Hanns Lilje, die Duitse biskop wat ook deel van die Belydende Kring was, het 'n stuk geskryf oor die vryheid van die predikant.
Vry! het ek geskryf in 'n vorige blog, is die opskrif van sy stuk, afgesluit met 'n uitroepteken. En die eerste "vryheid"is dat die bediening vryheid vra van die strewe na sukses. Die predikant loop die weg van Christus, die weg van die kruis, van diens.
Maar dan voeg Lillje 'n kort paragraaf by wat heel merkwaardig is.Hy skryf dat 'n predikant ook vry moet wees van vergelyking.
Hy brei hierop uit: Niemand wat in die bediening is, is met 'n ander roeping geroep nie. Almal is bedienaars van die Woord, geroep deur God tot die werk van God. Daarom kan 'n mens nie vergelyk nie.
Almal is deur dieselfde God geroep.
Dit is so deel van die menslike geaardheid om die predikante met mekaar te vergelyk.
Gedurigdeur is daar die versoeking om dit te doen. Dit is 'n verleiding.
Die egte vryheid is egter om nie aan hierdie versoeking toe te gee nie.
Ek sit eergisteraand saam met 'n ou vriend in die Noorde en gesels. Hy vertel my van een van die bekende teologiese professore van ons land met wie hy na 'n Sondagpreek gesels het. In my vriend se opstandige gemoed wou hy die preek kritiseer en het iemand, veral 'n kenner soos die professor gesoek wat hom in sy veldslag kan bystaan.
My vriend vertel, skaam-verleë: "En weet jy wat doen hy toe. Hy sê vir my dat hy na 'n preek luister en daaruit haal wat vir hom help om sy geloof te verryk."
Die een man wat al die kennis het om daardie preek uitmekaar te skeur, is nie besig om die preek te meet aan hoe hy daaroor sou preek of hoe 'n "suksesvolle" dominee dit "moet" doen nie.
My vriend vertel my van hierdie sagte woorde twee jaar nadat dit gebeur het. Hy loop so lank al met daardie woord in sy binneste rond. Dit het onuitwisbaar 'n merk op hom gelaat.
Ek ken die professor. En die woord pas goed in by hoe ek hom oor baie jare beleef het. Hy is 'n vry man. Vry van vergelyking.
Om te dink: wanneer 'n mens 'n ander vergelyk in terme van jou eie wysheid en vooroordele, kan dikwels vertel van 'n mens se eie onvryheid. En 'n vry mens kan woorde van durende invloed kwytraak.
Thursday, June 23, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2011
(338)
-
▼
June
(30)
- Die belangrikste werk van God is ontferming. Oor '...
- Hoe om die Bybel geestelik te lees. 'n Ooilammertj...
- Dis nou 'n getroue dienskneg
- Ontferming en barmhartigheid - oor die hart van di...
- Soos 'n mens die berg moeisaam klim, so ryker word...
- Nie op die manier nie.... Oor sport en min spirit...
- "Jy is altyd by my" - oor ons enigste troos in lew...
- Vry van vergelyking
- Wanneer God 'n Slawe-meester word....
- Die Liefde is onpeilbaar, want die Liefde is so Gr...
- Hoe word ‘n mens ‘n legende? Oor sport en spiritu...
- Nader, steeds nader. Oor absolute geloofsekerheid.
- Rus in God.
- Calvyn en Spiritualiteit
- Selfs die kinders is mistici. Oor mistiek as ‘n a...
- Vry! Om in vertroue te woon.
- Godsdiens vir ateiste? 'n Nuwe boek van 'n gunstel...
- Van die duiwel. Om vry te wees van oorlog. Fliekpiek.
- 'n Bril, 'n handsakkie en op pad na Buckingham-pal...
- Waar vind 'n mens wysheid? Oor die onderskeiding ...
- Oor die Onderskeiding van God se Wil (13). Oriente...
- Om te wag op God se wil. Die onderskeiding van God...
- Die liefdesgesig van Gereformeerde Spiritualiteit
- Liefde en Humor. Oor Metodiste Spiritualiteit
- Schleiermacher is Gereformeerd! Oor die Kompleksit...
- Die troos van klein gebare. Die stryd teen lyding
- Paradys-plek
- Om soos God na 'n mens se lewe te kyk. Oor die ond...
- Hoe vreemd is dit om te vra na God se wil vir ons ...
- Om met God wakker te word. Oor die onderskeiding v...
-
▼
June
(30)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.