Wednesday, August 15, 2012

Die Super Seun sonder Selfoon








Gistermiddag luister ek toevallig oor die Engelse sender na ‘n lang onderhoud met Chad le Clos.

Hy vertel tydens die onderhoud dat die beroemde gesprek met sy pa op die BBC na hy die goue medalje gewen het, tipies is van sy pa. So liefdevol is sy pa nog van kindsbeen af teenoor hom.

“Kyk daar! Kyk na my seun! Is hy nie pragtig nie! Wat ‘n mooi kind! Ek was nog nooit so gelukkig in my lewe nie. Dis asof ek dood is en hemel toe gegaan het. Van nou af is my lewe net ‘n plesier.” Oor en oor, terwyl pa Le Clos, gebore in Mauritius, maar van ouderdom 7 al in Suid-Afrika, bars van trots en vreugde en liefde, praat die pa oor sy seun.

Terwyl ons in Nederland en België was, is hierdie onderhoud met die pa telkens uitgesend. Die kommentators het geskater van lekkerkry oor Chad se pa wat onkeerbaar die seun se lof besing.

Vele mense dink die onderhoud met Chad se pa was die media-moment van die Olimpiese Spele (sien die berig hieronder).

Ek wonder of pa en seun werklik besef met watter absolute genot mense oor die hele wêreld die liefde van ‘n pa vir ‘n seun bewonder het.

Tydens die onderhoud vertel hy van hul groot familie, hul gereelde byeenkomste met die groot gesin, van sy lang oefenure, van die ondersteuning van sy ouers en van sy afrigter, van sy gevoelens toe hy sien hy het gewen en van sy verhouding met Phelps.

Twintig jaar oud, vertel hy van sy kant af met waardering en erkenning hoe sy afrigter vir drie maande saam met hom deurgebring het om hom voor te berei vir die Olimpiese Spele en vir drie maande lank nie sy gesin gesien het nie. So erg was dit dat die afrigter se dogter naderhand geweier het om met haar pa oor Skype te praat omdat sy hom gemis het en kwalik geneem het dat hy nie by haar was nie. Chad, die super-atleet, sien dit raak, waardeer dit en gee erkenning daarvoor.

Oor en oor kom ‘n mens agter hoeveel opofferings hierdie superatlete bring. En hoeveel mense saam met hulle net soveel opofferinge maak.

Tydens die onderhoud bel matriekmeisietjies na die ateljee en nooi vir Chad uit om saam met hulle na hul matriekafskeid te gaan. En, seker nog te vars om te besef hoe wêreldberoemd hy is, sit hy en werk uit of die datums in sy program gaan inpas. Hy oorweeg sowaar om te gaan….  Toe die tweede uitnodiging oor die lug kom, gryp die afrigter darem in en vertel dat hulle op die datum nie in die land sal wees nie.

Ongekunsteld, nog salig onbewus van sy superstatus, nog onaangetas deur sy roem. Dit is mooi.

Maar, sê een inbeller, nadat hy vertel het dat hy Chad ontmoet het en sy spontaneïteit geniet het, hy wil net vra dat hy moet bly soos hy is: ‘n seun met ‘n nugtere, mooi geaardheid.

Sal dit ooit so bly? Want, om roem te dra, moet ‘n mens supersterk wees – in jou karakter. Roem, soos mag, korrupteer.

Die lang, lang onderhoud is boeiend. Dit is ‘n studie in karakterbou, ‘n onthulling van iemand se innerlike.

Wat onthou ek die meeste van al die interessanthede, vra ek myself na die tyd af? Daar is pragtige momente as hy oor sy pa en ma praat, oor sy opofferinge, oor sy liefde vir sy land, dat hy graag Pres. Zuma en Oud Pres Mandela wil ontmoet, as mense inbel en vertel hoe hy hulle lewens raak en hulle inspireer en as hy elke keer weer heel spontaan vir ‘n ieder en ‘n elk bedank – duidelik eg dankbaar.

Vreemd genoeg, is dit iets wat die afrigter, wat ook aan die onderhoud deelneem, vertel, wat my veral bybly:

Hy praat oor Chad se absolute toewyding en hoeveel hy bereid was om prys te gee. Maar, sê hy, hy het ook altyd weer die leiding van mense om hom aanvaar en op goeie raad gereageer. Kyk, vertel hy, die seun is 20 jaar oud, maar hy kon net op ‘n Saterdagaand ‘n selfoon kry wat hy weer op ‘n Sondag moes inhandig. En hy het dit heel gewillig gedoen. Vir die res van die week was hy daarsonder.

Stel jou voor.

‘n Twintigjarige seun sonder ‘n selfoon?

Geen wonder hy het ‘n goue medalje gewen nie.

As ‘n mens ‘n doel voor oë het, is jy op pad om te presteer. Jou lewe is gerig, jy werk aan wat jy graag wil bereik. Jy is op pad om resultate te behaal.

Dit is lank nie genoeg nie. Jy moet ook nog hard, hard werk. En jy moet kan vasbyt en deurdruk en opoffer. En jy moet na raad kan luister. Jy moet mense om jou hê wat dinge nie noodwendig vir jou makliker maak nie, maar wat van jou dinge vra wat belangrik is om jou doel te bereik.

Iewers moet jy ook bereid wees om anders as ander mense te wees. Om die “normale” dinge prys te gee, ter wille van die groter doel. Om sonder ‘n selfoon te wees.

Kyk na die seun! Kyk hoe pragtig is hy! Is hy nie mooi nie! Dit is my seun. Hy is ‘n wonderlike kind!

Klink bietjie na die Evangelie van die groot offer, van die Seun in wie die Vader ‘n groot vreugde, welbehae gehad het.

Mooi stof vir ‘n kinderpreek. So word ons geïnspireer. 

Die ander Seun, die een wat sy lewe afgelê het, besef ‘n mens, is ook so – net veel meer. As ‘n swemmer ‘n mens soveel kan inspireer, des te meer doen Hy dit…



While watching his son walk around the pool after the medal ceremony, Bert shouts: "Look at him, he's beautiful, I love you!"I have never been so happy in my life ... It's like I have died and gone to heaven. Whatever happens in my life from now on, it is plain sailing." Getting a fright when he sees his own large figure on one of the TV monitors, Bert asks Balding if the interview is live and then apologises saying: “Sorry, sorry. I'm ugly, I know!” Bert's endearing interview has gone viral, even leading to the hashtag “ChadsDad” on Twitter. Hailed by some as the media moment of the London 2012 games so far, the tweets have been pouring in: “Sport is the greatest thing! Us mortals can't win Olympic medals, but we can still feel it (almost!!) like #chadsdad #london2012 legend #SA” “The best thing about the Olympics so far = #ChadsDad” “I want Chad Le Clos to win so I can see his dad again! #chadsdad” “Dear BBC, can we please have Chad's Dad on again tonight?” “Fine work from the BBC there getting #chadsdad on. That is what the Olympics are about and what they mean to people” “Chad, your old man rocks. I have just looked in the dictionary at the word 'proud' and this is what I found. #ChadsDad” Chad Le Clos won the race in 1min 52.96sec, swimming alongside his long-time hero, Michael Phelps (who finished just 0.05sec after Le Clos). Japan's Takeshi Matsuda took third position. Bert could be seen wildly waving the South African flag in the audience as he watched his son take the gold medal.

Tuesday, August 14, 2012

Wanneer mans die swakker geslag is...


In vanoggend se Trouw is daar ‘n boeiende berig oor ortodokse Jode in Israel wat nou brille dra om hulle te help om nie vroue raak te sien nie sodat hulle nie onsedelike gedagtes kry nie.

‘n Mens kan hieroor spot. Dit vertel egter ook van hul religieuse ywer en hul begeerte om nie pervers te word nie. En dit wys ook weer hoe sensitief mense is vir hoe ander lyk, hoe hulle hul voorkoms versorg en hoe hulle aantrek.

En tog, tog, kry 'n mens 'n gevoel van onbehaaglikheid.

Met sulke berigte oor mense se ekstreme optrede, is ek altyd nuuskierig om lesers se kommentaar te lees. En in die reaksies sien 'n mens raak wat dit is wat jou pla omtrent sulke optredes.

Onder die reaksies op die berig was daar ‘n paar wat die Nederlandse skerpsinnigheid waardig was.

Die lesers skryf dat hierdie gebrildraery wys dat mans eintlik die swakker geslag moet wees. Hulle kan nie eers teen vroue staande bly nie.

Die ander reaksie het my nogal gehelp om ‘n besondere woord van Jesus te verstaan:

“Uiterlike” dinge is wat hierdie mans se lewe jaag. Hulle gedrag word deur ander mense en deur indrukke van buite bepaal. Jesus, sê die skerpsinnige reaksie, het juis vertel dat ‘n mens onrein word deur wat van binne, uit jou hart, kom. Vanuit ‘n rein hart, ‘n hart wat God lief het, kan ‘n mens, daarenteen, sterk, rein en gelukkig leef.

Sowaar, besef ek by die lees van die reaksie, bring so ‘n berig soos hierdie jou tot die punt om na te dink oor wat in jou hart leef, om verantwoordelikheid vir jou lewe en jou optredes te aanvaar en om volwasse te leef. 

Jy kan van binne, in jou hart, iemand wees wat na vroue kyk as mense en mooi vroue bewonder vir hul skoonheid sonder om na hulle as seksobjekte te kyk. 

Of ‘n mens kan ook in jou hart, in jou binneste, erotiek vier as ‘n gawe van God wat nie vuil of skandalig hoef te wees nie. Die liggaam, kan jy weet, is mooi en goed en ‘n gawe om voluit te geniet.

Die geestelike lewe is immers nie gnosties nie, dit vlug nie weg van die liggaamlike nie en dit beskou die fisieke dinge nie as ‘n bedreiging nie. Die liggaam, skryf Paulus juis, is ‘n tempel van God.

Aldus kyk ‘n mens na mooi vroue en na skoonheid in terme van jou verhouding tot God:

Altyd weer vier ‘n mens die liggaamlike op so ‘n manier dat dit jou en jou partner mooier mense maak, wat vreugde aan mekaar gee, ook liggaamlik en wat die ander een en ander mense nooit afbreek of as objekte mishandel nie. 

Die liggaamlike as gawe van God moet intimiteit en liefde bevorder. Dit maak juis die liggaamlike soveel mooier en erotieser.

Hier is die berig en onderaan drie reaksies daarop:

De aanblik van een aantrekkelijke vrouw is onweerstaanbaar, zo vinden veel mannen. Maar een misstap is zo gezet en daarom hebben ultraorthodoxe joodse mannen sinds kort een nieuw gadget. In Israël zijn speciale brillen op de markt gekomen die het zicht niet verbeteren, maar juist belemmeren. Voordeel: de kans op feminiene verleidingen wordt drastisch gereduceerd.

De glazen van het hulpmiddel zijn beplakt met twee halfdoorzichtige stickers. De brillenstickers voor de zeer gelovige mannen, die op straat te herkennen zijn aan hun pijpekrullen, hoofddeksels en lange zwarte jassen, zijn zo gemaakt, dat het zicht vanaf ongeveer drie meter vertroebelt. Wandelen kan dus wel min of meer veilig, maar autorijden is niet mogelijk met het geval. Een complete set (inclusief montuur, glazen en velletje met twee stickers) is voor een bedrag van omgerekend vijf euro te verkrijgen.

Lustgevoel
Ultra-orthodoxe joden, die momenteel zo'n tien procent uitmaken van de bevolking in Israël, dringen aan op een zeer strikte naleving van de joodse religieuze wetten. Inperking van het contact tussen mannen en (ongetrouwde) vrouwen hoort daarbij. Vrouwen, zo is de redenering, zetten mannen aan tot begeerte. In sommige bussen moeten vrouwen daarom achterin plaatsnemen, apart van mannen. Op die manier, is de achterliggende gedachte, blijft het lustgevoel van godsvruchtige gelovigen op een acceptabel niveau.

Expansiedrift
Afgelopen tijd kwamen de orthodoxen geregeld in het nieuws. Telkens was de boodschap van conservatieve aard. Posters met afbeeldingen van vrouwen werden geweerd uit orthodoxe wijken. Eerder dosten orthodoxe demonstranten zich uit met Holocaust-symbolen, zoals gevangenisuniformen en Jodensterren, omdat de regering hun niet zou toestaan strikte religieuze regels na te leven. Bij veel seculiere joden en gematigd religieuze gelovigen groeit het onbehagen. Niet in de laatste plaats vanwege de expansiedrift van de orthodoxen. Hun geboortecijfers zijn hoog - in de kleuterklassen zijn de orthodoxen al in de meerderheid.

Groei of niet - het 'vrouwenprobleem' voor de orthodoxe man blijft nog wel even bestaan. Om onnodig ongerief te voorkomen, heeft de firma die de brillen verkoopt een scala aan andere hulpmiddelen. Zo zijn er schermen die orthodoxe mannen naast hun hoofd kunnen plaatsen. Vooral tijdens vliegreizen is dat handig. Op die manier worden vliegende gelovigen niet geconfronteerd met een vrouwelijk lijf.


Eerste reaksie:
"Vrouwen, zo is de redenering, zetten mannen aan tot begeerte" . . Dus net als bij de moslims worden de joodse vrouwen ook gediscrimeerd omdat die mannen hun rits niet dicht kunnen houden?  Als die mannen zo veel beter zijn dan vrouwen, jullie woorden - niet de mijne, dan zijn ze toch ook in staat zich boven begeerte te verheffen ? Of is de man toch het zwakke geslacht?

Tweede reaksie:
Wat een sadomasochisme leggen deze engerds aan de dag zeg. Blijkbaar vertrouwen ze niet op de eigen ethische vaardigheden en zijn ze bang dat ze hun hitsige oprispingen niet kunnen weerstaan. Dus worden externe hulpmiddelen aangewend om zichzelf in het morele gareel te houden. Al lezende ontstaat hier toch echt het beeld van ongeleide en hoogst explosieve projectielen die je maar beter uit de maatschappij kunt houden.

Derde reaksie
Wat kan een gelovig en verstandig mens hier nog op zeggen? Blijkbaar zijn er overal mensen te vinden voor wie geloof geen zaak van het hart is maar eerst en vooral bepaald wordt door de uiterlijkheid van de dingen. Toch werd al heel lang geleden door de Jood Jezus gezegd dat niet wat van buiten de mens komt hem omrein maakt maar dat wat uit zijn hart voortkomt. Deze rechtzinnige mensen hebben dit in al hun geloofsijver blijkbaar nog steeds niet door.


Monday, August 13, 2012

Die wysheid of die gepraat oor wysheid?


Augustinus beskryf een van die oomblikke waarin hy ‘n geestelike verdieping ondergaan het. 

Hy was besig om ‘n boek van Cicero te lees. Hy was bewus daarvan dat dit nie ‘n Christelike werk was nie en dat Cicero nie na Christus verwys nie.

Tog, skryf Augustinus, het Cicero iets kwytgeraak wat hom diep geraak het. Uit die lees van 'n sekulêre teks, word 'n geestelike verdieping gebore. 

Cicero gee naamlik raad aan iemand dat ‘n mens nie maar net die groot redenaars oor wysheid moet bewonder nie. 

Dit gebeur naamlik wanneer die wysgere van verskillende skole in debat met mekaar tree te maklik dat ‘n mens onder die indruk van hulle wysheid of van hulle wysheidstradisies kom.

Wat nodig is, is eerder dat ‘n mens die wysheid self moet liefhê. Dit is waarna ‘n mens moet soek, waarna ‘n mens moet jaag, wat ‘n mens moet vashou en jou eie moet maak.

Wat my laat dink: die bewondering vir sekere teologieë, teoloë, predikante, van wyse mense wat ook in ons tyd voorkom.

Al die gepraat oor, van.

Dit word ‘n ervaring wanneer ‘n mens verby al die menings en slimmighede kan kyk en fokus op die Wysheid self, dit wat mense-menings voorafgaan en waarop die wyses hul slim uitsprake grond.

Nie gepraat oor wysheid nie, maar Wysheid self: dit maak saak. 

Dan ontstaan 'n liefdesverhouding, word die Wysheid deel van 'n mens se eie bestaan en woon dit in jou innerlike. Dit is nie iets wat op 'n afstand in ander mense se lewens voorkom nie.

Dit word joune.

Dit is transformatief. 

Sunday, August 12, 2012

Spiese in snoeiskêre




Hier onder is ‘n berig oor ‘n Amerikaans vredesaktivis van 82 jaar. (Kyk net die ouderdomme van haar mede-beskuldigdes en sien hoeveel energie kan daar in ouderdom wees as ‘n mens se hart aan ‘n saak uitverkoop is). 

Die NYT vertel vanoggend in 'n artikel van die vreeslose non ‘n paar merkwaardige dinge. 

Maar in die berig sien ‘n mens ook ‘n boeiende nadraai van die Bybelse teks in Jesaja 2:4 – daardie pragtige gedeelte wat in poëtiese taal, gelaai met metafore, en met treffende parallelle vertel van tye sonder geweld:

Daar kom ‘n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, ‘n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Al die nasies sal daarheen stroom, baie volke sal daarnatoe gaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer, en ons daarvolgens kan lewe’, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die woord van die Here.’Hy sal oordeel tussen die nasies, regspreek oor baie volke. Hy sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.”

Spiese in snoeiskêre! Swaarde in ploegskare. Hoe aangrypend is dit dat die Bybel veral en in die eerste plek aan die goeie tyd, die tyd van die drome, die tyd van God se toekoms dink as ‘n tyd waarin mense alles wat dodelik is uit die weg ruim en aanvaar dat hulle saam met mekaar in God se skepping kan deel. Sommige mense herinner ons dat geloof beteken dat ons God se drome vir ons skepping ons eie drome moet maak. Dan gebeur die onvermydelike: niks is te swaar of te kosbaar om alles in te sit dat daardie drome nou reeds werklikheid word nie.

Hier is die berig:

She has been arrested 40 or 50 times for acts of civil disobedience and once served six months in prison. In the Nevada desert, she and other peace activists knelt down to block a truck rumbling across the government’s nuclear test site, prompting the authorities to take her into custody. Sister Rice is one of three people arrested in a break-in at a the Oak Ridge nuclear reservation.

She gained so much attention that the Energy Department, which maintains the nation’s nuclear arsenal, helped pay for an oral history in which she described her upbringing and the development of her antinuclear views.

Now, Sister Megan Rice, 82, a Roman Catholic nun of the Society of the Holy Child Jesus, and two male accomplices have carried out what nuclear experts call the biggest security breach in the history of the nation’s atomic complex, making their way to the inner sanctum of the site where the United States keeps crucial nuclear bomb parts and fuel.

“Deadly force is authorized,” signs there read. “Halt!” Images of skulls emphasize the lethal danger.

With flashlights and bolt cutters, the three pacifists defied barbed wire as well as armed guards, video cameras and motion sensors at the Oak Ridge nuclear reservation in Tennessee early on July 28, a Saturday. They splashed blood on the Highly Enriched Uranium Materials Facility — a new windowless, half-billion-dollar pant encircled by enormous guard towers — and hung banners outside its walls.

“Swords into plowshares,” read one, quoting the Book of Isaiah. “Spears into pruning hooks.” The plant holds the nation’s main supply of highly enriched uranium, enough for thousands of nuclear weapons. 

The actions of Sister Rice, a New York native who grew up on a prosperous block in Morningside Heights, and her companions, ages 57 and 63, are a huge embarrassment for President Obama. Since 2010, he has led a campaign to eliminate or lock down nuclear materials as a way to fight atomic terrorism. Now, the three — two of whom, including Sister Rice, are free and are awaiting trial in October — have made nuclear theft seem only a little more challenging than a romp in the Tennessee woods.

In interviews this week, Sister Rice discussed her life — somewhat reluctantly at times — and kept emphasizing what she called “the issue.”

“It’s the criminality of this 70-year industry,” she said. “We spend more on nuclear arms than on the departments of education, health, transportation, disaster relief and a number of other government agencies that I can’t remember.”

Federal prosecutors, needless to say, take a different view. “This is a matter of national security,” William C. Killian, a United States attorney, told reporters outside a Knoxville courtroom. “It is a significant case.”

Sister Rice is no geopolitical strategist. But her bold acts and articulate fervor highlight how the antinuclear movement has evolved since the end of the cold war. They also illustrate the fierce independence of Catholic nuns, who met this week in St. Louis to decide how to respond to a Vatican appraisal that cast them as rebellious dissenters.

“We’re free as larks,” Sister Rice said of herself and her older religious friends. “We have no responsibilities — no children, no grandchildren, no jobs.”

“So the lot fell on us,” she said of fighting nuclear arms. “We can do it. But we all do share the responsibility equally.”

In 1998, she was arrested in a protest at the School of the Americas, an Army school at Fort Benning, in Georgia. It taught generations of Latin American soldiers to fight leftist insurgencies; some went on to commit human rights abuses. The school has since been closed.

Sister Rice served six months in federal prison. “It was a great eye-opener,” she said. “When you’ve had a prison experience, it minimizes your needs very much.”

Malaria and typhoid fever began to impede her work in Africa and brought her back to the United States permanently. Around 2005, her order gave her permission to join the Nevada Desert Experience, an activist group based in Las Vegas that organizes spiritual events near the atomic test site in support of nuclear abolition.

“She’s the kind of person who would risk her life to protect others,” Jim Haber, the group’s coordinator, said in an interview.

Late last month, Sister Rice set her sights on the Oak Ridge nuclear reservation, which covers more than 50 square miles, including wooded hills. Her aim was to draw attention to its nuclear work. After the break-in, the protesters released an "indictment" accusing the United States of crimes against humanity.

On Thursday in Knoxville, federal prosecutors shot back with an indictment of their own. They charged Sister Rice, Michael R. Walli, 63, of Washington, and Gregory I. Boertje-Obed, 57, of Duluth, Minn., with trespassing on government property (a misdemeanor) as well as its destruction and depredation (both felonies). The charges carry penalties of up to 16 years in prison and fines of up to $600,000. All pleaded not guilty.

A trial in Federal District Court in Knoxville is set for Oct. 10. If found guilty, the three defendants might be allowed to serve their sentences for the various charges concurrently, shortening their imprisonments to five years.

“She’s a pretty sympathetic character,” Ralph Hutchison, coordinator of the Oak Ridge Environmental Peace Alliance, said of the nun. “Sixteen years would be signing her death warrant.”

Sister Rice plans to leave Knoxville on Saturday for the Catholic Worker residence in Washington and commute to the trial from there.

She called her life privileged. “I’ve sort of fallen heir to it,” she told the interviewer from the University of Nevada. “I’m grateful.”

Megan Gillespie Rice was born in Manhattan on Jan. 31, 1930, the youngest of three girls in a Catholic family. Her father was an obstetrician who taught at New York University and treated patients at Bellevue Hospital. Her mother received a doctorate from Columbia University in history, writing her dissertation on Catholic views about slavery.

In the oral history, by the University of Nevada, Sister Rice portrayed her mother as strongly in favor of interracial marriage. “I just can’t wait,” she quoted her mother as saying, “until everybody in the world is tan!”

Sister Rice went to Catholic schools in Manhattan, became a nun at 18 and received degrees in biology from Villanova and Boston College, where her studies included class work at Harvard Medical School on how to use radioactive tracers. From 1962 to 2004, with occasional breaks, she served her order as a schoolteacher in Nigeria and Ghana.

“We slept in a classroom — no electricity, no water,” she said of her early days in rural Africa.
While visiting Manhattan in the early 1980s, she joined in antinuclear protests. She began visiting the Nevada test site for demonstrations and prayer vigils. Her mother accompanied her at times.

Around 1990, Sister Rice and other nuns set out on foot in the desert toward the site’s operational headquarters to distribute antinuclear leaflets. But guards, she recalled, “came up with their guns and treated us as though we were terrible criminals.”

Thursday, August 09, 2012

Dodelike afknouery.

Boelies kry 'n mens sekerlik en lank nie net in skole nie. 

Media-berigte skenk deesdae al hoe meer aandag aan 'n geboeliery in die werkplek. Dit is volwassenes wat ander volwassenes afknou. En dit is volwasse mense wat magteloos in die werkplek ervaar hoe hulle niks kan doen om te keer dat hulle afgeknou word nie.

Dit is 'n vorm van geweld teen ander mense wat vernietigend kan wees, soos die artikel in vanoggend se Trouw uitwys oor 'n onlangse voorbeeld uit Belgie wat vertel hoe 'n geboelie iemand se dood veroorsaak het.  

Hier is egter 'n belangrike punt wat ek in die artikel mis. Nie alle geboelie deur volwasse mense loop uit op 'n geslaan en 'n geskop nie. Die boeliery kan bloot net 'n wilde geskinder, 'n totale verwerping of 'n wrede gespottery wees. Of dit kan ook wees dat 'n baas of kollega's iemand anders saboteer of isoleer omdat hulle hom of haar wil uitskakel.

Hoe kan dit ook nou anders? Boelies verander nie skielik wanneer hulle uit die skool gaan nie. Hulle word grootmense wat hul boeliery voortsit in ander plekke. 

'n Mens sou hierdie voorbeeld wyd moet lees en nie net 'n geboelie in die werkplek raaksien nie. Daar is vele ander vorme van afknouery: want volwasse geboeliery kry ons in gesinne, in universiteite, in die kerk, in vergaderings (selfs sinode's)  en op die sportveld. 

Die vraag is waarom hoor 'n mens so min dat die kerk oor afknouery en 'n geboelie praat? En is 'n afknouery en 'n geboelie nie juis die beste teken van wat werklik in mense se lewens aan die gang is nie - 'n goeie rede waarom die kerk juis daarop bedag moet wees? 

Hoe, sou 'n mens kon vra, kan 'n mens die evangelie ooit beter oorvertel as deur die aandag te vestig daarop dat Jesus juis vir die mense omgee wat deur die samelewing geboelie en afgeknou word.


Hier is die berig in vanoggend se koerant:

Collega's die een ploegmaat vastbinden aan een bureaustoel, de mond dichttapen, slaan en schoppen. Chefs die een ondergeschikte op een kamer zetten zonder telefoon of computer, zodat deze niet kan werken en vanzelf wel zal opstappen. Pesten op het werk is aan de orde van de dag in België, en er staan geregeld gruwelijke voorbeelden van in de krant. Binnen de hiërarchische werkverhoudingen in het land worden 'lastpakken' gemakkelijk gemarginaliseerd of ontslagen en durven mensen het niet snel hogerop te zoeken.

Vorige week pleegde een ambtenaar van de gemeente Sint-Genesius-Rode zelfmoord. In zijn afscheidsbrief gaf hij de pesterijen op het werk als reden op, noemde de naam van de dader en verweet de gemeente gebrek aan steun. De waarnemend gemeentesecretaris ontkende daarop dat de gemeente wist van de pesterijen. Tot zover is dit nog routine.

Maar naar nu blijkt, wisten burgemeester Myriam Rolin, de toenmalige gemeentesecretaris en de personeelsdienst wel degelijk van de klachten. Een Brusselse onderzoeksrechter is op de zaak gezet. Mogelijk volgt een tuchtprocedure tegen de burgemeester.

In de slibcontainer gegooid
In mei vorig jaar kreeg het gemeentebestuur een aangetekende brief van een collega van de man die nu zelfmoord heeft gepleegd. Daarin beklaagde deze man zich over de pestkop, die onder meer collega's bedreigde die overuren maakten, een collega in de slibcontainer op de gemeentewerf had gegooid en kluisjes openbrak om kleding weg te nemen. De briefschrijver vroeg om maatregelen. Nadien zijn er nog brieven van twee andere klagers over deze zelfde pestkop bij het gemeentebestuur bezorgd.

Angst voor de baas
De Belgische overheid probeert het pesten op het werk te bestrijden. Na de zelfmoord van een postbode in 2000 kwam er in 2002 een wet die werkgevers verplicht binnen een bepaalde termijn op klachten te reageren. Want behalve de angst van werknemers voor hun baas, speelt bij de pesterijen ook een rol dat Belgische bazen en autoriteiten graag een probleem voor zich uit schuiven in plaats van oplossen.

Zo suggereerde het gemeentebestuur van Sint-Genesius-Rode, na ontvangst van de brieven, dat de slachtoffers bij een volgende gelegenheid een gedetailleerd verslag zouden maken om aan het gemeentebestuur te overleggen. De gedesillusioneerde werknemers hebben zo'n verslag niet meer gemaakt, en het gemeentebestuur heeft niets meer gedaan.

Mentaliteit veranderen
Volgens het bureau Idewe, een toezichthouder op werkplekken, neemt het aantal meldingen over pesten op het werk toe. In 2005 ging het om 367 meldingen, in 2011 waren er 802 officiële klachten. Minister van werk Monica De Coninck heeft aangekondigd in het najaar een campagne te willen beginnen om de mentaliteit van zowel bazen als ondergeschikten te veranderen.

Wednesday, August 08, 2012

Egte vreugde


Met die Olimpiese Spele voluit aan die gang, tref die blydskap van die wenners ‘n mens. Hulle is behoorlik uit hulle vel uit. 

En die verloorders loop met verslae, treurige gesigte van die wedlope af.

‘n Mens kan dit verstaan: dit is sekerlik ‘n spesiale ervaring dat ‘n mens na jare se uitmergelende oefening die vrug van die oorwinning kan pluk.

Maar dan kry jy daardie mededinger wat uit ‘n arm land kom en weens gebrek aan fasiliteite, fondse en afrigting nie ‘n medalje kry nie: Dankbaar vertel sy hoe bly sy is dat sy net kon deelneem. Die omgewing, die skare, die ervaring, die opwinding maak alles die moeite werd. ‘n Mens hoef nie goud te wen om bly en dankbaar te wees nie.

Vreugde kom nie net na ons omdat ons sulke spesiale mense is nie. Die wete dat ‘n mens deel is van ‘n gemeenskap, van ‘n familie, van ‘n vriende-kring, van die skepping, kan ‘n mens uitlig uit ‘n donker bui en jou met blydskap vul. Dit kan jou dinge laat raaksien wat jy maklik miskyk.

Daar is slegte tye en ‘n mens ervaar teleurstellings en verliese. Maar selfs in sulke ekstreme tye kan ‘n mens bly wees by die gedagte aan goeie dinge wat selfs in sulke tye na jou kant toe kom. 

Paulus, in die tronk, in allerslegste omstandighede, roem in die blydskap: hy, in sy barre plek van alleenheid, kan ‘n brief van vriendskap en blydskap skryf wat oor eeue heen mense inspireer. Want in sy situasie het hy geloofsgenote gehad wat hom in herinnering gehou het. En, veral, God wat by hom in sy donker nag gebly het. In sy put van ellende was hy nie alleen nie. Sy verhoudinge met ander, selfs oor verre afstande, bring hom by vreugde.

Dit is vreugde: om in alle tye altyd weer dankbaar te kan weet hoedat ‘n mens nooit regtig sonder die goeie is nie.  Selfs al is daar nie ‘n goue medalje nie, is daar die voorreg om deel te wees van die sportstadion van die lewe. Net om daar te wees, om te kan ervaar, gee al blydskap. Selfs in sy tronk het Paulus geweet hy is nie alleen nie.

Tuesday, August 07, 2012

Liefde as vriendskap: oor dit wat 'n mens gelukkig maak

In Johannes 15 vra Jesus dat sy dissipels mekaar sal liefhê. Hy sê aan hulle dat Hy hulle as vriende beskou wanneer hulle in ooreenstemming met sy versoek sal optree.

Dan voeg Jesus by: Niemand het groter liefde as dit nie: dat sy haar lewe vir ‘n vriend aflê.

Liefde kan ‘n niksseggende algemeenheid word. Maar liefde as vriendskap is baie konkreet en spesiaal. Mense wat vriende is, het alles feil vir mekaar. ‘n Egte vriend, sê ons altyd, kan jy herken in tye van nood wanneer jy hom/haar nodig het. Dit is iemand wat bereid is om op te offer ter wille van ander.

Dit is egter nie die opoffering wat tel nie. Dit is nie ‘n las om uit vriendskap van jou self te vergeet en na ander uitreik ten koste van jou self nie. As iemand naby aan jou seerkry, wil jy by so ‘n persoon wees en vergeet jy maklik van alles wat normaalweg vir jou so belangrik is. Dan word dit selfs ‘n voorreg en ‘n bron van diepe blydskap om jou eie dinge agter te aat en te sorg dat dit goed gaan met die een wat ly.

‘n Mens besef dat daar niks groters en beters is as om vriendskappe te hê. Dit is ‘n voorreg om te weet ander mense is naby aan jou, is lief vir jou en gee om vir jou.

Dit wys alles op ‘n belangrike geestelike saak: ons leef nie vir en uit onsself nie. Ons is gemaak vir die ander en ons egte geluk vind ons wanneer ons kosbare verhoudings met ander kan opbou.

Jesus moedig daarom sy dissipels aan: Hulle moet wel in Jesus se liefde bly (Joh. 15:9), maar hulle moet ook weet dat Jesus vir hulle vra om mekaar lief te hê (Joh.15:11). Hy weet immers: mense vind egte geluk waar hulle hulself vir ander gee.

Monday, August 06, 2012

Bewus van God se skeppingsliefde en ons rol daarin: oor 'n tweede geestelike oefening (7)



  ‘n Tyd van afsondering is ‘n geestelike oefening wat  ‘n mens vanuit baie perspektiewe kan benader. Elke mens sal so ‘n tyd en so ‘n oefening op ‘n unieke manier beleef. Dit is ook die rede waarom ‘n mens dit oor en oor doen: gereelde tye van afsondering sal elke keer weer deur dieselfde mens anders en nuut beleef word. En elke keer as ‘n mens die oefening herhaal, sal ‘n mens nuwe dinge daarin raaksien. Daarom doen ‘n mens byvoorbeeld hierdie oefening vir ‘n paar dae lank.

In ‘n protestantse konteks ken ‘n mens so ‘n tyd van afsonderig in die gewoonte van stiltetyd. In stiltetyd sonder ‘n mens jou af om aan jou geestelike behoeftes aandag te geen en jou verhouding met God te verdiep. ‘n Tyd van afsondering is iets soortgelyks, al duur dit gewoonlik langer en al onttrek ‘n mens jou uit jou normale, alledaagse omgewing. Die geestelike oefening waarmee ons hier besig is, kan egter aangepas word om op ‘n mens se eie in jou stiltetyd oor verskeie dae lank te doen.

Die afgelope paar blogs het ons nagedink oor hoe ‘n mens so ‘n tyd van afsondering – individueel of as groep – kan begin met herinneringe oor ‘n mens se geestelike lewenspad. Hierdie oefening in herinneringe het steeds weer as doel om dankbaar uit te kom by ‘n dieper verstaan van God se teenwoordigheid in jou lewe.

In hierdie blog gaan dit om die rol van ‘n gelowige in die groter verband van God se skepping. ‘n Mens is  nie net ‘n individu wat op jou eie geestelike groei ingestel is nie, maar ‘n mens se geestelike groei raak baie dinge en mense. Wat ‘n mens doen, is dus deel van God se skepping en beïnvloed al God se skepsels.

Maar ons geestelike oefening gaan ten diepste om God as die Een wat alle skepsels gemaak het. In Johannes 15 praat Jesus met sy dissipels oor sy verhouding met God en met hulle as sy volgelinge. Jesus moedig hulle aan om in Hom “te bly”. Die intieme verhouding met Jesus beteken dat hul lewens meer en oorvloediglik vrug sal dra.

Die intieme verhouding kom tot stand daar waar mense na Jesus luister (Joh. 15:5-8). Tog gaan die vir Jesus nie net om die vrug dra en die luister na sy gebode nie. Soos geblyk het aan die einde van die vorige blog, sien Jesus in alle geestelike oefeninge en in alle toewyding iets dieper. Daarom sê hy in Johannes 15:8: “My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”

 Jesus bring sy dissipels tot die punt dat hulle verstaan hoedat hulle moet vrug dra in al hulle verhoudinge met almal en dat alles uiteindelik verbind is aan God. Hulle word as volgelinge opgeneem in die groot versameling en is deel van die skepping wat God se naam verheerlik. God wil die wêreld lig gee. God het die wêreld uit liefde geskep en verlang dat almal vrygemaak sal word tot die liefde. Hierdie bedoeling van God met ons en die wêreld is wat ons bestaan sinvol en tevrede maak.

As ‘n geestelike oefening kan ‘n mens jou dus daarop instel om God se skeppingsbedoeling in ons lewe met ons almal te ontdek. Elke dag kan ‘n mens tyd neem om na te dink wat dit is wat God deur ‘n mens se lewe in jou omgewing en teenoor alle mense wil bereik en hoe dit tot eer van God kan dien. Daarmee kan ons antwoord op die vraag wat ons deur ons lewe kan doen sodat God se liefdeswerk in die skepping gedien kan word.  

Daar is ‘n belangrike winspunt in hierdie nadenke oor die manier waarop ‘n mens se lewe God se skeppingsliefde kan dien: ‘n mens besef daarmee dat alles nie om jouself draai nie. ‘n Mens is werklik gelukkig ook as ‘n mens ingestel is op ander mense en op die wêreld. Wanneer ek soek na die unieke bydrae wat net ek in God se skepping kan lewer, is ek sensitief vir wat om my omgaan en hoe ander mense tot volwassenheid gebring kan word deur die dinge wat ek kan doen.

Uiteindelik is die beste en diepste deel van hierdie oefening dat ‘n mens nader aan God kom: ‘n mens is oop vir wat God wil doen en ‘n mens begin ervaar wat dit is wat vir God belangrik is.

Dit maak dus sin om ‘n hele week lank jouself in ‘n tyd van geestelike oefening en afsondering in te stel op God se begeerte vir ons wêreld en vir ons lewens. Dit is ‘n oefening wat ‘n mens kan bring tot ‘n gevoel van vervulling en blydskap.  Hiermee is die agtergrond van die geestelike inoefening in God se skeppingsliefde geteken. Dit skep die raamwerk waarin ‘n mens nou prakties te werk kan gaan met hierdie oefening. Later meer oor die praktiese kant van hierdie geestelike oefening.

Sunday, August 05, 2012

Oor die dieper betekenis van herinnering as ‘n geestelike oefening.



 
‘n Goeie geestelike oefening, het ons gesien, is om ‘n mens se lewensreis in herinnering te roep.

Hieroor het ‘n paar van die vorige blogs gegaan.

Maar om werklik sinvol hiermee om te gaan, moet ‘n mens die eerste nadenke dieper bedink. Onder die oppervlakte van herinneringe, moet ‘n mens soek na die geestelike prosesse wat besig was om voltrek te word. Daarom behoort ‘n mens hierdie herinneringe verder te weeg in die lig van hul geestelike karakter en implikasies. Wat sê ‘n mens se verlede aan jou oor jou geestelike lewe en wat doen ‘n mens se herinnering aan jou geestelike lewensreis?

‘n Mens kan as eerste belangrike perspektief  nadink oor ‘n mens se ervaring van God in jou herinneringe. Hierin bly ‘n mens uitdruklik, as ‘n eerste fase, besig met waar God in jou herinneringe aan die werk was. ‘n Mens sou jou lewe kon beoordeel in terme van die tye wat jy op n spesiale manier gevoel het dat God in jou lewe teenwoordig was. Sekere fase’s van ‘n mens se lewe, besef ‘n mens tydens die oefening van herinnering, beleef jy as tye van seëninge waarin jy voel dat jou lewe ‘n geskenk uit die hand van God is. Die gedagtes maak ‘n mens dankbaar en versterk ‘n mens se geloof in God se goedheid in ‘n mens se geestelike lewe.

Maar dan, weer, is daar tye dat ‘n mens die Prediker-oomblik het: tye waarin ‘n mens voel asof alles sinloos is, asof God afwesig is en asof die lewe saai, ongenaakbaar of selfs ondraaglik word.  Dit is tye wat vir ‘n mens pynlik is om te onthou.  Maar ook hieroor moet ‘n mens eerlik wees en weeg wat ‘n mens daaraan doen. Dit is een van die groter uitdagings om die dor tye waaraan ‘n mens gedink het, te ondersoek en te vra waarom dit so sleg was en wat ‘n mens kan doen om vrede met daardie pynlike, dodelike tye om te gaan.

Ander kere weer, veral as ‘n mens eerlik is, is daar aspekte van jou lewe wat jy nie graag weer wil oproep nie of waaraan jy nie regtig wil dink nie, want ‘n mens voel dat dit plekke is waar God nie saam met ‘n mens wil wees nie. By sulke herinneringe moet ‘n mens besluite kan neem of en hoe lank ‘n mens nog sulke tye in jou lewe kan duld.

Aan die einde van hierdie geestelike oefening van herinnering en nadenke oor jou lewensreis, moet ‘n mens jouself afvra wat dit aan jou gedoen het en hoe dit jou lewe beïnvloed het. Vir sommige mense sal dit ‘n lastige oefening wees, iets wat hulle liewer nie weer wil doen nie. Dit is vir hulle eenvoudig nie goed of lekker of sinvol om so ‘n geestelike oefening aan te pak nie. In so ‘n geval moet ‘n mens nadink waarom vele wyse geestelike leiers soveel waarde heg aan die geestelike oefening van nadenke en herinnering. Doen ek die oefening in die sin waarin dit bedoel is? Waarom vind ek die oefening saai of onbelangrik?

Ander sal voel dat hulle deur die oefening uitgedaag word, of gemotiveer word om ‘n nuwe rigting in te slaan. Hulle sal sekere dinge wat hulle in hul lewe as spesiaal bedink het, opnuut weer wil ervaar en daarom uitsien om dit weer te beleef. Hieruit kan selfs ‘n spesiale patroon ontwikkel deurdat ‘n mens ‘n hele rits van ervarings kan lys wat ‘n mens deur die geestelike oefening van herinnering leer ken as dinge wat ‘n mens se lewe ryker gemaak het en daarom ‘n groter rol by jou behoort te speel. Die geestelike oefening van herinnering help dus om ‘n mens meer bewus te maak van wat in jou lewe transformatief werk en jou opbou. Hierdeur leer ‘n mens wat dit was wat hulle lewe op ‘n nuwe spoor geplaas het.

Soms kan die geestelike oefening ‘n mens op ‘n spesiale manier help om negatiewe ervarings te herken wat jou lewe ontspoor het. As ‘n mens op die manier oor jou herinneringe nadink, kan jy juis hierdie ervarings leer vermy.  

In Spiritualiteit gaan dit steeds weer om geestelike volwassenheid en ‘n goeie selfbeeld. Daarom moet ‘n mens steeds weer in jou nadenke oor jou lewe jouself afvra hoe jy oor jouself voel in die lig van die geestelike oefening van herinneringe. Wys jou herinneringe dat jy volwasse geraak het? Toon jou gedagtes dat jy gesonder, heler en meer volwasse word? Kan ‘n mens steeds weer by al die herinneringe dankbaar wees teenoor God vir jou lewensreis? Op watter manier, sou ‘n mens kon sê, help my gedagtes oor my lewensloop my om meer getrou, meer opreg, meer liefdevol, meer diensbaar te word.


Saturday, August 04, 2012

Gebed uit 'n liefdelose hart


Ek sien, Here, in U kruis U goddelike oordeel oor die kwaad. U, o Seun bewonder ek dikwels as die Styder teen ongeregtgheid ten dode toe.

Soms mislei die stryd teen die kwaad my, wil ek op my eie kruistog gaan, soek ek triomfantelik die uitwissing van die Bose. Dikwels, in my eie hart, woed die drang om vyande te oorwin en uit te wis. Dit word my een en al.

En tog, weet ek, is daar in U kruis eerder die diepere moment: U, gekruisigde, was die Een wat veral die lyding van ander onder die kwaad op u skouers geneem het. In die kruis herken ek u solidariteit met die pyn van mense wat deur die bose aangebring is. 

U was die Een wat omgegee het, wat U kon inleef in die ellende van hulle wat ly, ook onder u teenstanders. U was die Een wat barmhartig was teenoor hulle wat U verneder en gekruisig het. Boosdoeners wat U bespot het, het U in stilte verduur. Kwaaddoeners het U paradys toe geneem.

U het geweet hoedat u teenstanders hul mens-wees kwyt was, hul heiligheid vermink het in hul verwerping van God se liefde. In hul afwysing van U het hulle die oordeel oor hulle self laat kom.

Deur die sagte woord het U grimmigheid oorwin. Die gebalde vuis het U beantwoord deur ‘n Hand uitgestrek in Liefde. U het die kruisweg gevolg terwyl u vyande op ‘n kruistog was.

En, daarom, het U vir hulle gebid, om hulle tot op die bitter einde van die kwaad vry te maak.
Lei my in die goedgesindheid waarin U so tuis was, Lam van God en Vredevors. Laat hierdie Liefde my leer wat werklik saak maak, en laat dit my vry maak, sodat my verlange na vrede iets anders sal wees as maar net nog ‘n begeerte na wraak, as ‘n bedekte poging om kwaad met kwaad te vergeld.

Bo alles, Here, vra ek die onmoontlike: ek wil, soos U, solidêr word met hulle wat ly. Ek wil die genade ontvang om saam met hulle te kan rou en veral om hul lyding te verlig. Laat dit my begeerte wees in my soeke na vrede, in my verlange na ‘n wêreld sonder pyn, in my verset teen die kwaad.

Daarom bid ek dat U my nog nader as ooit tevore sal bring aan die lydende wêreld. Laat die pyn van ander my hart vul met pyn. Moet my nie in voorspoed wegneem van hulle wat om my in verwerping, swaarkry, siekte en onderdrukking moet leef nie. Laat U kruis my lei op ‘n pelgrimstog saam met ander wat in nood is.

Ek begryp, Here, U goddelike oordeel oor die kwaad kom nie voor en ook nie sonder die Liefde en Genade nie. Ek sien, Here, dat U uiteindelik die kwaad beveg deur die Goeie te doen, deur Self in te kom in ‘n donker, deur-kankerte wêreld. Wees by my ook, in al die kwaad wat my lewe vul, in u ondeurgrondelike liefde. Ontferm U oor my, die een wat graag saam met U in die paradys wil woon.


Friday, August 03, 2012

Die verwaarlosing van geestelike oefening onder Protestante (5)


In sy boek oor Protestantse geestelik oefeninge, skryf Joe Driskill dat die hoofstroom Protestantse kerke die geestelike versorging van hul lidmate verwaarloos het.  Natuurlik preek hulle oor baie dinge – oor die regte leer, oor sosiale geregtigheid, oor ‘n mens se verantwoordelikheid teenoor jou gesin, die kerk en die samelewing. Maar daardie instelling op die mens se innerlike geestelike behoeftes bly agter.

Hy dink dit het veroorsaak dat lidmate geestelike onvolwasse gebly het: hul geestelike ontwikkeling strek nie verder as kinderlike opvattings oor die Bybel en oor sulke geestelike tema’s soos gebed nie. Dit sien ‘n mens raak in die naïewe manier van bid by mense wat in alle ander opsigte ‘n volwasse, gesoute en gevorderde lewenswyse het. In werklikheid, skryf hy, sou ‘n mens hul geestelike ontwikkeling selfs as kinderagtig kon beskryf. Net so het mense ‘n naïewe manier van met die Bybel omgaan. Hulle kan nie oor hul innerlike ervaringe praat nie en dinge soos stiltetyd, afsondering, toewyding, vas, vorme van gebed en ander geestelike oefening is vir hulle onbekend of onbelangrik.

Die verwaarlosing van mense se geestelike vorming en die gebrek aan geestelike oefeninge om dieper te groei in die geloof, kan volgens Driskill nadelige gevolge hê. Wanneer ‘n mens allerhande onopgeloste geestelike kwessies het, kan dit hom op vele manier wreek. Mense met ‘n swak gevormde geestelike lewe kan selfs fisiek aangetas word. Hulle kan letterlik siek raak, fisiek aangetas deur diepe geestelike ontnugteringe of teleurstellings. Of mense kan allerhande sielkundige kwale ontwikkel. Wanneer ernstige geestelike krisisse oor hul pad kom, kan hulle dit nie hanteer nie. Hulle loop met opgekropte woede, of met angs, of met skuldgevoelens rond .

Ek is geboei deur ‘n ander voorbeeld wat hy noem:  mense kan geestelik so onvolwasse wees dat hulle nie eers agterkom hoe sleg dit met hulle geestelike lewe gaan nie.

Die gevolge van so ‘n onversorgde geestelike lewe is dat mense tevrede is met goedkoop antwoorde. Hulle het nie die innerlike rypheid om te sien dat hulle nie ver met sulke antwoorde gaan kom nie. Hulle besef nie hoeveel geestelike oefeninge nodig is om die geestelike pad te kan loop nie.


Die situasie wreek hom op die kerk self: mense met swak gevorderde geestelike instellings en houdings, tree kinderagtig op. Hoe dikwels sien 'n mens dit nie dat mense ontnugter en ontevrede buite die kerk na geestelike voedsel gaan soek omdat hulle aan 'n hongerdieet blootgestel word.

Paulus het hierdie probleem goed geken. Hy skryf in 1 Korintiërs 3:1-2 oor die gelowiges in Korinte wat nie verder as die eerste fase van die geloofsreis gevorder het nie. Hulle leef nog van die melk waarmee Paulus hulle gevoed het. Daar het in hulle lewe iets gebeur en die evangelie het tot hulle harte deurgedring. Dit was die tyd dat hulle gulsig soos honger kleintjies die melk opgeslurp het. En dit is sover as wat dit gekom het. Wanneer dit tyd geword het vir die “vaste kos,” kon hulle dit nie verteer nie.

Gelowige mense wat nie die kinderskoene van die geloof ontgroei nie, ly onder die ongeestelike gedrag wat die gevolg is van so ‘n lewe. Hulle is jaloes en twissoekerig. Hulle vorm groepies in ‘n gemeente wat mekaar ondermyn en beveg. Hulle kan nie hul eie tekortkominge raaksien en aanspreek nie. Hulle het nie die geestelike krag om die groot uitdagings wat gelowiges in die oë staar, aan te pak nie.

Paulus som dit raak op: mense wat nog geloofsmelk drink, is op wêreldse dinge ingestel. Hulle is nie op die geestelike dinge, op God ingestel nie.

Daarmee kom ‘n mens weer uit by die vraag watter aandag geestelike oefening in die kerk kry. Dit is nodig om hieroor diep na te dink.

Dit is teen hierdie agtergrond dat dit sinvol is om die bydraes oor herinnering as ‘n geestelike oefening te bedink. Maar dit is net ‘n eerste stap in ‘n lang proses van afsondering met vele ander geestelike oefeninge wat ek in die volgende tye wil bespreek.

Thursday, August 02, 2012

Geestelike oefening: dit is God wat laat groei


Wanneer ‘n mens geestelik oefen, maak ‘n mens se instelling ‘n beslissende verskil:

Die bedoeling met geestelike oefeninge  is om ryker in ‘n mens se geloofslewe te word.

Maar hier is wysheid nodig: wanneer ‘n mens geestelike oefeninge doen, vra ‘n mens nie groei nie. Dit is nie waarvoor ‘n mens jou inoefen in die dinge van God  nie. Jy is nie ingestel daarop om te laat groei nie.

‘n Mens verloor jouself eerder in die oefening self. Jy gee volhardend dinge prys wat jou terughou of belemmer en stel jouself in op die dissipline van toewyding.

Wat saak maak is om te oefen. Dit is hierdie oefening wat tel.

In al die toewyding vertrou ‘n mens dat God die groei sal gee.

Paulus het dit in 1 Korintiërs 3:6 uitgespel: “Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het.”

Paulus het al sy dae met die Korintiërs gehad. Hulle was ‘n rowwe, bakleierige klomp mense. As hulle pastor het hy veel tyd in hulle belê. Hy vertel in die brief spesifiek van sy groot opofferings. Sy plantwerk was veeleisend. Maar steeds weer het hy daarin volhard. Dit was deel van sy toewyding aan die evangelie. Hy het nie, aanstellerig, gedink dat hy kan laat groei nie.

Uiteindelik, egter, het hy besef, kom die groei alleen maar van God. Alles wat ‘n mens doen, hoe toegewyd ook al, is futiel, voorlopig, totdat God die groei skenk.

Daarom soek ‘n mens nie groei nie. 'n Mens is eerder op die oefening as op groei ingestel. Dit, die groei, kan alleen van Bo kom. Van die mens se kant soek jy om te bly plant, om nat te maak, om in die lande te ploeg en te saai. Dit is al beloning genoeg.

Die res is in God se hande.

Wednesday, August 01, 2012

Dankbaar - ook oor die pynlike herinneringe. Oor die geestelike oefening van herinnering (3).


Herinneringe aan 'n mens se geestelike lewenspad kan ‘n belangrike eerste geestelike oefening word waardeur ‘n mens se verhouding met God verdiep word.

Deur herinneringe raak ‘n mens bewus van hoe ‘n mens se lewe gevorm word deur alles wat oor jou lewenspad kom.

‘n Mens ontdek hoedat jou verlede steeds weer ‘n blywende invloed het op wie jy is, op wat jy doen en op hoe jy jou lewe deurbring.

Deur spesifiek vir ‘n paar dae na te dink oor ‘n mens se lewensloop kan ‘n mens geestelike groei. 

Maar hiervoor is dissipline nodig: oor die tydperk van dae lank, dink ‘n mens na oor wat met jou in verskillende tye van jou lewe gebeur het. Dit word ‘n nadenke oor ‘n mens se kinderdae, jou kleutertyd, tienertyd, tyd van jong volwassenheid en latere fases.

Dit is nadenke waarmee ‘n mens bewustelik besig is: elke oggend of aand met stiltetyd, of sekere tye van die dag, kan ‘n mens aandag hieraan gee. Dit is goed om selfs nota’s te maak en ‘n mens se gevoelens te beskryf.  Dikwels gebeur dit dat ‘n mens se herinneringe aan sekere tye verder geprikkel word wanneer ‘n mens iets onthou en dat dit weer ander gedagtes na vore bring. Al hierdie herinneringe  word bewustelik onthou en verwerk.

Soms sal dit moeiliker as ander tye wees om deur sekere herinneringe te werk. Maar dissipline vra dat ‘n mens die waagstuk moet aanpak. Waar die proses te intens word of waar herinneringe ‘n mens depressief maak, is dit belangrik om hulp te soek en die ervaringe met ‘n professionele persoon te deel. Die geestelike oefening van herinneringe wil egter nie met sulke ekstreme herinneringe werk nie. Dit is ‘n rustige, versigtige omgaan met daardie momente in ‘n mens se lewe wat ‘n mens op jou geestelike weg beïnvloed en wat ‘n mens geestelik sal laat vorder deur op ‘n volwasse manier daardeur te werk.

Die dissipline het te doen met meer as net ‘n klomp feite in jou gedagtes opnoem. ‘n Mens bedink steeds weer hoe jou lewensloop jou beïnvloed het, hoe dit jou geraak het en hoe dit jou lewe verander het.

Dit beteken weer dat ‘n mens steeds die pad van herinneringe met God moet loop: want per slot van sake vra ons geloof dat ons iewers die dinge van ons lewe vanuit die hoek van God moet bedink. Hoe, sou ‘n mens kon vra, sien ‘n mens God se hand raak in die ervarings van die lewe?

En dit weer, sê die wyses in spitiruele tekste oor geestelike oefeninge, beteken ook dat ‘n mens jouself instel om God se genade te herken in wat jy onthou. Daardeur kom dankbaarheid oor jou lewenspad in jou innerlike op.

In hierdie tyd van afsondering met my herinneringe, kan dit gebeur dat ek vir God dankbaar is selfs oor die negatiewe dinge in my verlede.  Die slegte dinge in my verlede bring my byvoorbeeld om dankbaar te wees dat ek daardeur kon kom, of dat dit my geleer het om nie dieselfde foute te maak nie, of dat dit my nader aan God gebring het of dat dit my bewus gemaak het hoe feilbaar ek is en hoe nodig ek God het. Op baie verskillende maniere sal mense hul verlede dan verwerk, as iets wat ons in ons geestelike lewe laat groei het.

Die geestelike oefening wat begin met herinneringe aan ‘n mens se verlede, kan ‘n eerste stap in genesing of in die proses van geestelike volwassewording word.

Blog Archive