Thursday, November 08, 2012

Die grootsheid en die treurighede van ons geskiedenis. Oor Luther se 500 jaar.

In 2017 sal dit 500 jaar wees sedert Luther sy hervormingsaksie begin het. 

Dit was 'n aksie wat die godsdienstige aangesig van die wêreld vir altyd sou verander. 

Duitse Protestante, die nasate en die naaste aan Luther, sal die geleentheid met 'n "jubileum" vier, berig Trouw se artikel (hier onder). 

In Duitsland, het ek dikwels ervaar, is die afstand tussen Protestante en Rooms-Katolieke groot. Die vooroordele loop sterk. Die onmin van eeue terug, sit nog in sekere opsigte en broei net onder die oppervlakte. Die wantroue wat dit opgeroep het, is nog lank nie iets van die verlede nie. Aan albei kante ly nasate van die hervorming en nasate van hul opponente nog onder die verlede. 

Hiervoor moet 'n mens sensitiwiteit hê. En dit beteken dat daardie 500-jarige herdenking 'n kwessie is.

Sommige mense uit Rooms-Katolieke kringe dink die woord "jubileum" het 'n spesifieke kerklike betekenis wat nie in die konteks van 'n Luther-herdenking sou pas nie.

Maar jubileum is inderdaad 'n sterk woord. Hoe "vier" 'n mens jubilerend 'n daad wat die kerk geskeur het en mense vir eeue in kampe sou verdeel? 

Maar dan, hoe onthou 'n mens sonder respek en selfs verwondering Luther se dapper, byna heldhaftige verset teen die korrupte, manipulerende godsdienstige misbruike van sy tyd? En hoe onthou 'n mens nie Luther se sukses om gewone mense die Bybel te laat lees, ook in hul taal? Wat van Luther se bemagtiging van die gewone lidmaat en sy nodige bevraagtekening van 'n kerklike hiërargie?  En, nog sterker, wat van die vele mense wat oor hul gewetenstrou onder die hande van die kerklike magslui gesterf het?

Ons moderne wêreld is eintlik ondenkbaar sonder die invloed van die Reformasie.
 
Des te meer is dit 'n spesiale geleentheid om te bedink - ook omdat vele van Luther se insigte deesdae selfs in Rooms-Katolieke kringe aanvaar word. 
 
In ons tyd, met sy ontkerkliking, maar ook in sy bevraagtekening van ou kerklike strydpunte, is sulke herdenkinge 'n merker van identiteit en 'n getuienis na buite. Immers, ons leef in 'n Europa waar die bondskanselier van Duitsland nog tyd inruim om met die Protestantse kerk in gesprek te tree.

In so 'n moeilike, sekulariserende tyd, sal dit sinvol wees om mooi te hoor wat die bondskanselier aan die kerke vra: bedink dit hoe om saam hierdie historiese geleentheid in gedagtenis te herroep. Sy, self 'n protestant, weet seker beter as almal dat dit 'n moeilike versoek is - vir beide partye. 

Maar dit maak sin. Die geskiedenis is soms die ruimte waarin mense die bande met mekaar breek. Maar die geskiedenis kan ook onthou van tye dat hardgeworde, ou vyandskappe omgekeer kon word.

Daarvoor is 'n geestelike instelling nodig.   Dit vra om oor vele aspekte na te dink:

Kan 'n mens, ook in die oë van buitestaanders, so 'n historiese geleentheid vier op 'n sinvolle, verrykende manier? Op watter maniere kan die herdenking van Luther se werk transformatief op die kerk en samelewing werk? Hoe voed dit 'n mens se verhouding tot God, maar ook tot ander - insluitende Luther se bitter vyande? Hoe vier 'n mens so 'n hoogs verdelende geskiedenis dat 'n mens ook die vroeëre teenstanders se  menslikheid erken en eerbiedig?

Hier is die artikel:


Duitse bondskanselier Angela Merkel maant protestanten en rooms-katholieken om samen toe te werken naar de herdenking van Maarten Luther. Het Reformatie-jubileum, dat plaatsvindt in 2017, zorgde al op voorhand voor verdeelheid.
 
De rooms-katholieke kerk liet onlangs weten weinig behoefte te hebben om de gevolgen van de Reformatie te vieren. In 2017 is het 500 jaar geleden dat de Duitse monnik zijn 95 stellingen op een kerkdeur spijkerde en min of meer de grootste kerkrevolutie uit de geschiedenis inluidde.

Protestanten zijn van plan om feestelijk terug te kijken. Rooms-katholieke bisschoppen beschouwen het jubileum echter vooral als een markering van vijfhonderd jaar kerkscheuring. Een Vaticaans voorstel om beide kerken een schuldbekentenis te laten opstellen kon in protestantse kring op weinig sympathie rekenen.

'Er is sindsdien veel veranderd'
Bij een bezoek aan de synode van de luthers-evangelische kerk (het grootse Duitse protestantse kerkverband) stelde Merkel deze week dat kerken moeten benadrukken wat hen verbindt.

'Ik heb geleerd dat in combinatie met de Reformatie zelfs het woord 'jubileum' voer voor discussie kan zijn', tekende Reuters uit haar mond op. Rooms-katholieken vermijden de term 'jubileum' liever, omdat het in kerkelijk jargon een andere connotatie heeft.

De Hamburgse bisschop Werner Thissen sprak in een reactie de hoop uit dat de kerken tot een oplossing kunnen komen. Volgens Thissen is er 'sinds Luther bijzonder veel veranderd'. Het Tweede Vaticaanse Concilie, een reeks kerkvernieuwingen die vijftig jaar geleden zijn doorgevoerd, zou daarvan getuigen.

Blog Archive