Markus se Evangelie praat oor Jesus in hoë taal: Hy is “die Seun van God” wie se evangelie Markus opteken (Mk.1:1). In Markus 15:39 herken die hoofman oor honderd Jesus wanneer hy sterwe as die “Seun van God.”
Maar dit is op die berg van verheerliking dat Markus praat oor ‘n besondere oomblik in Jesus se lewe. Jesus se gedaante verander voor hulle: sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie (Mk.9:3). En dit is op die berg dat ‘n stem uit die wolk kom en sê:
“Dit is my geliefde “Seun.” Luister na Hom” (Mk.9:7).
“Dit is my geliefde “Seun.” Luister na Hom” (Mk.9:7).
Op die berg deel Jesus voor sy dissipels vir ‘n oomblik uitdruklik in God se heerlikheid. Hy word getransformeer. En dan hervat hy weer, na die mistieke oomblik, na hierdie vereniging met God, sy lewe.
Altyd weer het mense Jesus ontmoet, ervaar en dan teruggedeins voor sy uniekheid en andersheid. Hulle was in ontsag voor Hom, gedurig aan die vra wie Hy is. Hy was die Seun van God wat mense konstant n verwondering gehad het.
Mense was egter ook aangetrokke tot Hom en het graag sy dissipels geword. Maar Jesus was ook tot hulle aangetrokke: hy wou nie net by hulle wees nie, maar het Hom volledig aan hulle gegge. En dan kom daar die belangrike oomblik in die teks as Jesus sy liggaam aan hulle gee. Hulle kry deel aan hierdie goddelike figuur, die seun van God, die verheerlikte (Mk.15:12-26).
Hoe vrygewig. Hoe mededeelsaam. Hoe omvattend hieride drang om jouself aan ander te gee. Net iemand met ‘n goddelike liefde kan dit doen. En, natuurlik ook, net mense wat in die goddelike liefde geanker is, kan Jesus dit nadoen.
Intiemer kan dit nie. ‘n Mens huiwer voor hierdie beeld van God wat onselfsugtig, nederig, na mense kom en Hom volledig met mense verbind.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.