgewors, terwyl niks eintlik verander nie…. Konkrete aksie inspireer: As ‘n gemeente sien watter verskil maak ‘n projek in mense se lewens, is hulle beursies oop vir nog meer projekte. Dit kos net iemand om daad by die woord te sit en ‘n nuwe lewe kan vir ‘n geloofsgemeenskap gebore word as ander volg… Vier die geestelike mylpale in mense se lewens. Laat mense hul lig- en donker tye deel…)

Leer ‘n gewoonte aan. As ‘n mens al vir’n ruk lank iets nie doen nie, is dit makliker om daarbly te bly. As jy ‘n baba in die huis kry, is dit die tyd om op te hou rook. Of wanneer ‘n mens na ‘n nuwe omgewing trek, is dit die kans om voortaan werk toe te stap. Of wanneer ‘n mens veertig word, breek die tyd aan om gesond te eet. (As ‘n gemeente die derde or die vierde keer uitreik, word dit al makliker….)

En dan help dit mense ook as hulle raad kry, veral van persone wat hulle aandag trek. In die artikel word vertel dat baie mense vir iets sal kies as ‘n aantreklike vrou dit vir hulle aanbeveel. Al die inligting van die wêreld sal dikwels niks help nie, terwyl die enkele woord van een persoon dikwels die skaal kan swaai. En ‘n mens kan aanvaar dat as een of ander bekende persoon ‘n aanbeveling sal doen, ‘n klomp mense dit sal aanvaar. (Wat ‘n wonderlike geleentheid het sportmanne en openbare figure nie om mense tot die goeie te inspireer nie. Rolmodelle speel ‘n groot rol in ‘n gesonde gemeenskap. Juis daarom moet ‘n kerk ook sy begaafde lidmate wat uitmunt in kultuur, sport, skryfkuns, digkuns, musiek, sang en die politiek aanspoor om geestelike werk in gemeentes te doen…)

Tussen hakies het ek ‘n paar los gedagtes uitgeskryf wat by my opgekom het toe ek die artikel lees en besef dit het ook implikasies vir geloofsgemeenskappe.

Maar ek lees hierdie artikel ook met aandag omdat godsdiens fundamenteel deur ‘n lewensbeslissende keuse bepaal word. Hoe gebeur dit dat mense besluit om hulle lewens radikaal om te draai? En hoe word mense gehelp met voortgaande bekering, met heiligmaking, met daardie alledaagse keuses wat van hulle mooi mense maak, mense wat omgee, sorgsame, liefdevolle, bedagsame, oplettende mense?

Natuurlik is dit uiteindelik God se werk en die Gees wat op verborge manier in mense se lewens werk. Die lewe van ‘n mistagoog bestaan grotendeels uit gebed vir hulle wat aan haar of sys org toevertrou is. Maar geestelike begeleiding gebeur egter nie andersins sommer net nie. Paulus het daardie merkwaardige woord in Filippense geskryf toe hy die gemeente aangevuur het om hul eie heil uit te werk, want dit is God wat in hulle werk (Fil.2:12-13). Deur ‘n ruimte van vertroue, ondersteuning, insig en liefde te skep, kan ons dikwels vir mense help om daardie een stap te neem wat hulle onherroeplik in die teenwoordigheid van God bring.

Deur dit te besef en deur mense by te staan om verstandige keuses te maak, kan die kerk die geloofsbelewing van sy lidmate op ‘n sinvolle manier ondersteun.

Hier volg die artikel:


Hoe kunnen mensen worden verleid tot een gezondere levensstijl? Tot zuiniger energiegebruik? Tot de juiste keuze voor een ziektekostenverzekering? De psychologie van de keuze is heel wat ingewikkelder dan altijd werd aangenomen. Nieuwe inzichten maken dat het kabinet keuzes slimmer kan beïnvloeden.

Stelt u zich voor: een verloederde wijk. Veel criminaliteit, onfatsoenlijk gedrag, asociale hangjongeren. Wat kan de overheid eraan doen? Eén aanpak is meer blauw de straat op sturen en hoge boetes uitschrijven. Een andere oplossing is het opknappen van de buurt: graffiti verwijderen, gebroken ruitjes vervangen.

Die laatste aanpak is wel zo prettig voor alle betrokkenen, en mist zijn uitwerking niet. Mensen zitten zo in elkaar dat ze zich in een opgeruimde omgeving netter gedragen. Zie hier hoe de overheid ons gedrag subtiel kan beïnvloeden.

Om zulke handigheidjes voor de overheid op een rijtje te zetten, stelde de Wetenschappelijke Raad voor het Regeringsbeleid (WRR) een bundel samen met de nieuwste inzichten van de psychologie van de mens. Gedragswetenschappers schreven er een boek over: De menselijke beslisser. Met dit werk in de hand zal de regering beter in staat zijn het gedrag van de burger te sturen. Tot nu toe lukte dit immers niet altijd even goed.

Het klinkt een beetje eng, beïnvloeding door de overheid. Mag dat zomaar? Will Tiemeijer veegt de bezwaren van tafel. Hij is coördinator van het WRR-project ’Keuze, gedrag en beleid’, waaruit De menselijke beslisser voortvloeide.

„Het parlement beslist namens ons allen wat wij willen – anders hadden we maar andere Kamerleden moeten kiezen. Dat is nu eenmaal de fictie van de democratie. We mogen tijdens de verkiezingen kiezen welke koers de maatschappij moet varen, en het is dan aan de regering om ervoor te zorgen dat we daadwerkelijk die richting opgaan. Zij doet niets anders dan sturen: met wetten, subsidies, voorzieningen, door informatie te verstrekken. Zolang ze kan verantwoorden wat er wordt gedaan, is er niets aan de hand.”

Tiemeijer vindt het sturen van keuzes nog wel de properste manier om gedrag te beïnvloeden. „Sommige mensen vinden Postbus 51-campagnes betuttelend. Maar regels zijn nog veel betuttelender. Je kunt mensen proberen te laten kiezen voor gezond eten, of je kunt kroketten en snoepreclames verbieden. Dan wordt de keuzevrijheid pas echt ingeperkt.”

Wat kunnen we van het overheidsbeleid verwachten nu ze beschikt over de kennis uit De menselijke beslisser?

Een eerste mythe die is doorbroken, is dat mensen altijd de keuze maken die henzelf het meeste oplevert, en dat ze daarbij gebruikmaken van alle beschikbare informatie. Een overheid die in deze mythe gelooft, zal mensen voeden met zo veel mogelijk informatie. Maar de burger is geen rationele informatieverwerkmachine.

Neem bijvoorbeeld het kiezen van een ziektekostenverzekering. In 2006 moest iedere Nederlander een verzekeringsmaatschappij en een pakket kiezen. Volgens de klassieke theorie zouden mensen alle mogelijkheden vergelijken en dan de beste optie eruit pikken. Maar in werkelijkheid kiezen weinig mensen zo. Ze nemen gewoon het standaardpakket van een collectieve verzekering waarvoor ze in aanmerking komen.

Het aantal mensen dat overstapte, viel dan ook erg tegen. De kritische consumentenmassa die verzekeraars zou moeten bewegen de beste pakketten aan te bieden, bestaat niet. Het is dus de vraag of het ziektekostenverzekeringsstelsel in de huidige vorm goed werkt: de concurrentie tussen aanbieders is niet zo groot als gedacht.

Daar komt bij dat mensen niet per se tevredener zijn als er meer te kiezen valt, zo bleek uit een psychologisch experiment waarin winkelende mensen konden kiezen om jam te proeven. De ene dag waren er zes jams te proberen, de andere dag 24. Bij het grotere aanbod kwamen meer mensen een kijkje nemen, maar ze kochten vaker een potje jam bij een aanbod van zes jamsoorten. De geproefde jam beviel hun dus beter. Oftewel, men was tevredener over de keuze bij het kleine aanbod.

Een ander voorbeeld is de keuze voor orgaandonatie. In theorie zouden evenveel Nederlanders als buitenlanders ervoor moeten voelen hun organen na hun dood af te staan. In de praktijk niet. In Nederland ben je geen donor, tenzij je je er zelf voor opgeeft. In andere landen werkt het andersom: je bent donor, tenzij je aangeeft dat je dat niet wilt. Het resultaat is dat het percentage donoren in Nederland relatief laag is. Mensen zijn soms te lui om actie te ondernemen, volgens Tiemeijer, ook al zou het ze een goed geweten opleveren. Wil de overheid het aantal orgaandonoren opschroeven, dan zou ze die keuze anders kunnen vormgeven.

Een andere lek geprikte mythe is dat de mens altijd doet wat hij daadwerkelijk wil. Dat is niet waar, valt te lezen in De menselijke beslisser. De mens heeft een wilskrachtprobleem. Ze nemen zich bijvoorbeeld voor om gezonder te eten, maar zwichten als puntje bij paaltje komt toch voor een vette hap. Er is een voortdurend conflict tussen de planner en de doener in de mens: de planner maakt goede voornemens, de doener kiest voor genot nu, in plaats van in de toekomst.

„Beleidsmakers moeten zich dit realiseren”, vindt Krispijn Faddegon, medewerker van de WRR en een van de auteurs van het boek. „Het heeft geen zin om mensen met overgewicht te vertellen dat ze dik worden van vet. Dat weten ze wel, maar ze hebben zichzelf niet in de hand tijdens een vreetbui. Ze zouden op ieder moment de andere keuze maken, behalve op het moment dat ze iets doen.”

Informatie geven kan zelfs averechts werken: mensen overschatten de gevolgen van hun ongezonde gedrag meestal. Tiemeijer: „Wat beter werkt, is de keuze die het verstandigst is voor de meeste mensen het makkelijkst maken. Leg in de kantine een gezond yoghurtje vooraan, en kroketten en patat een beetje weggemoffeld.”

Niet alleen de overheid kan een bepaalde keuze gemakkelijker maken, zelf kun je ook het een en ander doen. Neem bijvoorbeeld niet de route langs de snackbar naar huis.

En maak concrete voornemens. Zo van: als ik ’s ochtend op mijn werk kom, neem ik de trap in plaats van de lift. En niet: ik zou meer moeten traplopen. Dan komt het er niet van.

Wat ook kan helpen – en wat de overheid zou kunnen stimuleren – is een directe beloning zetten tegenover goed gedrag. Als je meer wilt sporten, helpt het om van tevoren te veel te betalen, en iedere keer dat je daadwerkelijk een sportschool bezoekt een gedeelte van het bedrag terug te krijgen.

Het wilskrachtprobleem wordt nog groter bij gewoontes. Die zijn veel machtiger dan voornemens. Hoe vastgeroester de gewoonte, des te moeilijker een gedragsverandering.

„Gewoontes zorgen ervoor dat je automatisch op een bepaalde manier handelt. Je bent dan niet ontvankelijk voor informatie”, licht Faddegon toe. „Daarom zou het slim zijn om mensen aan te spreken op het moment dat er een belangrijke verandering in hun leven plaatsvindt. Je kunt jonge ouders bijvoorbeeld aansporen om gezonder te eten op het moment dat ze een baby krijgen.” Een ander geschikt moment is een verhuizing, of een nieuwe baan. Dan staan mensen open om ineens met het openbaar vervoer in plaats van de auto naar het werk te gaan. Ze moeten opnieuw bewust kiezen.

Faddegon zelf hield zich vooral bezig met de verschillen tussen mensen. „De overheid gaat vaak uit van dé burger, dé consument. Dat is er dan een met een onstilbare honger naar kennis. Vandaar dat de overheid doorgaans in informatie voorziet, erop vertrouwend dat mensen dan de verstandigste keuze maken. Maar sommige mensen hebben helemaal geen zin om zich ergens in te verdiepen. Zij blijken veel gemakkelijker te overtuigen wanneer aantrekkelijke dames iets aanprijzen.”

Een oplossing is om informatie in verschillende media verschillend aan te bieden. Faddegon: „In Story of Privé kan de overheid dan een vermakelijk stripje plaatsen, en in opinietijdschriften een droge tekst met voor- en nadelen.” Tiemeijer vult aan: „Het mislukken van de vaccinatiecampagne tegen baarmoederhalskanker het afgelopen jaar hangt daar ook mee samen. Sommige mensen willen alles weten en alle kanten van de zaak horen. Anderen raken juist de kluts kwijt wanneer ze worden overstelpt met informatie. Hun kun je beter een eenduidige boodschap geven.”

Kortom, het regeringsbeleid kan effectiever zijn als ze erover nadenkt hoe keuzes worden vormgegeven. „Een keuze neutraal voorleggen is onmogelijk”, zegt Tiemeijer. „Er is altijd sprake van een bepaalde sturing. Als de overheid zich daar bewust van is, kan die sturing ook worden afgekaart in het parlement. Er kan gepraat worden over of een bepaald sturend element gewenst is of niet. Bij de invoer van het Elektronisch Patiënten Dossier was het bijvoorbeeld vrij ingewikkeld om niet mee te doen. Ik weet niet of de minister die keuze bewust zo had vormgegeven. In de toekomst zou zo’n afweging openlijk kunnen worden gemaakt.”

Tuesday, February 23, 2010

Oor maglustiges en maghebbers

Dit is ‘n lekker, ontspanne someraand as ek al langs die Eersterivier huis toe stap. Ek loop verby ‘n groep polisiemense wat ons dorpie se strate patroleer. Ek is bly daaroor. Daar is die afgelope tyd duidelik ‘n meer sigbare polisiëring aan die gang. Dit skep ‘n gevoel van tevredenheid en selfs sekuriteit, loop ek by myself en dink. Ons is dankbaar wanneer daar iets sigbaars gebeur om die golf van kriminaliteit in ons land te stuit.

Nog meer bly is ek omdat dit nie net ‘n toevalligheid is nie. ‘n Mens sien die optrede van die polisie al ‘n geruime tyd en ‘n mens kan sien dinge is aan die gebeur. Reeds net deur hulle netjiese, nuwe voertuie merk jy dit op. Hulle ry op bromponies en fietse in ons dorp rond . Maar ook sien ‘n mens hulle op die strate, dikwels op laat ure en in ondankbare tye. Met die studente jool het die patrollie-motors in klompe deur die strate gery in ‘n poging om die ontstellende stroom van dronk skoolkinders en studente te beheer. Daar is dinge aan die gebeur, dink ek bly.

Ek voel dus amper lus om na hulle te stap en vir hulle dankie te sê dat hulle daar is en ‘n ogie hou.

Terwyl ek agter hulle aanstap, gaan vier van die polisie skielik staan. Een van die vier roep na ‘n jong seun van 16 jaar wat stilweg op sy eie verby hulle stap. Hy het so pas teen die rivier se wal opgestap en al met die voetpaadjie langs die rivier na die atletiek-stadion geloop waar daar vandag ‘n groot byeenkoms is.

Die polisieman roep kru na die seun wat verslae voor hom staan. Hy snou hom toe: “Waar kom jy vandaan? Ek het jou gesien opklim teen die wal van die rivier? Wat het jy daar gaan doen? Het jy daar loop pis?”

Die seun staan verbouereerd voor die snouende polisieman en sy drie vriende. “Moenie vir my lieg nie,” verskree hy die skoolseun verder. “Ek kan mos die pis teen jou broek sien.”

Die straat is besig. Daar is heelwat motors wat op en af in die Laan beweeg. Mense loop en hardloop verby ons. Dit is ‘n besige weeksdag. Te midde van al hierdie gevoel speel die drama hom in die klein af. Die kind is bleek geskrik en staan beskroomd voor die skellende polisieman. En die polisieman, nog self in sy twintigs, is in sy element. Hy het ‘n prooi gevind en slaan nou met mag en mening toe.

Ek gaan doelbewus staan, naby, sodat die polisieman my kan sien. In hierdie dae waarin lyfwagte mense in die tronk gooi omdat hulle gebare vir ‘n motor-optog van politici maak, is mense nog maar steeds weerloos teen magsmisbruikers. En wie kan nou vir die stomme kind instaan?

Vir ‘n paar minute gaan die geskel aan. Maar omdat ek omgedraai het en die hele petalje van nader gaan beskou het, doelbewus, kom ek agter dat die stoom so bietjie uit die geboelie is.

Toe die polisieman die seun laat gaan, stap ek na hom toe en stel myself voor. Die polisieman is vol bravado. “Konstabel,” sê ek vir hom, “jy het nou net ‘n kind vir die res van sy lewe ‘n teensin in die polisie gegee. ‘n Polisieman moet respek inboesem, nie angs nie.”

En so ontwikkel ons gesprek hier in ons dorpie se strate. Ek prys hom vir die polisie se teenwoordigheid. Ek stem met hom saam dat die rivier in ‘n vieslike toestand is en dat die polisie nie genoeg kan doen om leeglêers vas te vat nie. Ek probeer hom wys dat daar in my reaksie ‘n poging tot welwillendheid is.

Die polisieman is bot. Hy is nie lus vir my gepraat nie: “Ek kan hom nou polisiekantoor toe gevat het en laat aanhou het en dan moes sy ouers hom daar kom haal,” vertel hy my dreigend, vol van sy eie gesag. “As mense na my kyk, moet hulle weet hulle moet luister.”

‘n Sestienjarige seun wat onnadenkend ‘n dom ding gedoen het, op die manier verskel en verskree asof hy deel is van die smoordronk kriminele wat winkelwaentjies in die rivier slinger, drankbottels stukkend slaan en ure lank lawaai? Sonder dat hy ‘n skewe woord teenoor die polisieman uiter? Terwyl hy met verskrikte blik die geraas aanhoor en duidelik geïntimideer is?

Ek voel die magteloosheid in my opstoot. Hoe meer bisar kan dinge nog word? Dat ‘n mens die moontlikheid moet bedink dat ‘n dom skoolseun soos ‘n geharde misdadiger na ‘n polisiekantoor toe geneem moet word om eers in sy ouers se sorg afgegee te word omdat hy sy nood by ‘n rivier verlig het – hoe verkeerd dit dan ook al mag wees?

Ek praat met vriende daaroor. Ek het gemengde gevoelens. ‘n Mens wil nie op ‘n enkele manier goeie werk teen misdaad bevraagteken nie, maar hier is duidelik iets verkeerds. “Omgekeerde rassisme,” sê ‘n goeie, bedagsame kollega van my . Ek wonder. Dalk het dit inderdaad nie vir daardie polisieman om die vermeende oortreding gegaan nie, maar om die outjie sommer net plat te loop. In ons land met sy slegte verlede is daar wel nog steeds, selfs onder die jongeres, gevegte wat sommige harde mense dink oor en oor baklei moet word. Maar kan dit werklik wees dat rassisme hier ‘n rol gespeel het? Is daar nie iets diepers aan die gang nie – ‘n donkerder mag wat ook die hatigheid van rassisme dryf en die diepste oorsaak is van een mens se afknouerigheid teenoor die ander?

Of is dit plein magsbeheptheid?

Wat is dit wat maak dat iemand wat mag het, wat weet hoe sy of haar optrede iemand anders se lewe kan beïnvloed, dit misbruik om die ander by te kom, te verneder en skade aan te doen?

Wat is dit wat hierdie polisieman in die uniform van beskerming, ‘n boelie maak? Waarom het die polisieman se opleiding hom nie teen sulke soort van gedrag gewaarsku nie? Want dit is nie net daardie seun wat die hele petalje moes beleef nie, maar ook ek wat in my vertroue geskok is en, bowe al, hy wat in sy menslikheid misluk het.

Watter kultuur dryf hom daartoe dat hy in sy werk sy menslikheid verloor? Hoe vermy ons dit dat ‘n polisiemag deur ‘n skop-en-dreig kultuur gedryf word? Hoe keer ons dat ons polisie boelies in plaas van beskermers van die wet en van mense word? Op watter maniere kan die polisie in ons land uit hulle pad gaan om vertroue in te boesem by alle burgers?

As predikant het ek ‘n groot kontinent polisie bedien en self beleef onder watter geweldig druk hulle werk. Ek het altyd ‘n besondere affiniteit gehad vir die polisiemag as een van die belangrikste burgerlike instellings van die samelewing. Onder die polisie-lede het ek mense van besondere kwaliteit en met besondere gawes leer ken. Dit het my veral geïmponeer hoe dit juis die goeie, karaktervaste polisielede was wat leiersfunksies gekry het. Ek het sout van die aarde in die polisiemag leer ken. Taai, moeilike, kwaai mense – maar dikwels mense van integriteit. Daarom ook my blydskap vir enige teken dat die polisie se status herstel word.

En vir ons wat wil sien dat die polisie herstel word tot ‘n bekwame samelewingsdiens met integriteit, is sulke ervarings soos wat ons in onlangse tye beleef, ‘n teleurstelling.

In Engeland is een deel van die vereistes vir ‘n polisielid dat hy of sy ‘n gevoel van vertroue by die publiek moet kan opwek. Mense moet die vrymoedigheid hê om ‘n polisielid te vra vir hulp en bystand. Die polisie moet verdraagsaam wees, sonder om papsakke te wees. Hulle moet vriendelik wees, maar steeds weer beslis kan optree. Hulle moet met insig kan handel en kan agterkom wanneer hulle gesag negatief uitgedaag word – sodat hulle dan met die nodige strengheid kan optree (http://www.policecouldyou.co.uk/officers/overview.html).

Maar, besef ek, dit is sekerlik nie net waar van die polisie nie. Enige magsposisie moet streef daarna om vertroue te wek. En dit word net bereik wanneer iemand van mag ingestel is om die ander te dien.

Ek onthou dat Henri Nouwen ook só oor die kerk gepraat het. Hy het dit gedoen binne die konteks van die nogal gewilde idee dat 'n geestelike "heers" oor 'n kerk of gemeente. Die predikant is die boonste punt van 'n driehoek - die een op die top. Nouwen verskil hiervan. ‘n Predikant, ook iemand in ‘n magsposisie, het alleen werklik mag as hy dien. Ons moet, skryf Nouwen, aan mag in terme van ‘n omgekeerde driehoek dink. Die gemeente of gemeenskap as die breë lyn is bo, aan die top. Die predikant as die dienaar wat hom- of haarself gee tot diens, is die onderste hoek.

Egte mag het iemand net as dit tot voordeel van die ander gebruik word.

'n Mens kry maghebbers, maar dan kry jy die magslustiges.

Ek is nog steeds verwonderd hoedat my gevoelens van blydskap en dankbaarheid so onverwags en so skielik radikaal omgekeer kon word toe die polisieman daardie seun so kru bygekom het.

Blog Archive