Ek loop gister heel onverwags hierdie boeiende gedig, gelaai met lewenswysheid van Leipoldt raak.
Ek verlustig my aan sy retoriese hantering van die ouderdomsverdriet ("die kers wat uitbrand tot die blaker-blik"). As die jare aanstap en die tamheid wil toeslaan, word 'n mens "verkwik" wanneer 'n mens dink aan wat die moontlikhede is wat die lewe tog nog in die laaste tydjie oor 'n mens se pad kan bring.
En ek kyk fyn na sy gebed om besieling - om met sy daaglikse arbeid "voort te werk" totdat U Dood (hoofletter D) my "sus." Die dood sus ons in God se goedertierendheid in.

Maar dit is die mistieke aard en slot wat my bybly. Die klem in die gedig is gedurig op "U". Dit is 'n intense soeke na God, na eenwording.
En dan: Die digter se laaste strofe is 'n smeekgebed om kinderlike verwondering. In die voorafgaande dele is dit nugter lewenskuns. 'n Mens moet bly doen wat jou hand vind om te doen. Maar in die laaste strofe volg die verrassende nuwe moment. As 'n mens oud is, moeg wil raak, is dit die meeste waarna 'n mens kan verlang: om in wat 'n mens op aarde vind, God se skoonheid te kan aanskou.
Die verlange na kontemplasie.... Niks meer swoeg, nugtere werk nie, maar pure verwondering.

Julle ou mense sal drome droom...
Nog 'n voorbeeld van mistieke digkuns in Afrikaans. Maar meer nog - om te dink Leipoldt noem dit 'n Kersnaggebed! Geen wonder - verwonderende lig deurtrek die gedig.
Iemand skryf in my bundel naas die gedig die kommentaar: "Een van die treffendste godsdienstige werke wat ons het."
Ek het 'n kosbare kersgeskenk ontvang toe ek onverwags, gisteraand, op hierdie gedig afgekom het.
Kersnaggebed
Bedaar, O Heer, die harstog wat tot haat
Teen broer en buur wil opbruis as ek vind
‘n Vriend nie meer tot vriendewerk gesind,
‘n Maat van ouds nie meer my troue maat;
Skenk my die krag om, wat ook wissel en kwyn,
Die jare deur as mens getrou te bly,
En sonder trots en sonder huigelary
My plig te doen voordat my dag verdwyn;
Leen my die kennis wat my spoor tot klim
Uit bo die kranse van onwetendheid;
Sodat U skepsel, tot U diens gewyd,
Die lig kan raaksien waar die waarheid glim;
Nie om verwaand te spog met wat ek win,
Nog om verwend my kennis voor te stel
As iets alwetend, maar op U bevel
En om wat U gegee het te ontgin;
Die las van jare, ouderdomsverdriet,
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.