Die vaevuur is vir die meeste Protestantse gelowiges besonder vreemd.
Dit was ‘n belangrike motief in die Middeleeuse Rooms-Katolieke kerk waarvolgens sommige gelowiges wat nie direk hemel toe is nie, in ‘n tussentoestand verkeer. Daar word hulle vir die hemel voorberei deur van hul sondes gereinig te word.
Later, veral in die tyd van Luther, kon 'n mens deur sekere betalings vir mense verlossing uit die vaevuur koop. Daar het 'n fyn uitgewerkte sisteem van aflate ontwikkel waarvolgens vergewing vir sekere sondes deur 'n vasgestelde geldelike betaling gekoop kon word.

Sommige Protestante aanvaar sekere variasies op die tema: Iemand soos John Wesley het geglo dat mense na hul dood in ‘n
tussentoestand verkeer waarin hulle in heiligheid kan groei.
Dit was egter die uitsondering. Meestal vind Protestante die gedagte nog vreemd. Luther se sterk invloed
is duidelik te sien in die algemene opvatting dat aflate en die vaevuur niks anders was as
'n sisteem van gierigheid en korrupsie in die kerk nie.
'n Mens wonder soms hoe sulke praktyk ooit in die kerk ontstaan het. En in die geval van die vaevuur word dit 'n verrassing om die wortels daarvan na te gaan. Die gedagte van ‘n
reinigende vuur na ‘n mens se dood is een van die oudste gedagtes in die
vroeë Christendom.
Daar was selfs vir sommige 'n duidelike Skrifbasis daarin. Kerkvaders verwys veral na 1 Korintiërs 3:10-15 waar daar sprake is van iemand wat deur vuur heen gered sal word. Groot name soos Augustinus, Origines en Gregorius van Nissa het in hierdie rigting beweeg.

Die eintlike
ontwikkeling van die vaevuur het later gekom toe sekere Bybellesers op grond
van die apokriewe boek van 2 Makkabeërs 12:42-46 gedink het mens kan iemand se
lot na die dood verbeter deur vir hulle te bid. Deur vir hulle te bid, kan ‘n
mens sulke dooies se lyding, waardeur hulle gesuiwer word, verkort.Vir die Protestantse gelowiges was dit nie so 'n oortuigende argument nie omdat 2 Makkabeërs nie as 'n kanonieke boek beskou is nie. Tog was dit vir die Rooms-Katolieke kerk wel gesaghebbend.
Ander aksies om vir die dooies in te tree het mettertyd bygekom: Priesters het vir die dooies spesiale misse gesing. Mense het vir hulle gebid,
aalmoese gegee en gevas.
Sommige het selfs lyding op hulle geneem om die dooies se lyding in die vaevuur te verkort.

Newman skryf dat agter hierdie intrede vir die dooies, wat later sulke korrupte vorme aangeneem het, was daar eintlik 'n spirituele dimensie. Die intrede vir
die dooies is byvoorbeeld bepaal deur die gedagte dat ‘n mens omgee vir ander, dat jy
jou inleef in hulle situasie en lot en dat ‘n mens jouself opoffer vir hulle.
Daar is ook 'n sterk sin vir gemeenskaplikheid in hierdie vaevuur-gedagte: Mense het hulle geliefdes as deel van die Liggaam van Christus gesien. Deur vir ander te ly, deel jy met hulle hul lot as mense wat steeds deel van die Liggaam van Christus is. Jou lyding het as te ware vergoed vir die lyding van ander wat deel is van die Christus-gemeenskap.
Daar is egter ook 'n ander boeiende dimensie: mense wat deur hulle lyding een geword het met die dooies in die vaevuur, het daardeur sin in hulle eie, dikwels baie swaar lyding gevind. In die Middeleeue was siek mense meestal in uiterste wanhoop, want genesing was nie altyd so maklik te vind nie. 'n Mens se lyding word dan vir jou 'n manier om ander te help. Jou ellende word skielik iets goeds waardeur ander baat. Jou swaarkry wat jou andersins sou oorweldig het en waardeur jy jou eie menslikheid heeltemal sou kon verloor, kry skielik 'n altruïstiese karakter. Jy ly tot voordeel van ander.
Luther het gereageer teen 'n korrupte sisteem van aflate wat hierdie geestelike dimensies totaal geruniëer het. Daar was niks meelewends en opofferends aan die latere sisteem van aflate koop nie. Tog bly dit 'n uitdaging om te verstaan waar hierdie sisteem vandaan gekom het en waarom dit so 'n vaste deel van die kerk se erfgoed geword het. Deur te soek na die spirituele dimensies daarvan in die tyd voordat dit verwring en bespotlik gemaak is, ontdek 'n mens watter geestelike waardes vir die kerk altyd belangrik was, al stem 'n mens nie altyd saam met die manier waarop hulle hierdie waardes uitgedruk het nie.