Sunday, February 12, 2012

God se plek.

'n Mens kan in verre lande allermooiste ruimtes besoek, om dan elke keer weer terug te kom na jou eie plek en opnuut weer verwonderd te staan voor die onoortreflikheid van groter skoonheid wat sommer hier by jou, in jou voorkamer, op jou voorstoep, in jou agterplaas, om die hoek te vinde is. 

Dit is te vinde in die bos blomme in 'n pot wat iemand sommer losweg gerangskik het - niks formeels, niks berekend nie. Bloot net blomme in die huis. Maar mooi bekyk word dit 'n pers partytjie met sy geel vrolikheidjies op 'n tapyt van groen weligheid. En die wegraak in hierdie oomblik neem jou terug, in 'n flits, as jy dit sien, na ouer, goeie tye: jy onthou hoe lief was sy vir haar blomme, hoe haar tuin altyd gebaai het in die kleure en geure van die natuur se mooiste gawes. En die skoonheid van die skepping paar in jou innerlike met die skoonheid van die liefde en van die naby-wees van hulle vir wie jy lief was. 




Of jy sien dit raak in die stilheid van 'n swewer teen die helderblou van Afrika se hemel. Eindeloos, oop, strek dit boontoe, in 'n helderheid wat nooit wil ophou nie. Hoe klein, hierdie spikkel, teen die infiniteit. En, as jy dit sien, vat dit jou, in 'n flits, weg na ou gedagtes: Jy onthou hoe die vrou in Antwerpen vertel het van die skoonheid van ons son en, vertel sy, verlangend, van daardie blou lug van ons wat, toe dit eers een keer in haar ingesak het, haar nooit weer losgelaat het nie.




Of, rustig op die pad huis toe na die naweek, sien jy hom sit. Daar op die kranse by Wemmershoek, sommer op jou drumpel, naby jou huis, in die wydheid en wydsheid van die oorrompelende omgewing. Jy hou gretig stil, want jy verstaan hoe hierdie oomblik jou gaan bybly en hoe jy sal wil sien om weer te kan ervaar. 


En foto na foto kom al nader aan die kolletje op die rotspunt van die krans; nader aan die ou wat daar op sy rots sit - die brandwag, die dophouer. Die ou kees. Die hoeder van sy kudde. Die ou bespieder. 


Daar sit hy tevrede met die lewe en met wat hy aan oorvloed het. Asof hy maar te goed weet hy is in die paradys: By die goddelike tonele van water, groen woude, kranse wat antwoord gee. In die wonderskone natuur. God se plek. 








Friday, February 10, 2012

Geseënd is hy wat in die liefde woon....



So pas is die wenners van die World Press se jaarlike kompetisie aangekondig. Samuel Aranda van Spanje het die wenfoto geneem in 'n moskee wat ingerig is as 'n veldhospitaal in Jemen. 

Op die oog af is dit 'n eenvoudig onderwerp: 'n vrou wat 'n gewonde man vashou. Met die eerste oogopslag sny dit, selfs in al sy eenvoud, reeds 'n mens se hart stukkend. 

Die foto brand in op jou oë, laat sy Kaïnsmerk op jou geheue en sak in jou onderbewussyn weg as 'n simbool van dieper dinge.

'n Mens hoef nie eintlik te weet dat die man gewond is in die opstande teen President Ali Abdulaah Saleh wat maande lank aangehou het en vele lewens geeïs het. Die foto is genoeg om te vertel van lyding en mense se reaksie daarop. 

En tog sou die konteks van die foto die impak daarvan sterker maak: Die foto is 'n verhaal oor die hoë tol wat die dapper opstande teen ondemokratiese bewinde in die Arabiese wêreld geeïs het: 

'n Mens onthou die hoogs dramatiese tonele van mensemassa's wat deur die strate van lande se groot stede trek met plakkate; rumoerig, uitdagend, met gebalde vuiste, met klippe wat deur die lug vlieg en met polisie of soldate wat met geweld toeslaan. 

Hulle, die dapper skare's van vele lande, herinner ons vir weke van die mens van alle tye en alle plekke se dieper verlange na vryheid. 

Dag na dag, meedoënloos word hulle getreiter en gedood, maar dag na dag hou hulle met moed die stryd vol.

Die foto het niks daarvan nie. Die onderwerp daarvan is heel eenvoudig 'n vrou en 'n man wat stil bymekaar is. Geen bomme, geen bewegings en aanvalle nie.  Maar juis omdat niks van al die opstand is nie, is daar soveel daarvan teenwoordig... Hier praat opstand, verwonding, lyding, verset.

Die beoordelaars bekroon die foto met die eerste prys omdat dit volgens hulle op 'n baie persoonlike en intieme vlak die verhaal van die opstande vertel. Hier sien 'n mens die ander kant van opstand, die stryd, onderdrukking, dapperheid en verset. 

Hier sien jy hoe die gewone mens, op sy of haar eie, deur die felheid van die stryd verniel word. 

Maar nou met die verskil: Weg is die skares, stil is die massa's, uitgedoof is die geweerskote, verstomd is die krete. Hier word die prys betaal. Hier sien 'n mens die gevolge van die heersers van die wêreld wat groot wil wees, by die tafels wil sit en bedien wil word, wat die geringes minag en die swakkes uitbuit (Lukas 22). 

Teenoor die heersers en hul korrupte minagting van ander staan hierdie liefdevolle nabyheid van die lydendes in sterk simboliek uit: Die foto vertel die verhaal van intieme liefde wat in die uur van ellende soek om te dien (Lukas 22: 27): Die vrou hou die man beskermend teen haar vas met haar regterhand om sy nek, haar duim lig, lig op sy linkerwang terwyl haar regterwang teer sy voorkop streel.  Haar regterhandse handskoen, vuil met die bloed en die gemors, hou sy linkerhand vas asof sy hom nie naby genoeg teen haar kan hou nie. Hier is omgee in 'n plek waar daar andersins net uitbuiting is. 

Dit is 'n hoogs intieme toneel van twee mense wat in 'n oomblik van lyding bymekaar wil wees. En in die intimiteit sien ons die mooiste gesig van die liefde. 

Dit is ook die moeite werd om die vorm van die foto te bekyk, want dit vertel ook al weer 'n belangrike deel van die verhaal. Daar is die driehoek-lyn in die foto van die vrou se elmboog na die man se kop na haar kop as die een been van die driehoek, met die lyn wat van haar kop afloop na haar skouer as die ander been: dit is 'n driehoek waarin die twee gesigte in een, stil ruimte bymekaar kom en die hart van die foto uitmaak.

Onder hierdie driehoek is daar 'n boeiende spel van lig en donker: die man se skouers, naak in hul verwondheid, die vrou se swart jurk waarteen sy moeë skouers rus. Hulle vorm die basis waarop die driehoek van gesigte rus. Hulle vertel van die ondergrond waaruit die intimiteit opkom. 

Alles in hierdie fokuspunt is so verborge, so subtiel en gelyk so oop, so eksplisiet: Jy sien nie die vrou se gesig nie. Ook nie man nie. 

Maar die foto kan nie duideliker wees oor die spesiale band tussen hulle nie en oor die ontferming waarmee sy hom naby aan haar hou nie. Hul lyftaal, daardie gesig op ons innerlikste gevoelens, vertel die volle verhaal - sonder dat 'n mens hulle gesigte sien.  

Die res van die foto, ook so eenvoudig, omraam en interpreteer die verhaal van die twee mense net so dramaties. Die donker skaduwees teen die muur smelt saam met haar donker burka en sy swart hare. Die dood hang swart in die lug, tree donker nader, wil die lyding verder insmeer. En tog is daar ook weer die lichtheid aan die bokant van die muur: so asof alles na bo neig, na die lig, na die uitkoms.

Die mater dolorosa, die pieta, die tydlose verhaal van nabyheid, selfs wanneer die dood swaar in die lug hang. Geseënd om in die liefde te kan skuil, daardie dag wanneer 'n mens die donker vallei binnetree...








Thursday, February 09, 2012

Wanneer ons gevoel van vergankelikheid 'n seën raak



Rahner skryf oor die duisende dinge van elke dag wat ons moeg en swaarmoedig maak – daardie dinge waaroor ek in gister se blog begin skryf het.

Nie net die daaglikse gesleur bring by ons ‘n Prediker gevoel nie. Selfs ons vreugdes word maar muwwerig:
  • ‘n Mens kom agter hoe selfs jou vriende van jou is. Hulle beste woorde van vriendskap en toegeneentheid klink soms vaag en leeg
  • Alles wat in die wêreld aangeprys word, word al hoe meer 'n leë gejaag sonder enige werklike waarde
  • Die nuwe dinge oor ons pad gaan verby en word ook maar oud en verslete
  • Die dae kom en gaan, alles neem onverbiddelijk sy loop
  • Al ons kennis maak ons nie vervulde mense nie. 
  • Innerlike rykdom ontglip ons
  • Gewildheid is ‘n skim wat vir ‘n oomblik sy vreemde gesig vir ons wys en dan vinnig verdwyn
  • Ons sintuie stomp af, ons word ongeërgd, selfs ongevoelig
  • Die kring van mense naby aan ons dun uit. Ons verloor of neem afskeid van mense naby aan ons.

Dit klink swaarmoedig. Maar dit is nie lank nie alles nie, skryf Rahner.

Ons moet maar besef: Dit is hoe die lewe is. So loop elke mens se bestaan. En dan het ons nog nie eers bedink wat verder bykom nie. Die rampe of teenspoed moet nog alles verreken word: want by hierdie normale lewe kom daar slegte tye wat ons bitter kan maak, vir ons trane kan laat stort.

Dit klink genoeg om ‘n mens depressief vir altyd te maak. Dit moet egter nie so wees nie.

Want, skryf Rahner, hierdie ervaring van nietigheid is eintlik ‘n gawe, ‘n seëning van God. Om jou eie verganklikheid te ervaar en die eindigheid van al die dinge wat ons elke dag beleef, is nie iets wat ‘n mens moet vermy of moet onderdruk of moet vervang met goedkoop gelukkigheid nie. Jy moet dit vierkant in die oë kyk.

Die ervaring van verganklikheid moet nie verdring word nie. Daar is nie goedkoop remedies daarvoor nie. Ons hoef nie te klou aan vae beloftes en ontvlugtingsdrome nie, soos dat ons neerslagtigheid van vandag vervang sal word deur ‘n goeie lewe later nie.

Want, wat gebeur met ons regtig in ons Prediker ervaring?

Die besef van ons verganklikheid is eintlik die buitekant, die gesig van ‘n diep en ongeleste dors van ‘n mens se siel. Orals sien ons hoe dinge tot ‘n einde kom. Hulle kan nie ons harte vol maak nie. Die volgende oomblik sal die vreugdes en die besighede van die dag vervaag en die leegheid sal ons weer oorval.

Want ons hart vra na iets diepers, iets wat onverganklik is.

En hierdie begeerte skep ‘n ruimte waarin God se liefde kan neerdaal.

Net Een kan ons hart tot stilte, tot vervulling, tot rustigheid en tot vrede bring. Net Een is altyd daar. “Jy is altyd by my”, sê die Pa vir die verlore seun as die Pa hom liefdevol omhels.

Net Een, net die liefdevolle Ouer, bly getrou, wagtend op ons terugkeer. Net Een is alles vir ons almal. Net aan Een behoort ons vir altyd.

Ons teleurstelling in die wêreld, ons sinisme oor ons groot gevegte vir geregtigheid pas by die lewe van iemand wat glo. Elke gelowige moet dit kan ervaar. Want dit is dan dat ons begin om God te bemin.

Wanneer ons weet dat net Een waardig is van ons hele bestaan en dat ons ons hele bestaan aan God in liefde wil toevertrou, sommer net toevertrou, dan begin ons God lief hê.

Wanneer ons nie onder ons sinisme beswyk nie, onder ons ontgogeling oor die lewe ingee nie, maar dit verdra sonder om onsself te bedrieg of te mislei, begin ons God te bemin.

Ons verlang na iets, maar ons weet nie wat nie. En tog is ons seker dat dit iets is wat ons nie in ons bestaan en in ons wêreld vind nie. Niks in ons lewe kan vir ons ons hartsbegeerte vervul nie.

Net God kan – God, die onbekende Een, die Een na Wie ons verlang en die Een wat ons liefde waardig is. God se liefde, skryf Rahner, word vanself in ons wakker. Ons verlange is na God wat in ons hart woon en ons begeerte is na ons aandeel in die onverganklikheid wat God met ons deel. As alles inmekaar getuimel het, begin ons vanself soek na die Een wat daar is as alles anders om ons ons gefaal het of vir ons agtergelaat het.

Klink dit alles te goed, dalk selfs wollerig? Rahner skryf nog iets by wat hierdie begeerte na die Liefde vaster in ons bestaan knoop en ons, die meer siniese en minder gelowiges, laat terugsit vir die dieper dink. Meer daaroor later.


Oor die foto hierbo, sien http://www.indiephotobooklibrary.org/2011/12/transitory-space/
Title: Transitory Space
Photographer/s: Leah Oates
Summary: The world thus appears to be a complicated tissue of events in which connections of different kinds alternate, overlap or combine and thereby determine the texture of the whole. All phenomena are processes, connections, all is in flux, and at moments this flux is visible.
The work I create first originates as a response to space that is in a continual state of change. In everyone there is a sense of flux and a familiarity with this type of space.
Transitory spaces have a messy human energy that is always in the present yet constantly changing. I find them endlessly interesting, alive places where there is a great deal of beauty and fragility. They are temporary monuments to the ephemeral nature of existence.

Wednesday, February 08, 2012

Verganklikheid

Ou bekendes, oor jare heen, loop ons by die kuierplek raak. Dit is lekker om by hulle ‘n aandjie te kan verwyl. Gedeelde verhale, ervarings, strydgesprekke, werkstye, jare van vriendskap smee bande wat 'n mens moeilik na waarde kan peil.

Sommige van hulle het ‘n belangrike bydrae tot die geskiedenis van ons land gemaak. Hulle name staan uit deur besondere bydraes: boeke wat hulle geskryf het, kommissie-verslae wat die rigting van ons land verander het, kunswerke wat hulle geskep het. En die lysie van pluimpjes oor hulle prestasies sou ‘n mens lank kon gemaak het.

Maar hulle is nou al minder aktief. Rustyd begin aanbreek. Hulle stemme word nie meer soveel gehoor nie. Ander neem hulle plekke in.

En, besef ek, daarmee kom die besef van verganklikheid na vore. Tyd is 'n onverbiddelike medereisiger, 'n meedoënlose aftakelaar, 'n wrede vernietiger. 

En die besef van verganklikheid wat die voortsnellende tyd oproep, kan ‘n mens op vele maniere begin kwel, of selfs verniel.

Daar is inderdaad iets moois en boeiende aan 'n aktiewe lewe. 'n Mens het bewondering vir hulle wat die saak van sosiale geregtigheid jaag. Die groot spiritualiteitskrywers beklemtoon daarom dat die intieme verhouding met God steeds weer transformatief inwerk, veral op die mens se verhouding met die wêreld. Iemand wat sensitief is vir die geestelike reis, is daarom iemand wat omgee vir God se aarde en wat hom of haar aktief instel op die koms van 'n beter wêreld vir alle mense, veral hulle wat onreg en gebrek ly.

Daarom is ‘n saak soos sosiale geregtigheid belangrik. Dink maar aan Dorothy Day en Simone Weil se insette vir die werkers en Merton se verset teen oorlog. Om maar ‘n enkele voorbeeld of drie te noem.

Dit is goed so: ‘n mens se geloofservaring is nie bloot net ‘n private doenigheid nie. Wanneer God die hart aanraak, kom die hande en voete in beweging en begin die reis na God en in God se wêreld.

Tog: As die rustyd aanbreek, die jare van stryd verby is, die liggaam begin swakker word, die gedagtes bietjie begin dwaal, wat dan? As die wêreld oënskynlik net boser word en die drome waarvoor ons so hard gestry het in nagmerries waar word, wat dan?


Wanneer 'n mens ouer word en die dinge van vroeër nogal ontstellend onbelangrik begin lyk, waarop steun jy dan? Wat word vir jou belangrik?

Dit val my op: mense wat so aktief was om die wêreld te hervorm, word dikwels ontnugterd, soms selfs sinies, oud. Veral in ons land waar soveel op die spel was en so hard om geregtigheid gestry is en 'n mens die wankelrige uitkomste van daardie stryd beleef kan mense ontgogeld wees.



Dit is 'n eeu-oue verskynsel. Die Bybel vergestalt hierdie gevoel die duidelikste in die boek Prediker: sin ontbreek, alles is sommer net niks. Wat doen 'n mens as jy by die Prediker-ervaring uitkom? Waarop val jy terug? Wat hou jou dan orent?

Dit is dan dat 'n mens op dieper dinge moet kan steun. Die tyd wat ons dikwels genadeloos stroop van ons ywer en drome, bring 'n mens terug by die vraag na die stil plekke, dieper ruimtes, na dinge wat, te midde van al die verval, onverganklik is. En, te dikwels is dit juis dinge wat ons nie altyd hoog geag het nie of tot onbelangrikheid gedegradeerd het. 


Dit is die tyd wanneer hierdie dieper dinge wat ons verwaarloos het, terugkom om by ons te spook.

Ek sien een of twee van die groot Spiritualiteitskrywers het hieroor diep nagedink. Ek wil so bietjie hulle reis daaroor volg. 

Tuesday, February 07, 2012

Reiniging, verligting en eenheid: die weg na God.




Die weg na ‘n intieme verhouding met God kan, as ‘n mens daaroor begin nadink aan die hand van vertellings van wyses van die eeue, ‘n sekere patroon vertoon.

Daar is, eerstens, ‘n bewuswording van ‘n mens se eie feilbaarheid.

·      ‘n Mens kan lang jare ‘n pad met God loop, volgeprop met allerhande kennis oor God.
·      ‘n Mens kan ywerig, soos Paulus, die vervolger van die gemeente, die swaar las op jou skouers neem om die eer van God in God se naam te verdedig. Die kerk het deur die eeue heen ‘n groot kwota van sulke ketterjagters opgelewer.

En dan, op ‘n Damaskus-oomblik, kan ook jou ywer beswyk onder die vraag: “wie is U, Here?” Die God wat jy so goed geken het en wat jy so mooi netjies in jou waarhede vasgevang het, kom dan na jou in helder, suiwer, sagte liefdeslig om al die donker van jou groot wete’s te verdryf.

Dit is dan dat jy die Ander leer lief kry. En jou geweld agter jou laat.  

En hierdie mistieke oomblik van transformasie wat jou op die grond slinger, verdamp dalk gou in sy intenstiteit, maar in sy luierende nawerking begin dit groewe in die hardheid van jou lewensmondering insny.

Dit is op die dag, maar ook steeds weer meer dat jy, miskien baie stil, soms in ‘n tempel-tollenaarsoomblik, oorweldigend, jou eie boosheid herken.

En vir die res van jou lewe sal jy elke dag weet om in jou stilte-tyd steeds weer bedag te wees op alles wat negatief jou lewe vul. Jy weet: Die hart moet leer om op die pelgrimstog die kwade te sif, te benoem en te besweer.

Dit dan is die tyd van reiniging, van stroping wanneer God die negatiewe uit jou lewe begin skoffel en vrugbare lande vir die Gees-oes begin voorberei.


Terselfdertyd, of miskien selfs voor die tyd, ontkiem daar, tweedens, in ‘n mens se lewe die verlange na die lig. Dit is dan die tyd van verheldering, van verligting. Jy begin besef wat werklik saak maak: nie die feite nie, nie al jou waarhede nie, nie jou eie dinge nie. Maar wat saak maak is die dinge van God. 

Jou innerlike maak oop vir God, vir die ligte dinge van die hemel, vir die weg van die liefde, vir die lewe van omgee, vir ontferming, vir wat goed is, vir wat heilig is.

In jou groei ‘n groter wordende begeerte om die verborge dinge van God meer en meer in jou lewe te vind. Dit is die weg na volmaaktheid, om volmaak te wil wees soos die Vader in die hemel.

En, soms, derdens, heel raar, maar tog weer soos ‘n weerligstraal, is daar die oomblikke wanneer jy God in jou bestaan kan kontempleer. Dit is daardie unieke tye wanneer ‘n mens se hart sy rus vind in ‘n volkome eenheid met God. Weggevoer, uitsinnig, verborge, verstom die verlange, word die gebede verhoor.

Dit is die oomblik wanneer ‘n mens gelowig weet jy is in die hande van die Vader.

Dit is dan dat jy die stem hoor, terwyl die duif tuiskom, terwyl die liefdeswete jou innerlike ruimte tot sy hartsgrond deurklief: 

“Jy is my geliefde kind. In jou het ek soveel vreugde.” 


Monday, February 06, 2012

Die vuur van 'n liefdesverhouding met God






In godsdiens is daar altyd weer mense wat met verwondering ervaar dat God in hul lewens teenwoordig is. Hulle leef in liefde, gedurig bewus van tekens van God se groot genade. Hulle, ervaar hulle, is deel van 'n liefdesverhouding wat hul lewe vol en ryk maak. 

Daar is deur hierdie liefde ‘n warmte in hul lewens. Dit is 'n liefdesvuur wat in hulle brand. Gedurig weer is hulle bewus van God wat die vuur van hulle begeerte is. 

Hulle liefdevolheid word ‘n vlam wat helder brand teenoor die koue skaduwee van mense wat  formeel godsdienstig is, maar innerlik onaangeraak of lou geraak het. Mense wat in liefde leef, leef nie meer onder die wet nie, as mense wat veroordeel en vingerwys nie.

Die mense wat in God se liefde woon, hulle wat steeds weer dankbaar bewus is dat God by hulle is, is die gewete van die kerk. Maar hulle inspireer ook die kerk om na binne te kyk en te ondersoek of hy nie maar bloot nog op sy bene bly sonder die warmte van ‘n hart wat in God se liefde leef.

Dit is hierdie mense wat die teken is van die werking van die Gees onder mense.

En dit is hierdie mense wat in die donkerte, ook van die kerk, weer die vlam van hoop laat brand.

Twee dinge is opvallend van sulke mense: 

  1. Hulle is bidders en uit hulle gebede vloei ‘n lewe van diens.  Die mistikus is die bidder, die een wat na God verlang, die mens wat weet dat die oratiewe deurslaggewend is.
  2. En: hulle verhouding met God, hulle hegte eenheid met God en hul gedurige, nabye omgang met God maak dat hulle ‘n verskil maak in die omgewing waar hulle leef en bly.


Daar is iets opvallends aan hierdie opmerking oor die mense wat in liefde leef. Godsdiens is nie bloot maar net ‘n emosie wat opwel, wat ‘n mens oorweldig en wat ‘n mens dan maklik weer sou kon verloor nie. Godsdiens gaan om ‘n lewenslange reis in die liefde, selfs in tye wat ‘n mens swaar kry. As ‘n mens wel die tye van liefdesemosie beleef, raak dit ‘n mens so aan dat dit ook in die dor tye in jou gedagtes bly en jou inspireer. 

Verder: godsdiens is nie bloot net alles wat jy oor God weet nie. Vele mense weet baie oor God, maar dit ontbreek hulle aan die lewe in die liefde.

Godsdiens, weet ons uit die studie van spiritualiteit, gaan eerder oor ‘n verhouding wat ‘n mens met God aanknoop en wat jou dra in tye wat jy nie mooi weet waarom God dinge in jou lewe toelaat nie. Jou verstand kan jou in die steek laat of vir jou dryf om oor jou geloof te wonder, maar as die liefde eers in ‘n mens se lewe ontsteek is, het ‘n mens deel gekry aan ‘n verhouding met God wat jou hart se diepste verlangens raak.

Om te glo, is om met God in liefde te leef. 

Sunday, February 05, 2012

Om die koringland se wit witaar-gerwe te vergaar. Oor die Samaritaans vrou.



Sandra Schneiders het in haar boeiende bespreking van die Samaritaanse Vrou in die Johannes Evangelie ("Written that you may believe") 'n wonderlike nuwe en gesaghebbende uitleg van die gedeelte gegee en gewys hoedat Jesus hierdie vrou tot die eerste vroulike apostel en sendeling bemagtig het. 

Haar bydrae is belangrik vir enige gesprek oor die Samaritaanse vrou.

Jakobus van der Riet (www.tabor.co.za) se mistieke sonnet (met die ikoon hierbo as illustrasie) oor die gedeelte sluit af met twee reëls waarin die vrou se missionêre werk uitgelig word. Die vrou het later deur die tradisie bekend geraak as Fotini - wat "lig"beteken. Vandaar Jakobus se titel.

 
Die Heilige Fotini, die Samaritaanse Vrou
 
- Feesdag: 26 Februarie

Op die hete uur kom sy met haar kruik na die put
waaruit Jakob gedrink het en sy seuns en sy vee.
 

En die Heer - 'n tweede Boas vir 'n tweede Rut -
wil vir haar 'n koringland en lewende water gee,

want Hy hoor die benoude gebulk van haar hart
soos van 'n kalf in 'n put, waar sy dors en verlang
na 'n sesde man, maar veral na God, en verward
en bang oor sy woorde, nogtans aan sy lippe hang.


Nou wel die water op in haar hart en bruis en spat
by die vreemde besef: Die Man weet alles van my.
Sy laat staan haar kruik en haas haar na die stad
en vra: Die Een op Wie ons gewag het, is dit Hy?


Kyk, Samaria staan soos 'n koringland wit in die aar.
Fotini steek haar sens in en begin die gerwe vergaar. 


Die gedig raak my omdat dit die mistieke ontmoeting van die vrou met Jesus uitbeeld (haar "vreemde" besef, sy is "verward"en "bang"), maar ook wys dat mistiek tot aksie aanpor - vandaar die vrou wat, in reaksie op Jesus se les van haar dors, na haar mede-Samaritane uitreik. Sy, wat God ontmoet het, word 'n vrou wat ander om haar wil laat deel in haar Godservaring.  Dit is egte mistiek.

Hier is 'n tweede ikoon van Fotini:




Sien ook: http://jonmsawyer.com/blog/the-samaritan-woman-at-the-well/
 

Saturday, February 04, 2012

Sport se vreugdes en vrese...








Sport speel ‘n buitengewone groot rol in ‘n samelewing. Dit gee mense plesier. Dit bind gemeenskappe saam. Dit hou mense gesond. Dit is pragtig om te sien hoe behendig mense kan wees en met watter vaardighede hulle uitblink.  

Sport is ‘n uitsonderlike gawe aan mense. Wie religieus daaroor wil nadink, sou selfs wou sê dat sport wys met watter uitsonderlike talente God mense kan seën en watter belangrike redes presterende atlete het om hul Skepper te loof vir gawes wat hulle ontvang het.

Sport het 'n lewensbelangrike rol te speel. Dit is vir vele die pad na geluk. Dit bring bevrediging om lekker moeg na ‘n tydjie op die veld, die fiets, die baan of die gimnasium rustig te kan ontspan en weer met al die bedrywighede van die lewe aan te gaan.

Daar is iets betowerends aan die manier waarop ‘n mens deur sport jou volledig aan die lewe kan oorgee.

Sport, besef ek vanoggend toe ek die onderstaande berig in die New York Times lees, het sy vele skadukante. Een daarvan is wanneer sport vir mense bloot net ‘n middel is na iets anders, soos rykdom en roem. Om bo-uit te kom, is geen prys hoog genoeg nie. Dink maar hoe mense hul liggame dryf en watter houe hulle verduur. En hou maar in gedagte die vele jongmense wat met stimuleermiddels soos kreatien hul liggaam wil bou ongeag die mediese risiko’s daaraan verbonde. En dink net hoeveel sportlui uitgelewer is aan adminstrateurs en afrigters wat hul talente gebruik vir ander doelwitte as net die blote geluk en vervulling van die sportlui.

Dit alles hang nou saam met ‘n bepaalde dimensie van sport: Sport wakker naamlik stryd aan. Dit gaan om te bewys dat jy beter is as jou opponent. Jy verslaan mense teen wie jy meeding.

Daarmee is niks verkeerd nie. Goeie kompetisie bring die beste in mense voort.

Dit word verkeerd wanneer die stryd destruktief is. Daarom was daar in die groot sportlui van alle tye altyd ‘n ere-kode. Hoe jy ook al oor jou teenstander seëvier, moet dit altyd met erkentliheid gebeur omdat jy sonder jou teenstander nie die genot van sport sou kon ervaar nie. En, des te meer omdat jou wen van vandag jou verloor van môre kan voorafgaan. Hoogmoed kom tot ‘n val, sou byvoorbeeld gedurig in die agterkop van ‘n sportmens moet wees. Of, die held van vandag is die toeskouer van môre – daarom moet ‘n mens ook gedurig daaraan dink watter reputasie laat jy agter. En so sou ‘n mens vele ander gedagtes hieroor kon aanroer.

Sport begin in vele opsigte soos die besigheidswêreld sy integriteit kwytraak. Sportsmansgees is ‘n rare verskynsel. ‘n Mens hoor nie soveel dat ‘n mens sport speel om dit te geniet en om gesond te bly nie. Daar is samespanning om wedstryde te verloor. Daar is korrupsie in die finansiële administrasies van sportverenigings. Daar is onreg in die kies van spelers. Om nie te vergeet van die verskriklike tonele wat hulle by skole-sport afspeel wanneer ouers langs die veld en kinders op die veld hul menslikheid verloor.

Een van die opvallende dinge is die manier waarop mense gedryf word om op ‘n onverstandige manier hulself te benadeel. Hier is ‘n berig wat vertel hoedat spelers liggaamlik aan uiters onverstandige pratktyke blootgestel word. Die berig het my herinner aan ‘n onlangse televisie-program oor die gebruik van kreatien deur sportlui.

Die sake is ‘n tydige waarskuwing vir bietjie nadenke oor die veiligheid van spelers. En sommer ook oor die spiritualiteit van sport. Want in sport gaan dit steeds weer om ‘n saak waardeur mense tot gesonder, volwasser lewens getransformeer word. Waar dit nie gebeur nie, verloor sport sy wonderlike opbouende karakter.

Thirty-six years ago, Clark Booth, a young Boston journalist, went to Miami to cover Super Bowl X. Though primarily a television newsman, Booth was on assignment for The Real Paper, an alternative weekly long since closed, for which he often wrote. His plan was to interview the players about the potential consequences of the injuries they suffered playing football.

Today, on the eve of Super Bowl XLVI, everyone knows about those consequences. Thanks, in large part, to the groundbreaking work of Alan Schwarz of The Times, the National Football League has gone from minimizing the lasting damage that repeated concussions can cause to instituting rules about how soon a player can come back after suffering a head injury. Former players have filed class-action lawsuits against the league, claiming they suffer permanent brain damage as a result of concussions sustained while playing football. Stories recounting the lifelong toll of football injuries are common.

But no one had ever written an article like that before Clark Booth went to Miami. I remember being thunderstruck reading it. D.D. Lewis of the Dallas Cowboys talked about having nightmares and his fear of breaking his neck. Lee Roy Jordan, a veteran Cowboys linebacker, was asked by Booth why he kept playing with a sciatic nerve condition.

“By the time I’m 55, I feel they’ll have learned enough to medically treat me,” he said. “If they can’t, I can accept that.”

Booth asked sportswriters and ex-players about the worst injury they had ever seen. The stories he heard were almost too gruesome to read. He wrote about Alex Webster, a former great for the New York Giants who had “developed a radical mastoid problem from repeated thumps to the head.” Eventually, Webster required surgery that “involved cutting off his ears and then sewing them back on.” He then developed middle ear problems.

“Why maim yourself?” said Irv Cross, the former player-turned-sportscaster. “I don’t know. You just do it.” Jean Fugett, a tight end for the Cowboys who made $21,000 that year, said, “Injuries are just like death to a lot of players ... death of a career ... death of all that a lot of them want in life. So you say, ‘I’m not gonna worry about dying. I’m gonna go ahead and live!’ ”

I never forgot that article. And a few weeks ago, I tracked down Booth, who is 73 and living in Florida. He dug up a copy of the article, entitled “Death and Football,” and sent it to me. It was every bit as powerful as I had remembered.

“It was different then,” Booth recalled, talking about how he got the story. “You had a lot more contact with the players than reporters do now. You could catch them in the bar, or the hotel lobby, or talk to them after practice.” When he asked players about injuries, he said, there would usually be a long silence, and then they would start talking about their most hidden fears and their deepest denial. Other players, overhearing the interview, would chime in with their own stories.
“I felt like I had opened a door that nobody had tapped before,” Booth said. “I was amazed at what they were telling me.” Other reporters who overheard Booth’s interviews were also amazed. But Booth never had to worry about being scooped. Sportswriters back then just didn’t write about subjects like whether concussions led to dementia. “They were fascinated,” said Booth, “but they had no use for the material.”

After talking to Booth, I tracked down one other person from Super Bowl X: Jean Fugett, now a lawyer in Baltimore. “Would I play football again if I could do it all over again? Probably,” he said. “But I cried when my youngest son took a football scholarship.”

Today, says Fugett, he can’t sleep more than three hours a stretch without feeling pain somewhere in his body. He has no idea, he told me, how many concussions he sustained; back then, “you didn’t take yourself out of the game unless you stuffed two ammonia tablets up your nose and your head didn’t jerk back. That’s when you knew you were really concussed.” And he views himself as one of the lucky ones. Most of the former players he knows live with far more pain than he does.

Thanks to rule changes aimed at lessening the chances of career-ending injuries, football is a tad less dangerous than it once was. But it is still a game whose appeal lies in its violent nature. You cannot play football at the professional level without having it affect — and quite possibly shorten — the rest of your life.

“I don’t think anyone should play tackle football before high school,” Fugett told me before getting off the phone. “Kids’ bodies are not ready.”

“Flag football,” he said, “is a wonderful game.”


Kyk ook die foto’s en veral die kommentaar by: http://thewondrous.com/18-horrible-sports-injuries-ever/

Friday, February 03, 2012

Die belangrike is om jou eie huis in orde te kry.



Sint Antonius.


Ek lees die onderstaande stuk vanmiddag. Dit kom uit 'n heel ander konteks en sou vir sommige vreemd wees.


Maar die wysheid daarin loop diep:  wat saak maak is nie wat 'n mens alles kan oopkrap of verstaan of ken nie. Wat tel is of 'n mens jou eie huis in orde kry en God vertrou om in goddelike wysheid die regte ding te doen.


Hier is die gedeelte:



When Abba Anthony thought about the depth of the judgments of God, he asked, “Lord, how is it that some die when they are young, while others drag on to extreme old age?

“Why are there those who are poor and those who are rich? Why do wicked men proper and why are the just in need?”

He heard a voice answering him, “Anthony, keep your attention on yourself; these things are according to the judgment of God, and it is not to your advantage to known anything about them.”

Someone asked Abba Anthony, “What must one do in order to please God?”

The old man replied, “Pay attention to what I tell you: whoever you may be, always have God before your eyes, whatever you do, do it according to the testimony of the holy Scriptures; in whatever place you live, do not easily leave it. Keep these three precepts and you will be saved.”

Abba Anthony said to Abba Poemen, “This is the great work of man: always to take the blame for his own sins before God and to expect temptation to his last breath.

He also said, “Whoever has not experienced temptation cannot enter into the Kingdom of Heaven.” He even added, “Without temptations no-one can be saved.”

Abba Pambo asked Abba Anthony, “What ought I to do?” and the old man said to him, “Do not trust in your own righteousness, do not worry about the past, but control your tongue and your stomach.”

Abba Anthony said, “I saw the snares that the enemy spreads out over the world and I said groaning, “What can get through from such snares?” Then I heard a voice saying to me, ‘Humility.’”

He also said, “Some have afflicted their bodies by asceticism, but they lack discernment, and so they are far from God.”

He said also, “Our life and our death is with our neighbor. If we gain our brother, we have gained God, but if we scandalize our brother, we have sinned against Christ.”

One day some old men came to see Abba Anthony. In the midst of them was Abba Joseph. Wanting to test them, the old man suggested a text from the Scriptures, and, beginning with the youngest, he asked them what it meant.

Each gave his opinion as he was able. But to each one the old man said, “You have not understood it.” Last of all he said to Abba Joseph, “How would you explain this saying?” and he replied, “I do not know.”

Then Abba Anthony said, “Indeed, Abba Joseph has found the way, for he has said: ‘I do not know.’”




Antony the Great (c.251-356): Thirty-Eight Sayings, 2-9, 17,  translated by the Sr Benedicta Ward SLGin The Sayings of the Desert Fathers; online text here.


Sien ooh: http://enlargingtheheart.wordpress.com/2012/01/17/antony-the-great-always-have-god-before-your-eyes/

Thursday, February 02, 2012

'n Leë Kruis




In die kapel van Dharmaram Kollege by Christ University, hang hierdie kruis. Bokant die kruis is die duif, simbool van die Gees van God wat aan die mensdom gegee word. Dit wys op God se mededeelsaamheid, op God se verlange na gemeenskap, op die ondeurgrondelike genade dat God na die mens in 'n verhouding uitreik.

Daar is egter iets pertinents aan hierdie kruis. Daar is geen liggaam van Christus op die kruis nie. Maar meer nog: die kruis is ook leeg van binne. Mens kan dwarsdeur die kruis sien. 

Die simboliek van die kruis is deurdag. Die kruis wys naamlik, vertel my kollega op ons rondleiding deur die kapel met 'n stil, byna stemmige stemtoon, op die ontlediging van God. God, in die sin van Filippense 2, daardie baie ou Christus-himne, wat nie aan die goddelikheid vasklou nie. God wat leeggetap word vir die mens ontwil.

Die kruis vertel van die self-lediging van God. God "ledig", maak en word leeg.

Die laaste paar weke hoor ek by meer as een van die mense van ons nuwe tyd dat self-ledigende oorgawe darem seker bietjie ongesond is. Iewers moet 'n mens jouself kan handhaaf en van 'n self-kastyding kan wegkom.

Dit is nie altyd vir ons tyd se groot mense (let op die spasie) hoog mode dat 'n mens jouself ter will van ander ontledig nie.

Die kruis herinner 'n mens van die teendeel. As daar iewers 'n simboliese teken van self-prysgawe - tot die dood toe - is, is dit die kruis.

Die kruis van die kapel bly hang in my gedagtes.

Blog Archive