Tuesday, October 08, 2013

Is God 'n massamoordernaar?


Die gelykenis van die bruilofsfees in Matteus 22:2-14 loop oor van genade: Dit  vertel van ‘n koning wat vir sy seun ‘n bruilof reël. Hy het ‘n lang lys van uitgenooide mense wat na die uitsoek-geleentheid uitgenooi is.

Die uitgenooides stel nie belang nie. Hulle gaan liewer aan met hul boerdery en hul werk. Sommige maak sommer die koning se slawe wat die uitnodiging bring, dood.

Die koning laat nie met hom speel nie. Hy laat daardie mense doodmaak en steek sommer hulle stad aan die brand.

In ‘n opvallende ommeswaai nooi hy toe mense van die straat af om na die bruilof te kom. Boonop sluit die slegte en goeies in.

Die koning stel sy paleis wyd oop vir mense wat nie geag word nie. Pure genade, ontferming en goedheid.

'n Mens is diep beïndruk deur hierdie koning. 

Maar selfs met die mense speel die koning nie: toe hy een sonder bruilofskleed onder die gaste aantref, laat hy hom summier vasbind. Hy word in die buitenste duisternis gegooi waar daar ‘n geween en gekners van tande is.

Lesers het altyd hierdie gelykenis gebruik om God se ryke, onvoorwaardelik genade en ontferming te illustreer.

Die koning se optrede teen sy gaste en teen die man sonder bruilofskleed word dan gelees as ‘n teken van oordeel. Wie die wil van God nie nakom nie, sal die gevolge daarvan in die gesig moet staar.

Maar dit beteken dat Jesus aan God dink as ‘n gewelddadige God wat nie sal huiwer om massamoord te pleeg nie. Nie net mense wat God se wil oortree nie, maar ook hulle omgewing word genadeloos uitgeroei as hulle nie vir God gehoorsaam nie.

Is dit die Godsbeeld van Jesus? Kan ons nog vandag dink aan God as 'n massamoordernaar? 

Dit is ‘n netelige vraag waaroor ek bietjie wil nadink.  

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive