Antoine de Saint-Exupéry het ‘n boekie geskryf met die titel “Die klein prins.” Dit is in 190 tale vertaal en daarvan is meer as 80 miljoen kopieë verkoop. Dit het een van die gewildste boeke ooit geword.
Saint-Exupéry was ‘n mistikus. Hein Blommestijn noem hom een van die bekendste mistici van die twintigste eeu. Hy het nie tradisionele mistieke taal gepraat nie, maar sy skrywe vertel op nuwe maniere wat mistiek is.
Sy beroemdste uitspraak is dié van die jakkals wat vir die prins sê: ‘n Mens sien net met die hart helder. Dit wat werklik saak maak is onsigbaar vir die oë.
Die boek begin só (en hy het self die tekening gemaak! sien die hele boek by
http://www.spiritual.com.au/articles/prince/PrinceCh1.htm
Once when I was six years old I saw a magnificent picture in a book, called True Stories from Nature, about the primeval forest. It was a picture of a boa constrictor in the act of swallowing an animal. Here is a copy of the drawing.
Kyk ‘n bietjie na sy opmerkings: “I pondered deeply...”
En dan: wat hy teken en in sy tekening raaksien, is ‘n luislang wat ‘n olifant opgevreet het. Die volwassenes sien net ‘n hoed raak. Hulle kan nie dieper sien nie. Hulle bestaan is vlak.
Maar selfs as hy dit dan vir hulle verduidelik, is hulle neus optrekkerig. Hy kan, is hulle advies, hom beter doenig hou met geografie, geskiedenis, wiskunde en grammatika.
Om hierdie inleiding beter te verstaan, kan ‘n mens bietjie kyk aan wie die boek so aangrypend opgedra is:
I ask the children to forgive me for dedicating this book to a grown-up. I have a serious excuse: this grown-up is the best friend I have in the world. I have another excuse: this grown-up can understand everything, even books for children. I have a third excuse: he lives in France where he is hungry and cold. He needs to be comforted. If all these excuses are not enough, then I want to dedicate this book to the child whom this grown-up once was. All grown-ups were children first. (But few of them remember it.) So I correct my dedication:
To Leon Werth, When he was a little boy"
Hieruit kom ‘n mens agter hoe die volwassenes wat “alles weet” eintlik niks begryp nie. Hulle kan hulle nie inleef in die wonderlike fantasie-wêreld van die kind nie. Hulle dink aan die “nuttige” dinge, aan ‘n kind wat ‘n grootmens met ‘n goeie beroep moet word. Hulle materialisme vernietig die mooiste van mooi dinge: die onmiddellike, direkte, lewensblye, spontane, verbeeldingryke wêreld waarin ‘n onbesoedelde jong seuntjie of dogtertjie tuis voel en leef. Die verborge dinge ontgaan hulle. Dit wat ‘n kind ‘n as ‘n manjifieke skildery beleef, is vir hulle ‘n simpel hoed of ‘n tydmors. Dit wat vir die jonges van hart vreugde gee, word afgemaak. En mense wat nie inval nie, word uitgewerk tot armes en hongeriges.
En die boek, eintlik geskryf vir volwassenes as ‘n volwasse fabel, wil mense herinner aan die vernietigende magte wat in hul groot wêreld los is. Of, wat Saint-Exupéry elders as sonde beskryf.
Kyk dieper, vertel hy ons. Soek die verborge wêreld van die kleines, die onbeskermdes, die wat swaar kry en wat liefde nodig het.
Iemand skryf iewers dat Saint-Exupéry se boek eintlik oor sy eie lewe gegaan het. Dit vertel iets van sy eie soeke na kinderlike sekerhede, innerlike vrede, na die mistiek. Dit is ‘n boek wat oorloop van liefde wat hy vir sy vrou gevoel het, maar wat hy nie altyd van haar kon terugkry nie.
Een van sy bekendste opmerkings is: “Egte liefde is onuitputlik. Hoe meer ‘n mens daarvan gee, hoe meer het jy. En as jy by die ware fontein gaan skep, hoe meer water jy skep, hoe sterker vloei dit..”
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.