Friday, February 12, 2010

Was Martha dan nou regtig so 'n flou Christen? Oor 'n geestelike uitleg van Lukas 10:38-41

Kees Waaijman se werk word in die Meestersgraad in Bybelse Spiritualiteit by die Universiteit Vrystaat in Bloemfontein bestudeer. Hy was juis ‘n dosent tydens ‘n kontaksessie oor Mistieke Tekste in Spiritualiteit. Hierdie artikel oor Kees se afskeidslesing by Nijmegen, wat hy vroeër ook vir my gepos het, het in die Nederlandse dagblad Trouw verskyn. Trouw skenk dikwels aandag aan Spiritualiteit. In hierdie onderhoud met hom kom ons kursus in spiritualiteit indirek ter sprake.


Kees vertel van sy besoek aan ons in Bloemfontein en aan sy gesprek met ons oor die mistieke Bybel-interpretasie van Meister Eckhart. Ek onthou hoe ek in voorbereiding van ons kursus saam met hom en sy kollega, Jos Huls gesoek het na gepaste mistieke tekste waarin die bekendste mistici van alle tye die Bybel op ‘n mistieke wyse gelees het. Ons wou deur die praktiese uitleg van die Bybel dat ons studente leer hoe hulle die mistiek verstaan het en hoe hulle in die Bybel mistiek teruggevind het. Daarom het ons uiteindelik stukke gekies uit werke van Augustinus (Belydenisse), Pseudo-Dionusius die Areopagiet, Jan van die Kruis (2 gedigte), Thomas a Kempis (Navoging) en Hammarskjöld (Merkstene).


Maar onder hulle, besef ek terugskouend en uit my eie ervaring van daardie sessie, was dit veral Eckhart se uitleg van Lukas 10 wat aandag getrek het.


Ek onthou ook hoe intens ons saam met die studente gepraat het oor Eckhart se preek oor Lukas 10:38-41 waarin Martha na Jesus kom en vir hom vra of dit hom nie hinder dat Maria by sy voete sit en haar met die kombuiswerk alleen los nie. Natuurlik was die student almal omgeklits dat Meister Eckhart, die groot mistikus, op die ou end vir Martha as die meer volwasse een in haar spiritualiteit uitgelig het. Jarelange lees van die Bybel en kinderlike bewondering vir Maria se verwondering van Jesus het ons gekondisioneer om in Maria die “gelowiger”, “meer toegewyde” suster te sien. Sy sit dan aan die voete van Jesus. Martha, dink ons, arme skepsel, is maar die meer wêreldse een wat in die kombuis werskaf sodat almal versorg is. Hoe kan ‘n mens dan nou geestelik wees in ‘n gewerskaf? Martha se een oog is op Jesus, ja, maar haar ander oog hou bedrywig die wêreldse dinge in die kombuis dop. Dit is mos verdeelde aandag, swakker spiritualiteit.


Eckhart het ‘n boeiende, maar dinamiese uitleg van Martha: sy is, in sy oë, ‘n geestelike mens by uitnemendheid. Maria, vertel hy, is ryk aan geestelike dinge, maar Martha is ryk in geestelike én tydelike dinge. Sy is “besorgd en bekommerd” (Luk.10:41) oor “baie” tydelike dinge. Eckhart beklemtoon dat dit nog glad nie beteken dat die tydelike dinge haar lewe oorheers nie. As ‘n mens mooi kyk na wat Jesus vir Martha sê, is daar geen verwyt nie. Jesus sê nie vir haar op een plek in hierdie gedeelte om haar gewerskaf te los en ook by sy voete te kom sit nie.


Kyk hoe neem Eckhart Martha waar as geestelike volwasse mens: sy werskaf omdat sy ook verlang om Christus te dien. Haar uiterlike aktiwiteit vertel iets van haar nugtere besef dat sy op die manier haar liefde aan die Here betoon. Des te meer, skryf Eckhart, wys sy deur haar besig-wees hoe hoog sy Christus se waardigheid ag – sy wil graag dat Hy goed versorg sal wees.


En, besef ek, tydens die bespreking van hierdie preek in ons kontak-sessie, Eckhart verstaan dimensies van die teks wat dikwels misgekyk word. As ‘n mens die teks lees, sien jy Jesus en Martha as te ware voor jou oog naby mekaar aan die praat in ‘n ernstige, liefdevolle gesprek. Daar is die pragtige “Martha, Martha” waarmee Jesus met haar praat – ‘n duidelike aanduiding van die noue verhouding wat sy en die Here gehad het. En Martha, sien ons, noem hom “Here.” Hy is ook vir haar die Besondere Een met wie sy haar kommer oor haar suster kan deel. Sekerlik is die taal wat hierdie twee mense praat, ‘n aanduiding van vertroue, liefde en toegeneentheid tot mekaar.


Wanneer Martha vra dat Maria kom help, vervolg Eckhart, is dit nie ‘n verwyt wat sy teenoor die Here uiter nie. Sy wil eerder uit liefde dat Maria nie in haar toestand van vrede en vervulling by Christus vasval nie. Maria, besef sy, is in ‘n mistieke ekstase. Sy sit in verlange en leer van Jesus. Sy smag om meer te weet. Martha weet - een of ander tyd sal haar geestelike verrukking in die gewone lewe uitgetoets moet word. In die alledaagse lewe sal sy ontdek wat dit beteken om die Here lief te hê. As ‘n mens aan die voete van Christus sit, skryf Eckhart, smag jou hart verlangend na Hom. Hier by Hom voel ‘n mens goed, geborge en veilig. Later in sy preek sou Eckhart ook duideliker waarsku dat ‘n mens Christus kan opsoek bloot ter wille van hierdie “aangename” ekstatiese gevoel. Dit is selfsug. Om ekstaties by Christus te wees, is wonderlik en goed. Maar dit moet nooit ten koste van die leersskool van die lewe wees nie. Wanneer ‘n mens op reis gaan, ontdek jy tydens jou reis die teenwoordigheid van God. Ook in die leersskool van die lewe is jy “tuis” by God.


‘n Mens moet nie net verlang om meer van Jesus te leer nie, soos Maria, maar jy moet kan groei tot die gretigheid om die Here te “dien”, soos Martha.


Weer besef ek, toe ons so praat oor die eksegese van Eckhart, dat ‘n mens hierdie verhaal in die groter narratief van die Jesus-geskiedenis moet inpas: Maria, nou aan die voete van Jesus, in mistieke ekstase, sou na sy dood en opstanding die harde lewe in die oë moet kyk. Daar sou sy in die leerskool van die lewe agterkom dat ‘n mens God as jou reisgenoot op ‘n nuwe, ander manier kan leer ken en moet dien.


Op een plek skryf Eckhart helder oor Markus 10:41 waar Jesus sê: “maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” Eckhart lees hierdie vers so: ¨Martha was bang dat haar suster in behaaglikheid en soetigheid sou bly steek en sy wens dat Maria sou word soos sy is. Daarom sê Christus vir haar: ‘Wees gerus, Martha, ook sy het die beste deel gekies. Ook hierdie situasie waarin sy nou is, sal verander. Die hoogste wat iemand ten deel kan val, sal ook haar deel word. Sy sal salig word, soos jy!”


In sy onderhoud met Trouw (wat hieronder volg), probeer Waaijman nie sê dat almal wat Maria opgehemel het, die teks “verkeerd” verstaan het nie. Hy beklemtoon dat daar genoeg ruimte in die teks is vir Eckhart om sy siening uit te werk. In hierdie opsig sluit hy aan by belangrike nuwe hermeneutiese posisies wat beklemtoon dat ‘n teks altyd “gate” het wat deur die leser van daardie teks “gevul” word en lei tot ander, nuwe interpretasies van die teks.


Ek dink sedert daardie kontak-sessie, verlede jaar in April, dikwels aan hierdie verhaal. Op een of ander manier het daardie kontak-sessie my geraak en verander. Dit was eintlik aangrypende insigte – oor Martha wat die Here dien in die harde leerskool van die lewe. Maria, wat die Here ekstaties beleef terwyl sy aan sy voete sit. Sekerlik het Maria op daardie oomblik die regte, belangrike ding gedoen – om naby Christus te bly. Op daardie oomblik. Want van toe af, toe die besoek van die Here oor was, sou sy op ‘n reis langs die Kruis-pad loop waar daardie mistieke oomblikke by haar sou bly en haar gedurig sou versterk. Sy sou beslis uiteindelik word wat haar suster lank voor haar was – die een wat die Here in hierdie wêreld deur ‘n gewerskaf sou dien.


Hier is die onderhoud van Kees Waaijman in vandag se Trouw waarin hy op ‘n paar vrae antwoord, maar ‘n hele klomp boeiende temas aanraak. Ek hou nie net van die feit dat hy beklemtoon dat ‘n mens uiteindelik die meeste tuis is in jou “eie” spiritualiteit nie, maar ook dat hy daarop wys dat spiritualiteit nie te doen het met ‘n sacrificium intellectus nie. Trouens, spiritualiteit eis juis die mens se intellektuele gawes ten volle op.

Hier is dit dan (die antwoorde van Kees is in "aanhalingstekens" :


Nieuws
12 Februari 2010
Monic Slingerland
’Waardeer de eigen spiritualiteit’
Ook vage spiritualiteit, van het kaliber ’boeddhabeeld van de Blokker’ is spiritualiteit, zegt hoogleraar spiritualiteit Kees Waaijman. „Men vlucht naar de oosterse tradities, omhelst die als in kalverliefde en staat negatief tegenover de eigen traditie." Vrijdag neemt hij afscheid.

Kees Waaijman legt zijn handen plat op tafel. Aan de rechter zijn de nagels lang, aan de linker kortgeknipt.

Het afscheid nadert voor hem als hoogleraar spiritualiteit aan de Nijmeegse Radboud Universiteit. Ook als directeur van het Titus Brandsma Instituut maakt Waaijman plaats voor een opvolger. Na dat afscheid (dat vandaag plaatsvindt, red.) gaat hij zich als wetenschappelijk medewerker weer aan de Psalmen wijden, het bijbelboek dat hij al intensief bestudeerde. Voor hij verklapt welke zijn lievelingspsalm is, maakt hij zelf alvast de grap die zijn collega’s met plezier debiteren: dat Kees Waaijman een voorkeur heeft voor de 150 mooiste psalmen.

Maar toch is er één zijn favoriet. De langste, psalm 119.

„Omdat”, en Waaijman kijkt naar zijn handen, „omdat die 176 verzen lang atonaal is. Er staan acht sleutelwoorden in, maar geen ervan geeft een dominant aan. Zo is het ook bij atonale muziek, van Schönberg bijvoorbeeld.”

Als Waaijman erbij vertelt dat hij klassiek gitaar speelt, wordt duidelijk waarom zijn nagels zo geknipt zijn, maar ook waar de vergelijking met de muziek vandaan komt.

Atonaal, en niet polyfoon, zoals bijvoorbeeld bij Bach, waarbij de verschillende stemmen samen klinken en allemaal even belangrijk zijn?

„Bij polyfonie rijst er een harmonie op die wijst op een goede afloop. In atonale muziek is die harmonie er niet. Het mooie van psalm 119 is dat die een veelheid van tradities laat zien. Als lezer vraag je je af wie die ’ik’ is, die in psalm 119 aan het woord is. Die ’ik’ gebruikt woorden als ’Woord’ en ’Tora’, de vijf boeken van de oorspronkelijke joodse Bijbel, maar het is de vraag, met welke Bijbel die ’ik’ bezig is. De ik die in deze psalm aan het woord is, probeert verschillende tradities naar elkaar toe te denken. Maar het is geen rommeltje, die psalm.

„Het zijn strelingen, 176 strelende verzen. Hoe streelt jouw woord mijn gehemelte, luidt een ervan. Die psalm, waar ik al een jaar in gezeten heb, streelt mij zoals de roskam het paard, een beeld uit mijn jeugd in de Haarlemmermeer. Ik zag de daggelder, de knecht die per dag betaald kreeg, het paard rossen, met langzame halen. Het paard werd er rustig van en het ging glanzen. God is de daggelder, de psalm de roskam, en ik ben het paard. Bij het lezen van deze psalm probeer ik mij op de juiste manier te laten strelen.”

Bij spiritualiteit denken mensen tegenwoordig ook aan dat fijne gevoel dat ze krijgen bij het kopen van een boeddhabeeld bij Blokker (‘n winkel soos Clicks - Pdev). Uw vak, spiritualiteit, is nogal veranderd, sinds u ermee begon, veertig jaar geleden. Hoe ziet u die veranderingen?

„De academische spiritualiteit is als vak verkokerd en versplinterd. In mijn afscheidscollege doe ik daar een suggestie over. Buiten de universiteit, dus in het veld, is in de spiritualiteit een vaagheid en een breedte gekomen.

„Bij die breedte moet je oppassen dat je niet gaat denken dat dat niet goed is. Ook vage spiritualiteit is spiritualiteit. Van slechte kwaliteit misschien, maar je kunt niet zeggen dat het er niet is.

„Net als met slechte seks, of seksuele aberraties. Dat is er en al heeft het weinig kwaliteit, of wijkt het af van wat wat gangbaar is, het valt wel onder de noemer seksualiteit. Je moet daar niet lelijk over doen, net zomin als we lelijk moeten doen over slechte spiritualiteit. Die had je net zo goed in de woestijn, in de eerste eeuwen van het christendom.

Ik zie wel een ontwikkeling waarin men onkritisch anti-traditioneel is. Men vlucht naar de oosterse tradities, omhelst die als in kalverliefde, en staat negatief tegenover de eigen traditie.”

Is dat pijnlijk voor u?

„Pijnlijk? Een uitdaging. Kalverliefde, het zwijmelen, dat kun je niet overslaan, dat hoort er ook bij.

„Ik denk, terugkijkend op de ontwikkeling van de afgelopen veertig jaar, dat we in de spiritualiteit de breedte moeten houden, en die combineren met diepte. Die breedte is er, ook al vind ik dat misschien niet leuk.

„Wel zou ik daarover willen zeggen dat intolerantie en geborneerdheid niet voorbehouden zijn aan de eigen, inheemse tradities. Zo was ik een keer bij een groep boeddhisten om over de spiritualiteit van Johannes van het Kruis te spreken en ik voelde me een vreemdeling.”

Waardoor voelde u zich een vreemdeling?

„Ik voelde consensus bij de anderen en ik deelde die niet.”

Waarbij voelt u zich dan wel thuis?

„Ik woon in de psalmen.”

Kan iemand als u, die zo doordrenkt is van bijbelse spiritualiteit, wel als objectieve wetenschapper met dit onderwerp aan de slag?

„Ik vond het aan het begin van mijn opleiding, ik was achttien, schokkend om de bewering te horen dat er zogenaamd objectieve kennis bestaat zonder subject. Ik vroeg me af, wie dat bedacht had. Je kunt niet buiten schot blijven, je kunt pas wat zien als je ergens staat.

„Studenten die spiritualiteit bestuderen, veranderen erdoor. Dat is niet te vermijden. De filosoof Paul Ricoeur zegt het al: lezen is omvormen. Je houdt geen droge voeten. Je moet altijd een standpunt kiezen, maar uitgangspunt is dat er geen bevoorrecht standpunt is. Er is veelstemmigheid, er is een Picasso-achtig perspectief als in de schilderkunst. Geen bevoorrecht standpunt. Dat geldt ook voor het kijken naar God.

„Mystiek, dus spiritualiteit van hoge kwaliteit, rammelt aan je standpunt. Mystici ondermijnen je hechte positie. Degenen die niet gewend zijn te bewegen, voelen dan angst.

„Als je voor een huis staat, zie je dat op een bepaalde manier. Loop je naar de zijkant, dan ziet dat huis er anders uit. Je moet wel bij het huis staan om het te kunnen zien.

„Als iemand zegt dat hij psalm 119 begrijpt, dan kom ik even langs, om het tegendeel te zeggen van wat die ander vertelt over deze psalm.

„Bij de academische studie spiritualiteit leren we studenten teksten kritisch te lezen. En hun ontwikkeling academisch te begeleiden.

„Ik ben net terug uit Zuid-Afrika van een serie colleges spiritualiteit, in Bloemfontein. Wat ik geprobeerd heb duidelijk te maken, is dat er ook bij het lezen van de Bijbel geen bevoorrecht standpunt is. We luisterden naar de uitleg van Eckehart, de mysticus, van het verhaal van Martha en Maria, die Jezus op bezoek krijgen. Maria gaat aan de voeten van Jezus zitten luisteren, Martha is druk bezig in huis. Wie is er volwassener? Martha zegt tegen Jezus: ’Hindert jou dat niet?’ Namelijk dat Maria aan zijn voeten zit. Na enig zoeken kun je die vraag op verschillende manieren opvatten.

„Eckehart legt uit dat Martha de volwassene is. Die is dat standpunt van zwijmelen, wat Maria doet, al voorbij, die is alweer aan het werk. Zo komt er ruimte in de tekst.”

Voor u is de bijbelse spiritualiteit belangrijk. Aan het begin van het gesprek zei u dat u het betreurt dat er zo onkritisch negatief gedaan wordt over de eigen traditie. Is er voor u dan niet toch een bevoorrecht standpunt: dat van de bijbelse spiritualiteit?

„Twintig jaar heb ik joodse mystiek gegeven, maar ik ben geen jood. Iedere ochtend luister ik bij ons in huis naar een psalm, iedere avond ben ik er bij de eucharistieviering. De christelijke traditie, in het bijzonder de karmelitaanse, dat is voor mij de speelruimte van waaruit ik naar buiten kijk. Daar hoor ik, daar ben ik thuis.

„Je merkt dat ik de vraag ontwijk. Ik merk bij mezelf een ingebouwde reflex om waar ik woon, dat niet te verheerlijken. Zo’n vorm van bescheidenheid, kun je wel spiritueel noemen.”

Is die ingebouwde reflex, of die bescheidenheid, typerend voor christelijke spiritualiteit?

„Ik wil daar alleen voorzichtig iets op zeggen. Ik wil niet verder gaan dan dit: het is niet goed voor jezelf, negatief te staan tegenover je eigen wortels. „Laten we investeren in spiritualiteit van hoge kwaliteit. Ik heb , als een intuïtieve sprong, daarvoor een afscheidscollege geschreven.”

Is intuïtie voor spiritualiteit van hoge kwaliteit belangrijker dan intelligentie?

„Geen wetenschap kan zonder intuïtie. In de academische bestudering van spiritualiteit, zoals we hier doen op het Titus Brandsma Instituut, is ook berekening nodig, al was het maar bij het schrijven van een wetenschapsplan.

„Als je kijkt naar het werk van Eckehart, dan zie je daarin een scherpte van intellect en een diepte van intuïtie. Ongekend. Of neem Johannes van het Kruis: zo’n helderheid van geest, zo’n redeneervermogen, naast een contemplatieve intelligentie.

„Die hoge spirituele kwaliteit zit ook in onze eigen Moderne Devotie, met Thomas van Kempen. Die is lang veronachtzaamd. Want het kwam maar uit Salland. Daar heb je het weer: ik pleit voor meer oog en waardering voor onze eigen spirituele traditie. Weet je dat we kromgelegen hebben van het lachen, bij de droge humor van Thomas van Kempen, in zijn ’Navolging van Christus’?”

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive