Friday, October 18, 2013

Daar kom 'n tyd dat 'n mens te laat ontdek hoe belangrik dit is om goed te doen.


'n Paar jaar terug vertel iemand my hoe 'n persoon wat jare lank vir haar eie ideale en voordeel geleef het, op 'n dag 'n heel nuwe insig in haar eie lewe ontdek het. Daar was niks korrup aan haar vorige lewe nie. Sy het geveg vir wat reg en goed is. Haar morele kompas was onberispelik en haar sukses in haar beroep groot.

Toe, op 'n gevorderde leeftyd, het sy ontdek hoe sy in haar lewe mense as syfers beleef het. Sy het besef hoe min goed sy gedoen het. Op haar ouderdom het sy ingesien dat 'n suksesvolle, morele lewe nie noodwendig die belangrikste is nie.

En, vertel my gespreksgenoot, 'n mens kan moeilik dertig jaar se gebrek aan goed-doen inhaal.

Ek kou lank aan ons gesprek. Soms is die belangrikste ding wat 'n mens kan doen, om goed te wees vir mense om jou.

Die gedagte van goed-doen  kry vir my 'n nuwe betekenis. Dit is sekerlik, besef ek ook, waar dat 'n mens moeilik jare se verwaarlosing hiervan kan inhaal. Vele, vele mense ontdek dit te laat in hulle lewens. En hulle dra 'n las van verwyt hieroor.

Juis daarom vra die tema besonder aandag.

Dit gaan vir my nie om 'n nuwe moralisme nie. Ek dink aan die verhaal eerder as 'n ontwaking van spiritualiteit: ontferming en heiligheid is immers twee sleutelbegrippe in spiritualiteit.  Omgee staan in die hart van spiritualiteit. Heiligheid beteken dat 'n mens 'n lewe soek wat so ontfermend is soos wat God teenoor die wêreld en die skepping is. Om goed te doen is dus 'n teken van 'n mens se geestelike volwassenheid en groei.

Dit is daarom spesiaal dat iemand tot so 'n ontdekking en, dus, geestelike verdieping kan kom, al is dit eers laat in so 'n persoon se lewe.

Onlangs loop ek die persoon raak waaroor ons gesprek gegaan het. Ons staan lank en gesels. Sy vertel my, terloops en sonder enige pretensies, hoe sy gereeld 'n vriendin wat 'n invalide is, besoek om haar te versorg, uit te neem, haar finansies te hanteer en haar versorging in die inrigting te monitor.

In daardie een gesprek het ek 'n kant van die persoon gesien wat my meer aangespreek het as al die spesiale gesprekke wat ons ooit gehad het. Nie oor die goeie dade waaroor ons gepraat het nie, maar omdat ek in hierdie gesprek ervaar hoe iemand omgee vir 'n ander, en, heeltemal onbewustelik, haar eie belange eenvoudig op die agtergrond skuif.

Daar is iets roerends aan dinge wat mense doen bloot omdat hulle ander gelukkig wil sien.

Veral en des te meer wanneer dit iemand is van wie jy dit nie verwag nie. 

En tog: die ervaring laat my weer eens besef hoe belangrik dit is dat 'n mens gedurigdeur weer met mede-pelgrims weeg wat werklik saak maak. Want, daar kan 'n tyd kom dat dit nie meer moontlik is om goed te doen nie.

Hieraan dink ek toe ek vanoggend 'n spesiale berig lees. In 1979 is 'n Amerikaner wat vir 'n groot firma in 'n Suid-Amerikaanse land gewerk het, uit sy huis ontvoer deur 'n groep wat gekant was teen sy firma se teenwoordigheid en samewerking met die destydse regering.

Hy is vir byna drie en 'n half jaar in 'n oerwoud deur gemaskerde wagte aangehou in 'n hut, vasgeketting aan 'n paal. Heel per ongeluk het polisielede op hom afgekom, sy wagte doodgeskiet en hom tronk toe geneem. Hulle het nie geweet wie hy was nie.

Niemand het gedink hy leef nog nie. Net sy familie het aan die hoop vasgehou dat hulle hom weer sou sien.

Hy het nooit bitter geword nie. Hy het van Woensdag tot Woensdag geleef, met sy wagte gesprekke aangeknoop en met hulle geargumenteer oor die politiek.

Van kindsbeen af, vertel hy, het hy mense se woord maklik aanvaar. Daarom het hy ook geglo dat sy wagte bedoel het toe hulle hom verseker het dat hulle hom nie gaan doodmaak nie.  Sy ontvoerders het drie en 'n half miljoen dollars as losprys geëis, maar ook dat sy firma kos vir die armes versprei en hul korrupte samewerking met die regering in advertensies erken.

Sy traumatiese ervaring in die diep oerwoud van 'n Suid-Amerikaanse land toe hy 24 uur per dag vasgeketting en voor die loop van 'n geweer geleef het, het hom 'n paar dinge geleer, het hy na sy bevryding en terugkeer huis toe, vertel.

Dit is 'n indrukwekkende eenvoudige les: 

Hy het geleer wat regtig in 'n mens se lewe saak maak en watter prioriteite jy moet nastreef.

Hy het geleer hoe belangrike sy geloof in God vir hom was.

En, lees ek die slot van hierdie verhaal in vandag se NYT: hy het geleer hoe belangrik dit is om goed te doen terwyl 'n mens kan. 

Dit is die laaste woordjie wat by my bly: om goed te doen terwyl 'n mens kan.  

Die uitdaging, dus, is nie net om te ontdek hoe belangrik goed-doen is nie, maar ook om te besef dat goed-doen 'n goddelike gawe is wat 'n mens net tot jou eie geestelike agteruitgang verwaarloos. Meer nog: om te kan goed doen, is 'n voorreg - daar kom tye dat dit dalk nie meer moontlik is nie.

Wednesday, October 16, 2013

Jy weet...

Op die Franse televisie, vanaand, vertel Nelson Mandela dat hy vir sy ma gesorg het die laaste paar jaar van haar lewe toe sy in armoede geleef het.

Sy het hom gereeld in die tronk besoek.

Op 'n dag was sy by hom. Hy kon sien sy was in rou. 

Toe sy wegloop het hy geweet dat dit die laaste keer is dat hy haar sou sien.




Sunday, October 13, 2013

Oor die gemeenskap van die heiliges en 'n vrou wat al 30 jaar vir haar erg gestremde seun sorg

Uit vanoggend se Rapport kom hierdie storie van Reney Warrington. Dit het die opskrif "Die antie in #49". 

Dit vertel van 'n vrou wat om elke hoek en draai die waagstuk aangaan om haar karige aardse besittings met mense wat sy nie ken nie, te deel. Die mense, ondenkbaar, gee nie net terug wat hulle van haar kry nie, maar begin om haar by te staan in haar eie nood. 

Haar dogter skryf die berig. Sy is beskaamd omdat haar ma haarself so oopstel vir misbruik en mense in nood so skromelik vertrou. 

Uit haar ma se lewensstyl kom 'n klomp mense bymekaar in 'n klein gemeenskap van mense wat vir mekaar omgee.

Maar my aandag word ook deur iets anders getrek. So maklik, in enkele woorde, staan dit daar: sy sorg al 30 jaar vir haar erg gestremde seun.

Die kind wat hierdie woorde oor die ma se liefde vir haar broer skryf, praat deur een enkele sin van 'n hele wêreld van ervaring. Dit gaan oor jare se vanselfsprekende liefde vir iemand wat baie van jou vra: dit onthul die wonder van die ma se dertigjaar-lange omgee vir haar kind. 

Maar sy wil ook vertel dat haar ma se mededeelsaamheid met ander in hul nood, nie sommer net 'n toevallige oomblik is nie. Dit is hoe haar karakter lyk. En so was sy teenoor almal al die jare.

'n Mens moet gaan sit en jou indink in hierdie situasie: Dertig jaar lank pas die ma haar kind op. Haar lewe wentel om sy behoeftes, lewe en toekoms. 

Onpeilbaar. Hierdie liefde van 'n ma.

En dan, boonop, die manier waarop sy nog, in haar lewe van swaar-dra, vir ander omgee. 

In hoë vergaderings van die kerk, lees ek in dieselfde koerant en hoor ek van my vriende in ander kerke,  baklei mense oor alles en nog wat. Daar is lang artikels van verontwaardiging oor wie te min of te veel van die kerkleer wil afwyk. En onderaan die berigte is daar die eindelose kommentaar van al die Christelike lesers waarin die een vromer as die ander weet presies wat reg en verkeerd is.

Met 'n wrang smaak wil-wil my dag begin as ek die goed lees. 

Ek dink aan die ma wat elke oggend moet opstaan met die wete dat sy nog 'n dag haar lewe aan haar erg gestremde kind sal wy. Dit is 'n spesiale verhaal. 

Dit is die lewe van 'n ma wat in heiligheid uitblink, wat ander raak en verander.

Dit is woorde wat 'n mens in 'n heilige ruimte inlei waar iemand teenwoordig is as 'n volledige mense, deurdrenk van menslikheid, ontferming en van die liefde. 

In Spiritualiteit praat 'n mens dikwels van die uitdaging om in die ingesteldheid van Christus te bly leef. "The mind of Christ", is die Engelse uitdrukking. Dit is die ingestelheid wat 'n mens herken in die evangelie-verhaal van die weduwee van Naïn aan wie, skryf die teks, Jesus haar seun "teruggee het" nadat hy die begrafnisstoet tot stilstand gebring het en die seun aanraak tot nuwe lewe. Of die woorde van lof waarmee hy praat oor die weduwee wat van haar min geld, nog in die tempel se skatkis gooi. Hy het dit raakgesien. En daaroor gepraat om dit uit te wys as onselfsugtige gee.

Dit is nie 'n romantiese ingesteldheid nie: om die lewenswyse te soek, is 'n kruisweg wat baie van 'n mens vra. Soms 'n kruisdood, soms 30 jaar se versorging van jou seun. Dit is taai.

Miskien is die toetsteen vir die waarde van die verhaal 'n enkele vraag: hoeveel kinders kan vandag só oor hul ouers praat? 

Hier is die berig:

My ma voer nog altyd elke mank, afvlerk-siel wat oor haar pad kom. Al het sy dit self nie breed nie. Ek het lankal ophou baklei. Toe sy by haar nuwe kompleks intrek en een van die wagte R60 wil leen, het ek oë gerol en onder my asem gebrom. Sy het die geld uitgehaal wetende dat sy dit dalk nie weer gaan sien nie. Die wag het die skuld R20 op ’n slag afbetaal en ek moes my gebrom sluk.

Die eerste wag sê wel toe vir die tweede wag dat die antie in #49 hulle goedgesind is. So leen sy hier en daar geld uit, maak sy soms ’n oproep namens hulle en stuur sy ’n faks of twee. Dit kos haar mos niks, is haar redenasie.

My boetie is fisiek en verstande­lik erg gestrem en my ma sorg al 30 jaar vir hom. Hy kon nog altyd self uit sy rolstoel uit “maneuvre”, maar so ’n paar maande terug verswak hy tot op die punt waar hy hulp nodig het.

Uit desperaatheid roep my ma een van die wagte om te help. Soos ’n kosbare skat tel Lukas my boetie oor op die bed. Toe my ma ’n fooitjie belowe, wys Lukas dit van die hand. Sy help hulle dan altyd, so hulle sal die antie in #49 verniet help.

Die stelsel werk goed. Sy loer by die agterdeur uit en die manne hardloop nader. Een van haar nuwe vriende word toe wel siek en hy word vervang deur ’n onbekende wag wie se Engels maar sukkel.

Huiwerig stop my ma by die hek, kry haar storie reg en roep die wag nader. Sy wil nog verduidelik, toe sê hy, hy weet van alles. Die ander wagte het hom ingelig.

Saturday, October 12, 2013

Om te krap in die verlede, of om deur die verlede dieper in die liefde te tree


Soms praat mense oor hul verlede op ‘n negatiewe manier as ‘n tyd wat hulle nie oor wil hê nie. Hulle onthou ‘n geskiedenis vol gebreke en foute.

Hulle sien hulself as mense met ‘n sondige verlede wat vol foute was.

Vir sekere mense word dit ‘n obsessiewe ding: hulle bly heeltyd besig met hoe ellendig dit was en hoe sleg hulle was. Hulle bly grawe in die lelike dinge wat met hulle gebeur het en wat hulle gedoen het.

Dan is daar ‘n ander groep wat hul verlede onthou, maar dit steeds weer bewustelik kontrasteer met die vryheid wat God aan hulle geskenk het.

Dit is boeiend dat hulle eintlik nie oor hulleself en hul slegtheid praat nie, maar eerder hoe daardie slegtheid nie vir God kon weerhou nie. Hulle was mense wat diep geval het, maar vir hulle is die wonderbaarlike dat God mense uit so ‘n broeikuil van die kwaad kon optel en nuut maak.

Vir mense wat werklik geestelik is,  gaan dit dus om iets totaal anders as om in die modder van hul verlede rond te krap. Wanneer hul oor die sondigheid van hul verlede praat, doen hulle dit uit die wete dat daar in hul lewe iets besonders gebeur het. God het hulle aangeraak wat hulle ‘n totaal nuwe perspektief op die lewe gegee het. Die liefdevolle aanraking van God maak dat hulle ook op ‘n ander manier as vroeër leef. Hulle staan verwonderd dat God op so ‘n spesiale manier vir hulle opgesoek het terwyl hulle so swak en ellendig was.

God se mag oorweldig hulle: hulle kan nie glo dat God hulle so verander het nie. Hulle aandag is op God gerig wat uit soveel mislukking soveel kan verander. Hulle herinneringe aan die verlede bly dus eerder op God gefokus wat in staat is om iemand uit die diepste modder op te tel as op hulle self wat so in die modder vasgeval het.

Daarom stel hulle nie belang om te “spog” in hul bose verlede nie. Hulle wil eerder naby aan die goddelike krag bly wat hul uit die kwaad opgetel het. Hulle is geïnspireer om meer van God se transformatiewe werking te wete te kom.

Hulle grawe dus nie in die foute van hulle verlede nie. Hulle staan eerder verwonderd oor God wat daardie tyd tot ‘n einde gebring het en wat hulle to nuwe mense gemaak het.

Hul verlange is om nader aan God te kom, om meer van God se liefde te ervaar. Hulle verlang om meer van die nuutheid te ervaar wat God gebring het. Hulle wil die krag van transformasie nader beleef.  

‘n Mens kan dus op verskillende maniere oor die sonde in jou lewe praat. Soms bly jy gefikseerd vasgevang deur jou foute en mislukkings. Soms laat hierdie beheptheid ‘n mens vasval en hou ‘n mens terug in die geestelike reis.

Maar die geestelike reis gaan om iets heel anders: dit is om steeds weer oor die verlede te praat as ‘n tyd dat God ingegryp het op ‘n verruklike, unieke manier om ‘n ellendeling, ‘n gevangene, te verander tot ‘n geliefde, ‘n kind wat huis toe gekom het. En om te weet: wat God een keer gedoen het, sal God bly doen. Steeds is God besig om die weifelende mens nader aan die Liefde te bring. Meer nog, God is op pad met die mens na ‘n tyd wat deurtrek is met oorvloedige liefde.  

Thursday, October 10, 2013

Die treitering van die verlange.

Totius se (onsterflike) beryming van Psalm 42 is deesdae dikwels in my gedagtes.

Hy begin die Psalm met die beeld van die dier wat in 'n woestynagtige plek van dors vergaan. Net so, verwoord hy dit, skreeu die bidder in sy siel na God. 

Intens is die mens se verlange na God.

Soos ’n hert in dorre streke
skreeuend dors na die genot
van die helder waterbeke
skreeu my siel na U, O God!
 

 In die volgende vers word die verlange nog dieper uitgewerk:  die dorstige siel is bewus van sy bestaan as swerwer wat in benoudheid leef, maar weet daar kom 'n tyd waarin hy in God se teenwoodigheid sal wees. Die vraag is net wanneer:

 Ja, my siel dors na die Heer,
na die Lewensbron; wanneer
sal ‘k, ná swerftog en benouing,
God weer sien in klare aanskouing?


Die frase van : "klare aanskouing" boei my oor en oor. Helder, direk, onmiddelik sal die mens weet dat hy of sy in God se teenwoordigheid is. 

Daaroor is daar nie twyfel nie.

Juis omdat die aanskouing so spesiaal is, die les van die dors so volmaak, is die verlange so intens: wanneer sal dit gebeur - hierdie oomblik wanneer 'n mens by die water sal neerkniel en God sal uitskink van die koel, lewegewende lewensdrank? 

Vir daardie oomblik wanneer die groot bevryding sal aanbreek en die volmaakte vervulling sal kom!

Wednesday, October 09, 2013

Soos 'n vyeboom....




Buurman, een van die land se voorste spesialiste met die landbou-goed, gee vir my die vyeboom-stok. 

Ons het pas gestaan en gesels oor vyebome. 

Hy het die takkie versigtig gekweek van sy eie boom in sy agterplaas. 

Die takkie het 'n klossie wortels, so groot soos my hand.

Ek ruk die ander vyeboom wat ek twee weke voorheen geplant het, uit en plant met eerbied die nuwe vindsel. Die vorige boom het sommer wild hier opgekom. Desperaat het ek hom oorgeplant in ons eie tuintjie. Maar ek het geweet dit kan 'n wilde tak wees.

Die nuwe takkie is iets heeltemal anders. Ek vertrou die buurman. Ek sien mos elke dag hoe geil groei sy tuin. Hy het groen vingers en sy oë flikker pure groen. Jy weet: hier is 'n man wat die veld met kop en hart ken. As hy 'n takkie kweek, is jy reg. Dinge kan goed werk.

Nie dat ek my twyfel het nie. Want hy self sê vir my dat dit soms gebeur dat so 'n takkie nie werk nie. Maar daardie bossie wortels het my vertroue ingeboesem. Ek plant. Self. Spit self. Gee onder sy toesig die eerste water. En seën my vyeboom met my hele hart en gemoed en siel.

En ek glo.

Ek is eindeloos lief vir vye. Somertye is vyetyd. Deesdae kry 'n mens mos te kope. Vroeër het niemand vye gereken nie. Jy hoef dit nie te gekoop het nie. Jy pluk sommer uit die naaste tuin. Maar sulke tuine het skaars geword. Daarom koop ek en betaal 'n handvol rande per vy en proe met oorgawe elke hap.

Lekkerder daarom, om sulke vye te eet.

Weke lank, na die plantery in die middel van die winter, staan die takkie kiertsregop. Hy roer nie, bloos nie. Hy staan net daar. 'n Vaal strepie, penorent in die lug.

Die enigste teken van hoop is die sagte, murwe kleur groen wat 'n mens by nader kyk in die takke herken. 

Ek weet en ek bly kyk dat dit nie weggaan nie: groen is die teken van lewe. 

In sekere godsdienste is groen die simbool vir die goddelike: die teken van lewe.

En weke lank hou ek goeie moed, want die takkie bly groen as die winterkoue snerpend toeslaan en die winterreëns in massa die boompie wil verdrink.

Na 'n ruk sien ek twee knoppies aan die tak. Dit lyk soos twee molshopies in die groot einders van 'n karoovlakte. Jy sou dit nie raaksien nie as jy nie langsaan gaan staan en staar nie.

Ek kan nie definitief sê nie. Maar dit lyk vir my na botsels. 

En toe, 'n week of wat gelede, toe die eerste warm nag aanbreek, gebeur dit: oornag kom daar puntjies van blare uit. Die hoop beskaam nie. Ek voel amper soos by die geboorte van die kinders: jy wil net kyk, vashou, soen en druk. 

Buurman sê hierdie takkie gaan Januarie vye dra.

Ek glo hom.

Vanmiddag wys hy vir my die moederboom in sy agtertuin: stomp het hy hom gesnoei. Daar is 'n dik stam en soos rumatiek-vingers kies 'n paar takke koers die lug in.

As dit is soos sy boom lyk, weet ek, sal ook die hoop op 'n paar vye in die somermaande, nie beskaam nie. 

Ek gaan daardie eerste vye met 'n ritueel eet.

Elke dag as ek die barre takkie gaan kyk het, bly dink ek: so lyk ons geestelike reis. Vir die ongeoefende oog net barheid. 'n Kale takkie wat verskrompeld eenkant staan.

Maar groen is God se verborge werking en, op 'n dag, blom die hoop uit en word alles werklik: nuwe lewe. Helder groen bot dit uit. Die beeld van God. Onmiskenbaar. Op pad na nog groter heerlikheid: die ryp vrug van die ewige lewe.

Tuesday, October 08, 2013

Is God 'n massamoordernaar?


Die gelykenis van die bruilofsfees in Matteus 22:2-14 loop oor van genade: Dit  vertel van ‘n koning wat vir sy seun ‘n bruilof reël. Hy het ‘n lang lys van uitgenooide mense wat na die uitsoek-geleentheid uitgenooi is.

Die uitgenooides stel nie belang nie. Hulle gaan liewer aan met hul boerdery en hul werk. Sommige maak sommer die koning se slawe wat die uitnodiging bring, dood.

Die koning laat nie met hom speel nie. Hy laat daardie mense doodmaak en steek sommer hulle stad aan die brand.

In ‘n opvallende ommeswaai nooi hy toe mense van die straat af om na die bruilof te kom. Boonop sluit die slegte en goeies in.

Die koning stel sy paleis wyd oop vir mense wat nie geag word nie. Pure genade, ontferming en goedheid.

'n Mens is diep beïndruk deur hierdie koning. 

Maar selfs met die mense speel die koning nie: toe hy een sonder bruilofskleed onder die gaste aantref, laat hy hom summier vasbind. Hy word in die buitenste duisternis gegooi waar daar ‘n geween en gekners van tande is.

Lesers het altyd hierdie gelykenis gebruik om God se ryke, onvoorwaardelik genade en ontferming te illustreer.

Die koning se optrede teen sy gaste en teen die man sonder bruilofskleed word dan gelees as ‘n teken van oordeel. Wie die wil van God nie nakom nie, sal die gevolge daarvan in die gesig moet staar.

Maar dit beteken dat Jesus aan God dink as ‘n gewelddadige God wat nie sal huiwer om massamoord te pleeg nie. Nie net mense wat God se wil oortree nie, maar ook hulle omgewing word genadeloos uitgeroei as hulle nie vir God gehoorsaam nie.

Is dit die Godsbeeld van Jesus? Kan ons nog vandag dink aan God as 'n massamoordernaar? 

Dit is ‘n netelige vraag waaroor ek bietjie wil nadink.  

Monday, October 07, 2013

Die profeet in die magtigste stad ter wêreld


Kan jy jou voorstel watter rol 'n kapelaan kan speel in die sentrum van wêreldmag in Amerika?

En hy doen dit, lyk my, vreesloos.

Hier is die berig uit vanoggend se NYT.

WASHINGTON — The disapproval comes from angry constituents, baffled party elders and colleagues on the other side of the Capitol. But nowhere have senators found criticism more personal or immediate than right inside their own chamber every morning when the chaplain delivers the opening prayer.

The Senate’s chaplain, Barry C. Black, in his office on Capitol Hill.
“Save us from the madness,” the chaplain, a Seventh-day Adventist, former Navy rear admiral and collector of brightly colored bow ties named Barry C. Black, said one day late last week as he warmed up into what became an epic ministerial scolding.

“We acknowledge our transgressions, our shortcomings, our smugness, our selfishness and our pride,” he went on, his baritone voice filling the room. “Deliver us from the hypocrisy of attempting to sound reasonable while being unreasonable.”

So it has gone every day for the last week when Mr. Black, who has been the Senate’s official man of the cloth for 10 years, has taken one of the more rote rituals on Capitol Hill — the morning invocation — and turned it into a daily conscience check for the 100 men and women of the United States Senate.

Inside the tempestuous Senate chamber, where debate has degenerated into daily name-calling — the Tea Party as a band of nihilists and extortionists, and Democrats as socialists who want to force their will on the American people —  Mr. Black’s words manage to cut through as powerful and persuasive.

During his prayer on Friday, the day after officers from the United States Capitol Police shot and killed a woman who had used her car as a battering ram, Mr. Black noted that the officers were not being paid because of the government shutdown.

Then he turned his attention back to the senators. “Remove from them that stubborn pride which imagines itself to be above and beyond criticism,” he said. “Forgive them the blunders they have committed.”

Senator Harry Reid, the pugnacious majority leader who has called his Republican adversaries anarchists, rumps and hostage takers, took note. As Mr. Black spoke, Mr. Reid, whose head was bowed low in prayer, broke his concentration and looked straight up at the chaplain.

“Following the suggestion in the prayer of Admiral Black,” the majority leader said after the invocation, seeming genuinely contrite, “I think we’ve all here in the Senate kind of lost the aura of Robert Byrd,” one of the historical giants of the Senate, who prized gentility and compromise.

In many ways, Mr. Black, 65, is like any other employee of the federal government who is fed up with lawmakers’ inability to resolve the political crisis that has kept the government closed for almost a week. He is not being paid. His Bible study classes, which he holds for senators and their staff members four times a week, have been canceled until further notice.
His is a nonpartisan position, one of just a few in the Senate, and he prefers to leave his political leanings vague. He was chosen in 2003 by Senator Bill Frist, a Tennessee Republican who was the majority leader at the time, from a group of finalists selected by a bipartisan committee. Before that he ministered in the Navy for nearly 30 years.

“I use a biblical perspective to decide my beliefs about various issues,” Mr. Black said in an interview in his office suite on the third floor of the Capitol. “Let’s just say I’m liberal on some and conservative on others. But it’s obvious the Bible condemns some things in a very forceful and overt way, and I would go along with that condemnation.”

Last year, he participated in the Hoodies on the Hill rally to draw attention to the shooting death of Trayvon Martin. In 2007, after objections from groups that did not like the idea of a Senate chaplain appearing alongside political figures, he canceled a speech he was scheduled to give at an evangelical event featuring, among others, Tony Perkins of the conservative Focus on the Family and the columnist and author Ann Coulter.

Mr. Black, who is the first black Senate chaplain as well as its first Seventh-day Adventist, grew up in public housing in Baltimore, an experience he draws on in his sermons and writings, including a 2006 autobiography, “From the Hood to the Hill.”

In his role as chaplain, a position that has existed since 1789, he acts as a sounding board, spiritual adviser and ethical counselor to members of the Senate. When he prays each day, he said, he recites the names of all 100 senators and their spouses, reading them from a laminated index card.

It is not uncommon for him to have 125 people at his Bible study gatherings or 20 to 30 senators at his weekly prayer breakfast. He officiates weddings for Senate staff members. He performs hospital visitations. And he has been at the side of senators when they have died, most recently Daniel K. Inouye of Hawaii in December.

He tries to use his proximity to the senators — and the fact that for at least one minute every morning, his is the only voice they hear — to break through on issues that he feels are especially urgent. Lately, he said, they seem to be paying attention.

“I remember once talking about self-inflicted wounds — that captured the imagination of some of our lawmakers,” he said. “Remember, my prayer is the first thing they hear every day. I have the opportunity, really, to frame the day in a special way.”

His words lately may be pointed, but his tone is always steady and calm.
“May they remember that all that is necessary for unintended catastrophic consequences is for good people to do nothing,” he said the day of the shutdown deadline.

“Unless you empower our lawmakers,” he prayed another day, “they can comprehend their duty but not perform it.”

The House, which has its own chaplain, liked what it heard from Mr. Black so much that it invited him to give the invocation on Friday.

“I see us playing a very dangerous game,” Mr. Black said as he sat in his office the other day. “It’s like the showdown at the O.K. Corral. Who’s going to blink first? So I can’t help but have some of this spill over into my prayer. Because you’re hoping that something will get through and that cooler heads will prevail.”

Sunday, October 06, 2013

Die tronk en 'n graad in teologie


Kan 'n teologiese opleiding 'n verskil in die lewe van tronkvoëls maak?

Sinies sal die meeste mense, en veral teoloë, hierop waarskynlike met 'n skaterlag reageer.

Dit is 'n vraag wat in ons land selfs meer sinisme oproep: ons tronke is oorvol en onder die terreur van bendes verval. Vele mense se houding is dat 'n tronk 'n plek is waar mense gestraf moet word - hoe slegter die straf, hoe beter. Die laaste ding wat 'n mens sou dink hier inpas en uitkoms sal gee, is 'n graad in teologie.

Maar tyd om weer te dink. Hier is deel van 'n berig in vanoggend se NYT hieroor. Prikkelende leesstof.  

ANGOLA, La. — Like most of his fellow inmates, Daryl Walters, 45, can expect to spend the rest of his days in the infamous prison on a former slave plantation here. He was sentenced to life without parole for a murder more than 20 years ago in a state where a life sentence means just that.

Angola is home to Louisiana’s sprawling state penitentiary.

Yet there he was on a recent evening, preaching the Gospel to 200 men in a spired church in the heart of the Louisiana State Penitentiary, talking salvation and joy to murderers and rapists and robbers who waved their arms to an inmate band’s Christian worship music.

“God is merciful,” intoned Mr. Walters, an assistant pastor at one of many churches scattered through this maximum-security prison, informally known as Angola. “God gives us so many benefits.”

Mr. Walters is a graduate of one of the most unusual prison programs in the country: a Southern Baptist Bible college inside this sprawling facility, offering bachelor’s degrees in a rigorous four-year course that includes study of Greek and Hebrew as well as techniques for “sidewalk ministry” that inmates can practice in their dorms and meal lines.

There are 241 graduates so far, nearly all lifers who live and work among their peers. Dozens of graduates have even moved as missionaries to counsel or preach in other prisons.

But Burl Cain, the warden since 1995, says the impact has gone well beyond spreading religion among the inmates. He calls the Bible college central to the transformation of Angola from one of the most fearsome prisons in the country to one of the more mellow, at least for those deemed to be cooperative. Watching men quietly saunter from open dormitories to church, many with Bible in hand and dressed in T-shirts of their choice, it can hardly seem like a maximum-security facility, although multiple daily lineups for inmate counts are a reminder.

Mr. Cain has used religion and peer counseling — backed by sharp discipline for defiant behavior — to promote what he calls a “moral rehabilitation” of individuals and a sense of community among men who might easily be consumed by rage or despair.

“The greatest enemy here is lack of hope,” Mr. Cain said in an interview.

Mr. Cain has lobbied the state for more forgiving parole policies, with limited success. “But if you believe in a higher being,” he said, “you’ll realize that when you do pass, you’ll be free.”

Nearly four-fifths of the 6,300 inmates now at Angola have sentences of life or so long they are effectively so. The prison has its own nursing home and hospice.

Angola was notoriously brutal and bloody into the 1970s. Court supervision and a parade of reforming wardens improved staff training and introduced vocational and G.E.D. programs, and the stabbing rate began to plummet.

In Mr. Cain’s view, the biggest change came in 1995 when, as he took over the prison and faced drastic cuts in school funds, he invited the New Orleans Baptist Theological Seminary to open a seminary. To his surprise, he said, the eminent seminary agreed, covering the costs with outside donations.

“The Bible college was the game changer,” said Mr. Cain, 71, a portly man with granny glasses and a shock of white hair. “It changed the culture of the prison.”

Some other experts say the college is one of many factors, but the softening effect of religion on life here is evident.

Beyond the bachelor’s degrees, the college has granted hundreds more certificates or associate degrees, producing a cadre of men who lead churches, provide informal counseling in their dorms and take on what many describe as their hardest task — informing fellow inmates when a loved one on the outside has died.

The graduates include 15 Muslims, who took the same Bible-based courses but minister to the 250 Islamic inmates.

Some 2,500 inmates attend church regularly, according to Cathy Fontenot, assistant warden — mostly Protestant or Roman Catholic but also Muslim, Jewish and Mormon services. The prison population is 75 percent black, with a small number of Latinos.

Saturday, October 05, 2013

Toe Jean de Villiers sy drie klaar gedruk het. Oor hoe vurig 'n mens kan leef.


Dit is ongelooflike energie wat uit die rugbytoets tussen die Springbokke en die All Blacks uitgestraal het.

Dit is hoë spanning wat 'n mens ervaar uit sport op hierdie vlak.

Die drie van Jean de Villiers was vir my die hoogtepunt. Hy het die vierde drie van die Springbokke gaan druk, met 'n indrukwekkende systap van beide Barrett en Ma'a Nonu.

Teen daardie tyd het die manne al na hul asems gehyg. Die druk was moordend. Die passie dodelik.

Jy kon sien hoeveel was op die spel.

Hoe hoog die energievlakke was, het 'n mens gesien die oomblik nadat Jean de Villiers sy drie gedruk het.

Dit was nie die einde van daardie drie nie. Hy het nog 'n ent gehardloop en die bal met een geweldige hou op die grond gegooi.

Asof die druk van die drie nie genoeg was nie en hy nog 'n paar punte sommer net daar wou aanteken.

Die wedstryd is bloot net 'n spel.  Dit is sport uit die boonste rakke. Baie mense put die hoogste genot daaruit. Lank nog sal 'n klomp persone grepe daaruit onthou en daaroor praat.

'n Mens is betowerd hoe mense geïnspireer kan word om uit te blink en eenvoudig hulself totaal te verloor om "die kroon"  van oorwinning te smaak.

Soms is daar mense wat hul geestelike reis ook so aflê. Hierdie uitblinkers onder hulle word soms in die volksmond as "heiliges" benoem.

Die bybelse tekste maak die "speelveld" gelyk: heilig is ieder en 'n elk. Wie in die Gees leef, is vurig en met oorgawe op soek na daardie oorwinningskroon. 

Dit is nie 'n moralistiese spanpraatjie wat Paulus kwytraak nie. Hy vertel daarmee van die aantreklikheid, die skoonheid van die teenwoordigheid van God. Wie dit ervaar het, het alles feil daarvoor - vanuit die hart, die innerlikste deel van die mens se innerlike.


Friday, October 04, 2013

Wat Jesus eintlik met vyandsliefde bedoel het?


Bernard van Clairveaux is die mistikus van die liefde.

Maar hy het ook sy donker, minder liefdevolle kant: heel gewillig het hy namens die pous deur Europa getrek om mense vir die kruistogte te werf.

Sy toesprake het groot skares getrek. En sy wapen was formidabel: Hy het die bybel kwistig gebruik om mense te oortuig dit is 'n heilige roeping om na Jerusalem te gaan en die beloofde land met geweld terug te neem.

Dit lees ek hierdie week toe ek 'n stuk moet skryf oor Efesiërs 6:11-17. Hier is die teks:

Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees - dit is die woord van God.

In die teks word oorlogstaal vergeestelik. Al die bekende voorwerpe wat 'n mens met 'n soldaat assosieer, wat te doen het met doodmaak en vernietig, is hier voorwerpe wat opbou en lewe gee: 'n Borswapen word as geregtigheid gereken. Skild is nie meer iets waarmee jy jou teen die vyand se pyle weer nie, maar dit is nou geloof waardeur 'n mens 'n heel nuwe kyk op ander en op die wêreld kry. Die helm is verlossing en die swaard maak nie dood nie en vat nie lewe weg nie. Dit is die woord van God wat mense se lewens omvorm en die weg na die paradys uitwys.

Die geweldstaal van daardie tyd word uit sy gewelddadige konteks gehaal en word geloofstaal.

Die bybelskrywers doen wat Jesus gedoen het: geweld word vervang met vrede. Oorlog met die paradys.

Bernard van Clairvaux, die mistikus van liefde, dink niks daarvan om die proses weer om te keer nie: hy verander die geloofstaal van vooraf weer in geweldstaal om mense in die naam van God tot deelname aan die kruistogte aan te spoor. Hy skryf oor Efesiërs 6:11-17: "die ridder wat die wapenrusting van geloof aantrek op dieselfde manier as wat hy sy borsplaat van yster aantrek, is onaantasbaar en veilig. Dus, reis veilig, ridders, en dryf met onbevreesde gemoed die vyande van die kruis van Christus weg." 

Dus wat bloeddorstigheid met die bybel regkry.

Daar is een teks wat egter nie so maklik omgekeer kan word nie. Wat sou die dapper ridder wat op pad is om Jerusalem ten bloedens toe in te neem, doen met die gebod tot vyandsliefde? In 'n militêre situasie kan 'n ridder met die swaard in sy hand nouliks sy vyand liefhê? 

Hoe hiermee gemaak?

Die oplossing is eenvoudig:  jy kan jou persoonlike vyand liefhê, maar jou land en geloof se vyand hoef jy nie lief te hê nie.

Dus: Jesus het bedoel, in hierdie gedagtegang: jy moet sommige van jou vyande liefhê....



Thursday, October 03, 2013

Kyk tog hoe vreeslik ly ek onder jou?


Ek onthou dat ek 'n paar jaar gelede die eerste keer te doen gekry het met die uitdrukking "guilt trip." 

Dit is nou wanneer jy op iemand wat jou uitbuit, se skuldgevoel speel om jou sin te kry.

Jy het dus 'n voordeel te vind deur te maak asof jy die minste is teenoor die een wat jou mishandel of jou sleg behandel.

Kyk, sou 'n mens kon argumenteer oor die houding van "toegee", van die "minste wees": kyk hoe gee ek toe aan jou mag, jou onredelike eise. Met die verborge ondertoon: voel jy nie skuldig daaroor nie?

Jy stuur jou uitbuiter dus op 'n reis vol skuldgevoel. Jy hoop jou houding dwing hom om op te hou met wat hy doen.

Só sou mense ook oor die volgende uitsprake van Jesus (in Matteus 5:38-41) kon redeneer:

Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam.

Jesus, redeneer sommige, sê mense moet hul laat uitbuit om sodoende hul uitbuiters skuldig te laat voel. Die uitbuiting sal op die manier dan tot 'n einde kom. 

Dit sou moeilik wees om dit te ontken - as dit nie was vir wat Jesus dan sê nie. Want dan volg een van die mees opsienbarende uitsprake van Jesus:

Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is. hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie. Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.

Jesus wil nie van sy volgelinge swakkelinge maak nie. Hy spoor eerder vir hulle aan om hul waardigheid te bevestig. Wanneer iemand jou aanval, wys vir daardie persoon dat jy nie met geweld gaan reageer nie. Jy slaan nie terug nie. As hy jou deur die gesig klap, wys vir hom of haar dat sulke gewelddadigheid nie jou menslikheid van jou kan wegneem nie. 

'n Mens tree op die manier op, jy is die een wat dapper vir jou vyand wys hoe vernietigend sy/haar optrede is, omdat jy gedryf word deur die liefde. 

Mense vind dit steeds een van die moeilikste opdragte in die Skrif. Hoe is dit moontlik om iets te doen wat skynbaar so duidelik in konflik met die menslike natuur staan? En tog - die lewe van Jesus word so beskryf dat Jesus dit nie net sê nie, maar in een van sy aangrypendste gebede vir sy moordernaars om God se vergifnis bid.

Dit maak die bergrede anders as 'n "guilt trip." Om jou wang te draai, is nie 'n gebaar waarmee jy die ander manipuleer nie. Jy "speel"  nie die rol van die mindere om iets te bereik met die persoon nie. 

Jy ontmasker deur jou inherente afwys van geweld die teenstander as 'n magtelose boelie. Dit doen 'n mens ter wille van hom- of haarself. Om die teenstander te bring om sy optrede as self-vernietigend te herken.

Dit het onvoorstelbare etiese konsekwensies: self-prysgawe, diens aan ander, word deur die diepste en edelste van alle ervaring gedryf - die ervaring van die liefde.

Hier is ook die verskil tussen moralisme en spiritualiteit: diens aan ander wor deur 'n diepsinnige, radikale geestelike ingesteldheid gestuur.  


Wednesday, October 02, 2013

Mistroostig op pad graf toe...




Die BBC het ‘n mistroostige dokumentêr oor begrafnisondernemers in Engeland. Hulle wys hoe mense se begrafnisse gereël word. Dit sluit in mense van alle gelowe, maar ook mense sonder geloof.

Die dokumentêr is so mistroostig soos die Engelse weer.

‘n Groot klomp van die begrafnisse, vertel die program, is van mense wat “humanisties,” nie-kerklik is, of mense wat nie “eintlik” kerk toe gaan nie. Hulle huur burgerlike begrafnisredenaars wat met ‘n dik lêer agter ‘n kateder inskuif en dan ‘n lang redenasie hou waarin die allerbeste prentjie van die dooie  geteken word.

Van die dooies se familie vra soms vir ‘n kerklike diens. Een man, tranerig, vertel dat hy, Katoliek, wil hê dat sy vrou in die Anglikaanse kerk begrawe word. Nie soseer omdat hulle kerklik was of vreeslik godsdienstig nie. Maar hy wil in die kerk gaan sit en nadink oor hulle twee se lewe saam.



Een so ‘n “diens” is vir ‘n Blue Knight motorfietsryer. Sy pelle sit almal in die kapel met blink gepoetste leerbaadjies, dik baarde, spekvet-lywe, bandanna’s om die koppe, sommige met groen en geel hare, ander met deftige leerpetjies. Sy kis lê in ‘n pikswart lykswaentjie met reuse-groot glasvensters wat as ‘n syspan op ‘n motorfiets gemonteer is. Die kis wat op die fiets gemonteer is laat dit lyk of hy ‘n dwerg was. Sy groot vriend  van vele jare neem ook deel en hou ‘n lyksrede van ‘n paar sinne: hy is dankbaar vir sy vriend, vir hul goeie tye, vir sy lekker grappies, maar hy wil darem sê dat hy met die begrafnis die laaste woord inkry. Die dooie se vrou verskyn voor die kamera: dis lekker om almal by haar te hê met sy begrafnis, maar sy werk haar nie op nie. ‘n Mens kan immers niks aan die storie doen nie. Jy moet maar inval by wat gebeur. En na die diens klim sy op haar motorfiets om reg agter die kis in die eerste ereplek te ry. 




Natuurlik kyk 'n mens met 'n boeregemoed oopmond na al die bedrywighede. Nuwe tye daar in Engeland. Ieder vir sy eie.

‘n Paar keer word begrafnisse van Moslems gewys. Die vrou wat die reëlings tref, vertel herhaaldelik hoe deurmekaar die begrafnis is en hardloop heen en weer om in die chaos te sorg dat alles reg loop. Daar is nie juis ‘n liturgie, program of ‘n ritueel nie. Die mans is in die moskee en staan en bid sommer – anders as in normale dienste wanneer hulle kniel en met hul koppe op die vloer raak. Dan vat hulle die kis na die begraafplaas waar hulle die lyk in sy wit kleed uit die kis haal, in die graf inklim en die lyk dan onder planke toemaak sodat die grond nie daarop val nie. Dan is dit chaos soos ‘n ieder en ‘n elk grawe gryp om die lyk in te spit.

Daar is ‘n sterk godsdienstige kleur, nietemin, aan die Moslem-begrafnisse. Die lyk word begrawe met die gesig na Mekka gerig. Pragtig is die eenvoudige grafstene wat almal dieselfde grote is en wat as ‘n blok op die grond lê. Die stem verduidelik dat in die dood is almal gelyk. Almal het dieselfde grafsteen. En elke Moslem glo in die ewige lewe, sodat ‘n begrafnis vir Moslems nie ‘n verlate ervaring is nie.

Dit is, om van Lessing 'n woordjie te steel, ‘n garstige Grabe wat Moslem-begrafnisse van die Engelse s’n onderskei.

Ek verkyk my aan een episode waarin ‘n vrou wat nie meer lank het om te leef nie, haar eie begrafnis reël. Sy spandeer ‘n lang tyd om alles netjies te organiseer. Sy gaan kyk na die kapel waar die diens gehou sal word en vertel dan van haar ervaringe met die organisering. Vreemd, sê sy, om te dink dat sy nou soveel tyd spandeer om iets te organiseer waarby sy self nie sal wees nie.

Maar, dan die mistroostigheid: Op haar begrafnis, vertel sy, sal daar nie godsdienstige inhoude wees nie. Sy wil nie dat ‘n priester die diens doen nie. Ook sy huur ‘n burgerlike begrafnisklaer. Hy voer op kamera met haar ‘n onderhoud oor wat hy alles in die begrafnisrede oor haar kan sê. Vreemd, voeg hy by, om voor die tyd met iemand te praat vir wie hy die rede sal moet hou. Gewoonlik praat hy net met die familie. En haar rede sal vir hom anders wees, want die onderhoude met haar het hom van haar laat hou.

Hulle kom ooreen: daar sal net so ‘n stukke godsdiens by haar rede wees. Dit sal ‘n gebed wees. En daardie gebed, besluit hulle, gaan die Onse Vader wees. Maar niks meer nie.

Ek dink aan die rye, rye grafstene in die Moslem-begraafplaas wat almal na Mekka wys en wat simbolies uitdruk hoe mense uitsien na die ewige lewe – soveel so dat hulle nie somber en droefgeestig by begrafnisse is nie. Onwillekeurig tref die kontras my - die koue stukkie gebed wat iewers in ‘n burgerlike, sekulêre konteks ingesmokkel word.  

En ek dink aan hoe dikwels die Bybel oor God praat as die Een wat ontfermend vir mense wil opneem in ‘n lewe vol sin. Warm. Uitreikend. Passievol. Die herder wat ‘n mens lei deur die tyd van die skadu’s, die doodskaduwee. Wanneer geen onheil ‘n mens sal tref nie.

Troos, soveel sterker, wanneer ‘n mens die mistroostigheid om jou beleef. 

Tuesday, October 01, 2013

Ouma of sussie....

Sondag se Rapport het hierdie vertelling:

Ouma: “Ek kan nie onthou hoe oud ek is nie.”

Sannie: “Kyk agterin Ouma se panty. In myne staan 5-6 jaar.”   



'n Mens konnekteer dadelik met verhale wat so naby aan jou leefwêreld is:

die ouma, wat eerlik vir kleinsussie in haar vertroue neem, die weifelende herinneringe aan geboortedatums, maar meer nog die tol van die voortsnellende jare wat die geheue inkort tot so 'n mate dat 'n mens, ondenkbaar, jou eie verjaardag nie meer onthou nie.

die kleinsus, wat ouma bystaan, haar rol moederlik vervul, praktiese raad gee en geen verwyte of klagte die lug in slinger nie. Moenie jou kwel nie. Kyk maar net in jou pantie. 

'n Volmaakte kombinasie. oud en jonk:  liefderyke uitreiking.

Blog Archive