Wednesday, June 19, 2013

Waarom vrede 'n mens ontwyk



Vrede, skryf die kerkvader met die naam, Matteus die Arme, raak ‘n mens innerlik en bring jou hart en gedagtes tot rus. Mark Sedrak gebruik sy gedagte in sy daaglikse brief. 

Maar Christelike vrede is nie maar net ‘n geestelike toestand nie, voeg Matteus by. 

Dit is ingebed in ‘n verhouding. 

Vrede vloei voort uit die gelowige se verhouding met God en met mense.

Albei hierdie verhoudinge gee ‘n mens innerlike vrede. ‘n Mens kan nie met God vrede hê en dan in onvrede met ander leef nie.

Vrede ontwyk ‘n mens wanneer hierdie verhouding met God of mense skade ly.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive