Thursday, April 25, 2013

Wanneer 'n mens die ontferming in ander mense nie wil raaksien nie. Oor ons oogklappe en ons soek na sondebokke.

 Taliep Petersen

Dikwels gebeur dit dat ‘n hele gemeenskap vir die radikale optrede van individue of groepe binne die gemeenskap verantwoordelik gehou word. Ons sien dit wanneer Afrikaners as rassiste uitgebeeld word, Duitsers as Jode-haters en Engelse as skynheilig.

Die woede en skok oor die bomaanslae en die wrede dood of skending van mense wat daardeur veroorsaak is, lei onvermydelik tot die soek van sondebokke. Gepaar met ‘n fundamentalistiese oortuigings oor ‘n mens se eie onfeilbare, diepsinnige besit van die waarheid en ander godsdienste se valsheid, was dit ook nie te vermy dat Moslems en die Islam onder skoot sou kom nie.

Mense is kwaad. Hulle wil die oorsaak weet en die probleem verwyder sien. En hier is ‘n maklike teiken.

Die onderstaande stuk verskyn in vandag se NYT. Dit is deur ‘n Moslem geskryf en gee ‘n boeiende insig in die Moslem-gemeenskap in Amerika.

Net die feit dat dit verskyn, vertel ‘n mens al iets van die gemoedstemming in Amerika. Die vooroordele teen Islam woed hoog. Die media weet hulle  moet begin perspektief skep. Want waar sulke latente woede bestaan, sal diskriminasie en viktimisasie nie wegbly nie.

Vele mense in Suid-Afrika sal, veral na goeie nadink, instem met die sentimente in die artikel. Die Moslem-gemeenskap is immers by ons ook bekend vir sy besondere, unieke bydrae tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap (dink I.D. du Plessis). Wie sou, byvoorbeeld, vir Taliep Pietersen, die minlike musikus van die Kaap, op enige manier met ‘n gewelddadige Moslem-gedagtegang wou verbind?

Die vele, gewone, toegewyde, knap kunstenaars, professionele mense, tegnici, vakmanne wat ons hier in die Wes-Kaap as bure het, vertel ‘n verhaal van gewone mense wat nie bomplanters is nie.

Maar wat my veral interesseer in die artikel, is die kensketsing van die drie wêreldgodsdienste. Die skrywer dink die Judaïsme fokus op die wet, die Christendom op die liefde en die Islam op ontferming.

Dit is ‘n gewilde onderskeid.

En daar is nogal waarheid daarin.

Maar as ‘n mens die spiritualiteit van al hierdie godsdienste van nader bekyk, sal jy merk dat hulle almal eintlik ook die liefde as kernbegrip vashou. En dat hulle volmaaktheid en heiligheid soek– dit is, om ‘n lewe in ooreenstemming met God se wil te leef.  Vir Christene is die liefde byvoorbeeld die vervulling van die wet.

Tog is daar wel 'n fokus wat uitstaan: Islam maak veel van ontferming: Allah, roep hulle daaglikse geloofsbelydenis uit, is immers die genadige, die barmhartige een. Juis daarom is die wrede optrede van Islamitiese radikales so onaanvaarbaar en in stryd met die hart van Islam.

Dit is tyd om, wanneer dit onstuimig in ons binneste is, nie die boom vir die woud aan te sien nie. En wat hier geld, geld van die hele geestelike reis: immer en altyd is die wagwoord: onderskei die geeste. Skep ruimte sodat die Gees 'n mens kan lei om steeds weer reg te laat geskied aan die ander - veral hulle wat so anders as 'n mens self is.


Hier is die berig:
JUST hours after the two suspects in the Boston Marathon bombing were identified as Muslims, Representative Peter T. King of New York, the Republican chairman of the House Subcommittee on Counterterrorism and Intelligence, called for an “increased surveillance” of Islamic communities in the United States. “I think we need more police and more surveillance in the communities where the threat is coming from,” “The new threat is definitely from within.”

Mr. King’s hypothesis, and the widespread surveillance policies already in effect since 9/11, assume that the threat of radicalization has become a matter of local geography, that American Muslims are creating extremists in our mosques and community centers.

But what we’re learning of the suspects, the brothers Tamerlan and Dzhokhar Tsarnaev, suggests a different story, and one that has itself become familiar: radicalization does not happen to young people with a strong grounding in the American Muslim mainstream; increasingly, it happens online, and sometimes abroad, among the isolated and disaffected.

The YouTube page of Tamerlan Tsarnaev, for example, does not contain a single lecture from a scholar, imam or institution in America. One report suggests that he found the theology taught in a local Cambridge mosque, the Islamic Society of Boston, unpalatable: while attending a Friday service in which an imam praised the life and work of the Rev. Dr. Martin Luther King Jr., Mr. Tsarnaev shouted that the imam was a “nonbeliever.” The younger Tsarnaev brother seems to have rarely attended a mosque at all.

Representative King’s theories also fail to explain why, if young people are being radicalized within mainstream Islamic communities, there aren’t more attacks like the one in Boston. By some measures Islam is the fastest-growing religion in the United States, and the last decade has seen a rapid expansion of Muslim institutions across the country.

Yet what’s most obvious to anyone who has spent time in these communities is that whether they are devotional or educational, focused on the arts or on interfaith cooperation and activism, this mediating set of American Muslim institutions is keeping impressionable young Muslims from becoming radicalized.

Take the Islamic Society of Boston Cultural Center and its range of devotional, arts and educational programs, from preschool to a seminary. Or Chicago’s Inner-City Muslim Action Network, complete with a medical clinic, civic leadership education and a summer music festival that draws on the biggest names of Muslim hip-hop to promote peace through community organizing. Or Zaytuna College in Berkeley, Calif., the nation’s first four-year Islamic liberal arts school.

These institutions and others have different aims, but they abide by a common idea: if the center of Judaism is the law, and the heart of Christianity is love, what Islam requires, above all else, is mercy. And whether on display in health care provided for the poor at South Los Angeles’s UMMA Community Clinic, or in a patiently handled Arabic lesson that will one day lead a new convert into the fullness of the tradition, Islamic mercy, preached and practiced within the community, allows no room for radicalization.

Representative King and others have it exactly, completely wrong — the American Muslim community has actively and repeatedly, day in and day out, rejected such radicals on religious grounds: they do not know mercy.

More than a decade since 9/11, this should no longer be any secret. Across the nation, the doors are open, and more are opening every day. And despite whatever misplaced fears the Boston bombings evoke about radical Islam and homegrown terror, we’ll all find ourselves increasingly secure as more Muslims heed the call — coming to Islam as it is in the United States, as a real, living community.

Webb is the imam of the Islamic Society of Boston Cultural Center. Korb, who teaches writing at New York University and the New School, is the author of “Light Without Fire: The Making of America’s First Muslim College.”

Wednesday, April 24, 2013

Die mediese wetenskap is 'n wonder van God.

In vandag se Trouw is daar 'n berig oor 'n ouerpaar waarvan 'n tweede kind gesterf het omdat die ouers aan 'n kerk behoort wat hul lidmate afraai om 'n dokter te besoek.

Hulle eerste seuntjie is in 2009 dood. 

Hulle is baie vroom mense: hulle verkies om siekte deur gebedsgenesing te genees.

Hulle wag dus op God om hul kinders deur wonderdade te genees.

Een leser reageer op die berig: "Die bittere is dat God inderdaad aan mense 'n wonder gee: die mediese wetenskap." 

Hier is die berig: 

Ze vertrouwen erop dat God genezing zal brengen, maar de wonderen blijven uit. Het Amerikaanse echtpaar dat in 2009 een zoontje verloor omdat het gebedsgenezing verkoos boven medische hulp wordt nu geconfronteerd met nieuwe tegenslag. Opnieuw is van hun kinderen overleden. 

Twee jaar geleden werden Herbert en Catherine Schaible al veroordeeld voor dood door schuld. Een ouder blijft ernstig in gebreke als hij bij een serieuze longontsteking geen arts consulteert, oordeelde een rechter in Pennsylvania. In de rechtszaal bezworen de ouders dat zo 'n drama 'met Gods hulp' niet nogmaals zou plaatsvinden. 

De Schaibles zijn lid van een kleine conservatieve kerk die doktersbezoek in de meeste gevallen afraadt. Of de dood van de 8 maanden oude Brandon ook tot vervolging zal leiden is nog niet duidelijk. Het jongetje overleed donderdag aan de gevolgen van ernstige diarree en ademhalingsproblemen.

Medische zorgplicht geldt niet voor religieuze weigeraars 
Brandons overlijden roept de vraag op of de wetgeving in Pennsylvania niet moet worden aangescherpt. Ouders moeten hun kroost medische hulp bieden - tenzij ze zich met succes beroepen op religieuze 'vrijstelling'. 

De autoriteiten hebben de Schaibles de afgelopen jaren niet extra nauwlettend gevolgd, ook al waarschuwde de districsadvocat al tijdens de rechtszaak dat ze de kans op 'recidive' groot achtte. In de Philadelphia Inquirer geeft de gemeente nu toe dat ze het recht had om het gezin in de gaten te houden.


John1969 Het bittere is dat God wel degelijk met een wonder is gekomen: Medische wetenschap.
24/04/13 16:44
Beledigend? Ongepast? Meld het ons.

Tuesday, April 23, 2013

Die diepste sin van vroomheid. Oor Job 1:1.



William Blake, wat 'n hele boek vol illustrasies oor die Boek Job gemaak het, wil met hierdie tekening veral die vroomheid van Job en sy gesin na vore bring.


Die boek Job in die Bybel begin op ‘n besondere spirituele manier deur die kollig volledig op Job se geestelike lewe te laat val.

Daar was 'n man in die land Us wie se naam Job was. en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad  (Job 1:1).

Die driedubbele beskrywing van Job as vroom, opreg en godvresend is toutologies en dus intens. 

Dit laat geen twyfel nie. Die hele boek staan in die teken van Job wat sy geloof uitleef.

‘n Mens weet uit die geskiedenis van Job dat hierdie spesiale woorde ‘n doodgewone betekenis gehad het: ‘n Vroom mens leef ‘n stil, skoon lewe. Sulke mense soos Job ken 'n mens uit alle tye: hulle is verstandige persone, tree reg op en wil graag in die gewone lewe, in hul gesin en in hul gemeenskap opbouende dinge doen en vir ander mense omgee.

Só het ons mense deur die eeue heen leer ken. En vir ‘n vorige geslag was die beste wat ‘n mens van iemand anders kon sê dat daardie persoon godvresend was.

En tog is daar rede om mooi hieroor te dink. Is dit regtig waaroor die openingwoorde van Job gaan? Oor ‘n persoon met ‘n mooi lewenswandel? Oor ‘n moreel onkreukbare mens?

Vandag sal mense dikwels verleë wees om so beskryf te word, skryf Walter Dirks hieroor. Vroomheid, opregtheid en godvresendheid is nie juis die hoogste kwaliteite waarna mense jaag nie.

Die woorde klink boonop “outyds.”

Wie weet nog wat “godvresend” beteken?  En vir nog baie ander is “vroom” gelykstaande aan skynheilig.

Al is die inhoud van die woorde nie outyds nie en wil dit niks slegs van Job meedeel nie, is daar tog rede om hier dieper te dink.

Daar steek tog iets in die terughoudendheid van mense om vroom of godvresend genoem te word. 

Intuïtief voel mense aan dat die kollig dan te sterk op Job val, op die mens, op dit wat eintlik sekondêr is.

Want godvresend beteken lank nie net bloot om ‘n goeie lewe te lei nie.

Die “goeie lewe” is immers nie in die kollig nie. In fokus is veel eerder Job se wandel met God.

Daarom sal die slot van Job die ontsagwekkendheid en ondeurgrondelikheid van God beklemtoon. Die teenwoordigheid van God in die wêreld en in die lewe van die mens is die allerbelangrikste. Daarop val die fokus.

Om Godvresend te wees, is dus om gedurig bewus te wees dat ‘n mens se lewe in die hand van God is en dat ‘n mens uiteindelik alleen sin ontdek wanneer ‘n mens in God se teenwoordigheid leef.

Die openingswoorde van Job wil dus vir die leser vertel dat Job elke dag van sy lewe bewus was van God se onpeilbare, maar troostende nabyheid. So digby aan God het Job geleef dat toe alles van hom weggeneem is, hy nog die naam van die Here “geseën” het (1:20-22). Selfs in sy donker nag, die dag van totale verlies en in die tyd van sy swaar lyding (Job 2:13), het Job nie gesondig of vir God verwyt nie. 

Nie sy vroomheid, sy seëninge, sy opregtheid is ter sprake nie: Dit was vir hom genoeg om by God te wees. En dit bevestig juis sy vroomheid en opregtheid…


Monday, April 22, 2013

Vroue wat hul plek ken



Ons dink dikwels swaar oor kortstondigheid en verganklikheid.

Maar soms moet 'n mens daaroor dankbaar wees.  Dit is 'n genade dat dinge kan verander.

Só sal vele vroue dink as hulle hierdie 1955 knipsel lees. Dit kom uit 'n tydskrif met die naam: Housekeeping Monthly

Corne stuur dit vir my. Ons werk saam aan 'n reeks waarin die sake ter sprake kom. Die knipsel gee aan die hele reeks 'n ander kleur. Dit verander al my skryfwerk daaroor in 'n oogwink.

Ek staan verstelpt: "Don't complain if he's late home for dinner or even if he stays out all night. Count this as minor compared to what he might have gone through that day."  

Vergelyk dit nou met al die ou bekende spotprente waar 'n vrou met 'n koekroller by die deur staan en haar man inwag wat, geswael, na 'n nag se gekuier, ongemerk by die voordeur probeer insluip.

My stem gaan aan die vrou met die koekroller. 






Sunday, April 21, 2013

Die rare oomblike wanner die onherroeplikheid van verlies tot 'n mens deurdring






Soms kom daar die rare oomblik wanneer die onherroeplikheid van verlies tot ons deurdring tot so ‘n mate dat feitlik ondraagbare fisieke pyn ons oorrompel.

Dit gebeur veral wanneer ons op ‘n troudag, ‘n verjaardag, ‘n sterfdag akuut onthou dat ons liefde vir die een wat weg is, alleen maar nog in gedagtes bestaan.

As ons maar net daardie een, goeie oomblik van nabyheid sou kon beleef.

Bortniansky, my gunsteling Russiese komponis, het die allermooiste liedere gekomponeer. Een daarvan is ‘n engele-lied met seker een van die mees meesleurende melodieë wat in geestelike musiek geskryf is.

Die engele sing in hierdie lied die Trishagion. Meesleurend, met musiek wat stukkend sny, is die woorde eintlik ‘n stil, ingetoë, skrynende loflied wat in verborge toon en lirieke die misterie van die goddelike aanbid.

Ons, die cherubim, die engele, wat in verborgenheid woon, sing hulle, wil U, die Drie-enige God wat lewe geskep het, in ons lied aanbid en loof.

En dan, troostend, roepend, volg die tweede strofe: Kom, laat ons aardse sorge agterlaat. Laat ons ons leë gejaag eenkant skuif. Want die koning van alle mense is aan die kom.

Dit is ‘n stil lied, vol sagtheid en toewyding.

Altyd, tot dusver, was dit my gunsteling deel van die Engele-lied.

Maar, soos tyd aanstap, en ‘n mens van tydelikheid, kortstondigheid en verganklikheid bewus raak, is dit asof die egte troos in die bruisende laaste deel lê: Die aandag is nie meer by die engele wat wil sing nie, of by mense wat hul treurigheid beleef nie. 

Vol, ryk en sterk word die musiek wanneer dit in hierdie laaste deel in die eenvoudige Trishagion vir God aanbid: Driemaal heilig is God: Heilig, heilig, heilig.

God wat die lewe gee, wat die lewe onderhou en wat die ewige lewe sal skenk.

Jy is altyd by My: 

in die lofsang, in die aanbidding, in die toewyding, woon God ewig, maar ook sterk.

Saturday, April 20, 2013

As dit aand word...




"Dit sal 'n besondere dag wees. Wanneer dit sal wees, weet net die Here. Daar sal nie dag of nag wees nie: as dit aand word, sal daar steeds lig wees. Daardie dag sal daar 'n vars stroom water uit Jerusalem vloei, een helfte na die see in die ooste toe en een helfte na die see in die weste toe, somer en winter. Die Here sal koning wees oor die hele land. Daardie dag sal die Here die enigste God wees, en sy Naam die enigste Naam."

Uit Sagaria 14.

My foto is geneem op 8 April, Coetzenburg.   

Friday, April 19, 2013

Kalmte: om op weg na God te wees.



Kalmte is een van die geestelike gawes wat ‘n mens die meeste ontbeer: Die lewensgang van mense is krampagtig, gejaagd, onrustig, gespanne en taai. Kalmte is nie juis ‘n uitstaande kenmerk van ons tyd nie.

En tog: Kalmte is ‘n seëning wat mens die meeste begeer.

Maar wat is kalmte?

Sekerlik beteken dit dat ‘n mens nie gespanne is nie. Dit beteken dat ‘n mens vrede in jou gemoed het.

Maar dit beteken ook dat jy dinge laat gaan.

Laat dit gaan. Los dit. Laat maar.

Die Engelse het “detachment as ‘n goeie ekwivalent: om nie afhanklik te wees van ander mense en dinge nie. Jy word nie deur hulle opgewerk nie. En jy laat ook nie toe dat mense jou vies maak nie omdat jy nie vir hulle ‘n houvas op jou lewe wil gee nie. As jy dit doen, word jy afhanklik van hulle mening en dade. Jy kan afstand neem en hou.

‘n Mens sou kalmte dus kon beskryf as oorgawe, as onversteurdheid. Jy aanvaar die dinge wat nie verander kan word nie. Of beter gestel: jy berus in God se wil.

Die teendeel hiervan is om jou wil te wil afdwing. As dinge nie na jou sin loop nie, raak jy opgewerk, stribbel jy teen.

Daarom kom kalmte na mense wat bereid is om hulle self te verloën.

Jy weet: jy het jou deel gedoen. Jy werk en jy woel, maar God is dit wat uiteindelik ook werk en wil.

Wanneer ‘n mens die geestelike praktyk van kalmte najaag, is ‘n mens terselfdertyd besig om verder op die geestelike reis te vorder. Op hierdie reis is daar ‘n klomp bagasie wat jy langs die pad moet los.

As jy dit saamsleep, val jy vas.

Natuurlik, vanselfsprekend is die kwaad en die sonde dinge wat ‘n mens moet aflaai. Maar uiteindelik gaan ‘n mens nie kalmte vind as jy jou eie dinge najaag of jou eie koers wil bepaal nie.

Die geestelike reisiger weet: die reis neem ‘n mens na God toe.

Paulus het hieroor in Filippense 3:14 gepraat: “ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.”

Kalm kan hy, daar in Filippi se tronk, al skrywende aan sy liefdesbrief, sy rug draai op wat verby is. En vashou aan die verskyning by God.

Kalmte kom na hulle wat biddende verlang na ‘n lewe met God.

Thursday, April 18, 2013

Wie glo nou aan aardverwarming? Oor die skepping.

Die berig hier onder vertel dat die meerderheid van predikante in Amerika nie in aardverwarming glo nie. Hulle leef in 'n staat van onkunde.

Die groep is wel kleiner as wat dit 'n rukkie gelede nog was. Maar - nogtans. Predikante wat gemeenskapsleiers is, weier om te aanvaar wat voor hulle oë aan die gebeur is.

'n Ekologiese bewussyn is deel van 'n mens se geloofsidentiteit, veral om God skepper is en die skepping aan die mens se sorg toevertrou is. 

'n Ekologiese bewussyn is miskien een van die mees kenmerkende dimensies van 'n gereformeerde spiritualiteit. Ek sien dit dikwels raak dat gelowige mense hul visse teruggooi nadat hulle hul vangs gemaak het. Ek sien hoe opregte mense op die strand met 'n vuilgoedsak gaan stap om skoon te maak. Ek merk hoe gelowige boere die weiding op hul plase verstandig gebruik en sensitief oor waterbronne is. 

Dit is altyd inspirerend wanneer mense omgee vir God se skepping.

As die skepping vernietig word, is die kansel een van die eerste plekke waar mense aangemoedig moet word om hul gedrag te verander sodat die proses omgekeer kan word. 

Dit lyk asof die meerderheid Amerikaanse predikante nie hieroor begaan is nie. 

Die berig in vandag se Trouw het 'n paar reaksies van lesers gehad. Een daarvan steek by my vas: is, sê die leser, hierdie berig nie tipies van die kerk nie? Is vele kerkmense nie van die laastes wat die geloof dat die aarde plat is nog aangehang het?

Niemand wat God lief het, kan die liefdelose misbruik van die planeet wat ons enige tuiste is, miskyk nie. 

Een maal per maand, minstens, moet daar 'n preek in 'n gemeente wees oor ekologiese kwessies: oor die uitputting van die seebronne, perlemoen-roof, renoster-slagtings, besoedeling, aardverwarming. Dit is wonderlike tema's vir prediking vanuit 'n skeppingsgeloof. En, sluit die kinders in: laat ons hulle vertel hoe wondermooi God se wêreld is en hoe nodig dit is dat ons sal luister na God se stem wat ons vra om hoeders van die skepping te wees. Inspireer hulle tot skeppingsliefde. Dan sal die geslag van die toekoms in die paradys kan woon.

Hier is die berig uit vanoggend se Trouw: 

Een geringe meerderheid van de Amerikaanse dominees gelooft niet dat de aarde opwarmt en dat mensen die opwarming veroorzaken. Vooral in het (conservatievere) zuiden zijn voorgangers klimaatsceptisch, blijkt uit een steekproef van de evangelicale denktank LifeWay.
Wel zouden sceptici minder talrijk zijn dan twee jaar geleden. Toen toonde 60 procent van de dominees zich nog sceptisch, nu is dat 54 procent. In 2008 gaf 48 procent aan niet overtuigd te zijn dat de aarde opwarmt. LifeWay baseert zich op een steekproef onder 1000 protestantse voorgangers 'uit de breedte van het kerkelijke spectrum'.

De geestelijken zouden gemiddeld sceptischer zijn dan hun landgenoten. Het grote onderzoeksbureau Pew constateerde onlangs dat 42 procent van de Amerikanen niet gelooft in opwarming, de Universiteit van Yale sprak in december van 26 procent.

Bijna helft heeft 'concrete maatregelen getroffen'
Weinig verrassend is dat opinies over opwarming vaak samenvallen met politieke overtuigingen. Sceptici zijn vooral te vinden in Republikeinse kringen, voorgangers die wel geloven in opwarming noemen zich Democraat. Klimaatscepticisme is een typisch Republikeins thema. Overigens gaf iets minder dan de helft van de voorgangers aan dat zijn kerk 'concrete' stappen heeft genomen om de ecologische voetafdruk te verkleinen.

Nederlandse christenen lijken minder moeite te hebben met de onderzoeken die spreken van opwarming. De aan de Protestantse Kerk gelieerde organisatie FairClimate stimuleert kerken om duurzaam in te kopen en groene stroom te gebruiken en steunt 'klimaatprojecten' in het buitenland.
Kommentaar

2112
Dominees, dominees...? Wacht eens even, dat zijn toch die zogenaamde mannen Gods? Maar waren diezelfde mannen vier-, vijfhonderd jaar geleden ook geen "de aarde is rond"-scepici? Of zijn die er inmiddels al afgevallen?
 
18/04/13 16:16
 
 
ReVox
Het is natuurlijk een inkoppertje: de dominees geloven niet in wat ze dagelijks kunnen waarnemen in de vorm van opwarming van de aarde en vooral in het zuiden van de VS als gevolg grote droogte, maar het geloven in god vinden ze natuurlijk 'heel normaal', want die kunnen ze niet zien of horen, laat staan waarnemen. Makkelijker te geloven in iets wat niet bestaat dan wel. Typisch Amerikaans christelijk. Het hebben van oogkleppen is hen niet vreemd.
18/04/13 14:50
 

Wednesday, April 17, 2013

Bebloede hande



Die tonele wat hulle in Boston se bom-ontploffing afspeel, skok ‘n mens omdat hulle ongekende wreedheid uitwys.

Die foto hierbo het in die dag of twee sedert die ontploffing, al ikoniese status gekry. 

Die jongman, Jeff Bauman in die rystoel het albei sy bene verloor.  Sy lewe is deur die man in die cowboy-hoed gered. Hier is die verhaal:

The Baumans knew how lucky Jeff had been. “The man in the cowboy hat — he saved Jeff’s life,” Ms. Bauman said. Mr. Bauman’s eyes widened. He said: “There’s a video where he goes right to Jeff, picks him right up and puts him on the wheelchair and starts putting the tourniquet on him and pushing him out. I got to talk to this guy!”

The man in the cowboy hat, Carlos Arredondo, 52, had been handing out American flags to runners when the first explosion went off. His son Alexander was a Marine killed in Iraq in 2004, and in the years since he has handed out the flags as a tribute.

With the first blast, Mr. Arredondo jumped over the fence and ran toward the people lying on the ground. What happened next, he later recounted to a reporter: He found a young man, a spectator, whose shirt was on fire. He beat out the flames with his hands. The young man, who turned out to be Jeff Bauman, had lost the lower portion of both legs. He took off a shirt and tied it around the stump of one leg. He stayed with Mr. Bauman, comforting him, until emergency workers came to help carry him to an ambulance.

Hier is hoe die dokters by die hospitaal op die beseerdes se lot reageer:

For the victims, the physical legacy could be an especially cruel one for a group that was involved in the marathon: severe leg trauma and amputations.

“What we like to do is before we take off someone’s leg — it’s extremely hard to make that decision — is we often get two surgeons to agree,” Dr. Tracey Dechert, a trauma surgeon at Boston Medical, said. “Am I right here? This can’t be saved. So that way you feel better and know that you didn’t take off someone’s leg that you didn’t have to take. All rooms had multiple surgeons so everyone could feel like we’re doing what we need to be doing.”

The widespread leg trauma was a result of bombs that seemed to deliver their most vicious blows within two feet off the ground. In an instant, doctors at hospitals throughout the city who had been preparing for ordinary marathon troubles —dehydration or hypothermia — now faced profound, life-changing decisions for runners and spectators of all ages.

Die man in die cowboy-hoed het in 2004 gehoor dat sy seun as soldaat in Irak doodgeskiet is. Hy het na die nuus heeltemal beserk geraak. Hy het die motor van die mense wat die nuus vir hom gebring het, met petrol bestook en toe oor homself gegooi. Toe het hy dit aan die brand gesteek. Twintig tot dertig persent van sy liggaam het brandwonde opgedoen. (http://www.nytimes.com/2007/02/01/nyregion/01father.html?_r=3&)

Hy het sy werk opgegee en wy nou sy lewe daaraan om Amerikaners bewus te maak van die tol wat oorlog van menselewens eis.

After nearly 10 months of healing, including several in the hospital, Mr. Arredondo became a full-time war protester, quitting work as a handyman to remind people across the country of the human price of war.

His son was posthumously awarded a Purple Heart. But no commendation will fill the void he left behind, Mr. Arredondo said.

“Every day we have G.I.’s being killed, and people don’t really care enough or do enough to protest about how the war is going,” Mr. Arredondo said yesterday. “Some people say I’m dishonoring my son by doing this, but this is my pain, my loss.”

Dit is hy, die pa van 'n gesneuwelde jong soldaat, wat hierdie jongman gered het.

Ek kan my nouliks sy re-traumatisering voorstel: om van so naby, by die verskeurde liggaam van ‘n jongman, sy seun se ouderdom, weer die verskriklike gesig van geweld te moet herbeleef.

Die foto bly my by: die man met die Cowboy hoed se twee hande is vol bloed. Deur die eeue was dit altyd, altyd die slegte kant. Die Jongmens met die bebloede hande - ter wille van ander. 


Tuesday, April 16, 2013

Wie is die mense wat altyd dankbaar is?


Dit is ‘n spirituele oefening, eintlik, om dankbaar te wees. ‘n Mens kan jou daarin inoefen.

Daar is dan ook mense wat dit gereeld doen. En, opvallend genoeg, noem hulle dieselfde dinge op wanneer hulle moet sê waaroor hulle dankbaar voel. Om soggens op te kan staan, om gesond te wees, om werk toe te kan gaan, om ‘n familie te hê, om ‘n motor te hê, om te kan vakansie hou.

Eintlik is daar oorgenoeg rede, dus, om dankbaar te wees. En die oefening is om gereeld en bewustelik na te dink oor al die dinge.

Op die manier rig ‘n mens jou lewe positief in. Jy dink aan dinge wat jou tot dank stem.

In Spiritualiteit is daar egter ‘n tradisie wat dankbaarheid problematiseer. ‘n Mens kan nie dankbaarheid net met die goeie dinge verbind nie. Want, sê jou wyses van alle eeue, soms moet jy juis dankbaar wees oor dinge waaraan jy liewer nie wil dink nie.

Die egte spirituele oefening kom wanneer ‘n mens dankbaar is oor die moeilike tye. Dit bly ‘n uitdaging om in die slegte tye, wanneer ‘n mens nie weet waar jou volgende ete vandaan gaan kom nie, wanneer jy jou voete sleep om werk toe te gaan, wanneer jy by die siekbed van ‘n geliefde staan, met dankbaarheid te leef.

Uiteindelik moet ‘n mens oor die lewe wat ‘n mens uit God se hand ontvang, dankbaar wees. En hierdie lewe het vele kante – sy ligkante en sy skadukante. Soms is dit juis die skadukante wat die lig so helder laat uitstaan. Soms is dit die skadukante wat jou weer mens laat word, nederigheid leer. Ander kere weer is dit die donker kante wat jou laat insien hoe goed en besorgd mense oor jou nood is. Ander kere weer is dit die tye van duisternis wat ‘n mens laat besef dat  jy meer toegewyd moet leef, nader aan God moet bly. 

Dankbaarheid kom juis na hulle wat in God se liefde woon – ongeag hulle omstandighede.

Monday, April 15, 2013

Die plukker


In die koerant is 'n guitige storie. 

Die plesier is in die storie, maar ook in die manier waarop die storie vertel word. 

Dit het my nogal aan spiritualiteit laat dink: die geestelike weg kry sy impak op mense ook uit die manier waarop mense daaroor praat. Die gewydheid van aanbiddingsplekke raak 'n mens aan. Dit is nie verniet dat kerke 'n liturgiese ruimte het wat bydrae om 'n mens in aanbidding voor God te laat staan. Kleurvensters dra by om 'n mens in 'n atmosfeer van gebed en toewyding in te trek. Sang kan in die allerdiepste plekke van jou bestaan inklink en lank nadat die klanke verdwyn het, jou lewe nog stuur en rig. Dus word die geestelik reis dikwels verryk deur die vorm waarin dit opgeneem is. 

Ons gee te min aandag aan die estetiese: 'n stuk musiek, 'n skildery, 'n verhaal en gedig kan soms veel meer doen as al ons gepraat om 'n mens geestelik te verryk.

Hier is die guitige storie:

Natie Engelbrecht

Ou Smittie is een van my vriende wat in die vreemdste situasies beland.

So gaan hy die ander dag in een van die beter winkelsentrums na die verkeerde plek vir ’n haarsny. Eintlik het Smittie nie hare nie. Nog net so paar klossies rondom die ore. Hy spot altyd dat hy nooit vir ’n gesigsbehandeling kan gaan nie, want met sy min hare weet hulle nooit waar sy gesig ophou en sy kop begin nie. Hy wou eintlik net instap vir ’n vinnige regruk van die paar weerbarstige hare wat oor is. Sommer met so ’n nommer-twee-kammetjie.

Met die instap sien hy dis ’n ghrênd plek en nie sommer ’n gewone haarkapper nie. Dis ’n fyn Libanese knaap wat sy hare sny, en dié voel toe erg sleg omrede daar so min oor is om te skeer. Waarde vir geld, ensovoorts. “Kan ons nie Meneer se hare in die neus en ore ook bykom nie?” wil die knaap weet.

Smittie kom diep uit die Karoo en voel ongemaklik oor die vreemde behandelings. Hy onthou egter dat sy meer verfynde vroutjie al skewe opmerkings oor sy neushare gemaak het; dus stem hy maar in.

Maar sal die knaap nie opdaag met sulke vreemde oorpluisies en ’n woeste pot vol warm was nie. Voordat hy kan teëstribbel, word die pluisies met die gesmelte was in sy ore gedruk. Hy probeer nog sterk wees en veg teen die trane, maar blitsig word twee pluisies in sy neus opgedruk.

“Die mannetjie is soos ’n ninja-haarkapper,” vertel Smittie. Met trane in sy oë sit en loer hy toe maar so deur se kant toe en hoop niemand bekends stap verby nie. Nie so met die vier pluisies wat op strategiese plekke uitsteek nie.

Hy raak net gewoond aan die ongemak, toe stel die mannetjie voor dat hulle sommer die ander ongewenste haartjies thread terwyl hulle wag. Smittie is broos en voel nie lus vir stry nie, en die threading-storie klink heel onskuldig. Dus, steeds tranerig van die warm was in die verkeerde gate, stem hy in.

Die haarkappertjie trek net daar ’n skerp toutjie-bedryf nader. Dit lyk kompleet soos dunnerige vlos. En hy rol-trek dit so oor die ore en al die plekkies vol hare. Alles traan. Maar die mannetjie is skielik doof.

Terwyl my vriend nog van die threading herstel, gryp die fyn mannetjie skielik, sonder waarskuwing, daai twee oorpluisies in die ore stewig vas en pluk. Hy dog sy oordromme pop uit. Toe gryp die knaap die pluisies in sy neus vas, en Smittie gryp die stoel vas, want hy het gesien hoe sy neushare lyk. En die mannetjie PLUK. Smittie sê dit voel kompleet of die pluisies die hare van sy rug af deur sy neus uittrek.

“Is daar nog plekkies met ongewenste hare?” wil die fyn Libanese mannetjie onskuldig weet. My vriend kry beelde van ’n vloermop vol gesmelte was vir sy agterwêreld en rug, en hy besef hy moet nou wegkom.

Ek sien Smittie het nou nog trane in sy oë as hy van dié episode vertel. En ek glo sy storie, want hy lyk ook anders. Alles is glad. Hy lyk soos ’n roll-on.

Kaapstad

- Die Burger

Sunday, April 14, 2013

'n Mens leer uit ervaring? Om vanuit God se perspektief te sien.


Een ding wat my toenemend interesseer is die rol van ervaring in mense se lewens.

Ons dink dat as ons sekere dinge “weet,” ons optrede logies daaruit volg.

As ons sekere dinge “glo,” (verstandelik kan insien), sal ons op grond daarvan handel.

Dit is sekerlik waar, maar ook weer net ‘n halwe waarheid.

Mense laat dikwels lank-gekoesterde oortuigings los omdat hulle ‘n bepaalde ervaring gehad het. Ervarings kan ‘n mens se lewe totaal omkeer en verander.

Konserwatiewe kerke, byvoorbeeld, in die suide van Amerika, wat lidmate het wat hou van wet en orde, bied ‘n goeie voorbeeld.

Tot onlangs was hulle sterk ten gunste daarvan dat onwettige immigrante uit die land geskop word. Totdat daardie immigrante lidmate van hul kerke geword het. Wanneer sulke lidmate in die moeilikheid beland, ontdek hul predikant die skadukant van ‘n onwettige immigrant se lewe in Amerika. Hulle sien hoe goeie gelowige mense wat deur hul arbeid ‘n huisgesin in hul tuisland onderhou, skielik gevaar loop om gedeporteer te word. Nie net verloordie gemeente ‘n toegewyde lidmaat nie, maar hulle sien hoe vele mense se bestaan bedreig word omdat hulle dan nie meer deur die immigrant versorgd sal wees nie.

Nou is daar ‘n georganiseerde veldtog van die Baptiste Kerke in Amerika om die status van onwettige immigrante te wettig.

Dit is ondenkbaar. So iets sou voorheen nooit gebeur het nie. Hulle ervaring het hul denke radikaal omgekeer.

En dit net omdat predikante en lidmate blootgestel was aan die ervaring van getroue kerkgangers in hul midde. Sondag na Sondag het hierdie immigrante kerk toe gekom, geliefd geraak onder hul mede-gemeentelede. Die gemeente het hulle leer ken. Nou tree hulle in vir daardie mense.

Spiritualiteit gaan oor deurleefde geloof. Op sy Engels word dit dikwels as "faith experienced" beskryf. Spiritualiteit maak daarom veel van onderskeiding as 'n geestelike praktyk: Wanneer ‘n mens gelowig is, weeg jy elke dag jou ervarings versigtig, want jy weet jy het nie altyd die nodige wysheid nie. Jy staan op en hou jou stiltetyd, wetende dat jy daardie dag in God se teenwoordigheid sal leef en gedurig wyse beslissings sal moet maak. Saans gaan jy slaap en bid jy tot God met dankbaarheid oor God se teenwoordigheid in jou lewe en met berou waar jy daardie teenwoordigheid gefaal het. Geloof is ingestel om gedurig in God se wil te bly – nie om jou insigte in die lewe af te dwing nie. Geloof veg hard om ten alle koste altyd te kan onderskei. Waar ontdek ek vandag in my lewe God se wil? Want, beklemtoon spiritualiteit, 'n mens is van nature geneig om in jou eie wil vas te val. Dit is nie maklik om dinge vanuit God se perspektief raak te sien nie. Jy moet hard bid om iets daarvan reg te kry.

Die geestelike reis loop nie reguit en glad nie. Dit is vol draaie en swaaie en soms moet jy gevaarlik swenk in rigtings waarheen jy nie wil gaan nie. Jy moet daardie wilde reis aflê, met argus-oë, gedurig aan die onderskei of jy in die wil van God leef en bestaan.

‘n Mens kan soos Paulus vanuit jou vaste kennis die wêreld instorm en links en regs vervolg en vermink. Jy kan soos Petrus netjies weet wat reg en verkeerd is en heilig jouself van “ander” afskei. Om dan in skande te beland, buite God se wil.

‘n Mens moet nooit te seker weet nie. Dit is verstandiger, gelowiger, om eerder soekend te wees om in alles wat ‘n mens so seker weet, tog in God se wil bevind te word. Die vraag is nooit wat weet ons nie. Die vraag is veel eerder: hoe naby leef ‘n mens aan God in al die groot eise wat die lewe aan jou stel. Om met God te wandel, sê die Amerikaner (hier onder), het my sienings versag.

Dit is, soos Spiritualiteit beklemtoon, om die geestelike lewe te voer - om onder die leiding van die Heilige Gees te leef. 

Die boeiende is natuurlik dat die intieme wandel met God ‘n mens nader aan ander mense bring: soos wat in Amerika gebeur. En dit is, ontnugterend, juis daardie mense met wie jy nie altyd so maklik wil assosieer nie.

Hier is dele uit die berig uit vandag se NYT.

Two years ago, national evangelical leaders began to speak out in favor of legislation to give legal status to immigrants in the United States illegally. Now, as Congress is about to start a debate on overhauling the immigration system, conservative Christians, once inclined to take a hard line on immigrants they viewed as lawbreakers, are consulting their Bibles and coming around to the pastors’ view.

“I feel I would be representative of a typical longtime Baptist, one who grew up in the Baptist Church, who was raised in an evangelical family, and I would identify myself as a conservative Republican,” said Jay Crenshaw, 36, a lawyer in Orlando who attended a service at the megachurch last Sunday. “And I can tell you how much my views have changed.”

For Mr. Crenshaw, as for many evangelicals, the rethinking came as a result of personal encounters with immigrants in church who were trying to navigate the maze of the nation’s immigration laws — in his case, a Colombian friend who turned out to be here illegally.

Mr. Crenshaw said his views started to shift when his Colombian friend, a white-collar professional who had been living in Florida for years, asked for help after being arrested for driving without a license. Mr. Crenshaw said he realized that his friend, an active church member who was supporting his mother and a brother, could be deported.

“The tension is compassion on one hand and rule of law on the other,” said Mr. Crenshaw, who went with his friend to court, where the matter was resolved without drawing the attention of any immigration authorities.

“Once you’ve walked with someone and put a face and family behind the immigration issue, it very much personalizes it,” he said. “You do find yourself with a lot of compassion.”

Stewart Hall, 70, a member of First Baptist Orlando for more than three decades, said his views changed gradually, as he moved to sit in pews near the rear of the church where immigrants new to the congregation chose to pray. “It occurs to me that if Jesus was sitting next to me, he would not care whether they were illegal or legal,” he said.

“Take me back 10 years ago, and I had this really hard outer shell about it,” Mr. Hall said. “Line ’em up and shoot ’em, and by that I really meant pack them up and get them out of here.”

But, he said, “my walk with Christ has softened my view.”

Senator Marco Rubio, a Florida Republican who is part of a bipartisan group of senators writing an overhaul bill, has received visits and calls to his Florida offices. Mr. Rubio said he welcomed the activism.

“Faith-based leaders help remind us that we are dealing with real human beings here with God-given dignity,” he said.



Saturday, April 13, 2013

Wanneer mense vergoddelik word... Oor 'n riskante uitspraak.


Ek ontvang ‘n kennisgewing van ‘n nuwe boek oor Ortodokse Spiritualiteit.

My aandag word gevang deur die eerste sin van die kennisgewing, want dit raak ‘n kern-saak in spiritualiteit en mistiek.

Ortodokse spiritualiteit, staan daar, het as sy doelwit die vergoddeliking van die mens en die eenheid met God.

Ek kan voor my geestesoog sien hoe verskeie nekhare van noukeurige lesers rys. Ander weer, die wat nie verstaan nie of wat so half lees, sal meewarig 'n ek-het-mos-gesê gevoel uitstraal.  

Dit gaan oor 'n ou misverstand dat mistiek te doen sou hê met die mens wat God word. 

Maar dan kom die belangrike byvoeging: “sonder om met God saam te smelt.”

Dit is ‘n boeiende formulering: “Die vergoddeliking van die mens sonder dat die mens met God saamsmelt.”

Nog sterker maak die volgende opmerking die punt:

Die fundamentele oortuiging van Ortodokse spiritualiteit is die bestaan van ‘n persoonlike God. God is die hoogste bron van uitstralende liefde. God ag die mens hoog en wil nie die mens met God Self verwar nie. God hou die mens in ‘n ewige dialoog van liefde vas.

Weer eens word ‘n synsmistiek afgewys: Oosterse spiritualiteit pas nie in by ‘n opvatting met ‘n evolusionêre ontwikkeling van die mens wat met ‘n goddelike wese verbind is wat as ‘n onpersoonlik verstaan word nie. Die gevolg van so ‘n opvatting sou wees dat die mens in die onpersoonlike godheid verdwyn.

Maar, volg daar, ‘n mens kan nie aan ‘n persoonlike God (en dus die hoogste vorm van liefde), as ‘n enkele persoon dink nie. God is in ‘n volmaakte eenheid met ‘n gemeenskap van persone. Hieruit volg logies dat die Christelike oortuiging van God as ‘n Triniteit van Persone met een wese die enigste basis van ‘n volmaakte spiritualiteit vir mense kan vorm. Dit is ‘n spiritualiteit van volle gemeenskap met God in liefde, maar sonder dat die mens in God opgeneem word en in God opgaan.

Waarom is die opmerkings vir my belangrik? Die antwoord in die kennisgewing lui: omdat so ‘n spiritualiteit die erfgoed van die hele Christendom is. Wie ook al gelowig is, is per definisie deel van die kerk wat sy wortels in hierdie spiritualiteit het. Daarom word in die laaste paragraaf verduidelik hoe die wortels van moderne vorme van Christendom, ook in die Weste, op die Oosters-Ortodokse tradisie teruggaan. Die Christendom het eers in latere tye verdeel geraak, waarna die Oosters Ortodokse tradisie sy eie pad geloop het. Juis vanweë ons gedeelde tradisie is dit nodig dat daar al hoe meer ‘n gesprek met Ortodokse Spiritualiteit plaasvind – want dit is ‘n gespek met ‘n mens se eie oorspronge.

Maar dit is veral om 'n ander rede belangrik:  dit maak sin om te praat van die vergoddeliking van die mens. Wie in liefde woon, word (soos) God. 

Die boek is: Orthodox Spirituality: A Practical Guide for the Faithful and a Definitive Manual for the Scholar en die skrywer is. Author: Dumitru Staniloae

Hier is die aankondiging in Engels:

"Orthodox spirituality has as its goal the deification of man and his union with God, without being merged with Him. It has as a basic conviction the existence of a personal God, who is the supreme source of radiating love. He prizes man and doesn't want to confuse him with Himself, but maintains and raises him to an eternal dialogue of love. Such a spirituality has no place where an evolutionary progress of man, connected to a divinity conceived as an impersonal essence, is affirmed. This progress can have no result other than man's disappearance in the impersonal divinity. But the personal God, and thus the supreme source of love, can't be conceived of as a single person, but as a community of persons in a perfect unity. You see then why the Christian teaching of a Trinity of Persons in a unity of essence is the only one which can constitute the basis of a perfect spirituality for man, understood as a full communion with God in love, without his being lost in it."
Dumitru Staniloae, Orthodox Spirituality

"It should be remembered, especially in the Western context, that the roots of Christian theology are not only Western, but reach deeply into the theological mind and the living Christian experience of the Orthodox East. Before the medieval political and cultural schism between the Latin and Greek worlds and the subsequent Protestant Reformation, the Christian West was itself, in fact, Orthodox, part and parcel of one united, albeit admittedly bi-polar, Byzantine Commonwealth. In our own time, as Western culture once again gradually comes to recognition of the "Eastern" Orthodox Church as being existentially part of its own root tradition, the imperative of discovering common ground and defining a common frame of reference relative to essentials of Christian spiritual life arises as a matter of some urgency."
-Alexander Golubov, "Foreword," Orthodox Spirituality


Blog Archive