Film en televisie het hul siklusse aan etiese en geestelike patrone.
Daar was vir lank vele films wat die werklikheid van gebroke gesinslewens weerspieël en ook bevorder het. Saamwoon, egskeidings, verhoudinge buite die huwelik en 'n sorgeloosheid oor seksualiteit was natuurlike en aangeprysde tema's.
'n Mens sien dit nog daagliks. Trouens, in sommige gevalle is die tipe films en programme so pervers dat 'n mens wanhoop aan die planeet se toekoms as mense met sulke verdorwe houdings die vermaak van gemeenskappe voorsien.
Ek noem dit die banalisering van ons kunste. Hoe kruer, gewelddadiger, agterbakser en oneerliker, hoe groter kuns word dit.
Dit is nie verstandig nie, word jy gewaarsku, om iets negatiefs oor sulke films en programme te skryf nie, want as jy daarteen praat ontken jy die "werklikheid" wat in kuns uitgebeeld moet word. Dan is jy suurpruim en outyds.
Maar soms kom daar uit die hart van Hollywood stemme wat 'n mens verras omdat dit op 'n nuwe manier vrae vra oor die dinge. In vanoggend se NYT is daar byvoorbeeld 'n hoogs interessante artikel waarin oor 'n nuwe tendens in die kuns en vermaakbedryf geskryf word. Die artikel hak aan 'n opmerking van Ben Affleck by die oorhandiging van die Oscars waarin hy oor sy jarelange huwelik met Jennifer Garner as "werk" praat. Party mense was vir hom vies hieroor.
Maar sy woorde het op 'n ondenkbare manier uiting gegee aan 'n nuwe tendens wat blykbaar in die hart van Hollywood se bevryde gemeenskap aan die groei is - aldus die skrywer.
Daar is, volgens die artikel die ou wysheid:
"The idea that lifetime love equals long-term labor pops up in rehearsal-dinner and anniversary-party toasts, and in parental advice and pastoral counseling sessions. It is one of those kernels of common sense that always seems to go without saying, but that also somehow requires constant reiteration."
Hierdie "outydse" uitspraak het vele mense vir 'n lang tyd laat dink die huwelik is "boring" en "endless drudgery."
Maar kyk die paragrafie oor die nuwe patroon van denke in sekere flieks:
But in film and television, work and wedded bliss are now synonymous: the harder marriage is, the more romantic it seems.
Hoe moeiliker 'n huwelik is, staan in die artikel, hoe romantieser word dit!
Daar kom al hoe meer films op die mark wat die huwelik en monogame verhoudinge aanprys. Die artikel bespreek 'n hele klomp flieks. Hier is 'n skakel na die artikel.
http://www.nytimes.com/2013/06/23/movies/the-hard-work-in-before-midnight-amour-and-other-films-and-shows.html?pagewanted=1&_r=0&nl=todaysheadlines&emc=edit_th_20130623
Dit is die moeite werd om dit stadig en herkouend te lees. Nuttige stof tot nadenke, ook in ons konteks waar so maklik gemaak en gebreek word aan strukture wat vir mense 'n gevoel van intimiteit en veiligheid gee, maar wat versigtig gekoester moet word.
Dalk ook 'n goeie idee om die flieks in groepe te kyk en te bespreek.
Spiritualiteit gaan om 'n proses van geloofsvorming. Niks kom maklik nie. Soos ons weggroei uit ou, tradisionalistiese strukture, word die ou nie noodwendig afgeskryf nie. In 'n worsteling om steeds weer sterker anderkant uit te kom, moet die ou strukture vernuwe word: die goeie daarvan te behou.
Dit was immers die boodskap van die bergrede.