Ons het ‘n godsdiens ontwerp wat gaan om beloning en straf. As jy gehoorsaam is teenoor God, sal dit met jou goed gaan. En as jy ontrou is, gaan God jou straf.
Dit is waarom mense angs vir God het. Daarom word hulle moralisties en dink gedurig in terme van moets en moenies. Hulle het hul lewensvryheid verloor en lewensvreugde kwytgeraak. Hulle is uitgelewer in hul geestelike lewe aan God as ‘n outoritêre Slawe-meester.
Dit is waarom mense angs vir God het. Daarom word hulle moralisties en dink gedurig in terme van moets en moenies. Hulle het hul lewensvryheid verloor en lewensvreugde kwytgeraak. Hulle is uitgelewer in hul geestelike lewe aan God as ‘n outoritêre Slawe-meester.
As 'n mens so op straf en beloning ingestel is, is jy self in die sentrum van belangstelling. Wanneer ‘n mens so 'n godsdiens van nader by bekyk, sien jy hoe dit gedryf word deur eie belang en deur soeke na eie voordeel.
Godsdiens wat angs veroorsaak? Dit skrei tog ten hemele.
Nou sou ‘n mens kon dink dat godsdiens beteken dat ‘n mens die liefde jaag. Dit kan egter ook net so gedrewe word. Dan is ons aandag ook gedurig op die gawe van die liefde vasgeknoop.
In die verhouding met God soek ‘n mens nie liefde nie. Die liefde is maar net ‘n gawe. Dit is die byproduk van iets veel belangriker.
Dieper en groter as die liefde is God Self.
Dieper en groter as die liefde is God Self.
‘n Mistikus skryf:
O God, as ek U aanbid om in die paradys te kom, sluit my uit die paradys uit.
O God, as ek U aanbid om die hel te ontvlug, laat my in die hel brand.
Maar as ek U vir U eie onthalwe aanbid, verberg tog nie U skoonheid van my nie!
‘n Mens is by God, in ‘n intieme, geborge verhouding met God. Die oog is nie op al die goeie dinge wat God reg hou om vir mense te gee nie. Dit gaan nie om die gawes van die gewer nie. Daarom dink die mistiek nie aan God as ‘n Gewer nie.
In die wêreld van die mistiek, word God aanbid ter wille van God self. Die mens het vry geword van alle soeke na eie belang, vry van die soeke na goeie gawes, na aangename dinge.
Die mens soek na God.
Wanneer dit gebeur dat dit gaan om God wat alles in almal is, is God nie die slawe-meester nie, maar die Beminde wat, soos die Verlore Seun se pa, die geliefdes omhels, teen die bors druk, oorlaai met soene en wat in jou oor sê: “Jy is my Geliefde, in jou het ek ‘n welbehae.” Dit is lekker om by jou te wees.
Daar is hierdie aangrypende mistieke gebed:
O, my Here, gee wat U ook al in hierdie wêreld vir my berei het aan U vyande.
En watter deel van hierdie wêreld wat U vir my beskik het, gee dit aan U vriende.
U is genoeg vir my.
Mistiek is om in God se teenwoordigheid te leef.
(Met dank aan Soelle.)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.