In die opstandingsverhaal in Johannes 20 is daar hierdie driedubbele vertelling:
1. Eers gaan die geliefde dissipel tot by die leë graf, loer in die graf en sien die doeke lê.
2. Petrus, die groot een, kom ná hom by die graf aan (vers 6). Hy gaan in die graf in en sien ook die doeke lê.
3. Toe gaan die geliefde dissipel in die graf, waar Petrus ook was. Hierdie geliefde dissipel sien en – glo.
Johannes doen dus wat Petrus nie doen nie. Al wat hy sien is doeke en leegheid. En tog glo hy. Hy het op daardie oomblik geweet – Jesus is by God, hier is God aan die werk.
As Johannes kon glo, sonder dat hy Jesus gesien het, waarom kon Petrus nie ook glo nie? Hy het tog ook die leë graf gesien. Petrus het alles tog net so beleef.
Om die leë graf te sien, waarborg nog niks.Om al die feite tot jou beskikking te hê....
Miskien is daar tog ‘n diepe verborgenheid in die naam wat die skrywer van die evangelie vir homself toeëien: Hy is die “geliefde” dissipel.
Paulus het immers geskryf : die liefde glo alles....
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.