Saturday, April 13, 2013

Wanneer mense vergoddelik word... Oor 'n riskante uitspraak.


Ek ontvang ‘n kennisgewing van ‘n nuwe boek oor Ortodokse Spiritualiteit.

My aandag word gevang deur die eerste sin van die kennisgewing, want dit raak ‘n kern-saak in spiritualiteit en mistiek.

Ortodokse spiritualiteit, staan daar, het as sy doelwit die vergoddeliking van die mens en die eenheid met God.

Ek kan voor my geestesoog sien hoe verskeie nekhare van noukeurige lesers rys. Ander weer, die wat nie verstaan nie of wat so half lees, sal meewarig 'n ek-het-mos-gesê gevoel uitstraal.  

Dit gaan oor 'n ou misverstand dat mistiek te doen sou hê met die mens wat God word. 

Maar dan kom die belangrike byvoeging: “sonder om met God saam te smelt.”

Dit is ‘n boeiende formulering: “Die vergoddeliking van die mens sonder dat die mens met God saamsmelt.”

Nog sterker maak die volgende opmerking die punt:

Die fundamentele oortuiging van Ortodokse spiritualiteit is die bestaan van ‘n persoonlike God. God is die hoogste bron van uitstralende liefde. God ag die mens hoog en wil nie die mens met God Self verwar nie. God hou die mens in ‘n ewige dialoog van liefde vas.

Weer eens word ‘n synsmistiek afgewys: Oosterse spiritualiteit pas nie in by ‘n opvatting met ‘n evolusionêre ontwikkeling van die mens wat met ‘n goddelike wese verbind is wat as ‘n onpersoonlik verstaan word nie. Die gevolg van so ‘n opvatting sou wees dat die mens in die onpersoonlike godheid verdwyn.

Maar, volg daar, ‘n mens kan nie aan ‘n persoonlike God (en dus die hoogste vorm van liefde), as ‘n enkele persoon dink nie. God is in ‘n volmaakte eenheid met ‘n gemeenskap van persone. Hieruit volg logies dat die Christelike oortuiging van God as ‘n Triniteit van Persone met een wese die enigste basis van ‘n volmaakte spiritualiteit vir mense kan vorm. Dit is ‘n spiritualiteit van volle gemeenskap met God in liefde, maar sonder dat die mens in God opgeneem word en in God opgaan.

Waarom is die opmerkings vir my belangrik? Die antwoord in die kennisgewing lui: omdat so ‘n spiritualiteit die erfgoed van die hele Christendom is. Wie ook al gelowig is, is per definisie deel van die kerk wat sy wortels in hierdie spiritualiteit het. Daarom word in die laaste paragraaf verduidelik hoe die wortels van moderne vorme van Christendom, ook in die Weste, op die Oosters-Ortodokse tradisie teruggaan. Die Christendom het eers in latere tye verdeel geraak, waarna die Oosters Ortodokse tradisie sy eie pad geloop het. Juis vanweë ons gedeelde tradisie is dit nodig dat daar al hoe meer ‘n gesprek met Ortodokse Spiritualiteit plaasvind – want dit is ‘n gespek met ‘n mens se eie oorspronge.

Maar dit is veral om 'n ander rede belangrik:  dit maak sin om te praat van die vergoddeliking van die mens. Wie in liefde woon, word (soos) God. 

Die boek is: Orthodox Spirituality: A Practical Guide for the Faithful and a Definitive Manual for the Scholar en die skrywer is. Author: Dumitru Staniloae

Hier is die aankondiging in Engels:

"Orthodox spirituality has as its goal the deification of man and his union with God, without being merged with Him. It has as a basic conviction the existence of a personal God, who is the supreme source of radiating love. He prizes man and doesn't want to confuse him with Himself, but maintains and raises him to an eternal dialogue of love. Such a spirituality has no place where an evolutionary progress of man, connected to a divinity conceived as an impersonal essence, is affirmed. This progress can have no result other than man's disappearance in the impersonal divinity. But the personal God, and thus the supreme source of love, can't be conceived of as a single person, but as a community of persons in a perfect unity. You see then why the Christian teaching of a Trinity of Persons in a unity of essence is the only one which can constitute the basis of a perfect spirituality for man, understood as a full communion with God in love, without his being lost in it."
Dumitru Staniloae, Orthodox Spirituality

"It should be remembered, especially in the Western context, that the roots of Christian theology are not only Western, but reach deeply into the theological mind and the living Christian experience of the Orthodox East. Before the medieval political and cultural schism between the Latin and Greek worlds and the subsequent Protestant Reformation, the Christian West was itself, in fact, Orthodox, part and parcel of one united, albeit admittedly bi-polar, Byzantine Commonwealth. In our own time, as Western culture once again gradually comes to recognition of the "Eastern" Orthodox Church as being existentially part of its own root tradition, the imperative of discovering common ground and defining a common frame of reference relative to essentials of Christian spiritual life arises as a matter of some urgency."
-Alexander Golubov, "Foreword," Orthodox Spirituality


Blog Archive