Wednesday, October 23, 2013

Altyd 'n verrassing



Herfstyd in die noordelike halfrond met sy baie bome, is altyd 'n kleurefees.

Maar 'n mens sien nie altyd iets soos op die foto nie. Soms sal 'n mens 'n ry bome sien waarvan een liggeel, een bruin, en dan nog een allerhande skakerings van rooi het.

Dan kry 'n mens een boom wat oortrek is met verskillende kleure: van rooi tot geel tot groen.

Die natuur het 'n onuitputlike vermoë om 'n mens steeds weer te verras. 


 



Blog Archive