Dit
is lekker om die onderstaande liefdesgedig van I.D. du Plessis te lees sonder
om te veel kritiese vrae te vra.
Dit
is ‘n liefdesgedig. Tydloos. Roerend. Liries.
Terwyl
ek die gedig lees, besef ek tog ook dat dit ‘n mistieke karakter het.
Hoe
dan anders? As dit oor die liefde gaan?
Die
gedig praat van innige verlange na
die ander. Die digter praat intiem, verlangend met die een sonder wie hy nie
meer kan bestaan nie. Die gedig is ‘n roep, ‘n uitgestrekte hand na die ander
een…
Die
digter se belewenis skuif weg van homself en fokus op die geliefde. Die ervaringskern is anders as voorheen. Vroeër kon
hy baie ander dinge hoor as hy na wind en water luister. Maar nou, hoor hy in hulle net
een ding: die geliefde wat in wind tot hom praat. Alles is ingestel op die
geliefde. Hy tob nie oor homself nie, bedink nie sy eie dinge nie. Die kern van
sy ervaringswêreld is nou buite hom.
Daar
is ekstase – die digter wat homself
“oorgee” aan die geliefde en dit gebeur “onvoorwaardelik.” Daar is die heel
intense belewenis: die “verheerlik deur my drome.” So mooi, so spesiaal is die
geliefde – ‘n mens verloor jou in haar.
Daar
is die niks-wees van jouself sonder
die ander. So kompleet vind die oorgawe plaas dat dit die digter selfs laat
vrees dat die "nietiging", die niks-heid in vergelyking met die grootsheid van die ander, “vernietiging” sal word. Sy siel, dig hy, het selfs sy krag
verloor as hy nie by die geliefde kan wees nie.
Die
digter is passief, die geliefde werk
direk op hom in: Voorheen het hy hom
oorgegee – nou is dit “jy wat tot my fluister, wat aangesweef kom.” Hy het
uitgereik, maar nou kom die geliefde na hom. Hy word deur die geliefde geraak. Die geliefde kom in sy innerlike binne.
Daar
is eenwording wat kontinu gebeur:
die digter vind homself in die geliefde – “slegs in jou” vind ek my.
Die
geliefde se inwoning is duidelik: jy
fluister tot my, kom aangesweef. Die geliefde is altyd daar, ‘n ewige
teenwoordigheid, ‘n nabye gespreksgenoot. So sterk en blywend is die geliefde teenwoordig,
dat die innerlike lewe van die digter ondenkbaar geword het daarsonder.
Daar
is ook die vereniging en wedersydsheid met
die ander: in die geliefde vind die digter homself weer. Oor en weer vorm hulle
‘n eenheid, vind hulle ‘n rusplek in mekaar.
Ek
kyk na die rympatroon: daar is drie groepe van vier strofe’s. Die eerste en
derde, tweede en vierde strofe’s rym. Maar in die eerste groep van vier ry, die
derde reël gebeur dit nie. Die rym is daar tot niet. Die “vernietiging” waarvan
die reël praat kom dus selfs in die vernietigde rympatroon na vore. Die vorm van die gedig sluit op die manier aan by sy inhoud.
En
terwyl die eerste twee groepe stomp eindig (met “vir my kan wees” en “sy krag
verloor”), is die slotstrofe ‘n sonore: “Kan ek myself weer vind.” Weer is die vorm van die gedig meesleurend, betowerend.
Hoe
vervullend, betekenisvol, is die liefde uiteindelik tog.
Sonder
die liefde is daar net vernietiging en kragteloosheid. In die liefde vind ons
ons egte self. Dis ironies: juis deur jouself vir die ander te gee en in die ander te verloor, kom jy tot jou volle bestemming.
Hier
is die gedig:
Ek het my aan jou
oorgegee
So onvoorwaardelik
dat ek soms vrees
Vernietiging is al
wat daar uiteindelik
vir my kan wees;
Want voorheen kon ek
in die fluistering
Van wind en water
ander dinge hoor:
Nou het my siel in
stille mymering
Sy krag verloor.
Dis jy wat tot my
fluister in die bome
En aangesweef kom op
die wind;
En slegs in jou,
verheerlik deur my drome,
Kan ek myself weer
vind.