Friday, November 30, 2012

Om die Bybel te bid.



Wanneer Paulus en Johannes verslag doen aan die gemeente oor hul mishandeling deur die Joodse Raad en die pogings om hulle stil te maak (Hand. 4), begin die gemeente tot God bid.
Dit is hulle eerste reaksie. Om tot God te bid.
'n Mens kan jou inleef in hierdie situasie: wat gaan hulle vir God sê? Wat sal hulle bid? Waaroor gaan hulle met God praat? 
In hulle gebed haal die gemeente aan uit Psalm 2:1-2: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink? Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.  
Wanneer hulle met God praat, gebruik hulle eeu-oue woorde van koning Dawid. Sy stem klink in hulle ore op en word die woorde van hulle mond.
Gebed is om in die Skrifte te leef. Dit sien ‘n mens dadelik by hulle.
In hulle gebed “lees” hulle die Bybel (lectio).
Hulle herinner as te ware vir God met die begin van hulle gebed aan hierdie verse. Wat Dawid (Hand 4:25) voorspel het, het vir hulle dus waar geword.
Die Bybel word die skatkis waar hulle gaan soek om hul omstandighede te hanteer.
Hulle weet, 'n geestelike reis put sterkte uit die geselskap waarin jy verkeer. En vir hulle, op hulle geestelike reis, is die Bybel hulle geselskap. Saam met die gelowiges van alle tye, kom hulle tot God.
Hulle hoor hoe Dawid se stem oor die eeue heen tot in hulle tyd met hulle praat.
Spontaan verplaas hulle hulself in ‘n Skrifwoord wat lank voor hulle tyd gepraat is.
So teken Lukas die gemeente: ‘n Bybellesende klomp mense wat vanuit hulle eie situasie die Bybel lees. Hulle weet van die teks. Hulle ken en onthou dit. Die teks het vir hulle lewe, dit spreek tot hulle, dit kom dadelik in hul gedagtes op wanneer hulle hul slegte ervaring met die Joodse Raad het.
Dit is die geheim van Lectio divina: om vanuit die Bybel te leef – op so ‘n manier dat die woorde daarvan jou woorde word.
Spiritualiteit hou altyd sy oor naby aan die geloofservaring van die vroeëre geslagte: hulle het ‘n pad met God geloop en hulle het in goeie of slegte tye wysheid gevind om te volhard. Om te bid, beteken om saam met die geloofsgemeenskap van alle tye te wees, om "eendragtig" (Hd. 4:24) uit hulle wysheid en lewenservaring te put. Gebed groei as te ware uit  mense se gemeenskaplike reis met God.
Die gelowiges in die vroeë kerk “bid” die Bybel. Dit is nie ‘n “studie” van die Bybel nie. Of ‘n "ontleding" nie. Dit is ‘n boek wat lewe in hul harte. Hulle ken dit, brein, hart en mond. Hulle neem die woorde in die mond, proe dit, praat dit, luister daarna en stort dit dan voor God uit. Dit word hulle  manier om te begin bid.
Hulle weet immers: in Dawid se woorde herken hulle die nabyheid van God. Dawid, die bidder, het al die pad geloop. Om naby Dawid te bly, om sy woorde te bid, is om naby God te wees. 
Dit is die tweede spirituele dimensie wat ons in die teks van Handelinge 4:23-31 herken. Die eerste dimensie het ons aandag gevestig op hulle voorveronderstelling: hoe het hulle oor God gedink. Hier sien ons wat hulle tot God bid. Hulle bid Bybel.

Thursday, November 29, 2012

Gebed as totale afhanklikheid. Oor die gebedshouding.


Handelinge 4 vertel hoe Petrus en Johannes, die Joodse dissipels van Jesus, voor die Joodse Raad verskyn om ondervra te word oor die genesing van die man by die Skonepoort.

Welsprekend reageer Petrus en Johannes op die moeilike Raadslede se dreigemente dat hulle moet ophou om oor Jesus te getuig. So oortuigend praat Petrus (vervul met die Heilige Gees volgens Hd. 4:8) dat die mense God verheerlik oor die wonder en dat die Raadslede hulle moet vrylaat. 

Hulle gaan terug na hul eie mense om oor die ondervraging verslag te doen.

Dan, in Handelinge 4:24-31, word vertel hoe die gemeente saambid in reaksie op die gebeure. 

Welzen het oor die gebed ‘n pragtige Spiritualiteitsontleding gegee. Hy verduidelik hoe Spiritualiteit 'n mens help om dimensies in die teks raak te sien wat nie altyd so helder in 'n mens se gemoed registreer nie. 

Hy volg daarmee die verloop van die Lectio Divina. Die eerste faset van die Lectio is 'n mens se instelling - dit wil sê, met watter voorveronderstellings 'n mens se geestelike reis gekleur word.  

Hy wys dus daarop dat die gemeente hul gebed begin met die woorde: “Here.”  Gewoonlik is dit ‘n woord wat gebruik word deur ‘n slaaf wat sy meester aanspreek. Die woord word byvoorbeeld ook in Maria se lofprysing (Lk.1:46-56) en Simeon se lied (Lk. 2:29-31) gebruik.

‘n Eenvoudige woord, wat uit die destydse sosiale konteks oorgeneem word. Maar as 'n mens dit goed bekyk, vertel dit op 'n diepsinning manier meer van die bidders se innerlike houding. Wanneer hulle naamlik tot God bid, is hulle harte volledig op God gerig. Onvoorwaardelik kom hulle tot God as hulle Heer en Meester. Met die woord druk hulle dus 'n  vooronderstelling van hul geestelike lewe uit.

Om tot God te bid beteken om ‘n mens se lewe heeltemal aan die goddelike te oriënteer. 'n Mens se oë is soos 'n slaaf se oë ingestel op die Meester.

Die gebedshouding met sy gerigtheid op God sluit aan by die onmiddellike konteks: Paulus en Johannes het die versoek van die Joodse leiers om hul getuienis-lewering te stop, geïgnoreer (Hd. 4:17-18). Hoe kan hulle ophou praat oor wat gebeur het? God het deur die naam van Jesus die man se lewe totaal omgekeer (Hd. 2:10). Wie kan swyg oor wat God gedoen het? En hoe kan hulle ontrou wees aan Jesus se versoek dat hulle wêreldwyd oor die dinge met mense moet praat? Dit is dan God se dinge. Dit is die dinge wat alles in hulle lewe sinvol maak.

Hulle lewens is totaal omgekeer en getransformeer deur Jesus en sy bediening. Alles wat hulle na sy opstanding sou doen, is gerig op die “wonderdade” van God in Hom (Hd. 2:11; 4:30). Hulle lewe is totaal ingestel op God, op die goeie dinge wat in hul lewens gebeur het en op die verfrissende, lewe-gewende krag wat daardeur in hul lewens losgelaat is.

Daarom bid hulle tot hul Here en Meester. Met die enkele aanspreekwoord vertel hulle hoe God die middelpunt van hul hartsverlange geword het. As hulle tot God nader, nader hulle tot die een wie se goedheid, ontferming en liefde sentraal in hulle lewens staan. Hulle is “verslaaf” aan wat God doen.

Dit is hulle instelling. Hulle verstaan van God kom duidelik in een woord uit.  Wanneer dinge verkeerd loop en wanneer hulle onder druk kom, is daar maar een uitweg. Dan kyk ‘n mens anderkant die dreigemente na die Belangriker, Sterker Bron van Krag. Dan is ‘n mens se hart gerig op wat regtig saak maak. 

Onwillekeurig dink 'n mens aan Psalm 123:2: 

Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres- so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is.

So ‘n instelling vertel iets belangrik: iemand wat bid is ‘n persoon wat nie teen die oppervlakkige, die gebeure van die dag vaskyk nie. Dit is nie wat tel nie. Dit is maar skyn. 

Die bidder weet waar sy krag werklik vandaan kom, wat 'n mens in die hitte van die dag orent hou en waar 'n mens gaan hulp soek wanneer dinge rof raak.

So praat ‘n mens uit die hart uit. Dit is die basiese instelling van vertroue, hoop en veral afhanklikheid wat ‘n mens oor die rofheid van die lewenspad bring. 

Hier word alles beslis. Dit is die manier waarop 'n mens jou hart voor God oopmaak. 

 

Wednesday, November 28, 2012

Wie weet hoe om te sterwe, weet hoe om te leef.


Verganklikheid is orals om ons.

Soms tref dit ons in die gesig, soos ‘n skoot koue water: Die dood van ‘n geliefde. Die vertrek na ‘n nuwe werk of plek. Die aftrede. Die lenteblomme wat verwelk. Die sneeu op die berg wat wegsmelt.

Te gou gaan die goeie tye verby. Dit is soos water wat deur die dorre woestynsand ingesluk word.

Soms sien ons verganklikheid nie raak nie. Ons luister na ‘n sanger wat ‘n lied sing. Die klanke sterf weg om nooit weer op dieselfde manier gehoor te word nie. Die gediggie wat kindjie by skool geleer en by die huis kom opsê. Nooit weer is dit dieselfde gediggie wat ons daarna aanhoor nie. Altyd weer is dit ‘n ander weergawe, anders opgesê met ‘n ander aanslag op die oor. En, gou-gou is die kinderstem weg, onherroeplik verby.

Ons besef, as ons mooi met die ou wysheid nadink, dat ‘n mens nooit twee keer in dieselfde rivier instap nie. Daar is ander waters. Dit is nie vir twee sekondes dieselfde nie.

Verganklikheid, skryf Versfeld, is een van die basiese kenmerke van die menslike lewe. Dit bekruip ons, is verskuild aan die wegvreet van sekerhede. Dit ruk ons. Dit konfronteer ons. Alles is vloeiend, aan die beweeg na andersheid. Die dinge gaan onherroeplik verby.

Ons is meestal soos vlinders met ‘n kort lewensduur. Min wat ons doen lyk soos die piramide’s en selfs die piramide’s wys die rinnewasies van tyd.

Verganklikheid kan ons paniekerig, angstig en onseker maak.

Tevergeefs probeer ‘n mens aan onverganklikheid vashou. Hierdie lewe is onstuitbaar aan die verbygaan.

Versfeld voeg dan by: Ons moenie deur verganklikheid onrustig gemaak word nie.

Om die waarheid te sê, ons moet verganklikheid omhels. Ons moet ook daaroor kan mymer, kan deurdink.

Die bewussyn van verganklikheid is, vanuit ‘n sekere hoek bedink, ons vriend. Verganklikheid beteken dat ons gestroop word van alles wat onnodig, kunsmatige en klein is. Al ons hebbelikhede, ons kleinlikhede, ons vooroordele, wanvoorstelling, onkunde…

Ons weet: ons is anderkant die kunsmatige wanneer verganklikheid ook uiteindelik oor ons eie pad kom en ons weg sal neem.

Deur bewus te bly van hoe verganklik alles is, begin ons ontdek hoe om te sterf. En wie weet hoe om te sterwe, gaan sekerlik weet hoe om te leef.

Dit is die waarde van ons mymeringe oor verganklikheid: hulle help ons om die ewige lewe te onderskei en te leef.






Tuesday, November 27, 2012

Heiligheid wil nie uitgestal word nie. Oor innerlike vervulling

-->
Heiliges soek nie roem of erkenning nie. Hul lewe word nie deur uiterlike dinge opgetooi nie.

Mistici koester hul spesiale ervarings. Meestal hou hulle dit vir hulleself. Dit is vir hulle oorgenoeg dat God hulle lief het en hulle opsoek. Wat saak maak is nie hoe ander beïndruk is of hoe hulle reageer nie. ‘n Mens hoef nie die liefde van God uit te stal nie. ‘n Heilige mens leef eenvoudig vervuld in daardie liefde.

Pascal het nooit oor sy merkwaardige mistieke oomblik gepraat nie. Eers na sy dood het hulle die papiertjie ontdek waarop hy dit neergeskryf het – toegewerk in die soom van sy kleed.

Heilige mense begeer niks. Hulle streef na niks. Hulle wil nie uitstyg bo ander nie.

Hierdie eenvoud is al ‘n teken van hul heiligheid.

Egte heiligheid, skryf Versfeld, bly onontdek, ongerekend.

Wat saak maak is dat ‘n mens op enige plek, by enige mens en in enige konteks jouself kan wees. Wat tel is of jy jou lewe sinvol lei, hoe eenvoudig dit ook al is.

‘n Heilige mens is iemand wat voluit leef, van binne uit.

Kyk na al die groot, belangrike mense van vroeër, skryf Thomas in sy Navolging. Hulle is weg. Niemand praat of dink oor hulle nie. Hulle is vergete. Hulle gedagtenis het vergaan. Roem vergaan.

Wat eerder tel is om elke oomblik, te midde van verganklikheid, vervuld te lewe.

Monday, November 26, 2012

Om in Christus te glo, om anders as Christus te wees. Oor God se transformasie


‘n Mens kan nie elke dag dieselfde soort kos eet nie. Gou-gou word dit afgesaag en smaak dit sommer sleg.

Dit is, skryf Versfeld, dieselfde ding met koerante. Ons lees graag dieselfde koerant elke dag. Maar as die koerant elke dag dieselfde nuus oor en oor sou herhaal, sou dit spoedig geen lesers oorhê nie.

Dus: ons wil dieselfde patroon volg. Elke dag is vele van ons geswore koerantlesers wat die nuus van die dag volg. Maar ons wil terselfdertyd “nuus” hê. Die koerant moet “nuwe” gebeure beskryf. Daar moet variasie, onbekendheid, uniekheid wees.

Hierin is ‘n lewensles te vind. Godsdienstige mense wil oor geestelike dinge lees. Hulle vind vastigheid en sekerheid in dinge wat oor die groter, belangriker sake gaan.

Maar steeds weer is dit belangrik om nuut oor hierdie vastighede te praat. Dit kry ons reeds in Bybelse tye. Die kerk het oor Jesus gepraat, herhaaldelik. Maar steeds weer is daar nuwe dinge oor Jesus vertel of is nuwe implikasies van die Evangelie uitgespel. Vandaar dat daar ten minste vier evangelies was. En Paulus het vele briewe aan sy gemeentes, gelowiges in die familie van God geskryf. Elkeen met sy eie beklemtoninge van wat die Evangelie beteken.

God, voeg Versfeld by, is ewig. Maar God is nie staties nie. God se teenwoordigheid bring steeds weer nuwe dinge: profeet na profeet, apostel na apostel verstaan dinge nuut en vars. Kyk maar hoe Handelinge vertel van die nuwe dinge wat God doen – die wonders en tekens.

Toe God die skepping na die beeld van God geskape het, was hulle nie almal dieselfde nie. Hulle was almal anders en verskillend van mekaar – en tog is hulle die spieelbeeld van God.

Om Christus na te volg, moet ‘n mens dus anders as Christus wees. As die wêreld vol mense is wat presies soos Christus lyk, skryf Verfeld toegespits, sal dit maar ‘n hellerige plek wees. Dit is juis die probleem met kits-godsdiens, met “ingelegde” godsdiens wat so op groot skaal vir die massa’s aangebied word, dat dit so smaakloos en vaal is. Niks vars, niks nuuts, niks waagmoed nie. Dit klou vas aan ou patrone en maak mense onkrities - slawe van die feilbare denke van vorige geslagte.

Dit het Christus ook duidelik belowe: die Gees wat oor mense uitgestort sal word, sal vir hulle nog groter dinge as Christus laat doen (Joh.14:12).

Vasgeanker in Christus, maar steeds weer vernuwend aan die werk. Reformata reformans. Wat ‘n verligting, ‘n vryheid en ‘n oproep tot kreatiwiteit. Steeds weer moet ‘n mens soek om God, die verborge God, die geheimenis van die goddelike liefde, in ‘n mens se lewe te ontdek. Dit kom nie netjies verpak in boksies en in pakketjies nie. Dit moet uit die hart voortkom.

Daar is miljoene gelowiges. Maar God, die Wonderbare Skepper, het hulle nie soos Coke-bottels van die produksie-lyn laat stroom nie. Elkeen dra op ‘n unieke manier die beeld van God. Ons lyk op God, maar o, ons lyk so verskillend. Hoe groot is die werke van hierdie goddelike kunstenaarshand…

Sunday, November 25, 2012

Die gawe om die unieke te herken en te waardeer.

Martin Versfeld se  Philosopher's Cookbook is seker een van die merkwaardigste boeke in ons geskiedenis. Ek lees tans lekker daaraan.

Menigte mense het al vertel hoe die boek hulle betower het.

Ek lees gister die volgende anekdote uit die Hasidiese literatuur daaruit:

Toe Rabbi Noag sy vader, Rabbie Mordegai, opgevolg het, het sy dissipels agtergekom dat hy in sekere opsigte anders as sy vader opgetree het. 

Toe hulle hom daaroor uitgevra het, het hy geantwoord: "Ek doen presies wat my pa gedoen het. Hy het nooit iemand anders nageboots nie. Ek ook nie."

Versfeld, die bekende filosoof wat jare lank aan Universiteit Kaapstad se Filosofie Departement verbonde was, skryf in hierdie boek dikwels oor godsdiens, of, eerder, oor spiritualiteit. Die spirituele punt wat hy hier wil maak is dat niks, hoeveel hulle ook al na mekaar lyk, dieselfde is nie. Eikebome is dieselfde boomsoort, maar nie een van hulle lyk presies soos die ander een nie. Boontjiesop is boontjiesop. Maar nie een pot proe soos die ander een nie. Dit is dom om eendersheid te soek, al gee bekende dinge ons sekerheid. Ons hou immers van patrone, van dinge wat ons kan herken en waarop ons kan staatmaak. In werklikheid word ons egter moeg vir herhaling. Wie wil dan nou elke dag dieselfde kos eet en dieselfde dinge doen? Ons soek mos nie om elke dag eindeloos dieselfde dinge oor en oor te beleef nie.

Te midde van eendersheid, soek ons ook na andersheid, na uniekheid.

Dit is 'n besonder gawe, dus, om die uniekheid in dinge wat op die oog af eenders lyk, raak te sien.Dit bring vreugde.

Hy het 'n boeiende toepassing hiervan. Môre meer daaroor.

Saturday, November 24, 2012

Massief rondom godsdiens en Bybel: oor die onlangse byeenkoms van die AAR en SBL in Chicago


Die onderstaande berig in vandag se NYT gaan oor 'n kwessie wat feitlik ongemerkd verby gegaan het by die duisende wat die konferensie bygewoon het. Die berig is egter interessant oor die indirekte verslag wat dit lewer van die byeenkoms van die massiewe American Academy of Religion en die tweede vereniging, die Society of Biblical Literature. 

Massief inderdaad. Dit is tydens hierdie byeenkoms dat ek die aanbiedinge van die Society for the Study of Christian Spirituality bygewoon het. =


CHICAGO — The joint meeting of the Society of Biblical Literature and the American Academy of Religion drew 10,700 scholars, professors, publishers and clergy members last weekend to the McCormick Place Convention Center, where for four days they established their alternate universe. It was reminiscent of the Mos Eisley cantina in “Star Wars,” filled with polyglot eccentrics. Dead languages lived (He speaks Latin! She reads Akkadian!). One saw robed Buddhist monks; priests and friars, collared or cassocked; nuns, in habit or not; imams in kufis; the occasional yarmulked Jew. And thousands more in rumpled khakis, name tag on lanyard like an officer’s medals. They clutched biblical concordances, Hebrew lexicons, Gospel commentaries.

The scholarly jargon may have been hard to decipher, but the topics of the panel discussions were often earthy and real: theological responses to AIDS or poverty, for example. Or the problem of evil, why bad things happen to good people. Religious questions are never just academic; they are what scared children ask their parents.

Doing her own kind of religious work, Carolyn Roncolato, a graduate student at Chicago Theological Seminary was in the hallway near the registration booths, handing out buttons that said “I Support the Hyatt  Boycott.” To hear Ms. Roncolato explain it, astral theorizing and scholarly jargon are meaningless if they can’t touch down on the hard turf of workers’ rights.

At two of the hotels booked for these conventioneers, the Hyatt McCormick and the Hyatt Regency, unionized housekeepers have been working without a contract since 2009. Unite Here, their union, wants Hyatt to give its housekeepers the same contract several other hotels in Chicago have already signed, but Hyatt has refused.

Ms. Roncolato, 29, in her third year as a volunteer for the union local, handed boycott buttons to arriving scholars. “The Hyatt does routinely unjust things,” she said. “They don’t give their housekeepers mops, so they have to scrub the floor on hands and knees. They won’t give them fitted sheets for the bed, so they have to lift the 100-pound mattresses up and fold sheets under. I understand it to be an ethical issue, an issue of justice, an issue of civic engagement.”

So it was both convenient and troubling that the American Academy of Religion, of which Ms. Roncolato is a member, was planning to use two Hyatts in Chicago. Ms. Roncolato was to present two papers, including “Mimetic Conception: Infertility Treatment as Deconstruction and Reinscription of Western Maternality and Heteronormativity.” She and other scholars fought, successfully, to get all sessions moved from the boycotted Hyatt McCormick. The Hyatt Regency was used just for lodging.

“We write papers and present papers on systemic injustice, racism, classism, sexism,” Ms. Roncolato said. “So the idea that we would stay at the Hyatt totally undermines what we do.”

Doug Patrick, a spokesman for Hyatt, contested Ms. Roncolato’s claims.

“Our housekeepers have access to long-handled brooms, mops, sanitizing products — the things they need to do their jobs every day,” Mr. Patrick said. “We looked into the fitted sheets request, and to be honest, it actually requires more work on the housekeeper’s part than a regular sheet.”

Mr. Patrick said one sticking point in the contract negotiations was the company’s policy of outsourcing some catering jobs and other tasks. He added that in his view Unite Here was preventing a settlement, to keep attention on its national campaign of organizing Hyatt hotels.

Ms. Roncolato’s mother is a Methodist minister in Meadville, Pa. Her father, Dave, was here, helping his daughter publicize the boycott. They suggested that academy members attend an American Academy of Religion business meeting on Sunday morning, where Ms. Roncolato would propose a pro-labor resolution.

At the meeting, only about 70 of thousands of members showed up. The resolution, a nonbinding recommendation to the board, passed by acclamation. It proposed that clauses in future hotel and convention contracts provide that “if there is a boycott, strike, lockout, picketing or other labor dispute,” the organization “will be released from all contractual obligations without charge or penalty.”

One of the three nays, Rex Matthew, worried that the resolution might empower mischief-makers who did not really represent workers.

“If any group wanted to carry picket signs, that would trigger the resolution,” Mr. Matthews said. Asked if he generally supported labor unions, he said, “That’s none of your business.”

And a second nay, John O’Keefe, worried that the resolution could imperil the alliance between the two scholarly organizations. The American Academy of Religion includes people of all faiths, researching all faiths; many of its members are not themselves religious. Society of Biblical Literature members focus on Christian and Jewish Scripture and are somewhat more likely to be believers. From 2008 to 2010, the societies met separately, after a controversial split, before reuniting last year.

“I’m sensitive to the reintegration” of the smaller group, Mr. O’Keefe said. “The S.B.L. in general is less inclined to move from scholarship to activism.”

John Kutsko, the executive director of the Society of Biblical Literature, is part of a joint task force charged with agreeing on a labor policy. Because it and the American Academy of Religion sign hotel contracts together, they would have to agree on any pro-labor language. He was optimistic about finding common ground with the academy, but said he also wanted to honor the diversity of his society’s membership.

“We understand a principle of a learned society is to provide an open forum for intellectual exchange of ideas,” Mr. Kutsko said. “Within that there are going to be differences of opinion, including on labor issues.”

Ms. Roncolato, the boycott organizer, said that the Bible compels her to support the boycott. “The Gospels are very clear that the Christian call is to stand on the side of the marginalized, and in that case it’s very clear that’s the hotel workers,” she said. “So the idea that as academics we would ignore the people around us while we talk is hypocritical

Thursday, November 22, 2012

Liefde kom na hulle wat met liefde kyk

Wanneer ‘n mens die onderstaande stuk van Dorothy Day, geskryf in die tronk, lees, word dit duideliker waarom vele mense haar as een van die helliges van die twintigste eeu beskou. 

Die stuk handel daaroor dat ‘n mens liefde vind daar waar ‘n mens met liefde kyk. Dit is die liefdevolle blik wat ‘n mens deur die kwaad laat sien en wat ‘n mens sterker as die donker van geweld en verval maak. 

En, verder, vertel hierdie verhaal van Dorothy Day van haar geestelike oefening en haar geestelike volwassenheid. Sy het in die tronk beland oor haar versetsaksies. In die tronk dink sy na oor watter rol die trauma van opsluiting met die gepaardgaande minagting van die gevangenes in haar geestelike reis speel. “Die ganse ervaring van diet tronk was goed vir my siel.” Een van die sekerste tekens van geestelike volwasse mense is dat hulle in staat is om die slegste van omstandighede te gebruik om ruimte te skep vir hul geestelike groei. 

Laastens is die boeiend hoe die liefde hier met ontferming verbind word. In hierdie ervaring speel goedheid en ontferming ‘n sentrale rol. “Kindness” is wat regtig saak maak. Daarmee kan sy haar tronk-ervaring spiritueel interpreteer. Wie spiritualiteit ken weet dit is ‘n kernmotief. 

En dan, ten slotte is daar die volgende boeiende sin: “In the movie Monsieur Vincent, the saint tells a young nun that she has to love the poor very much for them to forgive her the bread she gives them.” Wat 'n sin!

Hier is die stuk: 

One of the peculiar enjoyments I got out of jail was in being on the other side for a change. I was the one working in a laundry, ironing uniforms of jailers. I was the one sitting in the sewing room turning the collar and mending the uniform of an officer. It gave me a chance to tell the other prisoners about Tolstoy, and how he said the first move toward reform was to do one's own work. Everyone regarded the officers as members of the parasite class, though they would not use that word. How much more respect they would have had for the officers, and for the work they themselves had to do, if they had seen the officers sitting mending their own clothes, if they had seen them working to help their fellows. Perhaps it would have meant a beginning of the philosophy of work which Peter Maurin used to say was so sadly lacking today. If prisoners and officers had worked together to make the prison a happier place, what a change there might have been in the hearts of those confined.

The officers sat all day at their desks, watching, directing, always expecting the worst, always looking for some small infraction, always seeing the women as criminals. They did not see that which is of God in every person, as the Friends put it. St. John of the Cross said, "Where there is no love, put love, and you will find love," The officers looked for the criminal and found the criminal.

The women got away with what they could. They fought, they lied, they stole when they could. While working in the laundry I saw a girl put a folded dress, which she wanted for herself, up between her legs, under her skirt. When she spoke of it afterward to some of the other prisoners on our corridor, they jeered. "That's nothing," one said, "I've seen girls who worked in the kitchen get away with a turkey or a ham." Judith made us all hilarious by immediately getting up and trying to impersonate a girl walking out of the kitchen with a turkey or a ham held thus. Looking back on these last paragraphs, I see that I have gone from the sublime to the ridiculous, even to the vulgar and, for some, the revolting. But beauty and joy often spring from the dungheap.

I have said that I enjoyed being on the other side for a time. People come into the Catholic Worker in such numbers: 800 a day for food; hundreds of men, women, and children coming in for clothes. When all the beds in the house are full we often give out "flop" money, the fifty cents a night it costs to sleep on the Bowery. All that we give is given to us to give. Nothing is ours. All we have to give is our time and patience love. In the movie Monsieur Vincent, the saint tells a young nun that she has to love the poor very much for them to forgive her the bread she gives them. How often we have failed in love, how often we have been brusque, cold, and indifferent. "Roger takes care of the clothes; you'll have to come back at ten o'clock." Or "Just sit in the library and wait." "Wait your turn, I'm busy." So it often goes. And now I was getting pushed here and there, told what I could or could not do, hemmed in by rules and regulations and red tape and bureaucracy. It made me see my faults, but it also made me see how much more we accomplish at the Catholic Worker in our own direct way, by not asking questions or doing any investigating, but by cultivating a spirit of trust. The whole experience of jail was good for my soul. I realized again how much ordinary kindness can do. Graciousness is an old-fashioned word but it has a beautiful religious tradition. "Grace is participation in the divine life," according to St. Peter.

Most of the time we were treated like dumb beasts-worse, because it was with indifference and contempt. "You'll be back," was the common farewell to the prisoner. It was, in effect, wishing her not to fare well. There was no goodbye, "God be with you," because there was not enough faith or hope or charity to conceive of a forgiving and loving God being with anyone so lost in vice and crime as prostitutes, drug addicts, and other criminals are supposed to be. 

One great indignity is the examination given all women for drugs. There is certainly no recognition of the fact of political imprisonment. All of us were stripped and searched in the crudest way-even to the tearing of tissues so that bleeding resulted. Then there is the matter of clothing---the scanty garments, the crude wrappers which scarcely wrap around one, the floppy cloth slippers which are impossible to keep on! In Russia, in Germany, and even in our own country, to strip the prisoner, to humiliate him, is a definite part and purpose of a jail experience, Even in the Army, making a man stand naked before his examiners is to treat him like a dumb beast or a slave. A great courtesy accorded us was a visit from the warden himself. Never had anything like that happened before, one of the girls assured us. He wanted to know about our demonstration, why we had done it. He was a Hungarian Catholic; so perhaps it was easy to understand his confusion about our pacifism. What man does not wish to resist a foreign aggressor, to defend his home and family? But the problem of the means to an end had never occurred to him. Nowadays it is pretty generally accepted that the end justifies the means. To his mind, one just could not be a pacifist today. It was an "impossible" position.

As to our attitude toward the prison, and the prisoners, he could not understand our love for them, our not judging them. The idea of hating the sin and loving the sinner seemed foreign to him. Of course, he did not hate the sinner but he had to look upon them as evil; otherwise his job would be meaningless. When we talked of the good we found there, in spite of perversion, prostitution, and drugs, he looked at us strangely and wanted to know if we were Christian Scientists. At least he did not call us Communists. He was too intelligent for that. But we seemed to be denying the reality of evil, because we were upholding the prisoners. The evil, was there, all right, frank and unabashed. It was inside and also outside the jail. 

One of the greatest evils of the day is the sense of futility. Young people say, "What can one person do? What is the sense of our small effort?" They cannot see that we can only lay one brick at a time, take one step at a time; we can be responsible only for the one action of the present moment. But we can beg for an increase of love in our hearts that will vitalize and transform these actions, and know that God will take them and multiply them, as Jesus multiplied the loves and fishes.

Next year, perhaps, God willing, we will again go to jail; and perhaps conditions will be the same. To be charitable we can only say that the prison officials do the best they can, according to their understanding. In a public institution they are not paid to love the inmates; they are paid to guard them. They; admit that the quarters are totally inadequate, that want was built for a House of Detention for women awaiting trial is now being used for a workhouse and penitentiary.

from By Little and By Little, the Selected Writings of Dorothy Day. Knopf, New York.


Gevangenes van ons eie stories. Oor spirituele bleeksiele


Vanoggend se sessie by die Spiritualiteitsgroep het vier interessante besprekings opgelewer.

Al vier het gegaan oor hoe ‘n mens in jouself verryk word deur insigte van gelowiges uit tradisies wat heeltemal anders as jou eie kan wees.

Te dikwels verwerp ons ander as ketters, is ons onsensitief oor hoe belangrik hulle godsdiens vir hulle is en watter diepe lewenssin hulle in hul eie godsdienstige tradisies vind. Meer nog, ons onderskat hoe hulle ons kan laat verstaan hoe spesiaal ons eie tradisies is.

Een van die vroue, uit ‘n Gereformeerde agtergrond, praat hieroor. Sy vertel hoedat ‘n mens se stories jou gevange kan hou.

Sy vertel hoedat sy as jong vrou tot bekering gekom het. Sy was by ‘n byeenkoms van ‘n groep oor ‘n naweek toe sy op ‘n sekere oomblik bewus geword het van God se teenwoordigheid. Hier uitsonderlike ervaring het haar vir altyd verander.

Die volgende oggend het sy dit gedeel met iemand uit ‘n ander geloof. Toe sy vir hom van haar ervaring vertel, het hy met groot waardering geantwoord dat hy op daardie stadium met vier mense uit sy eie godsdiens gesels het wat net so ‘n ervaring van God se heiligheid gehad het en wie se lewens radikaal daardeur verander is.

Sy het haar nie aan sy verhaal gesteur nie, want hy was nie deel van haar godsdienstige tradisie nie en dus nie “suiwer” en “waar” in sy oortuigings nie – in elk geval nie soos sy nie.

Sy was so ‘n gevangene van haar eie verhaal dat sy nie ore vir ander mense se verhale gehad het nie en ook nie ingesien het hoe dit haar insig en waardering vir haar eie tradisie kan gee nie.

Eers vele later jare, toe sy ryker en ryper geword het, het sy besef watter belangrike woorde daardie jong man met haar gedeel het. God, in alle goedheid, raak mense oral aan en bring hulle tot ‘n besef van hulle kreatuurlikheid en van die Grotere, Diepere en Verborgene. Dit verander hulle lewens vir altyd.

Die herinneringe aan die jong man se storie het met die jare sterker geword. Wanneer sy oor haar bekering gepraat het, het sy onthou hoe positief hy daarop gereageer het. Dit het vir haar bevestig hoe spesiaals haar eie ervaring was.

Hoekom moet ‘n mens ander mense as ‘n bedreiging ervaar? Hoekom verhef ons ons eie insigte bo die van ander asof ons alleen weet hoe om die groot Geheimenis van God in woorde te probeer uitdruk.

As gevangene van ons eie stories en as dowes vir die verhale van ander, het ons arm geword. Bleeksiele.

Blog Archive