Tuesday, October 01, 2013

Ouma of sussie....

Sondag se Rapport het hierdie vertelling:

Ouma: “Ek kan nie onthou hoe oud ek is nie.”

Sannie: “Kyk agterin Ouma se panty. In myne staan 5-6 jaar.”   



'n Mens konnekteer dadelik met verhale wat so naby aan jou leefwêreld is:

die ouma, wat eerlik vir kleinsussie in haar vertroue neem, die weifelende herinneringe aan geboortedatums, maar meer nog die tol van die voortsnellende jare wat die geheue inkort tot so 'n mate dat 'n mens, ondenkbaar, jou eie verjaardag nie meer onthou nie.

die kleinsus, wat ouma bystaan, haar rol moederlik vervul, praktiese raad gee en geen verwyte of klagte die lug in slinger nie. Moenie jou kwel nie. Kyk maar net in jou pantie. 

'n Volmaakte kombinasie. oud en jonk:  liefderyke uitreiking.

Blog Archive